Baie dankie, ons het jou registrasievorm ontvang.
Baie geluk! Jy het die eerste stap gevolg in die proses om ʼn meester in jou beroep te word.
Om jou registrasie tot die Mentorskapprogram te finaliseer, stuur asb. die volgende dokumente aan mentorskap@solidariteit.co.za
Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant
(Project & Change Management Consultant)
Postitel: Change Manager
Kwalifikasies en spesialisgebiede:
Spesialis Fokus Areas:
Projekbestuur:
Veranderingsbestuur (Organisational Change Management):
Besigheidsverbetering (Business Improvement):
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+
Jou loopbaanpad tot dusver:
2022 – Tans:
2021 – 2022:
2012 – 2021:
2003 – 2012:
1984 – 2003: City of Tswane Metropolitan Municipality
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)
Beroep: Rekenmeester
Titel: Besturende Direkteur van Serenity Accounting Company (Pty) Ltd
Kwalifikasie: Tegniese finansiële rekenmeester
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Verskeie kassierposte van 1998 tot 2001; Boekhouer/hulpbronbestuurder van 2002 tot 2006; algemene bestuurder van 2006 tot 2009; ’n belastingpraktisyn van 2009 tot huidig; boekhouer/rekenmeester vanaf 2010 tot huidig.
Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.
Sy is ’n geregistreerde belastingpraktisyn en doen tans haar gesertifiseerde finansiële rekenmeestersgraad by die Instituut vir Gesertifiseerde Boekhouers. Sy het die VIP betaalstaatkursusse in belasting, betaalstaat fase 1,2 en 3 asook die personeelkursus bygewoon, en is ook ’n geregistreerde gesertifiseerde Sage One aanlyn rekeningkundige adviseur.
Annelize se kundigheid sluit die volgende in – registrasie van individue en ondernemings vir belastinginkomste, individuele en voorlopige belastingopgawes, besigheidsbelastingopgawes, SAID – inkomstebelasting, PAYE, SDL en BTW, DoL – WVF en vergoedingsregistrasie en verwante bystand, CIPC – die registreer van en koop van maatskappye, besigheidsplanne, opstel van ’n begroting, datavaslegging vir klein besighede, finansiële bystand, rekeningkundige advies, finansiële state, betaalstaat en betaalstrokies, belastingklarings, belastingriglyne en VDP-ooreenkomste, aandele en aandelesertifikate, betaalstaat – vir alle klein ondernemings op ’n betaalstaatstelsel, Easyfile, EMP501 “recons”, EMP201, en die uitreiking van IRP5-strokies.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ’n gelukkige getroude vrou met twee wonderlike kinders. Ek het harde werk ingesit en lang ure spandeer om te kom waar ek vandag is. Ek het nooit gedink ek sal ’n rekenmeester word nie, so ek het eers die wêreld gaan verken en myself “gevind” voordat ek my posisie in die gemeenskap ingeneem het. Ek het eers in 2012 begin studeer met kind en kraai en ’n onderneming gehardloop. Dit is nie ’n maklike taak om te verrig nie, maar gelukkig het ek dit deurgemaak. In 2020 het ons ons eerste tak in Annlin oopgemaak en ek hoop om in die toekoms nog meer uit te brei en mede-rekenmeesters te help om op die been te kom. Ek het nog baie drome wat voorlê en hoop om alles ’n werklikheid te maak, want soos hulle sê, as jy dit nie doen nie dan bly dit net ’n droom.
Beroep: Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum
Postitel: Hoof van opleiding
Kwalifikasie: B.Ed, B.Sc Hons en HOD
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.
Beroep: Kommunikasie
Postitel: Sektorhoof: Gildes
Kwalifikasie: M.Tech Strategiese Kommunikasie
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Solidariteit (2019-tans)
Sektorhoof: Gildes
Verantwoordelikhede:
My verantwoordelikhede is onder andere die ontwikkeling en uitbreiding van die
Maatskaplikewerkersgilde, die Kantoorpraktisynsgilde en die Gilde vir Kommunikasie en Bemarking. Skakeling tussen Beweging-instellings, personeelbestuur, bemarking, netwerkgeleenthede, woordvoerder, verteenwoordiger van wetswysigings wat hierdie beroepe raak, veldtogte, opleiding, verhoudingsbestuur, koördinering en fasilitering van stelsels en prosesse tydens produkontwikkeling, tydsbestuur, verslae, voorleggings, operasionele bestuur, begrotingsbestuur, ens.
Vorige poste sluit in
Bemarkingsbestuurder: Gildes en Jeug
Verkopebestuurder
Kommunikasiebestuurder en
Joernalis
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het ’n passie om nuwe goed te ontwikkel en te toets. Ek is baie gedrewe in my werk en hou van uitdagings omdat dit my geleentheid gee om oplossings te vind.
Beroep: Bemarking, projekte en funksies
Postitel: Bestuurder: Bemarking en projekte
Kwalifikasie:
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël. Ek het ook vir Bestmed mediese skema en Standard Bank gewerk, waar ek na 14 afdelings se funksies omgesien het. Tydens die groeifase van my loopbaan was ek by kleiner advertensie- en publikasie-maatskappye werksaam. Ek het ook vir ʼn hele ruk my eie onderneming bestuur, en projekte en funksies vir ander maatskappye beplan en deurgevoer.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.
Beroep: Innovasie- en Kommunikasiespesialis
Postitel: Innovasie- en Kommunikasiespesialis
Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.
Ek was vir die afgelope vyf jaar werksaam as gilde- en innovasiespesialis by Solidariteit, waar ek betrokke is by produkontwikkeling, bemarking, sosiale media en ander kommunikasiefunksies. Ek is sedert verlede jaar verantwoordelik vir Werknet, die grootste Afrikaanse werksoek- en plasingsportaal wat enig in sy soort is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.
