Category filter

Jana Terblanche

Jana Terblanche

tassie Beroep:  Onderwysspesialis in Afrikaans

gesig Titel:Hoof van GeRAT (ʼn Vakvereniging vir Afrikaansonderwysers. GeRAT is deel van die Skoleondersteuningsentrum.)

kwali Kwalifikasie:BA(Kommunikasiekunde) en ʼn NGOS

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 30 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek werk tans vir Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum. Ek is die hoof van GeRAT – die vakvereniging vir Afrikaansonderwysers en my amptelike postitel is Afrikaans: Onderwysspesialis. Vanaf 1 Oktober 2017 tot 30 Junie 2018: Tree op as waarnemende direkteur by Dirk Postma met bestuurverantwoordelikheid vir die kleuterskool, laerskool, hoërskool en ʼn naskoolsentrum.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn baie optimistiese mens wat lief is vir my mense, die natuur, sport, lees en nog vele meer –kortom, ek glo dat jy die tyd wat die Here jou hier op aarde gun ten volle moet benut!

Lorraine de Ronde

Lorraine de Ronde

tassie Beroep:  Bemarking, projekte en funksies

gesig Titel:Bestuurder: Bemarking en projekte

kwali Kwalifikasie:Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.

Trish Cunningham

Trish Cunningham

tassie Beroep:Kliniese Sielkunde en Verpleging

gesig Titel: Direkteur: Mediese en gesondheidsversorgingsopleiding

kwali Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Sielkunde in Michigan in die VSA gestudeer en het in 2007 met ʼn loopbaan in Sielkunde begin. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek besluit om ook Verpleging te studeer. Aangesien ek my kennis wou deel en nie soseer wou praktiseer nie het ek begin om betrokke te raak by opleiding. My opleidingsbesigheid, InterX Local & International Recruitment, het aanvanklik klein begin. Nadat my akademie in 2014 gestig en geregistreer is, het ons regtig vinnig uitgebrei om opleiding in verskeie dele van die land aan te bied.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn 34-jarige direkteur wat uit ʼn onderwysgesin kom. Met ʼn pa wat ʼn oudskoolhoof is en ʼn ma wat steeds in die onderwys is, het opleiding baie natuurlik gekom. Ek is ʼn mamma en daarmee saam kom ʼn Godgegewe geduldstoepassing wat my daagliks leer om met empatie in besigheid op te tree.

Andre Rossouw

Andre Rossouw

tassie Beroep: Professionele siviele ingenieur

gesig Titel: Projekdirekteur

kwali Kwalifikasie: B. Ing Siviel; M. Ing Konstruksiebestuur; Prof Ing – Lid ECSA & SAICE; Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.

Johan Koekemoer

Johan Koekemoer

tassie Beroep:  Onderwys – Vakspesialis en dosent

gesig Titel:Hoof: Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers

kwali Kwalifikasie:NWU Potchefstroom 2009-2012: B.Ing. Meganies NWU Potchefstroom 2012-2014: NGOS Wiskunde-onderwys NWU Potchefstroom 2017: B.Ed Honneurs UP Pretoria 2021: M.Ed. Wiskunde-onderrig

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing. Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.

Lindie de Beer

Lindie de Beer

tassie Beroep:  Kommunikasiespesialis

gesig Titel:Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie

kwali Kwalifikasie:MA in Kommunikasiestudies (Tesis: Facebook-blad: ’n Verhoudingsbestuursperspektief)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:DeKat Tydskrif: Intern – 2011 FAK: Kommunikasiepraktisyn 2012 – 2013 Akademia: Deeltydse dosent in Kommunikasie 2016 – 2019 Solidariteit: Koördineerder: Digitale Kommunikasie 2013 – 2016 Solidariteit: Bestuurder: Digitale Kommunikasie 2016 – 2018 Solidariteit: Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie 2018 – 2021

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.

Robert von Gruenewaldt

Robert von Gruenewaldt

tassie Beroep: Elektroniese ingenieur

gesig Titel: Tegniese direkteur

kwali Kwalifikasie:B Eng (Elektronies) H Eng (Rekenaaringenieurswese)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Telkom SA (DC Power, Radionetwerke, databasisontwerp en webontwikkeling) MTN SA (Radiobeplanning & optimalisering) Nuvo Energy (Hernubare energie en sonkragstelsel-ontwerp)

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is in 1978 in Pretoria gebore en het my skooljare by Laerskool Brooklyn en toe by Pretoria Boys High School spandeer. Ek het in 2001 aan die Universiteit van Pretoria gegradueer met ’n graad in elektroniese ingenieurswese en het in 2003 my honneursgraad in Rekenaaringenieurswese voltooi.

