Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my militêre diens as offisier by 1 Parachute-bataljon voltooi en my leierskapsvaardighede versterk. In 1985 het ek my bestuursloopbaan begin en oor 24 jaar waardevolle ondervinding in die meubel- en versekeringsektor opgebou. My vermoë om langtermyn-sakeverhoudings te vestig en te behou, het my in die varsproduktemark gelei, waar ek nou 15 jaar se ondervinding in FMCG, kleinhandel en groothandel het.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Met ‘n sterk agtergrond in besigheidsbestuur, opleiding en konsultasie, het ek bewys dat ek vertroue kan wen en praktiese, doeltreffende oplossings bied. Ek is vasberade, doelgerig en gefokus op resultate, met ‘n kernwaardestelsel wat vertroulikheid, integriteit en uitsonderlike dienslewering insluit. My professionele benadering en vermoë om suksesvolle sakeverhoudings te bou, maak my ‘n gewaardeerde adviseur en vertroueling in die sakewêreld
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het na my BCom in Informatika by Tukkies, in 2014 by FNB begin as ‘n besigheidsanalist. My werk het gefokus op ons kontak sentrum stelsels en prosesse, en dit is waar ek nog steeds werk, maar nou in ‘n ander posisie. Ek was bevorder na produkbestuurder in 2019. Ek het meestal na ons instant messaging stelsel gekyk, maar ook na ander stelsels. In 2024 was ek bevorder na ‘n Solutions Lead in ons persoonlike segment van die bank. Ek sit nou nader aan strategie en die syfers agter die besigheid.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om probleme op te los, en ek kan maklik tussen die tegniese detail en besigheidsdetail beweeg. Ek kommunikeer goed en verstaan probleme redelik vinnig.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ‘n projekbestuurder vir om en by 25 jaar, meestal in die IT bedryf. Ek is 59 en ‘n pensionaris van die Reserwe Bank.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is georganiseerd en doelgerig. Ek is goed daarmee om ‘n span te bou en spanwerk aan te moedig. Ek is “old school” hardwerkend gedissiplineerd en georganiseerd. Ek is ‘n goeie beplanner.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2004 vir my pa begin werk en my eie besigheid in 2011 begin toe my pa oorlede is. Ek het my SACAP registrasie gekry in 2006 en my SAIAT registrasie in 2011. Om my besigheid vaardighede te laat verbeter het ek by Akademia Bcom ondernemings bestuur graad in 2021 ontvang. My besigheid het nou 2 take, een in Centurion, Gauteng en George, Tuin roete.
Die besigheid het ook die volgende toekennings ontvang:
• AHI Small Business of the Year 2021 Finalist
• CCBC Business of the Year 2019 Property & Infrastructure Winner
• Margaret Hirsch, Businesswoman Achiever of the Year 2019 Finalist
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur (veral die see) en diere. Hou van teken en verf. Skryf ook gedigte.
Kwalifikasie: B Com: Informatika en “Life Coaching” diploma
Fokus area: besigheidsanalise en die verstaan van klient vereistes, inlsuitend hoe om die regte vrae te vra.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Bedryfsingenieurswese studeer en diploma ontvang. Kry geleentheid om in IT industrie te begin werk as besigheidsanalis. Doen dit vir die laast 25 jaar deur in verskillende industriee te werk en prosesse te verduidleik en oplossing te vind om prosesse te verbeter.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Een van die belangrikste eienskappe van ‘n besigheidsanalis is om jou klient se vereistes te verstaan. Dit behels redelike interaktiewe gespekke en die vermoe om wat jy gehoor het op papier te sit.
Ek het ‘n Clifton Strenghts asessment gedoen wat bevestig dat ek ‘n Learner, Belief. Developer is. Dit beteken ek leer vinnig en kan potensiaal raak sien in mense. Die Life Coaching kwalifikasie wat ek gedoen het het net soveel meer diepte gegee in my rol as besighedisanalis aangesien dit help met die regte vrae vra.
