It looks like nothing was found at this location. Maybe try one of the links below or a search?

Most Used Categories

  • No categories

Archives

Try looking in the monthly archives. 🙂

Mentorskap W2
1. Mentor of Leerling? *

Anne-Marie Coetzee

Beroep: Betaalstelsels (Payroll) VIP / Sage Implementasie van sagteware & ontwikkeling volgens maatskappy se behoeftes en statutêre vereistes

 

Postitel: Konsultant

 

Kwalifikasies en spesialisgebiede: MA Die destydse RAU (nou UJ) – BCom (Regte) Voltooi klerkskap by ‘n ouditeursfirma in Pietersburg UCT – Voldoeningsbestuur UCT – Praktiese Arbeidsreg UCT – Belasting

Gesertifiseerde Sage People 300-installasiekonsultant

VIP / Sage Payroll / Sage One Accounting

My passie is
Ek het meer as 20 jaar se ervaring as ʼn senior Sage Premier-betaalstaatkonsultant.

Die bestuurservaring wat ek as ʼn betaalstaatbestuurder en finansiële rekenmeester opgedoen het, stel my in staat om die gebruikersomgewing binne die organisasie se holistiese benadering te verstaan.

Danksy uitgebreide kennis van Payroll en ander verwante onderwerpe, kan ek advies en oplossings bied. Ek glo dat ʼn probleem bloot ʼn uitdaging is waarvoor jy ʼn oplossing moet vind.

Dit is my passie om toe te sien dat toereikende en doeltreffende prosesse en prosedures wat interne beheermaatreëls verseker, gehandhaaf en verbeter word. Ek voel sterk oor die integriteit van finansiële inligting, dat verslagdoening in ooreenstemming met voldoeningsvereistes is en dat risiko’s betyds geïdentifiseer en tot die minimum beperk word.

As werknemers die rede vir en implikasies van hierdie prosedures verstaan, sal hulle in die kultuur van die organisasie glo.

 

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar



Jou loopbaanpad tot dusver: Ná my studie aan RAU (deesdae UJ), het ek my klerkskap by ‘n ouditeursfirms voltooi. Daarna het ek vir ongeveer 10 jaar as ʼn finansiële rekenmeerster gewerk.

By VIP (Sage) is ek opgelei om die sagteware te installeer en volgens die kliënt se behoeftes aan te pas. Ek het ook opleiding verskaf en telefoniese ondersteuning of ondersteuning op die kliënt se perseel gebied.

Op grond van my vermoë om prosesse te vereenvoudig deur die verbetering van interne kontroles, het ek aanbevelings vir kliënte gemaak en ook dokumentasie en prosedures vir hulle opgestel.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Met my ADHD, is my belangstellings baie wyd. Ek maak groetekaartjies en het ook al met waterverf geskilder. Ek is ywerig om meer uit te vind oor die velde wat ten nouste verband hou met my werksomgewing en daarom lees ek baie oor die onderwerpe of luister na praatjies oor die onderwerp. Sodoende verseker ek dat ek ingelig bly. My kinders is drie hondjies en drie katte.

Ek kan myself opsom as iemand wat daarvan hou om’n probleem as ʼn uitdaging te sien. Sodra ek ʼn kliënt / persoon se werksomgewing en prosedures kan verbeter, en hulle kan inlig waarom sekere aspekte van kritieke belang is, gee die glimlag wat ek kry my ʼn onbeskryflike lekker gevoel. En dan, as jy jare later terugvoer ontvang dat daardie metode/prosedure steeds in gebruik is, is die warm gevoel om jou hart ʼn groot beloning. In ʼn konsultant se omgewing is dit belangrik om te onthou dat hóé en wát jy doen jou naamplaatjie is.

Sunell Smith

Beroep: Verpleging

Postitel: Verpleegdiensbestuurder

Kwalifikasie: Algemene Verpleegkunde, Gemeenskapsverpleegkunde, Psigiatrie, Verloskunde, Verpleegbestuur/-administrasie, Verpleegonderwys, B.Tech. Beroepsgesondheid

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 28 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het ná my vierjaar-opleiding in die privaat sektor gewerk waar ek vir ses jaar in ʼn kraamsaal gewerk het. Daarna het ek vir 16 jaar buite ʼn hospitaalopset gewerk en was vir 14 jaar in die mynbedryf werksaam. Ek is nou weer vir net meer as ʼn jaar terug in ʼn hospitaalopset. Ek het vir die afgelope tien jaar bestuursposte beklee.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek hou daarvan om met mense te werk. Ek glo aan regverdigheid en eerlikheid.

