Category filter

Jeantelle Rust

Jeantelle Rust

tassie Beroep:  Mineraalprosessering- /Chemiese Ingenieur

gesig Titel:Manager: Test Work

kwali Kwalifikasie:B.Ing Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in mineraalprosessering M.Ing Chemiese Ingenieurswese

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is ʼn mineraalprosesseringsingenieur met ʼn passie vir wat ek doen. Dit is my doel om te help in die industrie. Ek wil graag ʼn verskil maak, beide in die industrie en in individue se lewens. Ek is ʼn bestuurder by ʼn maatskappy wat mynboutoerusting vervaardig, en ek werk spesifiek in die navorsings- en ontwikkelingsafdeling. Ek is ʼn deernisvolle persoon, en ek glo daaraan om ʼn voorbeeld te wees vir my span.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn mamma van ʼn pragtige sewejarige seuntjie. Dit is my doel om vir my seuntjie goeie Christelike waardes te leer, en om ʼn voorbeeld vir hom te wees. Bo en behalwe dat ek geniet om tyd saam met my seuntjie te spandeer, hou ek van ʼn lekker braai, kwaliteittyd saam met vriende en familie, en ek probeer ook om bietjie meer aktief te wees. Ek hou van lees, en wanneer ek tyd kry, om ʼn lekker reeks te kyk.

Ronelle Sinclair

Ronelle Sinclair

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Hoof van Finansies en Mensehulpbronbestuur

kwali Kwalifikasie:

  • Com Bestuursrekenmeesterskap
  • BCom
  • Bemarking en Bestuur
  • SAIPA-klerkskap en ʼn SAIPA-lid
  • ʼn geregistreerde belasting-praktisyn

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my graad in 2005 aan die NWU verwerf en het my klerkskap in 2008 in Potchefstroom voltooi, waarna ek in die privaat sektor begin werk het. Ek het onder meer by Apple SA (Core Computer Business) en Betway SA ondervinding as rekenmeester en finansiële bestuurder opgedoen. Ek het in 2017 by die IMM ingeskryf om my tweede graad in Bemarking en Bestuurswese te behaal. Ek het die graad in 2021 verwerf. Ek beklee op die oomblik ʼn pos as hoof van finansies en mensehulpbronbestuur by ʼn internasionale handelsmaatskappy in die Kaap.

Lorraine de Ronde

Lorraine de Ronde

tassie Beroep:  Bemarking, projekte en funksies

gesig Titel:Bestuurder: Bemarking en projekte

kwali Kwalifikasie:Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.

Wian Stols

Wian Stols

tassie Beroep: Kwaliteitsingenieur / Onderwyser (Tegnies)

gesig Titel: Senior projekbestuurder

kwali Kwalifikasie: HOD (Tegnies)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan: 2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2006 – 2007 Putney High School Ontwerptegnologie

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg. Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.

Joanelle van Zyl

Joanelle van Zyl

tassie Beroep: Videoredigeerder

gesig Titel: Verbintenisbestuurder

kwali Kwalifikasie: BA Kommunikasiegraad en BA Honneurs in die spesialisrigting Dokumentêre Videoproduksie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Nadat ek my honneursgraad voltooi het, het ek by iGala Productions as ’n videoredigeerder begin werk. iGala Productions is ’n videoproduksiemaatskappy wat in die maak van persoonlike jagvideo’s vir jagters, wat in Afrika kom jag, spesialiseer. Ek werk nog steeds by hierdie maatskappy.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 29 jaar oud en is nou 10 maande getroud. Ek en my man geniet dit om saam te oefen en ons al twee hou daarvan om rustig by die huis te wees. Ek is lief daarvoor om na “podcasts” te luister en om op te lees oor enige iets wat met persoonlike ontwikkeling (toegepaste sielkunde) te make het.

