Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.
Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 50 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 1975 begin skoolhou, daarna ‘n posvlak 3 bevordering aanvaar as adjunkhoof van ‘n Onderwyssentrum en word later die hoof. Hierna aanvaar ek ‘n pos as ‘n SES in die eksamenafdeling van ‘n Distrikskantoor en tree dan uit. Hierna raak ek betrokke by privaatskole, tutorsentrums en ook as tutor vir tweedejaar onderwysstudente by Wits en staan steeds in die tuig.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir die oordrag van kennis en om jongmense vir die lewe toe te rus. Die vonkel in ‘n kind of jongmens se oog wanneer hulle ‘n begrip snap en jy weet jy het daartoe meegewerk kan met geen geld gekoop word nie.
Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur;
Uitvoerende en Bestuursafrigting.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.
Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.
Kwalifikasie:Belyningspesialis met fokus op roterende belyning en vervoerband (‘conveyor’) belyning asook spoorbaanbelyning vir hyskrane en strukture.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
1. Ek het vanaf 2006 tot 2008 as ʼn skofmeulmaker by Rainbow Foods in die Fast Moving Consumable Goods (FMCG) -bedryf gewerk.
2. Ek het van 2008 tot 2012 as skofmeulmaker en later as spanleier by McCain Foods, ook in die “FMCG” bedryf, gewerk.
3. Ek het as ʼn veldtegnikus vir ELB Engineering Services gewerk, wat groot projekte oor die hele Afrika gedoen het. Ek moes by al die nuwe aanlegte wat hulle gebou het opdragte gee tot by die finale prestasietoetse.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is van kleintyd af baie kreatief, en goed daarmee om dinge te ontwerp en toerusting te bou wat my werk vir my makliker kan maak. Ek moet bysê dat my tegniese vaardigheid gekom het van my pa wat vir 20 jaar ʼn opleidingsbeampte by ISCOR was. Hy het vir ons al die regte meganiese tegnieke gewys om die werk reg te doen, presies soos wat hy sy vakleerlinge opgelei het.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan:
2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney
Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot
Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2006 – 2007 Putney High School
Ontwerptegnologie
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg.
Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.
Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum
Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 17 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ʼn gekwalifiseerde elektriese ingenieur met ongeveer 17 jaar ondervinding in hardeware-ontwerp. My organisatoriese ervaring strek oor klein en groot maatskappye in die vlootbestuur- en voertuigopsporingsektor as ʼn hardewareontwerp-ingenieur, en in die metingsektor, die ontwerp van draagbare toetstoerusting en kommunikasietoestelle vir die metingbedryf.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n doelgerigte mens, hardwerkend en hou van persoonlike ontwikkeling. Integriteit, respek en waardes is baie belangrike eienskappe vir my, die span waarmee ek werk, en sakelui.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ‘n oud onnie en nou Rekenmeester. Het in 2010 tot 2013 my B.Comm graad in Finansiële Rekenmeesterskap voltooi en daarna in 2014 my NGOS voltooi. Het vir 4 jaar in die staat skoolgegee, waarvan 3.5 jaar in ‘n departementele pos was en waarvan ek ook vakhoof was. Daarna is ek 4 jaar na die privaat sektor toe vir skoolgee. Nou bevind ek my vol sirkel terug na waar my ware passie lê en is ek huidiglik ‘n Rekenmeester en oppad na ‘n gekwalifiseerde Rekenmeester binnekort. In 2026 het ek my eie besigheid ook begin om jongwerkendes en onderwysers te help met boekhouding en persoonlike belastings.