Charlotte Fourie

Beroep: Onderwyser

Postitel: Wolkskooldosent: Inligtingstegnologie

Kwalifikasie: B.Ed Senior- en VOO-fase; BedHONS in Onderwysbestuur, -reg en -stelsels

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 7 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
My loopbaan as onderwyser in Inligtingstegnologie, Rekenaartoepassingstegnologie en Rekenaarvaardighede (graad 8 – 12) het in 2015 by Hoërskool Linden begin. In my tydperk daar was ek betrokke by talle aktiwiteite, o.a. redenaars, rebotika en ‘n koderingsklub. Ek was ook aan die stuur van die skool se inkorperering van aanlyn leer d.m.v. Microsoft Teams as leerbestuurstelsel (nog voordat Covid-19 dit genoodsaak het) en ek is aangewys as ‘n MIEE (Microsoft Innovative Educator Expert) Fellow vir die impak wat ek op die onderrig en leer gehad het. In Junie 2020 begin ek as ‘n Wolkskooldosent by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) en nou help ek om die toekoms van moedertaalonderrig in Suid-Afrika te verseker.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ‘n gemotiveerde spanspeler. Ek geniet dit om te skryf (klik hier vir ‘n versameling van my rubrieke), musiek te maak en te luister, nuwe vaardighede aan te leer (veral as dit tegnologie in die onderwys behels), video’s vir Wolkskool te maak en ek lees graag fiksie. Ek is ‘n geroepe onderwyser en Wolkskool-dosent en ek werk baie hard om ‘n positiewe en onmisbare impak op die toekoms van Afrikaanse onderrig te hê. Verder is ek getroud met drie pragtige kinders, twee miniatuur Schnauzers en leef ek ‘n eenvoudige lewe in die hartjie van Centurion.

Hugo Vermeulen

Beroep: Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum

Postitel: Hoof van opleiding

Kwalifikasie: B.Ed, B.Sc Hons en HOD

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 31 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.

Marisa Engelbrecht

Beroep: Kommunikasie

Postitel: Sektorhoof: Gildes

Kwalifikasie: M.Tech Strategiese Kommunikasie

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 21 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Solidariteit (2019-tans)
Sektorhoof: Gildes
Verantwoordelikhede:
My verantwoordelikhede is onder andere die ontwikkeling en uitbreiding van die Maatskaplikewerkersgilde, die Kantoorpraktisynsgilde en die Gilde vir Kommunikasie en Bemarking. Skakeling tussen Beweging-instellings, personeelbestuur, bemarking, netwerkgeleenthede, woordvoerder, verteenwoordiger van wetswysigings wat hierdie beroepe raak, veldtogte, opleiding, verhoudingsbestuur, koördinering en fasilitering van stelsels en prosesse tydens produkontwikkeling, tydsbestuur, verslae, voorleggings, operasionele bestuur, begrotingsbestuur, ens.

Vorige poste sluit in
Bemarkingsbestuurder: Gildes en Jeug
Verkopebestuurder
Kommunikasiebestuurder en
Joernalis

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het ’n passie om nuwe goed te ontwikkel en te toets. Ek is baie gedrewe in my werk en hou van uitdagings omdat dit my geleentheid gee om oplossings te vind.

MentorMy 2022

Lorraine de Ronde

Beroep: Bemarking, projekte en funksies

Postitel: Bestuurder: Bemarking en projekte

Kwalifikasie:

  1. Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie
  2. Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 18 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël. Ek het ook vir Bestmed mediese skema en Standard Bank gewerk, waar ek na 14 afdelings se funksies omgesien het. Tydens die groeifase van my loopbaan was ek by kleiner advertensie- en publikasie-maatskappye werksaam. Ek het ook vir ʼn hele ruk my eie onderneming bestuur, en projekte en funksies vir ander maatskappye beplan en deurgevoer.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.

Erik Pretorius

Beroep: Onderwyser
Postitel: Graadhoof en skoolbestuurslid
Kwalifikasie:
Kwalifikasie: BEd (FET); BEd (Honneurs) ; MEd (Meestersgraad in Onderwysleierskap)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
As dinamiese onderwyser leef ek sedert 2009 my passie en roeping by Hoërskool Zwartkop uit.

Dit is ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om aan môre se toekomstige leiers, ons jong mense, te help vorm.