Nicolene Oppelt

Nicolene Oppelt

tassie Beroep:Maatskaplike Werker

gesig Titel:Maatskaplike Werker

kwali Kwalifikasie:BDiac-graad in Maatskaplike Werk (2013) BA Honneurs in Sielkunde (2016)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Gradueer in 2012 2013-2014: Werksaam by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 2015-2016: Voltydse studie 2018-2019: Maatskaplike werker: Khulisa Social Solutions (eenjaarkontrak) 2019-2019: Maatskaplike werker: Worcester Provinsiale Hospitaal (kraamverlofpos)

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ‘n volwasse, getroude vrou met twee tienerseuns. Ek het ʼn warm persoonlikheid en is ʼn passievolle mense-mens wat weens omstandighede buite my beheer my studie in Maatskaplike Werk in 1994 moes staak. Ek het eers weer in 2012 terugekeer en my studie aan die Hugenote Kollege in Wellington in samewerking met UNISA voltooi. Ek het daarna as voltydse maatskaplike werker by Departement van Maatskaplike Werk in die Paarl begin werk waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming.

Ina Rossouw

Ina Rossouw

tassie Beroep: Onderwyser

gesig Titel: Onderwyser

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Ed) Opvoedkunde 111
  • Geskiedenis 111
  • Bybelkunde 111

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 50 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 1975 begin skoolhou, daarna ‘n posvlak 3 bevordering aanvaar as adjunkhoof van ‘n Onderwyssentrum en word later die hoof. Hierna aanvaar ek ‘n pos as ‘n SES in die eksamenafdeling van ‘n Distrikskantoor en tree dan uit. Hierna raak ek betrokke by privaatskole, tutorsentrums en ook as tutor vir tweedejaar onderwysstudente by Wits en staan steeds in die tuig.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir die oordrag van kennis en om jongmense vir die lewe toe te rus. Die vonkel in ‘n kind of jongmens se oog wanneer hulle ‘n begrip snap en jy weet jy het daartoe meegewerk kan met geen geld gekoop word nie.

Jan du Plessis

Jan du Plessis

tassie Beroep: Ambagte

gesig Titel: Algemene Bestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my militêre diens as offisier by 1 Parachute-bataljon voltooi en my leierskapsvaardighede versterk. In 1985 het ek my bestuursloopbaan begin en oor 24 jaar waardevolle ondervinding in die meubel- en versekeringsektor opgebou. My vermoë om langtermyn-sakeverhoudings te vestig en te behou, het my in die varsproduktemark gelei, waar ek nou 15 jaar se ondervinding in FMCG, kleinhandel en groothandel het.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Met ‘n sterk agtergrond in besigheidsbestuur, opleiding en konsultasie, het ek bewys dat ek vertroue kan wen en praktiese, doeltreffende oplossings bied. Ek is vasberade, doelgerig en gefokus op resultate, met ‘n kernwaardestelsel wat vertroulikheid, integriteit en uitsonderlike dienslewering insluit. My professionele benadering en vermoë om suksesvolle sakeverhoudings te bou, maak my ‘n gewaardeerde adviseur en vertroueling in die sakewêreld

Renaldi Ingram-Barnard

Renaldi Ingram-Barnard

tassie Beroep: Prokureur

gesig Titel: Prokureur

kwali Kwalifikasie: LLB (UP) LLM (UP)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.

Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.

Raylene Wait

Raylene Wait

tassie Beroep: Onderwyseres

gesig Titel:Grondslagfase (Graad 3)

kwali Kwalifikasie: BEd Intermediêre Fase (Afrikaans Huistaal en Wiskunde) Gestalt Spelterapie, Vlak 1 en 2

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:My onderwyspad het in 2010 vlamgevat toe ek indiensopleiding by ’n groot laerskool geleë in Middelburg ontvang het, terwyl ek vir my graad studeer het (iets wat ek vir ander studente sal aanraai). Die indiensopleiding het my kennis ’n hupstoot gegee. Die dag toe ek my eie klas kry, het ek reeds agtergrondkennis opgedoen van twee fases in die onderwys nl., intermediêre- en grondslagfase.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is net ’n gewone mamma van twee pragtige kindertjies. ’n Onderwyseres wat voel sy is ’n “undercover Wonder-Woman”, wat hoop vir superkragte om ’n verskil in ’n wêreld te maak wat gevul is met ’n gejaag, minder boeke, meer skermtyd en meer probleme. My passie is onderrig. Ek is ’n doen-mens. Ek pak take soos ’n bul by die horings aan. Ek het hierdie kennis opgedoen om dit te kan deel.

