Ek wil ‘n mentor kry

Dié eksklusiewe program fokus daarop om jou te lei, te ontwikkel en te ondersteun sodat jy so suksesvol moontlik binne jou werkplek kan wees.

Ek wil ‘n mentor wees

Hierdie program bied vir jou ʼn platform waar jy kan terugploeg in die lewens van jong mense wat graag hul voete in jou beroepsveld wil vind.

Hoe kan ek betrokke raak?

As ‘n mentor:

As ‘n mentee:

*Let wel: Om aan hierdie program deel te neem moet jy ʼn lid van Solidariteit wees.

Hoe kan ek betrokke raak?

As ‘n mentee:

As ‘n mentor:

*Let wel: Om aan hierdie program deel te neem moet jy ʼn lid van Solidariteit wees.

Kies vandag ‘n mentor om jou loopbaanpad te vergesel

Jan du Plessis

Jan du Plessis

tassie Beroep: Ambagte

gesig Titel: Algemene Bestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my militêre diens as offisier by 1 Parachute-bataljon voltooi en my leierskapsvaardighede versterk. In 1985 het ek my bestuursloopbaan begin en oor 24 jaar waardevolle ondervinding in die meubel- en versekeringsektor opgebou. My vermoë om langtermyn-sakeverhoudings te vestig en te behou, het my in die varsproduktemark gelei, waar ek nou 15 jaar se ondervinding in FMCG, kleinhandel en groothandel het.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Met ‘n sterk agtergrond in besigheidsbestuur, opleiding en konsultasie, het ek bewys dat ek vertroue kan wen en praktiese, doeltreffende oplossings bied. Ek is vasberade, doelgerig en gefokus op resultate, met ‘n kernwaardestelsel wat vertroulikheid, integriteit en uitsonderlike dienslewering insluit. My professionele benadering en vermoë om suksesvolle sakeverhoudings te bou, maak my ‘n gewaardeerde adviseur en vertroueling in die sakewêreld

Ulrich Van Wijngaarden

Ulrich Van Wijngaarden

tassie Beroep: Finanasies

gesig Titel: Solutions Lead

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het na my BCom in Informatika by Tukkies, in 2014 by FNB begin as ‘n besigheidsanalist. My werk het gefokus op ons kontak sentrum stelsels en prosesse, en dit is waar ek nog steeds werk, maar nou in ‘n ander posisie. Ek was bevorder na produkbestuurder in 2019. Ek het meestal na ons instant messaging stelsel gekyk, maar ook na ander stelsels. In 2024 was ek bevorder na ‘n Solutions Lead in ons persoonlike segment van die bank. Ek sit nou nader aan strategie en die syfers agter die besigheid.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om probleme op te los, en ek kan maklik tussen die tegniese detail en besigheidsdetail beweeg. Ek kommunikeer goed en verstaan probleme redelik vinnig.

Louise Herbst

Louise Herbst

tassie Beroep: IT

gesig Titel: IT Projekbestuurder

kwali Kwalifikasie: PMP gesertifiseerd (project management professional)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ‘n projekbestuurder vir om en by 25 jaar, meestal in die IT bedryf. Ek is 59 en ‘n pensionaris van die Reserwe Bank.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is georganiseerd en doelgerig. Ek is goed daarmee om ‘n span te bou en spanwerk aan te moedig. Ek is “old school” hardwerkend gedissiplineerd en georganiseerd. Ek is ‘n goeie beplanner.

Nelia Drenth

Nelia Drenth

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker in privaatpraktyk

kwali Kwalifikasie: PhD MW (NWU) Fokusareas: Traumahantering, Geneeskundige maatskaplike werk, Rousmarthantering – konsultasie en terapie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.

Hoe kan ek betrokke raak?

Gratis mentorskap van vier tot
ses maande

ʼn Professionele verhouding met ʼn kenner in jou veld

Gratis toegang tot beroeps-netwerke

Raad oor jou loopbaanpad

Toegang tot meer as 60 kursusse vir voortgesette leer

Hoe kan ek betrokke raak?

Ek was in die bevoorregte posisie om vir twee jaar ‘n mentee te wees en dit is net ongelooflik om die kennis en praktiese ondervinding wat mens opbou te kan deel. DIt was so groot behoefte van my voor my eerste werk.

Lindie de Beer
Vir my was die Mentorskappe program ‘n groot voorreg, want mens kry so min geleentheid om die vrae wat jy baie graag wil vra te vra nie nie. Die werkplek kan vining oorweldigend raak, maar dit is so gerusstellend om iemand te met wie jy net kan praat.

Melissa Peyper
Ek wens daar was iets soos hierdie program toe ek jonger was. Dit was so goed uiteengesit. Dis ‘n plek waar mens baie kennis kan inwin.

Cilleste van Dyk

Ek wil ‘n mentor kry

Ek wil ‘n mentor kry

Maximum file size: 16.78MB

B's en V's

Vir meer inligting oor die Mentorskapprogram, klik hier

Ek wil 'n mentor wees

Ek wil ‘n mentor wees
0 of 150 max words
Kort biografie
0 of 150 max words
Kort biografie

Maximum file size: 16.78MB

B's en V's