Kwalifikasie: B-Tech Bemarking
Administrasie van ‘’n besigheid
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my eie besigheid begin in 1996 en dit toegemaak in 2002 waarna ek by Ramutsa Rail (spoor konstruksie maatskappy) begin werk het in die kantoor. Ek was verantwoordelik vir alles wat in ‘n kantoor gedoen moes word. Later het iemand die salarisse oor geneem. In 2020 het ek en my vennoot die besigheid se bestuur oorgeneem van die eienaar en in Julie dieselfde jaar Ramutsa SA begin gebruik instede van Rail. Ons besit aandele en is aangestel as Direkteure en albei bestuur die besigheid saam. Ek fokus op al die administratiewe take wat nodig is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek glo dat die Here vir my hierdie opdrag gegee het om vir sy koninkryk uit te bou.
Ek is gedrewe om die besigheid goed te administreer en sekere te maak dat ons beeld goed is in ons makro omgewing. Dit is ‘n persoonlike ideaal om die maatskappy (familie besigheid) se voortbestaan te verseker.
Ek is ‘n span mens en het die vermoë om mense te inspireer om hulle werk goed te doen en meer te leer.
Kwalifikasie: Diploma in Maatskaplike Werk;
Kinderbeskerming en huidiglik Bejaardesorg
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek begin my loopbaan in ‘n eenmanskantoor, verhuis na twee jaar na Pretoria waar ek aanvanlik Kinderbeskerming doen, later Bejaardesorg en sluit my diensjare by die SAVF af, as gemeenskapswerker. Daarna is ek vir ses jaar werksaam by die destydse Atoomenergie Korporasie as bedryfmaatskaplike werker. Nadat ek in die huwelik getree het, doen ek weer vir vier en ‘n half jaar Kinderbeskerming en daarna is ek vir sewe en ‘n half jaar ‘n bestuurder by ‘n Dienssentrum vir bejaardes. Ek verlaat die beroep vir ongeveer tien jaar en keer op Februarie 2011 terug na die beroep. Ek doen weereens Kinderbeskerming tot en met my aftrede. Na my amptelike aftrede doen ek vir ‘n kort rukkie Pleeg en Stiefoueraannemings. Vanaf Oktober 2024 is ek ‘n maatskaplike werker by Rusoord Centurion.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n omgee persoon en dit is my passie om ‘n verskil in mense se lewe te maak.
Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling
Fokus area Coaching
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO.
Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.
Kwalifikasie: BCur IetA aan die Universiteit van Pretoria;
Tweejaardiploma in Kritieke Sorg
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 19 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: 2003-2005: Pen 2-student en kwalifikasie as stafverpleegster
2005-2009: Stafverpleegster in die mediese saal te Wilmedpark
2007-2009: Oorbruggingstudent deur UNISA
2009-2017: Geregistreerde verpleegkundige in die mediese saal te Wilmedpark; tweede in bevel
2017: Begin loopbaan in die intensiewesorgeenheid (ICU) te Wilmedpark
2019-2020: Tweejaardiploma in Kritieke Sorg deur die Universiteit van Pretoria
2021: Voltooi my graad Bcur IetA deur die Universiteit van Pretoria
2021 tot tans: Werk in die intensiewesorgeenheid as geregistreerde verpleegkundige opgelei in intensiewe sorg
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek en my man is vanjaar reeds 22 jaar getroud. Ons het twee wonderlike seuns, 21 en 15 jaar oud. Ek is in murg en been ʼn omgeemens. Ek sien myself as ʼn steunpilaar vir my span by die werk, asook vir my familie en vriende.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan:
2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney
Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot
Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2006 – 2007 Putney High School
Ontwerptegnologie
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg.
Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2013 as student begin werk en het al die finansiële funksies van die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria behartig. Ek het ook in dié tyd by Aros se finansiesafdeling uitgehelp. Ná ʼn jaar en ʼn half het Aros my ʼn kontrak van ses maande aangebied. Ek het dit aanvaar en het by GSDP bedank. Aan die einde van my kontrak het Aros se ouditeure belangstelling getoon om my in diens te neem.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in Pietermaritzburg grootgeword en skool gegaan. Ná skool het ek ʼn draai by die Puk gemaak en was daarna vir agt jaar in Pretoria werksaam. In Augustus 2021 het ek permanent in Orania gaan bly. Buite die werksomgewing is ek ʼn sportliefhebber en ek kan soms op die rugbyveld as skeidsregter aangetref word – dit is nou wanneer ons minus Covid-19 is.