Beroep: Verpleging
Postitel: Verpleegdiensbestuurder
Kwalifikasie: Algemene Verpleegkunde, Gemeenskapsverpleegkunde, Psigiatrie, Verloskunde, Verpleegbestuur/-administrasie, Verpleegonderwys, B.Tech. Beroepsgesondheid
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 28 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het ná my vierjaar-opleiding in die privaat sektor gewerk waar ek vir ses jaar in ʼn kraamsaal gewerk het. Daarna het ek vir 16 jaar buite ʼn hospitaalopset gewerk en was vir 14 jaar in die mynbedryf werksaam. Ek is nou weer vir net meer as ʼn jaar terug in ʼn hospitaalopset. Ek het vir die afgelope tien jaar bestuursposte beklee.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek hou daarvan om met mense te werk. Ek glo aan regverdigheid en eerlikheid.
Beroep: Spesialisprokureur: Immateriële goederereg
Titel: Besturende Direkteur en Hoof van Immateriële Goedere by STEYN IP
Kwalifikasie: LLB-graad
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek spesialiseer in immateriële goederereg en wetlike nakoming, met spesifieke kundigheid en belangstelling in handelsmerke, outeursreg en domeingeskille. Ek is ʼn stigterslid van STEYN IP, ʼn spesialis-regsfirma wat in hierdie regsgebiede spesialiseer, en is tans die besturende direkteur. Ek is ook die stigter van ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en op te hef; die Vereniging vir die Bevordering en Bemagtiging van Musikante, (FAME.org.za).
Ek het ʼn agtergrond in die musiekindustrie en het my kundigheid in die regsgebied aan diens by verskeie spesialisregsfirmas opgebou, sowel as by regspanne in die privaatsektor. Ek het verder ook al ʼn regsposisie in immateriële goederereg by die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) in die Handelsmerkekantoor van die Kommissie van Maatskappye en Immateriële Goedere (CIPC) beklee.
Ek het ʼn LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) Potchefstroom-kampus verwerf en is ʼn toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Ek is tans ook ʼn kandidaat vir ʼn meestersgraad in immateriële goederereg aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Verder is ek by immateriële goederereg in Suid-Afrika as ʼn senior beoordelaar in domeingeskille betrokke, en ek dien op die Suid-Afrikaanse Instituut van Immateriële Goederereg (SAIIPL) se ADR- en outeursregkomitees, asook op die Suid-Afrikaanse Vereniging van Immateriële Goederereg en Inligtingstegnologie (AIPLITL) se Kommunikasiekomitee.
Beroep: Dosent (taalkunde, taalonderwys,); navorser en taalaktivis
Postitel: Dosent: Fakulteit Opvoedkunde, Akademia
Kwalifikasie:
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 8 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het ʼn ongelooflike passie vir die studie van tale en taalkunde, met spesifieke verwysing na sosiolinguistiek en forensiese linguistiek. My tweede passie is navorsing, met spesifieke verwysing na geesteswetenskaplike navorsing. Ek is ʼn taalaktivis, glo in gelyke meertaligheid en glo dat eentaligheid toegang tot geregtigheid belemmer.
Beroep: Konsultant: Payroll Software
Titel: Verbintenisbestuurder
Kwalifikasie: HonsBCom: Logistieke Bestuur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.
Ek het in 2017 deel van die bestuurspan geword en het tans ʼn klomp konsultante wat onder my werk.
My ondervinding is grootliks in Payroll- en MHB-stelsels, en ek het ook dan onder meer ʼn bietjie agtergrond in belasting.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe. Ek werk en kuier saam met vriende en familie in my vrye tyd. Ek sou graag betrokke wou raak by jongmense om my kennis met hulle te deel. Ek glo daar is ʼn magdom potensiaal in die land, maar dat jongmense nie vir die wêreld daar buite toegerus is nie. Jongmense maak klaar met skool, of universiteit, maar vind dit moeilik om ʼn grootmens te wees omdat daar ʼn gaping is in die oorgang van studeer na werk. Ek sal graag met so iets wil help, en indien dit in my industrie is, wat juis nie baie bekendheid het nie, soveel te beter.
Beroep: Bankwese
Titel: Buitelandse direkteur (country director)
Kwalifikasie: MDP (Sakeskool Stellenbosch); Sertifikaat in Kredietbestuur (Unisa)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Algemene bankwese, kredietbestuur en regsinvorderings op nasionale vlak. Aanvangsbesighede in Nigerië en Ghana.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek het my loopbaan in die bankwese begin, waar ek vanaf algemene klerk tot by senior bestuur gevorder het. Gedurende my 23 jaar in die bankwese het ek ook twee jaar ondervinding in prestasiebeoordeling. Daarna het ek na volinstandhoudingsbruikhuurkontrakte “full maintenance leasing” en vlootbestuur by die destydse Imperial oorgeskuif waar ek die geleentheid gekry het om die besigheid in Nigerië van die grond af te kry. Ek is later deur Barloworld genader om dieselfde vir hulle in Ghana te doen, waar ek vir agt jaar tot my vervroegde aftrede werksaam was. In al my werksaamhede in die lande was dit my gunstelingaktiwiteit om personeel vir die nuwe veld van besigheid in hul onderskeie lande op te lei en af te rig. In my spaartyd is ek ʼn kranige amateurfotograaf en spandeer graag tyd in die buitelug.
Beroep: Onderwyser
Titel: Skoolhoof
Kwalifikasie: BEd.Hons. | HOD (hoër onderwysdiploma) | Gevorderde Sertifikaat in Arbeidsverhoudinge
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ek is reeds 35 jaar by onderwys betrokke en het 27 jaar se bestuurservaring by ʼn tegniese hoërskool, laerskole en in spesiale onderwys.
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vanaf 1994 – 2003 departementshoof van die senior afdeling (gr. 4-7) by Laerskool Frikkie Meyer in Vanderbijlpark. Ek was vir Natuurwetenskappe en Tegnologie van gr. 4-7 verantwoordelik. Vanaf 2009 – 2013 was ek die adjunkhoof by Hoërskool Sasolburg, en ek was ook die vakhoof vir Lewensoriëntering. Verder was ek ook betrokke by atletiek (naellope), die afrigting van die 1ste rugbyspan asook rugbyhoof, ek was ook verantwoordelik vir die drama/toneel se afrigting. Vandag is ek die skoolhoof van Laerskool Suikerbos Primary waar ek in 2013 aangestel is.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn passievolle en dinamiese onderwysleier wat die personeel en leerlinge inspireer en laat groot droom. Ek lei deur ʼn voorbeeld vir ander te wees, veral deur my skitterende werksetiek, bestuursvermoë- beplanning, organisering, leiding, kontrole en terugvoer.