Ek is sedert 2014 deel van die dinamiese bestuurspan van Hoërskool Zwartkop en ons as leierskorps is daarop toegespits om gelukkige en opgewasse jong volwassenes vir die toekoms te vorm.

My vak van onderrig is Afrikaans Huistaal. Ek tree dikwels as graadkoördineerder vir Afrikaans op, ek is by verskeie geleenthede interne moderator, ek merk jaarliks op departementele vlak graad 12-vraestelle en ek tree ook op as departementele onderwysermoderator in die Tshwane-distrik.

Op sportgebied rig ek rugby af en besef ook daagliks dat onderwysers selfs op die sportveld, ’n groot en lewensveranderende impak maak.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ’n passievolle onderwyser en leier, wat onvoorwaardelik daar is vir jong mense – die toekoms van môre. Ek is oortuig dat ’n mens geroep word tot die onderwys en dat die verskil wat ’n mens daagliks maak van groter waarde is as wat ’n mens ooit sal besef.

Ek heg baie waarde aan Christelike opvoedingsbeginsels en waardes, respek, positiewe energie, integriteit en toewyding.

Ek is ’n mensemens, wat daarop ingestel is om ’n impak op mense se lewens te maak en vandaar my betrokkenheid by die mentorskapprogram. Solank as wat ek ’n positiewe bydrae tot jong mense in die professionele onderwysveld kan maak, is ek gelukkig.

Ek staan vas by my lewe se leuse: “Be fearless in the pursuit of what sets your soul on fire…”

Mandy Thackwray

Beroep: Innovasie- en Kommunikasiespesialis

Postitel: Innovasie- en Kommunikasiespesialis

Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 20 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer. Ek was vir die afgelope vyf jaar werksaam as gilde- en innovasiespesialis by Solidariteit, waar ek betrokke is by produkontwikkeling, bemarking, sosiale media en ander kommunikasiefunksies. Ek is sedert verlede jaar verantwoordelik vir Werknet, die grootste Afrikaanse werksoek- en plasingsportaal wat enig in sy soort is.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.

Annelize Hartman

Beroep: Rekenmeester

Titel: Besturende Direkteur van Serenity Accounting Company (Pty) Ltd

Kwalifikasie: Tegniese finansiële rekenmeester

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Verskeie kassierposte van 1998 tot 2001; Boekhouer/hulpbronbestuurder van 2002 tot 2006; algemene bestuurder van 2006 tot 2009; ’n belastingpraktisyn van 2009 tot huidig; boekhouer/rekenmeester vanaf 2010 tot huidig.

Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.

Sy is ’n geregistreerde belastingpraktisyn en doen tans haar gesertifiseerde finansiële rekenmeestersgraad by die Instituut vir Gesertifiseerde Boekhouers. Sy het die VIP betaalstaatkursusse in belasting, betaalstaat fase 1,2 en 3 asook die personeelkursus bygewoon, en is ook ’n geregistreerde gesertifiseerde Sage One aanlyn rekeningkundige adviseur.

Annelize se kundigheid sluit die volgende in – registrasie van individue en ondernemings vir belastinginkomste, individuele en voorlopige belastingopgawes, besigheidsbelastingopgawes, SAID – inkomstebelasting, PAYE, SDL en BTW, DoL – WVF en vergoedingsregistrasie en verwante bystand, CIPC – die registreer van en koop van maatskappye, besigheidsplanne, opstel van ’n begroting, datavaslegging vir klein besighede, finansiële bystand, rekeningkundige advies, finansiële state, betaalstaat en betaalstrokies, belastingklarings, belastingriglyne en VDP-ooreenkomste, aandele en aandelesertifikate, betaalstaat – vir alle klein ondernemings op ’n betaalstaatstelsel, Easyfile, EMP501 “recons”, EMP201, en die uitreiking van IRP5-strokies.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ’n gelukkige getroude vrou met twee wonderlike kinders. Ek het harde werk ingesit en lang ure spandeer om te kom waar ek vandag is. Ek het nooit gedink ek sal ’n rekenmeester word nie, so ek het eers die wêreld gaan verken en myself “gevind” voordat ek my posisie in die gemeenskap ingeneem het. Ek het eers in 2012 begin studeer met kind en kraai en ’n onderneming gehardloop. Dit is nie ’n maklike taak om te verrig nie, maar gelukkig het ek dit deurgemaak. In 2020 het ons ons eerste tak in Annlin oopgemaak en ek hoop om in die toekoms nog meer uit te brei en mede-rekenmeesters te help om op die been te kom. Ek het nog baie drome wat voorlê en hoop om alles ’n werklikheid te maak, want soos hulle sê, as jy dit nie doen nie dan bly dit net ’n droom.

