Please select a valid form
Please select a valid form

Wynand Moller

Beroep: Elektrisien, Assessor, Opleier
Titel: Lektor
Kwalifikasie:
Bedradingslisensie,
Elektries
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Elektriese kontrakteur – 21 jaar;
Opleiding vir elektrisiëns – 15 jaar

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is doodgewoon, maar met ʼn passie vir my bedryf. Ek lewe om my kennis en nog meer te deel sodat jongmense suksesvol in die beroep kan wees. Ek het baie jare se ondervinding in ons bedryf, maar leer steeds elke dag nuwe dinge. Dit maak dit ʼn uitdaging en baie interessant. Ek het my gereedskap in 2015 weggepak en voltyds by opleiding betrokke geraak. Ons is die markleiers as dit kom by Bedradingslisensies en het goeie verhoudings met EWSETA asook DOL. My passie is om die mark veilig en gelisensieerd te kry. Opleiding is my lewe en ek sal voortgaan om dit te doen solank dit menslik gesproke vir my moontlik is: “Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.” – Spreuke 3:13

soortgelyke plasings

Oh gits! ons kry niks wat dieselfde is nie.

Soek en jy sal vind

Please select a valid form

2024 Solidariteit