Omrede ek beroeps gerig, perfeksionisties en ‘n klein bietjie OCD het. My sarkasme en my emosionele intiligensie, is wat my na die pad gelei het. In elke werksplek tot dusver is ek nog elke keer op ‘n manier in die diep kant in gegooi en verwag om te swem, tot nou, glo ek het ek nog elke keer ‘n sukses daarvan gemaak. Daarvan is ek oortuig dat my werksetiek en kwaliteit van werk vir dit self spreek.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is tans die hoof- uitvoerende beampte van ABA, ʼn internasionale maatskappy wat adviesdienste aan klein en mediumgrootte ondernemings lewer, en ek het 30+ jaar ervaring op hierdie gebied. Ek was die groep- finansiële direkteur van ʼn maatskappy wat op AltX genoteer is. Ek was finansiële hoof van Absa Afrika in verskeie Afrika-lande, waarvan nege jaar by Barclays en die Absa-groep en nege jaar by die Transnet-groep, wat ʼn volwaardige bank met ʼn direksie is en waarvan Absa/Barclays aandeelhouers is.
Kwalifikasie:Diploma in voorsieningskettingbestuur (‘Supply chain mangement’)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:My loopbaan het in die mynbousektor begin. Van daar af is ek in die konstruksiebedryf in en tans is ek werksaam in die sonkragindustrie.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ’n passievolle mens wat gedrewe is in my werk. Ek druk myself altyd om my werk so vinnig as moontlik klaar te maak sonder om die kwaliteit daarvan af te skeep. Ek geniet dit om planne te maak en probleme op te los. Ek hou daarvan om sport te kyk en neem self aan verskeie sportsoorte deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het na my BCom in Informatika by Tukkies, in 2014 by FNB begin as ‘n besigheidsanalist. My werk het gefokus op ons kontak sentrum stelsels en prosesse, en dit is waar ek nog steeds werk, maar nou in ‘n ander posisie. Ek was bevorder na produkbestuurder in 2019. Ek het meestal na ons instant messaging stelsel gekyk, maar ook na ander stelsels. In 2024 was ek bevorder na ‘n Solutions Lead in ons persoonlike segment van die bank. Ek sit nou nader aan strategie en die syfers agter die besigheid.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om probleme op te los, en ek kan maklik tussen die tegniese detail en besigheidsdetail beweeg. Ek kommunikeer goed en verstaan probleme redelik vinnig.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my graad in 2005 aan die NWU verwerf en het my klerkskap in 2008 in Potchefstroom voltooi, waarna ek in die privaat sektor begin werk het. Ek het onder meer by Apple SA (Core Computer Business) en Betway SA ondervinding as rekenmeester en finansiële bestuurder opgedoen. Ek het in 2017 by die IMM ingeskryf om my tweede graad in Bemarking en Bestuurswese te behaal. Ek het die graad in 2021 verwerf. Ek beklee op die oomblik ʼn pos as hoof van finansies en mensehulpbronbestuur by ʼn internasionale handelsmaatskappy in die Kaap.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar aankope en verkryging (logistiek); 20 jaar rekenmeester, waarvan 10 jaar ook salarisse en PAYE ingesluit het. 3 jaar geregistreerde SARS-praktisyn en lid van die SAIT.
Jou loopbaanpad tot dusver: My loopbaanpad is suksesvol afgehandel na 47 jaar, maar ek is nog te jonk om af te tree.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Na ʼn suksesvolle loopbaan voel ek die tyd het aangebreek dat ek in die gemeenskap moet terugploeg asook in ons jong mense se toekoms. Daarom wil ek ʼn mentor wees. Ek is nou betrokke by die Gemeenskapsforum se taakspan wat gestalte begin kry en waarby Solidariteit sowel as Helpende Hand betrokke is.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is tans werksaam by Die Hoërskool Wagpos, te Brits in Noordwes in die posbeskrywing Adjunkhoof: Dissipline en Mentorskap. Ek beskik oor plaaslike sowel as internasionale ondervinding…dus het ek al baie unieke uitdagings in die onderwys ervaar. Die opvoedkundige landskap het plaaslik sowel as wêreldwyd verander. Tesame met daardie verandering, is daar natuurlik gepaardgaande uitdagings soos: tydsbestuur, gesinslewe, en professionele werkslading. Ek ontmoet daagliks wonderlike mense(oud en jonk), en het die geleentheid om professioneel te groei en te ontwikkel. Ek is tans besig met ‘n 2jaar diploma kursus in Skoolleierskap en bestuur by Akademia asook ‘n 12 maande Mentorskap- kursus by die SAOU. Dit is leersaam, en bied aan my die geleentheid om as mentor op te tree by my huidige werkgewer. Dit is my uitsonderlike voorreg om die hoof van ons Mentorskapprogram te wees.