Shaun Slabber

Shaun Slabber

tassie Beroep: Entrepreneur, Bourekeninkunde, Projekbestuur

gesig Titel: Stigter

kwali Kwalifikasie: Western Province Technical College: Nasionale Diploma in die veld van Ingenieurswese Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie: Nasionale Diploma in Konstruksie B-Tech: Bourekenkunde (tans opgeskort)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Nuvo Group – ses jaar Die Nuvo Group identifiseer sake-idees en talentvolle mensekapitaal en bevorder dit in ʼn groepstruktuur van kruisbestuiwing en markontwikkeling op grond van besigheid-tot-besigheid (B2B). Die Beheermaatskappy is tans die tuiste van nege afsonderlike maatskappye uit verskeie bedrywe wat insluit groot ondernemings, entrepreneuriese beginners, asook ʼn onderneming sonder winsoogmerk. Ons is ʼn passievolle groep mense wat glo dat harde werk en toegewyde leierskap die pad na sukses is.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn entrepreneur met ʼn passie om volhoubare sakeondernemings te skep, te begin en te bou. My agtergrond is bourekenkunde en projekbestuur. Ek is die besturende direkteur van NuHome. Ons het ʼn totale omwenteling teweeggebring in die aanbod van onafhanklike kragvoorsiening (onafhanklik van die kragnetwerk), en ons bied aan residensiële huiseienaars en residensiële ontwikkelaars ʼn geleentheid om onafhanklik van kragvoorsiening te wees.

Hendrik Nieuwoudt

Hendrik Nieuwoudt

tassie Beroep: Besigheidsanalis

gesig Titel: Senior Besigheidsanalis

kwali Kwalifikasie: B Com: Informatika en “Life Coaching” diploma Fokus area: besigheidsanalise en die verstaan van klient vereistes, inlsuitend hoe om die regte vrae te vra.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Bedryfsingenieurswese studeer en diploma ontvang. Kry geleentheid om in IT industrie te begin werk as besigheidsanalis. Doen dit vir die laast 25 jaar deur in verskillende industriee te werk en prosesse te verduidleik en oplossing te vind om prosesse te verbeter.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Een van die belangrikste eienskappe van ‘n besigheidsanalis is om jou klient se vereistes te verstaan. Dit behels redelike interaktiewe gespekke en die vermoe om wat jy gehoor het op papier te sit. Ek het ‘n Clifton Strenghts asessment gedoen wat bevestig dat ek ‘n Learner, Belief. Developer is. Dit beteken ek leer vinnig en kan potensiaal raak sien in mense. Die Life Coaching kwalifikasie wat ek gedoen het het net soveel meer diepte gegee in my rol as besighedisanalis aangesien dit help met die regte vrae vra.

Hendie Grobbelaar

Hendie Grobbelaar

tassie Beroep:  Skrywer, kommunikasie- en skakelwesekonsultant

gesig Titel: Vryskut

kwali Kwalifikasie:BTech in Skakelwesebestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Tien jaar in kommunikasie-/skakelwese en twintig jaar in ʼn sekretariële rigting.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as sekretaresse begin en het tot op die vlak van uitvoerende sekretaresse vir die uitvoerende hoof van ArcelorMittal gevorder (ʼn internasionale maatskappy wat voorheen in Suid-Afrika as Yskor bekend gestaan het). Ek het my terselfdertyd as ʼn skakelwese- en kommunikasiekonsultant bekwaam en het in 2007 in hierdie veld begin werk totdat ek in 2015 “uitgetree” het.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is 56 jaar oud, getroud en het twee volwasse seuns. Ek bly in Gouritsmond op die Tuinroete en is baie lief vir lees, reis en om grense te toets (in my eie loopbaan en vir persoonlike ontwikkeling). Die omgewing en behoud daarvan is baie belangrik en ek is ten nouste betrokke by die plaaslike bewaringstrust.