Marize Nel

Marize Nel

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Bestuurder van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se Gauteng-Oos-kantoor.

kwali Kwalifikasie:

  • B-graad in Maatskaplike Werk (BSW)
  • Diploma in Kunsterapie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir agt jaar lank ʼn maatskaplike werker by die CMR se Cullinan/Rayton-kantoor. Die CMR Cullinan-kantoor en CMR Bronkhorstspruit-kantoor het saamgesmelt en ek was vir twee jaar die maatskaplike werker verantwoordelik vir die hele area.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek geniet my werk vreeslik en ek het ʼn passie vir kinders in nood. Daar is niks so lonend soos om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te sien nie en boonop te weet dat jy ook ʼn aandeel daaraan gehad het. In my vrye tyd lees ek graag en beoefen ek my stokperdjies. Ons is ʼn hegte gesin en geniet dit om dinge saam te doen.

Lindie de Beer

Lindie de Beer

tassie Beroep:  Kommunikasiespesialis

gesig Titel:Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie

kwali Kwalifikasie:MA in Kommunikasiestudies (Tesis: Facebook-blad: ’n Verhoudingsbestuursperspektief)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:DeKat Tydskrif: Intern – 2011 FAK: Kommunikasiepraktisyn 2012 – 2013 Akademia: Deeltydse dosent in Kommunikasie 2016 – 2019 Solidariteit: Koördineerder: Digitale Kommunikasie 2013 – 2016 Solidariteit: Bestuurder: Digitale Kommunikasie 2016 – 2018 Solidariteit: Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie 2018 – 2021

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.

Christiaan Steyn

Christiaan Steyn

tassie Beroep: Prof. Argitektoniese Tekenaar

gesig Titel: Immaterieël-goederereg

Jou loopbaanpad tot dusver: Christiaan spesialiseer in Immaterieël-goederereg, met spesifieke kundigheid en belangstelling in Handelsmerke, Outeursreg en Domeingeskille, en het STEYN IP (www.steynip.com), ‘n spesialis-regsfirma wat in hierdie regsvelde handel, gestig. Hy beklee tans die posisie van Besturende Direkteur. Hy is ook die stigter van ‘n Niewinsgewende Organisasie bekend as FAME.org.za (die Foundation for the Advancement of Musicians Empowerment), wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en te bemagtig.

Christiaan het sy ervaring in hierdie regsgebiede verder uitgebou deur sy diens by verskeie Immaterieël-goedereregsfirms, asook deur deel te wees van die span verantwoordelik vir die Handelsmerk- en Domeinportefeuljes by Sasol Technology, en in die beklee van ‘n regsposisie in Immaterieël-goedere by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) in die Maatskappy- en Immaterieël-goedere Kommissie (CIPC) se Handelsmerk-kantoor.

Christiaan het ‘n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, verwerf en is ‘n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Christiaan is verder betrokke in Immaterieël-goederereg in Suid-Afrika as ‘n Senior Domeingeskilbeslegter, sowel as lid van die SAIIPL (Suid-Afrikaanse Instituut vir Immaterieël-goederereg) ADR en Outeursreg Komitees, en van die IPIRA (voorheen AIPLITL) Kommunikasiekomitee. Christiaan is ook ‘n lid van WILL (Worldwide Independent Lawyers League).

