Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ‘n projekbestuurder vir om en by 25 jaar, meestal in die IT bedryf. Ek is 59 en ‘n pensionaris van die Reserwe Bank.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is georganiseerd en doelgerig. Ek is goed daarmee om ‘n span te bou en spanwerk aan te moedig. Ek is “old school” hardwerkend gedissiplineerd en georganiseerd. Ek is ‘n goeie beplanner.
Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing.
Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.
Kwalifikasie: B. Ing Siviel;
M. Ing Konstruksiebestuur;
Prof Ing – Lid ECSA & SAICE;
Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.
Kwalifikasie: NDip IT (Unisa)
Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf:
7 jaar as tegnikus
10 jaar as sagteware-ontwikkelaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.
Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow
Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits
Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal
Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar
by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan)
Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: As ambagsman 13 jaar en as lektor amper 1 jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Gestudeer by College of Cape Town. Doen `n N2 in refrigeration.Doen 3 vlakke van elktriese studies en 2 vlakke van verkoeling prakties. Begin my loopbaan by ColCab in die elktriese afdeeling, skuif dan na PenBev (Coca-Cola) werk daar vir 8 jaar skuif dan na Henties Vrugte sappe toe. In 2020 skuif ek Catermarket toe en begin al hoe meer spesialiseer in “commersial refrigeration”. In 2021 skuif ek toe na IMS en werk as n refrigeration team leader tot 2023 en toe gaan ek in opleiding in waar eintlike passie lê.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het `n baie groot passie vir mense en om mense optelei. Ek het ook “as jy tyd het om dit oor tedoen het jy tyd om dit reg tedoen” houding.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 28 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is `n Ex Polisie Offisier en werk tans as Forensiese Deskundige en Forensiese Assessor in die privaat sektor. Ek doen motor botsing rekonstruksies. Ek help kliente wat ernstig beseer is tydens motor botsings. Ek help prokureurs met voorbereiding vir Siviele Litigasie met siviele eise teen RAF / Prasa Metrorail of Assuransie Maatskappye.
As Polisie beampte sedert 1981 tot 1997, het ek verskeie kursusse gedoen met betrekking tot misdaad tonele, ongeluk rekonstruksies en fotografie. Sedert 1997 is ek in die privaat sektor as Forensiese Assessor. Ek het van 1997 tot 2002 by RAF Kaapstad gewerk maar my eie besigheid begin in 2002. Sederdien doen ek Forensiese ondersoeke in die privaatsektor. Sien www.quaestio.co.za … ek help kliente met voorbereiding van persoonlike beserings eise. Ek spesialiseer in Siviele Litigasie.
Titel:Projekkoördineerder by Akademia vir die werkende mark
Kwalifikasie:Graad: BCom Ondernemingsbestuur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in 2015 gematrikuleer, waarna ek in 2016 by Akademia begin studeer het en ook by Pretoria FM begin werk het (ek het ʼn beurs ontvang en het gewerk en gestudeer). Ek het my graad in BCom Ondernemingsbestuur in 2019 voltooi, waarna ek vir ʼn jaar in Amerika gewerk het. Ek het in Desember 2020 na Suid-Afrika teruggekeer en het in Februarie by Akademia aangesluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is in 1997 in Pretoria gebore. Ek is hardwerkend, eerlik, lojaal en doelgerig om ʼn sukses van my lewe en loopbaan te maak. Ek het ʼn passie vir mense, bemarking, projekbestuur en kommunikasie. In my vrye tyd bring ek graag tyd saam met vriende en familie op die plaas deur en gaan stap en hike ook gereeld. Diere en God se natuur is my grootste liefde en om ʼn verskil in iemand anders se lewe te maak, my doelwit.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.