Dankie

Christiaan Steyn

Beroep: Spesialisprokureur: Immateriële goederereg

Titel: Besturende Direkteur en Hoof van Immateriële Goedere by STEYN IP

Kwalifikasie: LLB-graad

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek spesialiseer in immateriële goederereg en wetlike nakoming, met spesifieke kundigheid en belangstelling in handelsmerke, outeursreg en domeingeskille. Ek is ʼn stigterslid van STEYN IP, ʼn spesialis-regsfirma wat in hierdie regsgebiede spesialiseer, en is tans die besturende direkteur. Ek is ook die stigter van ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en op te hef; die Vereniging vir die Bevordering en Bemagtiging van Musikante, (FAME.org.za).

Ek het ʼn agtergrond in die musiekindustrie en het my kundigheid in die regsgebied aan diens by verskeie spesialisregsfirmas opgebou, sowel as by regspanne in die privaatsektor. Ek het verder ook al ʼn regsposisie in immateriële goederereg by die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) in die Handelsmerkekantoor van die Kommissie van Maatskappye en Immateriële Goedere (CIPC) beklee.

Ek het ʼn LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) Potchefstroom-kampus verwerf en is ʼn toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Ek is tans ook ʼn kandidaat vir ʼn meestersgraad in immateriële goederereg aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Verder is ek by immateriële goederereg in Suid-Afrika as ʼn senior beoordelaar in domeingeskille betrokke, en ek dien op die Suid-Afrikaanse Instituut van Immateriële Goederereg (SAIIPL) se ADR- en outeursregkomitees, asook op die Suid-Afrikaanse Vereniging van Immateriële Goederereg en Inligtingstegnologie (AIPLITL) se Kommunikasiekomitee.

Conrad Pienaar

Beroep: Konsultant: Payroll Software

Titel: Verbintenisbestuurder

Kwalifikasie: HonsBCom: Logistieke Bestuur

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.

Ek het in 2017 deel van die bestuurspan geword en het tans ʼn klomp konsultante wat onder my werk.

My ondervinding is grootliks in Payroll- en MHB-stelsels, en ek het ook dan onder meer ʼn bietjie agtergrond in belasting.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe. Ek werk en kuier saam met vriende en familie in my vrye tyd. Ek sou graag betrokke wou raak by jongmense om my kennis met hulle te deel. Ek glo daar is ʼn magdom potensiaal in die land, maar dat jongmense nie vir die wêreld daar buite toegerus is nie. Jongmense maak klaar met skool, of universiteit, maar vind dit moeilik om ʼn grootmens te wees omdat daar ʼn gaping is in die oorgang van studeer na werk. Ek sal graag met so iets wil help, en indien dit in my industrie is, wat juis nie baie bekendheid het nie, soveel te beter.

Guillaume du Toit (Giel)

Beroep: Bankwese

Titel: Buitelandse direkteur (country director)

Kwalifikasie: MDP (Sakeskool Stellenbosch); Sertifikaat in Kredietbestuur (Unisa)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Algemene bankwese, kredietbestuur en regsinvorderings op nasionale vlak. Aanvangsbesighede in Nigerië en Ghana.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek het my loopbaan in die bankwese begin, waar ek vanaf algemene klerk tot by senior bestuur gevorder het. Gedurende my 23 jaar in die bankwese het ek ook twee jaar ondervinding in prestasiebeoordeling. Daarna het ek na volinstandhoudingsbruikhuurkontrakte “full maintenance leasing” en vlootbestuur by die destydse Imperial oorgeskuif waar ek die geleentheid gekry het om die besigheid in Nigerië van die grond af te kry. Ek is later deur Barloworld genader om dieselfde vir hulle in Ghana te doen, waar ek vir agt jaar tot my vervroegde aftrede werksaam was. In al my werksaamhede in die lande was dit my gunstelingaktiwiteit om personeel vir die nuwe veld van besigheid in hul onderskeie lande op te lei en af te rig. In my spaartyd is ek ʼn kranige amateurfotograaf en spandeer graag tyd in die buitelug.