Beroep: Skrywer, kommunikasie- en skakelwesekonsultant
Titel: Vryskut
Kwalifikasie: BTech in Skakelwesebestuur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Tien jaar in kommunikasie-/skakelwese en twintig jaar in ʼn sekretariële rigting.
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het my loopbaan as sekretaresse begin en het tot op die vlak van uitvoerende sekretaresse vir die uitvoerende hoof van ArcelorMittal gevorder (ʼn internasionale maatskappy wat voorheen in Suid-Afrika as Yskor bekend gestaan het). Ek het my terselfdertyd as ʼn skakelwese- en kommunikasiekonsultant bekwaam en het in 2007 in hierdie veld begin werk totdat ek in 2015 “uitgetree” het. Ek was ook bevoorreg om vir 18 maande te kon onderrig gee in vakke soos Afrikaans, Skakelwesebestuur en Sakebestuur by Damelin en by ʼn FET-kollege. Ná my uittrede in 2015 het ek begin skryf en het drie kortverhaalbundels en twee radiodramas geskryf wat baie goed ontvang is. Tans doen ek gemeenskapswerk in my omgewing waar dit benodig word en ek skryf ook aan nuwe projekte.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is 56 jaar oud, getroud en het twee volwasse seuns. Ek bly in Gouritsmond op die Tuinroete en is baie lief vir lees, reis en om grense te toets (in my eie loopbaan en vir persoonlike ontwikkeling). Die omgewing en behoud daarvan is baie belangrik en ek is ten nouste betrokke by die plaaslike bewaringstrust. Herwinning en skeppende hergebruik (upcycling) is ʼn groot passie en ek het ʼn herwinningsprojek met sukses in ons dorp van stapel gestuur. Ek het voorheen twee jong dames gementor, waarvan die een in haar huidige omgewing tot interne kommunikasiebestuurder van Nedbank gevorder het.
Beroep: Mineraalprosessering- /Chemiese Ingenieur
Titel: Manager: Test Work
Kwalifikasie: B.Ing Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in mineraalprosessering M.Ing Chemiese Ingenieurswese
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek is ʼn mineraalprosesseringsingenieur met ʼn passie vir wat ek doen. Dit is my doel om te help in die industrie. Ek wil graag ʼn verskil maak, beide in die industrie en in individue se lewens. Ek is ʼn bestuurder by ʼn maatskappy wat mynboutoerusting vervaardig, en ek werk spesifiek in die navorsings- en ontwikkelingsafdeling. Ek is ʼn deernisvolle persoon, en ek glo daaraan om ʼn voorbeeld te wees vir my span. Ek hou daarvan om ʼn leier te wees deur my span te beïnvloed, te ondersteun en aan te moedig. Ek pas gewoonlik my leierskapstyl aan by my medewerkers se persoonlikhede en maniere van werk. In my span gee ek gewoonlik die geleentheid om iets eers self te probeer, of om te kom met oplossings indien moontlik. Daarna sal ek die persoon lei of saam met die persoon werk om ʼn probleem op te los. Persone wat saam met my werk, weet ek hou nie van mikrobestuur nie en ek bemagtig my mense in plaas daarvan om hulle te beperk.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn mamma van ʼn pragtige sewejarige seuntjie. Dit is my doel om vir my seuntjie goeie Christelike waardes te leer, en om ʼn voorbeeld vir hom te wees. Bo en behalwe dat ek geniet om tyd saam met my seuntjie te spandeer, hou ek van ʼn lekker braai, kwaliteittyd saam met vriende en familie, en ek probeer ook om bietjie meer aktief te wees. Ek hou van lees, en wanneer ek tyd kry, om ʼn lekker reeks te kyk.
Jaar | Duur | Vlak | Instansie |
1970-73 | 4 jaar | Opleiding: THOD & VDO (JW) | Onderwyskollege (Pta.) |
1974-77 | 4 jaar | Onderwyser Posvlak 1 | Laerskool Genl. Jacques Pienaar (Pta.) |
1978-80 | 3 jaar | Senior Onderwyser Posvlak 1 | Laerskool Vaalwater |
1981-84 | 4 jaar | Departementshoof Opvleiding Pv. 2 | Laerskool Suidheuwels Jhb. |
1985-90 | 6 Jaar | Adjunkhoof Pv. 3 | Laerskool Laeveld Nelspruit |
1991-06 | 16 jaar | Hoof Pv. 4 (Kwalifiseer as funksionele terapeut) | Laerskool Suidheuwels Jhb. |
2008-09 | 1 Jaar | Hoof na aftrede – Privaat skool | Laerskool Totuis Akademie Potch. |
2012-13 | 2 Jaar | Hoof – Privaat skool | Laer- en hoërskool Dirk Postma Pta. |
2016-19 | 3 Jaar | Deeltydse onderwyser – Privaat skool | Centurion Christelike Laerskool |
Beroep: Onderwyser
Postitel: Wolkskooldosent: Inligtingstegnologie
Kwalifikasie: B.Ed Senior- en VOO-fase; BedHONS in Onderwysbestuur, -reg en -stelsels
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
My loopbaan as onderwyser in Inligtingstegnologie, Rekenaartoepassingstegnologie en Rekenaarvaardighede (graad 8 – 12) het in 2015 by Hoërskool Linden begin. In my tydperk daar was ek betrokke by talle aktiwiteite, o.a. redenaars, rebotika en ‘n koderingsklub. Ek was ook aan die stuur van die skool se inkorperering van aanlyn leer d.m.v. Microsoft Teams as leerbestuurstelsel (nog voordat Covid-19 dit genoodsaak het) en ek is aangewys as ‘n MIEE (Microsoft Innovative Educator Expert) Fellow vir die impak wat ek op die onderrig en leer gehad het. In Junie 2020 begin ek as ‘n Wolkskooldosent by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) en nou help ek om die toekoms van moedertaalonderrig in Suid-Afrika te verseker.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ‘n gemotiveerde spanspeler. Ek geniet dit om te skryf (klik hier vir ‘n versameling van my rubrieke), musiek te maak en te luister, nuwe vaardighede aan te leer (veral as dit tegnologie in die onderwys behels), video’s vir Wolkskool te maak en ek lees graag fiksie. Ek is ‘n geroepe onderwyser en Wolkskool-dosent en ek werk baie hard om ‘n positiewe en onmisbare impak op die toekoms van Afrikaanse onderrig te hê. Verder is ek getroud met drie pragtige kinders, twee miniatuur Schnauzers en leef ek ‘n eenvoudige lewe in die hartjie van Centurion.