Kwalifikasie:Ek het ʼn BA-graad met onderwysdiploma.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het ondervinding in die onderwys op alle vlakke van drie maande oue babas tot vierdejaar- Afrikaans-vakdidaktiek aan die NWU. Ek was ook mentor vir my eggenoot wat skoolgehou het vir verstandelik erg gestremde kinders.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn gedrewe individu wat nooit versadig raak aangaande die misterie van die kind in onderwys nie. Ek hou daarvan om my Midas-stempel op alles te sit wat ek aanraak. Tien jaar gelede het ek die hoofstroomonderwys verlaat en my eie kleuterskool begin. Vandag bedryf ek ʼn skool met 160 kinders en 38 personeellede.
Jou loopbaanpad tot dusver:
My primêre passie in die lewe is kennis. Van kleins af het ek aan algemene kennis-olimpiades deelgeneem en dit is dus nie vreemd dat my akademiese loopbaan ʼn wye reeks van kwalifikasies insluit nie. My loopbaan in die werkplek sluit ook ʼn verskeidenheid posisies in, onder meer as bemarker en operasionele bestuurder.
Saam met my liefde vir kennis het ek ʼn passie vir persoonlike ontwikkeling. ʼn Goeie balans tussen jou werk, ontspanning en omsien na ʼn mens se gesondheid is vir my baie belangrik. Ek kry energie uit dit wat ek leer en met ander mense deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ongeveer 30 jaar in laerskole
Afgelope 14 jaar in Vroeë Kinderontwikkeling
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het baie empatie met mense, daarom het ek kursusse gedoen in pastorale berading en spelterapie. Ek is lief vir naaldwerk, skilder, bak en musiek. Ek is mal oor my drie Chow-honde en twee katte. Ek is lief vir die mooi dinge in die lewe en die natuur, en ek hou van mooi dinge rondom my. Ek hou daarvan om te studeer om myself te verryk.
Kwalifikasie: B-Tech Bemarking
Administrasie van ‘’n besigheid
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my eie besigheid begin in 1996 en dit toegemaak in 2002 waarna ek by Ramutsa Rail (spoor konstruksie maatskappy) begin werk het in die kantoor. Ek was verantwoordelik vir alles wat in ‘n kantoor gedoen moes word. Later het iemand die salarisse oor geneem. In 2020 het ek en my vennoot die besigheid se bestuur oorgeneem van die eienaar en in Julie dieselfde jaar Ramutsa SA begin gebruik instede van Rail. Ons besit aandele en is aangestel as Direkteure en albei bestuur die besigheid saam. Ek fokus op al die administratiewe take wat nodig is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek glo dat die Here vir my hierdie opdrag gegee het om vir sy koninkryk uit te bou.
Ek is gedrewe om die besigheid goed te administreer en sekere te maak dat ons beeld goed is in ons makro omgewing. Dit is ‘n persoonlike ideaal om die maatskappy (familie besigheid) se voortbestaan te verseker.
Ek is ‘n span mens en het die vermoë om mense te inspireer om hulle werk goed te doen en meer te leer.
Kwalifikasie: BCur IetA aan die Universiteit van Pretoria;
Tweejaardiploma in Kritieke Sorg
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 19 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: 2003-2005: Pen 2-student en kwalifikasie as stafverpleegster
2005-2009: Stafverpleegster in die mediese saal te Wilmedpark
2007-2009: Oorbruggingstudent deur UNISA
2009-2017: Geregistreerde verpleegkundige in die mediese saal te Wilmedpark; tweede in bevel
2017: Begin loopbaan in die intensiewesorgeenheid (ICU) te Wilmedpark
2019-2020: Tweejaardiploma in Kritieke Sorg deur die Universiteit van Pretoria
2021: Voltooi my graad Bcur IetA deur die Universiteit van Pretoria
2021 tot tans: Werk in die intensiewesorgeenheid as geregistreerde verpleegkundige opgelei in intensiewe sorg
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek en my man is vanjaar reeds 22 jaar getroud. Ons het twee wonderlike seuns, 21 en 15 jaar oud. Ek is in murg en been ʼn omgeemens. Ek sien myself as ʼn steunpilaar vir my span by die werk, asook vir my familie en vriende.
Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.
“Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
“Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 25 jaar as prokureur
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.