Giel Meyer

Beroep: Onderwyser

Titel: Skoolhoof

Kwalifikasie: BEd.Hons. | HOD (hoër onderwysdiploma) | Gevorderde Sertifikaat in Arbeidsverhoudinge

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ek is reeds 35 jaar by onderwys betrokke en het 27 jaar se bestuurservaring by ʼn tegniese hoërskool, laerskole en in spesiale onderwys.

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vanaf 1994 – 2003 departementshoof van die senior afdeling (gr. 4-7) by Laerskool Frikkie Meyer in Vanderbijlpark. Ek was vir Natuurwetenskappe en Tegnologie van gr. 4-7 verantwoordelik. Vanaf 2009 – 2013 was ek die adjunkhoof by Hoërskool Sasolburg, en ek was ook die vakhoof vir Lewensoriëntering. Verder was ek ook betrokke by atletiek (naellope), die afrigting van die 1ste rugbyspan asook rugbyhoof, ek was ook verantwoordelik vir die drama/toneel se afrigting. Vandag is ek die skoolhoof van Laerskool Suikerbos Primary waar ek in 2013 aangestel is.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn passievolle en dinamiese onderwysleier wat die personeel en leerlinge inspireer en laat groot droom. Ek lei deur ʼn voorbeeld vir ander te wees, veral deur my skitterende werksetiek, bestuursvermoë- beplanning, organisering, leiding, kontrole en terugvoer.

Hendie Grobbelaar

Beroep: Skrywer, kommunikasie- en skakelwesekonsultant

Titel: Vryskut

Kwalifikasie: BTech in Skakelwesebestuur

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Tien jaar in kommunikasie-/skakelwese en twintig jaar in ʼn sekretariële rigting.

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het my loopbaan as sekretaresse begin en het tot op die vlak van uitvoerende sekretaresse vir die uitvoerende hoof van ArcelorMittal gevorder (ʼn internasionale maatskappy wat voorheen in Suid-Afrika as Yskor bekend gestaan het). Ek het my terselfdertyd as ʼn skakelwese- en kommunikasiekonsultant bekwaam en het in 2007 in hierdie veld begin werk totdat ek in 2015 “uitgetree” het. Ek was ook bevoorreg om vir 18 maande te kon onderrig gee in vakke soos Afrikaans, Skakelwesebestuur en Sakebestuur by Damelin en by ʼn FET-kollege. Ná my uittrede in 2015 het ek begin skryf en het drie kortverhaalbundels en twee radiodramas geskryf wat baie goed ontvang is. Tans doen ek gemeenskapswerk in my omgewing waar dit benodig word en ek skryf ook aan nuwe projekte.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is 56 jaar oud, getroud en het twee volwasse seuns. Ek bly in Gouritsmond op die Tuinroete en is baie lief vir lees, reis en om grense te toets (in my eie loopbaan en vir persoonlike ontwikkeling). Die omgewing en behoud daarvan is baie belangrik en ek is ten nouste betrokke by die plaaslike bewaringstrust. Herwinning en skeppende hergebruik (upcycling) is ʼn groot passie en ek het ʼn herwinningsprojek met sukses in ons dorp van stapel gestuur. Ek het voorheen twee jong dames gementor, waarvan die een in haar huidige omgewing tot interne kommunikasiebestuurder van Nedbank gevorder het.

Jeantelle Rust

Beroep: Mineraalprosessering- /Chemiese Ingenieur

Titel: Manager: Test Work

Kwalifikasie: B.Ing Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in mineraalprosessering M.Ing Chemiese Ingenieurswese

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek is ʼn mineraalprosesseringsingenieur met ʼn passie vir wat ek doen. Dit is my doel om te help in die industrie. Ek wil graag ʼn verskil maak, beide in die industrie en in individue se lewens. Ek is ʼn bestuurder by ʼn maatskappy wat mynboutoerusting vervaardig, en ek werk spesifiek in die navorsings- en ontwikkelingsafdeling. Ek is ʼn deernisvolle persoon, en ek glo daaraan om ʼn voorbeeld te wees vir my span. Ek hou daarvan om ʼn leier te wees deur my span te beïnvloed, te ondersteun en aan te moedig. Ek pas gewoonlik my leierskapstyl aan by my medewerkers se persoonlikhede en maniere van werk. In my span gee ek gewoonlik die geleentheid om iets eers self te probeer, of om te kom met oplossings indien moontlik. Daarna sal ek die persoon lei of saam met die persoon werk om ʼn probleem op te los. Persone wat saam met my werk, weet ek hou nie van mikrobestuur nie en ek bemagtig my mense in plaas daarvan om hulle te beperk.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn mamma van ʼn pragtige sewejarige seuntjie. Dit is my doel om vir my seuntjie goeie Christelike waardes te leer, en om ʼn voorbeeld vir hom te wees. Bo en behalwe dat ek geniet om tyd saam met my seuntjie te spandeer, hou ek van ʼn lekker braai, kwaliteittyd saam met vriende en familie, en ek probeer ook om bietjie meer aktief te wees. Ek hou van lees, en wanneer ek tyd kry, om ʼn lekker reeks te kyk.