Beroep: Redakteur / Joernalis
Postitel: Bestuurder: Inhoud en Taal
Kwalifikasie: MA Joernalistieke Bestuur
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het by ʼn klein gemeenskapskoerant in Standerton begin waar ek letterlik met elke fase van die produksieproses van koerantwese kennis gemaak het, want jy help met alles. Daarna het ek ʼn kommunikasiepraktisynspos aangepak waar ek ingeoefen het om die ander kant van joernalistiek te bemeester, van skakelwerk tot bemarking. My pad het weer met joernalistiek gekruis toe ek by die tydskrif-redaksiespan van Solidariteit aangesluit het. Daar ek myself opgewerk tot redakteur van die Solidariteit Tydskrif. Buiten die tydskrif het aanlyn inhoud al meer relevant geraak en het die inhoudskepping van die Solidariteit-webblad ook deel van my werk geword. Dit is tans die grootste deel van my werk. “Content creation. Skrywers sal weet dat taalgebruik en die korrektheid daarvan ʼn kardinale rol speel in enige skryfstuk, daarom het taalversorging en vertaling ook net so belangrik geword in my loopbaanpad.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn versamelaar, nie van goed nie maar van inligting en om meer spesifiek te wees, ʼn versamelaar van stories. Ek is mal daaroor om daardie stories met kleur oor te vertel en enigiemand wat my ken, sal weet ek vat hom met ʼn interessante draai. As jy iets wil leer en onthou kan ek met oortuiging sê dat ek dit baie interessant sal kan oordra. Niks hoef vervelig of moeilik te wees nie – dis wat jy daarvan maak.
Beroep: Prokureur en notaris
Kwalifikasie:
Aantal jare ondervinding binne die industrie: Ongeveer 25 jaar as prokureur
Jou loopbaanpad tot dusver:Beroep: Predikant
Postitel: Uitvoerende Direkteur: Helpende Hand
Kwalifikasie: BA, ThB, ThB (honneurs) en ʼn ThM
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013).
Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017)
Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.
Naam en van: Johnell van Vollenhoven
Beroep: Kommunikasiewese
Titel: Media- en skakelbeampte
Kwalifikasie: BEd
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Twee jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vir nege jaar in die onderwys waar ek onder meer die hoof van ʼn kleuterskool was en later die departementshoof van die taaldepartement van ʼn internasionale hoërskool. Daarna het ek by Solidariteit as mediaskakelbeampte begin werk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is aktivisties en hou van skryf. Ek voel veral gemotiveerd wanneer ek glo ek kan ʼn verskil in mense se lewens maak. Ek voel dit is my roeping om iets vir die groter samelewing, veral binne my gemeenskap, te beteken. Ek is passievol en hardwerkend.
Beroep: Onderwysspesialis in Afrikaans
Titel:Hoof van GeRAT (ʼn Vakvereniging vir Afrikaansonderwysers. GeRAT is deel van die Skoleondersteuningsentrum.)
Kwalifikasie: BA(Kommunikasiekunde) en ʼn NGOS
Aantal jare ondervinding in die beroep: Ongeveer 30 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek werk tans vir Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum. Ek is die hoof van GeRAT – die vakvereniging vir Afrikaansonderwysers en my amptelike postitel is Afrikaans: Onderwysspesialis.
Vanaf 1 Oktober 2017 tot 30 Junie 2018: Tree op as waarnemende direkteur by Dirk Postma met bestuurverantwoordelikheid vir die kleuterskool, laerskool, hoërskool en ʼn naskoolsentrum.
My diensjare as onderwyser het op 1 Januarie 2003 by Dirk Postma begin. Van Januarie 2012 tot Desember 2018 was ek die skoolhoof van die Gereformeerde Skool Dirk Postma. Tydens my jare by die laerskool het ek twee Arso-boeke (in die vakke NW en MSW) die lig laat sien en in die proses kosbare ondervinding opgedoen.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn baie optimistiese mens wat lief is vir my mense, die natuur, sport, lees en nog vele meer –kortom, ek glo dat jy die tyd wat die Here jou hier op aarde gun ten volle moet benut!
Beroep: Gekwalifiseerde Geoktrooieerde Rekenmeester (SA)
Titel: Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging
Kwalifikasie: BA (cum laude), BA (Honneurs) (Grieks), BD (cum laude), MCom verwerf aan die Universiteit van Pretoria en BCompt Honneurs en STR, aan Unisa verwerf.
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 31 jaar
Loopbaanpad tot dusver:
Ek is in Januarie 2013 as die Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging aangestel. My take by Solidariteit sluit die opstel en bestuur van die jaarlikse begroting en die oorhoofse bestuur van die afdelings Finansies en Mensehulpbronne in. Ek dien in die direksies van verskeie kultuurinstellings, onder meer die FAK, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en Maroela Media. Ek dien verder in die finansiële of ouditkomitees van die FAK (voorsitter), Maroela Media (voorsitter), Pretoria FM (voorsitter), die Voortrekkermonument (voorsitter), Solidariteit Helpende Hand en AfriForum. Tans dien ek vir ʼn tweede termyn in die Raad van die Universiteit van Pretoria, waar ek ook ʼn lid van die ouditkomitee is. Voordat ek by Solidariteit aangesluit het, was ek verbonde aan Unisa waar ek medeprofessor in Bestuursrekeningkunde was en aan die hoof van Unisa se CIMA-program (Chartered Institute of Management Accountants) gestaan het. Ek is ʼn genoot (fellow) van CIMA. Ek het vir ʼn tydperk van vyf jaar as verkose lid van CIMA se Streeksraad vir Afrika gedien.