Wynand Moller

Wynand Moller

tassie Beroep: Elektrisien, Assessor, Opleier

gesig Titel: LektorKwalifikasie:
Bedradingslisensie,Elektries

kwali Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Elektriese kontrakteur – 21 jaar;Opleiding vir elektrisiëns – 15 jaar

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is doodgewoon, maar met ʼn passie vir my bedryf. Ek lewe om my kennis en nog meer te deel sodat jongmense suksesvol in die beroep kan wees. Ek het baie jare se ondervinding in ons bedryf, maar leer steeds elke dag nuwe dinge. Dit maak dit ʼn uitdaging en baie interessant. Ek het my gereedskap in 2015 weggepak en voltyds by opleiding betrokke geraak. Ons is die markleiers as dit kom by Bedradingslisensies en het goeie verhoudings met EWSETA asook DOL. My passie is om die mark veilig en gelisensieerd te kry. Opleiding is my lewe en ek sal voortgaan om dit te doen solank dit menslik gesproke vir my moontlik is: “Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.” – Spreuke 3:13

Nicolene Oppelt

Nicolene Oppelt

tassie Beroep:Maatskaplike Werker

gesig Titel:Maatskaplike Werker

kwali Kwalifikasie:BDiac-graad in Maatskaplike Werk (2013) BA Honneurs in Sielkunde (2016)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Gradueer in 2012 2013-2014: Werksaam by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 2015-2016: Voltydse studie 2018-2019: Maatskaplike werker: Khulisa Social Solutions (eenjaarkontrak) 2019-2019: Maatskaplike werker: Worcester Provinsiale Hospitaal (kraamverlofpos)

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ‘n volwasse, getroude vrou met twee tienerseuns. Ek het ʼn warm persoonlikheid en is ʼn passievolle mense-mens wat weens omstandighede buite my beheer my studie in Maatskaplike Werk in 1994 moes staak. Ek het eers weer in 2012 terugekeer en my studie aan die Hugenote Kollege in Wellington in samewerking met UNISA voltooi. Ek het daarna as voltydse maatskaplike werker by Departement van Maatskaplike Werk in die Paarl begin werk waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming.

Daan van Wyk

Daan van Wyk

tassie Beroep: Eiendomsagent / ekspredikant / sake-eienaar

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: BA (Teol); BTh US 1994

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.

Conrad Pienaar

Conrad Pienaar

tassie Beroep: Konsultant: Payroll Software

gesig Titel: Verbintenisbestuurder

kwali Kwalifikasie: HonsBCom: Logistieke Bestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.

Andreas Landman

Andreas Landman

tassie Beroep: Entrepreneur en chemikus

gesig Titel: Uitvoerende bestuurder

kwali Kwalifikasie: PhD in Chemie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Tussen 2003 en 2010 het ek verskeie tegniese ondersteuningsrolle vertolk. Vanaf 2010 tot 2018 het ek verskillende bestuursrolle vertolk – hoofsaaklik vanuit ʼn vervaardigingsoogpunt. Na 2018 het ek na velerlei rolle, onder meer in leierskapsontwikkeling, as fasiliteerder, inligtingkundige en konsultant uitgebrei. Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn moeilike mens met my eie idees. Ek glo vas dat ʼn mens mooi moet dink oor wat gedoen moet word, en nie net sommer iets doen wat reeds gedoen is nie. Hierdie siening is dikwels teenstrydig met die algemene tendens om alles gelate te aanvaar.

Annelize Hartman

Annelize Hartman

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Besturende Direkteur van Serenity Accounting Company (Pty) Ltd

kwali Kwalifikasie: Tegniese finansiële rekenmeester

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Verskeie kassierposte van 1998 tot 2001; Boekhouer/hulpbronbestuurder van 2002 tot 2006; algemene bestuurder van 2006 tot 2009; ’n belastingpraktisyn van 2009 tot huidig; boekhouer/rekenmeester vanaf 2010 tot huidig. Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n gelukkige getroude vrou met twee wonderlike kinders. Ek het harde werk ingesit en lang ure spandeer om te kom waar ek vandag is. Ek het nooit gedink ek sal ’n rekenmeester word nie, so ek het eers die wêreld gaan verken en myself “gevind” voordat ek my posisie in die gemeenskap ingeneem het.