Joanelle van Zyl

Beroep: Videoredigeerder
Titel: Verbintenisbestuurder
Kwalifikasie: BA Kommunikasiegraad en BA Honneurs in die spesialisrigting Dokumentêre Videoproduksie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Nadat ek my honneursgraad voltooi het, het ek by iGala Productions as ’n videoredigeerder begin werk. iGala Productions is ’n videoproduksiemaatskappy wat in die maak van persoonlike jagvideo’s vir jagters, wat in Afrika kom jag, spesialiseer. Ek werk nog steeds by hierdie maatskappy.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is 29 jaar oud en is nou 10 maande getroud. Ek en my man geniet dit om saam te oefen en ons al twee hou daarvan om rustig by die huis te wees. Ek is lief daarvoor om na “podcasts” te luister en om op te lees oor enige iets wat met persoonlike ontwikkeling (toegepaste sielkunde) te make het. Ek voel sterk daaroor dat ons elkeen meer potensiaal het as wat ons dink. Dit maak my opgewonde om te dink dat ons ons eie realiteit deur middel van ons gedagtes, ons doelwitte en ons toewyding kan bepaal.

Louis van Wyk

Beroep: Onderwys (Afgetree)
Titel: Afgetrede skoolhoof
Kwalifikasie: THOD VDO (Jeugweerbaarheid)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 39 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Jaar Duur Vlak Instansie
1970-73 4 jaar Opleiding: THOD & VDO (JW) Onderwyskollege (Pta.)
1974-77 4 jaar Onderwyser Posvlak 1 Laerskool Genl. Jacques Pienaar (Pta.)
1978-80 3 jaar Senior Onderwyser Posvlak 1 Laerskool Vaalwater
1981-84 4 jaar Departementshoof Opvleiding Pv. 2 Laerskool Suidheuwels Jhb.
1985-90 6 Jaar Adjunkhoof  Pv. 3 Laerskool Laeveld Nelspruit
1991-06 16 jaar Hoof Pv. 4  (Kwalifiseer as funksionele terapeut) Laerskool Suidheuwels Jhb.
2008-09 1 Jaar Hoof na aftrede –  Privaat skool   Laerskool Totuis Akademie Potch.
2012-13 2 Jaar Hoof – Privaat skool Laer- en hoërskool Dirk Postma Pta.
2016-19 3 Jaar Deeltydse onderwyser –  Privaat skool Centurion Christelike Laerskool


Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is getroud met ’n afgetrede laerskool onderwyseres. Uit ons huwelik is ’n seun en ’n dogter gebore wat beide hoërskoolonderwysers is, waar hulle Wiskunde en Tegniese vakke aanbied. Ons het vier kleinkinders waarvan drie in die laerskool en een in die kleuterskool is. Ons bly in ’n aftree-oord in Centurion waar ons ’n eenheid huur. Ek is in die Gereformeerde Kerk Centurion waar ek ’n ouderling is.

Na 1994 het daar ’n geleidelike verandering in die onderwys begin plaasvind waarvoor ons nie opgelei was nie. Die pogings wat die Departement aangewend het om opleiding te doen het ernstig misluk. Die impak op die kind en opvoeders (ouers en onderwysers) het begin wys.

My motivering om myself verder te kwalifiseer vir ’n tweede diploma in onderwys en twee beradingskursusse het direk verband gehou met die negatiewe invloed wat die nuwe bedeling op die “emosionele funksionering” van kinders en opvoeders gehad het. My besluite het dus gegroei uit ’n visie wat ek gehad het dat die gedwonge verwaarlosing van die Pedagogiese verhoudinge (gesag, ken en vertroue) tussen ouers, kinders en onderwysers ongelooflike implikasies op die opvoedingsgebeure gaan hê. Die beginsel van weerbaarmaking was vir my die enigste alternatief op ’n onderwys en politieke stelsel wat mense se waardes gaan vernietig.