ʼn Bietjie meer omtrent Appie:
Ek is getroud en het twee dogters. In my vrye tyd geniet ek hardloop en fietsry. Ek het onder meer die Comrades Marathon en die Absa Cape Epic-bergfietswedren suksesvol voltooi.
Beroep: Ontwerp & Bemarking
Titel: Bestuurder: Bemarking, Ontwikkeling en Ontwerp
Kwalifikasie: BCom Bemarking & Toerisme
BCom Hons Bemarking & Entrepreneurskap
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9
Jou loopbaanpad tot dusver:
My loopbaanpad het in 2012 by die Noordwes-Universiteit se Graphikos-afdeling begin. Ek was as junior ontwerper aangestel en so was ek aan die diepkant ingegooi om alles van die bedryf te leer en prakties toe te pas. Ek het vir twee jaar baie geleer en my voete gevind. Ek het geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. In 2014 het ek my vlerke gesprei na die agentskaplewe en ek het vir Magnetic Creative begin werk. Daar het ek die geleentheid gehad om met korporatiewe maatskappye se identiteite te werk en om strategies te dink oor ontwerp en handelsmerk-identiteit. Van daar het ek ʼn behoefte gehad om te spesialiseer binne die digitale omgewing en het in 2015 begin werk vir ʼn agentskap genaamd SoInteractive wat fokus om digitale produkte vir kliënte soos, Ocean Basket, Kelly, Tafel Lager en nog meer te bou en ontwerp. Ek kon myself hier ingrawe in die kreatiewe kant van my persoonlikheid, die moontlikhede was eindeloos en die uitdagings was groot. In die proses het ek baie van myself geleer. Ek het in 2016 by Promise Agentskap begin werk met kliënte soos Edgars, Castle Lite, Boardmans, Red Square en nog meer met ʼn fokus om digitale produkte vir hulle te lewer. Ek het hier baie ondervinding gekry in die ontwikkeling van korporatiewe identiteit, kreatiewe probleemoplossing en baie dieper ervaring gekry in ontwerp- en video-programmatuur. In 2017 het ek my loopbaan by Solidariteit se kommunikasie-afdeling begin waar ek as digitale ontwerper aangestel was. Ek het die voorreg gehad om saam te kon groei in ʼn baie effektiewe kommunikasie-afdeling.
In 2019 is ek aangestel as die Bestuurder van Bemarking, Ontwikkeling en Ontwerp waar ek steeds my liefde vir kreatiewe probleemoplossing uitleef.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Die beste manier om my te leer ken, is om aansoek te doen vir jou mentorskap by my dan vertel ek vir jou alles van myself.
Beroep: Kommunikasiespesialis, reputasiebestuurder en loopbaanontwikkeling
Postitel: Hoof: Jeug en Loopbaanontwikkeling by Solidariteit
Kwalifikasie:
Aantal jare ondervinding binne die bedryfe: 10 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vir sewe jaar ʼn onderwyser aan die Laerskool Jan Celliers in Johannesburg. Ek het toe as dosent by Akademia aangesluit en het vir twee jaar voltyds Kommunikasievakke aangebied, waarna ek as hoof van die Solidariteit se kommunikasieafdeling gedien het. Ek het steeds vir twee jaar lank deeltyds by Akademia klasgegee. Tans is ek die hoof van Solidariteit se Jeug en Loopbaanontwikkelingsafdeling en put baie inspirasie daaruit om jongmense te help.
Ek lewer nog praatjies oor kommunikasie en bied ook opleiding aan spanne waar dit nodig is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn plaasseun van Noordwes. Ek het sterk waardes, goeie werksetiek en integriteit. Ek is ʼn strategiese denker en beplanner en weet altyd in watter rigting ʼn projek, plan of taak moet gaan. Ek verseker altyd dat die doelwitte wat gestel word ook bereik word en dit gaan gepaard met doelgerigtheid, selfvertroue en selfrespek. Ek sien myself as ʼn skepper van hoop, ʼn opvoeder in my hart, gesinsman, kommunikasiespesialis en ʼn ware strateeg. Ek is ook ʼn kranige CrossFitter en hou van kamp, fietsry, veldhardloop en om tyd saam met my gesin deur te bring.
Beroep: Sektorkoördineerder in die vakbondwese
Titel: Sektorkoördineerder vir die metaal- en ingenieurswesesektor
Kwalifikasie: Passer en draaier, ʼn Gevorderde sertifikaat in Arbeidsreg
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaan pad tot dusver: Ek het vir ongeveer 15 jaar by Highveld Steel gewerk waar ek in ʼn bestuurspos was. Ek is nou reeds 13 jaar lank by Solidariteit in ʼn bestuurspos werksaam.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn persoon wat glo in Christelike waardes en eerlikheid. Integriteit is vir my belangrik. Ek het ʼn positiewe uitkyk op die lewe en het ʼn passie vir mense en my werk.
Ek hou van die buitelewe en geniet dit om te braai.
Beroep: Regsgeleerde en ouditeur
Postitel: Gildesektorhoof: Professioneel, Solidariteit
Kwalifikasie: Ek het ‘n graad in regte en finansies. Ek is ‘n toegelate prokureur tot die hooggeregshof en is ‘n gesertifiseerde interne ouditeur en nakomingspraktisyn.
Aantal jare ondervinding in die bedryf:
Regsadvies – 25 jaar
Wetlike nakoming – 25 jaar
Finansiële & Bestuursrekeningkunde – 18 jaar
Eksterne & Interne Oudit – 18 jaar
Korporatiewe Bestuur – 9 jaar
Besigheidsrisikobestuur – 9 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 1995 ʼn graad in die regte aan die Universiteit van Pretoria behaal en is sedert 1997 ‘n toegelate prokureur tot die hooggeregshof in Suid-Afrika. In 2005 het ek het ook ‘n finansiële graad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal, het ʼn klerkskap in ouditspesialisasie gedoen en is sedert 2013 ‘n gesertifiseerde interne ouditeur en sedert 2017 ʼn nakomingspraktisyn.