My beroep is vol uitdagings, maar bied ook die geleentheid vir lewenslange groei en ontwikkeling.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is behoedsaam,gefokus, pligsgetrou, privaat, bedagsaam, verstandig, kalm, deernisvol en verdraagsaam. Ek glo in selfgeldend wees, selfbestuur, selfdissipline en selfontwikkeling. Ek handhaaf hoë standaarde en tree doelgerig op.
Titel:Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie
Kwalifikasie:BCom (cum laude);
BCom Hons (cum laude);
MCom (Bemarkingsbestuur) (cum laude) wat aan die Noordwes-Universiteit verwerf is.
My spesialisgebiede sluit in bemarking, bestuur, leierskap, interkulturele kommunikasie en bemiddeling.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is die Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie aan ʼn privaat tersiêre instelling. My akademiese loopbaan strek oor meer as 13 jaar met ʼn spesifieke fokus op doseer in die velde van bemarkingsbestuur, ondernemingsbestuur, entrepreneurskap, kleinhandelsakebestuur, innoverende verkope en interkulturele bestuurskommunikasie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak by verskeie universiteite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn ma van twee dogtertjies en die vrou van ʼn ingenieur. Ek sien myself as ʼn alledaagse, dienende leier en is dus lief vir mense, onderrig en mentorskap. Die onderrig van my dogters en studente is daarom belangrik en ek gee ook katkisasie vir ʼn groep graadeentjies. Ek tree tans op as ʼn mentor by die instelling waar ek werksaam is en sien daarna uit om ander te mentor. Reik uit!
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het vir ’n aantal jaar in die konstruksiebedryf gewerk, met spesialisasie in elektriese werk. ’n Geleentheid by Sol-Tech het my egter in die wêreld van opleiding bekendgestel, en sedert 2008 is ek voltyds betrokke by die ontwikkeling van elektrisiëns. In 2016 het ek finaal my gereedskap en toetsers verruil vir ’n voltydse rol in opleiding.
TDMI Training is in 2009 gestig en het sedertdien ’n toonaangewende rol gespeel in die bedryf, veral op die gebied van bedradinglisensies. Ons spesialiseer in die registrasie van elektrisiëns by die Departement van Arbeid (DOL) en bied ook verskeie ander elektriese verwante kursusse aan.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My persoonlikheid pas natuurlik by die opleidingsomgewing – ek is geduldig, doelgerig en het ’n passie vir die oordra van kennis. Ek geniet dit om mense te help groei in hul loopbane en vind vervulling daarin om komplekse konsepte op ’n eenvoudige en praktiese manier oor te dra.
Kwalifikasie: BA Grafiese Ontwerp (Hons) Multimedia nagraads ISTD-lidmaatskap (International Society of Typographic Design)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 6 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Met 6 jaar se studies agter die rug, het ek in die wynbedryf in die Paarl gewerk en in verpakking gespesialiseer. In 2020 en 2021 het ek het gesien hoe plaaslike besighede platval en boere weens omstandighede buite hulle beheer, oeste verloor. Vandag werk ek vir verskillende organisasies om ons gemeenskap te versterk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om uitdagings kreatief op te los. Strategiese konsepontwikkeling is my sterkpunt. Ek is nie vir boksies gemaak nie en hou daarvan om die reëls binne grafiese ontwerp te breek.