Karen du Toit

Karen du Toit

tassie Beroep:  Finansiële rekenmeester

gesig Titel:Hoof- uitvoerende beampte (HUB)

kwali Kwalifikasie:Belastingpraktisyn, bemarking en wetgewende boekhoudienste.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Kortliks, dit was nie altyd maklik nie, maar oor die algemeen was dit ʼn avontuur, en dit word elke dag net beter.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Na skool het ek vir my pa gewerk, en die entrepreneur-gogga het my onmiddellik gebyt. Ek het verskeie ondernemings begin en suksesvol bedryf ,onder meer as ʼn skoonheidsdeskundige, en as die vervaardiger en verspreider van industriële chemikalieë. Daarna het ek my droom bewaarheid en suksesvol as ʼn finansiële rekenmeester gekwalifiseer. Vir my is dit heerlik en bevredigend om ander mense te help en te onderrig.

Elrina Naude

Elrina Naude

tassie Beroep: Finanasies

gesig Titel: Makelary bestuurder

kwali Kwalifikasie: NQF 5 korttermynversekering

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was aangestel as ‘n PA in 2001 waarna ek ‘n makelaar geword het in 2003 tot 2012. In 2013 nader my werkgewer my vir ‘n bestuurspos in die makelary. Ek ondersteun makelaars op alle vlakke. Vanaf aanstelling, nakoming, groei in die praktyk, tussenganger met versekeraars en CRM stelsel ondersteuning

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir my werk en hou daarvan om met mense te werk.

Johan Koekemoer

Johan Koekemoer

tassie Beroep:  Onderwys – Vakspesialis en dosent

gesig Titel:Hoof: Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers

kwali Kwalifikasie:NWU Potchefstroom 2009-2012: B.Ing. Meganies NWU Potchefstroom 2012-2014: NGOS Wiskunde-onderwys NWU Potchefstroom 2017: B.Ed Honneurs UP Pretoria 2021: M.Ed. Wiskunde-onderrig

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing. Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.

Welmar oreilly

Welmar oreilly

tassie Beroep: Ander

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: Forensiese Ondersoeke

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 28 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is `n Ex Polisie Offisier en werk tans as Forensiese Deskundige en Forensiese Assessor in die privaat sektor. Ek doen motor botsing rekonstruksies. Ek help kliente wat ernstig beseer is tydens motor botsings. Ek help prokureurs met voorbereiding vir Siviele Litigasie met siviele eise teen RAF / Prasa Metrorail of Assuransie Maatskappye.

As Polisie beampte sedert 1981 tot 1997, het ek verskeie kursusse gedoen met betrekking tot misdaad tonele, ongeluk rekonstruksies en fotografie. Sedert 1997 is ek in die privaat sektor as Forensiese Assessor. Ek het van 1997 tot 2002 by RAF Kaapstad gewerk maar my eie besigheid begin in 2002. Sederdien doen ek Forensiese ondersoeke in die privaatsektor. Sien www.quaestio.co.za … ek help kliente met voorbereiding van persoonlike beserings eise. Ek spesialiseer in Siviele Litigasie.

Tony Correira

Tony Correira

tassie Beroep: Boekhouer

gesig Titel: Boekhouer

kwali Kwalifikasie: BCom (Finansiële Bestuur)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 8 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2013 as student begin werk en het al die finansiële funksies van die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria behartig. Ek het ook in dié tyd by Aros se finansiesafdeling uitgehelp. Ná ʼn jaar en ʼn half het Aros my ʼn kontrak van ses maande aangebied. Ek het dit aanvaar en het by GSDP bedank. Aan die einde van my kontrak het Aros se ouditeure belangstelling getoon om my in diens te neem.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in Pietermaritzburg grootgeword en skool gegaan. Ná skool het ek ʼn draai by die Puk gemaak en was daarna vir agt jaar in Pretoria werksaam. In Augustus 2021 het ek permanent in Orania gaan bly. Buite die werksomgewing is ek ʼn sportliefhebber en ek kan soms op die rugbyveld as skeidsregter aangetref word – dit is nou wanneer ons minus Covid-19 is.