Ek het voorheen in die regspraktyk (vier jaar), eksterne ouditpraktyk (nege jaar) en die medieseskemabedryf (11 jaar) gewerk, en is die huidige sektorhoof van die Professionele Gildes by Solidariteit, wat meer as 10 000 professionele persone in privaat praktyk in Suid-Afrika verteenwoordig.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is in Johannesburg gebore. Kort daarna, toe ek agt maande was, het ons gesin het na die Suidoos-Transvaalse Hoëveld verhuis waar ek op die plaas groot geword het. Ek is Pretoria toe om te gaan studeer, waarna ek weer terug is na die Hoëveld waar ek vir 12 jaar in ʼn praktyk gewerk het. Ek is toe weer terug Pretoria toe om die korporatiewe wêreld te betree waar ek my steeds bevind.
Ek hou van rugby en is ʼn jare lange Blou Bul-ondersteuner. Ek is mal oor die bosveld en dit is waar ek graag my vakansies deurbring. Ek is ʼn Afrikaner wat graag die taal, kultuur en godsdiens van die Afrikaner en die Afrikaanse gemeenskap bevorder, veral onder die veerkragtige Afrikaanse Afrikanerjeug.
Beroep: Onderwys – Vakspesialis en dosent
Postitel: Hoof: Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers
Kwalifikasie:
NWU Potchefstroom 2009-2012: B.Ing. Meganies
NWU Potchefstroom 2012-2014: NGOS Wiskunde-onderwys
NWU Potchefstroom 2017: B.Ed Honneurs
UP Pretoria 2021: M.Ed. Wiskunde-onderrig
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling. In 2021 het my loopbaan as deeltydse dosent begin by Akademia waar ek die Wiskunde pedagogiek vir beide die Seniorfase asook die VOO-fase aanbied.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing.
Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly. Ek het swakpunte maar met opbouende kritiek verander ek graag om optimaal te wees. Onderwys en mense is my hart. My sin vir humor maak van my ’n goeie spanlid.
Ek werk tans vir die Skoleondersteuningsentrum waar ek die hoof is van die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers. Ons visie is om Afrikaanse skole te koester vir die juwele wat hulle is en om nuwe skole te bou waar dit nodig is. Dit is vir my ’n voorreg om ons taal te probeer oppas deur middel van akademiese ondersteuning aan skole. Deeltyds help ek bou aan hoëronderwys by Akademia as deeltydse dosent in Wiskunde-onderwys.
Beroep: Arbeidsverhoudinge
Postitel: Organiseerder: Metaal en Ingenieurs
Kwalifikasie:
Rooiseël-sweiser – 1985
Advanced Certificate in Labour Relations – 2001
Cerfificate Course in Labour Relations – 2001
Besigheidskommunikasie – 2007
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 25 jaar in die ambagswêreld. Tree ook in daardie tyd as vakbondverteenwoordiger op en word later ʼn voltydse verteenwoordiger. Ek is reeds 15 jaar lank voltyds by Solidariteit betrokke, maar het ongeveer 30 jaar se ondervinding in die vakbondwese.
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 1981 as ʼn vakleerling by Yskor, nou ArcelorMittal, begin. In 1985 het ek my ambag as sweiser verwerf. Ek het tot in 2006 by ArcelorMittal as ʼn sweiser gewerk. Gedurende hierdie tydperk het ek by die vakbond betrokke geraak, eers net as ʼn verteenwoordiger en toe later as ʼn voltydse verteenwoordiger. In 2006 het ek voltyds by Solidariteit begin werk as ʼn organiseerder vir die metaal- en ingenieursbedryf.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Gewoonlik laat hierdie tipe situasie my benoud maak, nadat ek daaroor nagedink het, het ek besluit dat ek tog iets het om te bied. My werk is my passie en dit sal vir my ʼn eer wees om ʼn mentor vir ander te kan wees. Ek is 57 jaar oud met baie lewenservaring en ondervinding wat ek graag met ander sal wil deel. Dinge het nie altyd vir my op die maklike manier gekom nie, maar ek het geleer dat ʼn mens met dissipline en deursettingsvermoë baie kan bereik. Ek is op 16-jarige ouderdom vir diensplig opgeroep en ek het geleer dat jy daar nie iets op jou eie gaan bereik nie, maar dat jy moet saamstaan en mekaar moet oppas. Daar het ek geleer dat dissipline belangrik is, maar nog meer dat jy die persoon langs jou ten volle moet kan vertrou. Daarom is eerlikheid en ook regverdigheid vir my van kardinale belang in alles wat ek doen. Ek hou ook van standvastigheid en het vir 25 jaar by dieselfde maatskappy gewerk voordat ek na Solidariteit oorgeskuif het. Hier kan ek ʼn verskil in ander se lewens maak deur my waardes elke dag uit te leef.
Beroep: Grondslagfase-spesialis
Postitel: Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum
Kwalifikasie: BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Was vir 22 jaar ʼn onderwyseres en werk al vier jaar as ʼn spesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS).
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.
Ek was, soos dit ʼn juffrou betaam, by alle aspekte van die skool betrokke: revue, onnie-konserte, netbal, tennis, atletiek. Ek is tans besig met my M-graad in ICT. Ek het ook vanjaar as NGOS-dosent vir een module by AROS opgetree.
Ek geniet die buitelug en om te stap. Kuiers saam met my gesin en familie is vir my heerlik.