My tweede beradingskursus wat onder andere “career counselling” ingesluit het, het vir my die sleutel gebied waarna ek gesoek het. Dit was veral die gestandardiseerde inventarisse (Ekometrie) wat ontwikkel is om te help met persoonlike ontwikkeling, asook doelgerigte en intensiewe beroepsleiding wat as ’n proses in twee fases reeds in die laerskool moet begin.

Annelise de Vries

Beroep: Dosent (taalkunde, taalonderwys,); navorser en taalaktivis

Postitel: Dosent: Fakulteit Opvoedkunde, Akademia

Kwalifikasie:

  • PhD in Toegepaste Linguistiek
  • MA in Afrikaans-Nederlands
  • Honneurs in Afrikaans-Nederlands
  • BA in Psigologie en Pastorale Begeleiding
  • BA in Kommunikasiestudies

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 8 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • 2013-2016: Junior-lektor in taalkunde aan Aros
  • 2016: Mediaskakelbeampte by AfriForum
  • 2016-2018: Taalbeplanningsbestuurder by AfriForum
  • 2019-2020: Navorser by Solidariteit Navorsingsinstituut
  • 2021-: Dosent in opvoedkunde by Akademia
  • 2017-2020: Direksielid van die Afrikaanse Taalraad
  • 2020-: Ondervoorsitter van die direksie van die Afrikaanse Taalraad

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het ʼn ongelooflike passie vir die studie van tale en taalkunde, met spesifieke verwysing na sosiolinguistiek en forensiese linguistiek. My tweede passie is navorsing, met spesifieke verwysing na geesteswetenskaplike navorsing. Ek is ʼn taalaktivis, glo in gelyke meertaligheid en glo dat eentaligheid toegang tot geregtigheid belemmer.

Riaan van Jaarsveld

Beroep: Finansieel
Titel: Hoof- Uitvoerende Beampte
Kwalifikasie: CA SA
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar +

Jou loopbaanpad tot dusver:
  • Hoof- Uitvoerende Beampte – ABA Financial Services
  • Groep- Finansiële Direkteur – Pembury Lifestyle Group Ltd
  • Bedryfshoof: Oos-Afrika – Blue Financial Services Ltd
  • Hoof- Finansiële Beampte – NBC Limited Tanzania
  • Senior Bestuurder: Finansies – Absa Afrika – Barclays Afrika
  • Hoof- Uitvoerende Beampte – WZSAR Network Worldsites
  • Hoof- Finansiële Beampte – MTN Afrika, Kameroen
  • Hoof- Finansiële Beampte – Alliance Air


Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is tans die hoof- uitvoerende beampte van ABA, ʼn internasionale maatskappy wat adviesdienste aan klein en mediumgrootte ondernemings lewer, en ek het 30+ jaar ervaring op hierdie gebied. Ek was die groep- finansiële direkteur van ʼn maatskappy wat op AltX genoteer is. Ek was finansiële hoof van Absa Afrika in verskeie Afrika-lande, waarvan nege jaar by Barclays en die Absa-groep en nege jaar by die Transnet-groep, wat ʼn volwaardige bank met ʼn direksie is en waarvan Absa/Barclays aandeelhouers is. Ek het blootstelling gehad aan die dinamiese selfoonbedryf (MTN) en bedryfservaring opgedoen in RSA en Nigerië, en ek was die finansiële hoof van MTN in Kameroen.

Ek was voorheen uitvoerende hoof vir Improp International-eiendomsontwikkeling, WZSAR asook finansiële hoof van Pembury Lifestyle Group, NBC Limited, Alliance Air en MTN Kameroen. Verder het ek ook die pos as bestuurshoof van Blue Financial Services (Oos-Afrika) beklee, en ek was hoof van Finansies by Absa Africa. Ek is ook ʼn voormalige senior ouditeur by Deloitte.

Ek het uitgebreide ervaring ten opsigte van die stelsels en bedrywighede van bekende openbare en private maatskappye. Ek beskik ook oor ondervinding in individuele sowel as maatskappybelasting (Verenigde Koninkryk, Uganda, Tanzanië, Rwanda, Nigerië, Kameroen, Namibië, Mosambiek, Angola en die RSA).