Beroep: Projekbestuur
Postitel: Projekkoördineerder by Akademia vir die werkende mark
Kwalifikasie: Graad: BCom Ondernemingsbestuur
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 5 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2015 gematrikuleer, waarna ek in 2016 by Akademia begin studeer het en ook by Pretoria FM begin werk het (ek het ʼn beurs ontvang en het gewerk en gestudeer). Ek het my graad in BCom Ondernemingsbestuur in 2019 voltooi, waarna ek vir ʼn jaar in Amerika gewerk het. Ek het in Desember 2020 na Suid-Afrika teruggekeer en het in Februarie by Akademia aangesluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is in 1997 in Pretoria gebore. Ek is hardwerkend, eerlik, lojaal en doelgerig om ʼn sukses van my lewe en loopbaan te maak. Ek het ʼn passie vir mense, bemarking, projekbestuur en kommunikasie. In my vrye tyd bring ek graag tyd saam met vriende en familie op die plaas deur en gaan stap en hike ook gereeld. Diere en God se natuur is my grootste liefde en om ʼn verskil in iemand anders se lewe te maak, my doelwit.
Beroep: Prokureur
Postitel: Prokureur
Kwalifikasie: LLB (UP) LLM (UP)
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.
Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.
Ek het met my klerkskap begin en het dit suksesvol voltooi. Ek het my klerkskap voltooi by ʼn blinde prokureur en het ongelooflik baie by hom geleer, veral in die veld van kontraktereg. Tydens my klerkskap het ek my eerste kindersaak behartig waar kinders weens mishandeling van hul ouers verwyder moes word. Ek het daardie saak gewen en dit was vir my ʼn baie groot oorwinning aangesien dit die eerste verhoor was wat ek behartig het. In 2014 was ek werksaam by ʼn prokureur wat in die oordag van eiendomme en skuldinvordering gespesialiseer het. Ek het in 2015 my eie praktyk begin.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.
Beroep: Regsgeleerde
Postitel: Hoof van die Studiefondssentrum by Solidariteit Helpende Hand
Kwalifikasie: LLB
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 5 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2005 met my LLB-studie by UNISA begin. Ek moes sedert 2007 deeltyds studeer terwyl ek voldag by ʼn prokureursfirma (Coetsee van Zyl Prokureurs) as kandidaatprokureur gewerk het. Ek het daarna by Van Huyssteen & Steyn Prokureurs aangesluit om my ervaring uit te brei (April 2012 – Des 2013). Ek het daarna by AfriForum as streeksorganiseerder vir die Noord-Kaap en Wes-Kaap aangesluit. (Jan 2014 – Sept 2015). Daarna was ek by Sakeliga ( Okt 2015 – Feb 2017) as nasionale woordvoerder en hoof van veldtogte. Ek het op 1 Februarie 2017 by Solidariteit Helpende Hand aangesluit as Hoof van die Studiefondssentrum waar ek steeds werksaam is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is getroud met Marene Pieterse. Ons het ʼn seuntjie Joshua wat nou twee is. Ek is baie lief vir lees, muurbal speel, die see, goeie koffie, en ek heg groot waarde aan goeie vriendskappe en tyd saam met my familie.
Beroep: Raadgewende brandingenieur (Afgetree en nou onafhanklike Brand Konsultant)
Postitel: Konsultant
Kwalifikasie: NDT T4
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 41 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het my loopbaan as ʼn elektrotegnikus (meulwerktuigkundige) by Yskor Werke in Pretoria-Wes begin. Ek het verder deeltyds studeer om my NDT te verwerf en as ontwerptegnikus, eers by Yskor, en toe by UKOR (Necsa) voortgegaan, waar ek ook my NDT T4 verwerf het. Daarna is ek oor na die raadgewende bedryf, eers by Charles Pein & Vennote as ʼn brandstelselsontwerper. Vandaar het ek by Van wyk & Louw Raadgewende Ingenieurs (later bekend as Africon, toe Aurecon en nou Zutari) aangesluit as ʼn natdienste-ontwerptegnikus. Daar het ek later assosiaat geword. Ek is toe oor na PBMR toe waar ek as ontwerptegnikus in die HVAC-afdeling begin het en toe stelselingenieur vir brandstelsels geword het. Hier het ek toe my Pr Tech. Eng-registrasie by IRSA gekry. Ek is toe oor na Chimera Fire Protection Consultants, waar ek as ʼn multidisiplinêre brandingenieur tot my aftrede werksaam was.
Ek was deur my loopbaan ook ʼn deeltydse lektor by sowel die destydse Pretoria-Wes Tegniese Kollege in Ingenieurswiskunde N3, Ingenieurswetenskap N3, Koeling-Lugversorging-Ventilasie N4, N5 en N6, en later by Centurion Tegniese Kollege in die N4-, N5- en N6-vakke vir Koeling-Lugversorging-Ventilasie.
Ek was ook eksaminator vir die Departement van Onderwys in Koeling-Lugversorging-Ventilasie op N4- en N5-vlak.
Ek is tans ʼn moderator by IRSA vir aansoekers wat as brandbeskermingspraktisyns wil registreer.
Tans bedryf ek MJW Consulting as ʼn eenpersoon raadgewende praktyk in alle aspekte van brandbeskerming en brandingenieursontwerpe.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek beskryf myself graag as ʼn mense-mens. Dit is vir my baie lekker om met mense te gesels en om hulle te leer ken. Ek het baie empatie met ander en sal altyd help waar ek kan, binne die beperkinge van my vermoëns en ondervinding. In my vrye tyd restoureer ek graag ou motors. Ek was lank lid van die Mercedes Benz-klub van Suid-Afrika, waar ek ook ʼn streekskomiteelid, asook ʼn nasionale waardeerder van die klublede se motors was.
Beroep: Kommunikasiespesialis
Postitel: Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie
Kwalifikasie: MA in Kommunikasiestudies (Tesis: Facebook-blad: ’n Verhoudingsbestuursperspektief)
Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
DeKat Tydskrif: Intern – 2011
FAK: Kommunikasiepraktisyn 2012 – 2013
Akademia: Deeltydse dosent in Kommunikasie 2016 – 2019
Solidariteit: Koördineerder: Digitale Kommunikasie 2013 – 2016
Solidariteit: Bestuurder: Digitale Kommunikasie 2016 – 2018
Solidariteit: Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie 2018 – 2021
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik!
Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.
My ondervinding in die bedryf het my die vermoë gegee om ʼn strategie met die organisasie se beeld en platforms te belyn.
Digitaal, ontwikkeling en bemarking is my passie.
Ek matrikuleer in 1993, alhoewel ek altyd wou studeer was dit my nie beskore op daardie stadium nie. My pa het sy onderneming verloor deur grondonteiening en op daardie stadium was dit vir hom moeilik om weer ’n onderneming op die been te bring a.g.v. sy ouderdom. My ma werk en ek het geweet ek sal my kant ook moet bring en ook begin werk.
Beroep: IT: Applications
Postitel: Lead Developer
Kwalifikasies en spesialisgebiede: MA NDip IT (Unisa) Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar as tegnikus 10 jaar as sagteware-ontwikkelaar
Beroep: Makelaar
Postitel: Key Individual en rep
Kwalifikasies en spesialisgebiede: NQF 5 Finansiële beplanning Fokusarea is korttermynversekering
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Beroep: Onderwyser, afgetree (weens mediese ongekiktheid) Lewensafrigter
Postitel: Vryskut
Kwalifikasies en spesialisgebiede: Senior Sertifiaat, studierigting Landbou: 1980/01/01 THOD (Senior Primêr): 1984/01/01 New Insights Life Coaching 101: 2014/10/06 New Insights Certified Life Coach (onderskeiding): 2016/05/25 Selfbeeldontwikkeling
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 39 jaar
Beroep: IT-fasiliteerder
Postitel: Fasiliteerder
Kwalifikasies en spesialisgebiede: Hoër sertifikaat in rekeningkunde, MCSA (Microsoft-gesertifiseerd), A+,N+, Security+, besig met Cloud. Bied ondersteuning in bogenoemde areas.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar IT-ondervinding
Beroep: Grafiese Ontwerp
Postitel: Grafiese Ontwerper
Kwalifikasies en spesialisgebiede: BA Grafiese Ontwerp (Hons)
Multimedia nagraads
ISTD-lidmaatskap (International Society of Typographic Design)
Spesialis in digitale bemarking, boekuitleg, korporatiewe identiteit, bemarkingsmateriaal, webuitleg, veldtogte
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar
Beroep: Navorsingsielkundige
Postitel: Bestuurder: Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI)
Kwalifikasies en spesialisgebiede: MA Sielkunde (Navorsing) Sosiale en gedragsnavorsing
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 34 jaar
Beroep: Pediater en hoof van ʼn akademiese departement (afgetree)
Postitel: Prof. of Dr.
Kwalifikasies en spesialisgebiede: MA MBChB (Stell), MMed (Pediatrie), PhD (Wits) Pediatrie, Gemeenskapsgesondheid, Opleiding van mediese studente en spesialiste, navorsingsleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 40 jaar
Beroep: Betaalstelsels (Payroll) VIP / Sage Implementasie van sagteware & ontwikkeling volgens maatskappy se behoeftes en statutêre vereistes
Postitel: Konsultant
Kwalifikasies en spesialisgebiede: MA Die destydse RAU (nou UJ) – BCom (Regte)
Voltooi klerkskap by ‘n ouditeursfirma in Pietersburg
UCT – Voldoeningsbestuur
UCT – Praktiese Arbeidsreg
UCT – Belasting
Gesertifiseerde Sage People 300-installasiekonsultant
VIP / Sage Payroll / Sage One Accounting
My passie is
Ek het meer as 20 jaar se ervaring as ʼn senior Sage Premier-betaalstaatkonsultant.
Die bestuurservaring wat ek as ʼn betaalstaatbestuurder en finansiële rekenmeester opgedoen het, stel my in staat om die gebruikersomgewing binne die organisasie se holistiese benadering te verstaan.
Danksy uitgebreide kennis van Payroll en ander verwante onderwerpe, kan ek advies en oplossings bied. Ek glo dat ʼn probleem bloot ʼn uitdaging is waarvoor jy ʼn oplossing moet vind.
Dit is my passie om toe te sien dat toereikende en doeltreffende prosesse en prosedures wat interne beheermaatreëls verseker, gehandhaaf en verbeter word. Ek voel sterk oor die integriteit van finansiële inligting, dat verslagdoening in ooreenstemming met voldoeningsvereistes is en dat risiko’s betyds geïdentifiseer en tot die minimum beperk word.
As werknemers die rede vir en implikasies van hierdie prosedures verstaan, sal hulle in die kultuur van die organisasie glo.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar
Ek was vir agt jaar lank ʼn maatskaplike werker by die CMR se Cullinan/Rayton-kantoor. Die CMR Cullinan-kantoor en CMR Bronkhorstspruit-kantoor het saamgesmelt en ek was vir twee jaar die maatskaplike werker verantwoordelik vir die hele area. In Mei 2020 het ek ʼn pos as bestuurder van die Oostelike kantore by die CMR Gauteng-Oos aanvaar.
Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator. Aangesien ek goed met mense oor die weg kom en dit geniet om probleme op te los, het ek nadat ek getroud is, weer begin skoolhou en vir ʼn berader gaan studeer. Ek het ook Remediërende Onderwys studeer omdat ek graag kinders met leerprobleme wou help.
Onderwysloopbaan:
Beroep: Kommunikasie
Titel: Bestuurder van sosiale media
Kwalifikasie: Meestersgraad in Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het al vele baadjies in die kommunikasie- en bemarkingsberoepswêreld gedra voordat ek ʼn spesifieke veld gekies het – alles van ʼn kopieskrywer, ʼn opvoedkundige tolk, ʼn radiojoernalis, ʼn bemarkingsbeampte, ʼn verkoopsagent en ook ʼn advertensie-vervaardiger. My loopbaan het my geneem na optogte waar ek as joernalis met traangas bestook is, na die korporatiewe wêreld van bemarking en ook agter die skerms in die filmbedryf. Vandag is ek ʼn digitaleveldtog- en sosialemediabestuurder en ek werk saam met ʼn dinamiese span kommunikasiepraktisyns.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is lief vir die Here, lief vir my taal en lief vir my land. As jy my beter wil leer ken, koop vir my koffie of doen aansoek vir die mentorskap!