Cornelius van Leeuwen

Beroep: Sektorkoördineerder in die vakbondwese

Titel: Sektorkoördineerder vir die metaal- en ingenieurswesesektor

Kwalifikasie: Passer en draaier, ʼn Gevorderde sertifikaat in Arbeidsreg

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

 

Jou loopbaan pad tot dusver: Ek het vir ongeveer 15 jaar by Highveld Steel gewerk waar ek in ʼn bestuurspos was. Ek is nou reeds 13 jaar lank by Solidariteit in ʼn bestuurspos werksaam.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn persoon wat glo in Christelike waardes en eerlikheid. Integriteit is vir my belangrik. Ek het ʼn positiewe uitkyk op die lewe en het ʼn passie vir mense en my werk. Ek hou van die buitelewe en geniet dit om te braai.

 

Dawie Beyers

Beroep: Prokureur en notaris

Kwalifikasie:

  • B.A. (Hons) Geskiedenis
  • B. Prok. (Unisa)
  • Openbare notaris
  • Diploma in Insolvensiereg
  • “Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
  • “Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)

Aantal jare ondervinding binne die industrie: Ongeveer 25 jaar as prokureur

 

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Departement van Onderwys, 1983 (Werk deeltyds terwyl ek my honneurs doen.)
  • SANW, 1984-1985
  • Hoërskool Pretoria-Noord, 1986 – 1989 (Onderwyser in geskiedenis en geografie en betrokke by buitemuurse aktiwiteite).
  • Handelsmerkkantoor – Departement van Handel en Nywerheid, 1990 – Augustus 1991 (werk terwyl deeltyds B. Prok. Studeer).
  • Dr PJ Kotze ingelyf, September 1991 – Oktober 1993 (Kandidaatprokureur)
  • Toegelaat as prokureur, 1993
  • Toegelaat as notaris, 1994
  • Rossouw & Beyers, Julie 1995 – Junie 1996 (Vennoot)
  • Dawie Beyers Prokureurs, Julie 1996 – 1998 (Alleenbeoefenaar)
  • Beyers & Day ingelyf, 1998 – 2012 (Direkteur)
  • Pam Golding Properties (Springs), sedert 2004 (Franchisenemer)
  • Dawie Beyers Prokureurs ingelyf, sedert 2021 (Direkteur)
  • Pam Golding Properties (Nylstroom), sedert November 2015 (Franchisenemer)

Vertel ons bietjie van jouself:
Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.

Hannes Noëth

Beroep: Predikant

Postitel: Uitvoerende Direkteur: Helpende Hand

Kwalifikasie: BA, ThB, ThB (honneurs) en ʼn ThM

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 21 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013).
Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017)
Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword.  Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.

Johnell van Vollenhoven

Naam en van: Johnell van Vollenhoven

Beroep: Kommunikasiewese

Titel: Media- en skakelbeampte

Kwalifikasie: BEd

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Twee jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vir nege jaar in die onderwys waar ek onder meer die hoof van ʼn kleuterskool was en later die departementshoof van die taaldepartement van ʼn internasionale hoërskool. Daarna het ek by Solidariteit as mediaskakelbeampte begin werk.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is aktivisties en hou van skryf. Ek voel veral gemotiveerd wanneer ek glo ek kan ʼn verskil in mense se lewens maak. Ek voel dit is my roeping om iets vir die groter samelewing, veral binne my gemeenskap, te beteken. Ek is passievol en hardwerkend.

Jana Terblanche

Beroep: Onderwysspesialis in Afrikaans

Titel:Hoof van GeRAT (ʼn Vakvereniging vir Afrikaansonderwysers. GeRAT is deel van die Skoleondersteuningsentrum.)

Kwalifikasie:   BA(Kommunikasiekunde) en ʼn NGOS

Aantal jare ondervinding in die beroep: Ongeveer 30 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:       
Ek werk tans vir Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum. Ek is die hoof van GeRAT – die vakvereniging vir Afrikaansonderwysers en my amptelike postitel is Afrikaans: Onderwysspesialis.

Vanaf 1 Oktober 2017 tot 30 Junie 2018: Tree op as waarnemende direkteur by Dirk Postma met bestuurverantwoordelikheid vir die kleuterskool, laerskool, hoërskool en ʼn naskoolsentrum.

My diensjare as onderwyser het op 1 Januarie 2003 by Dirk Postma begin. Van Januarie 2012 tot Desember 2018 was ek die skoolhoof van die Gereformeerde Skool Dirk Postma. Tydens my jare by die laerskool het ek twee Arso-boeke (in die vakke NW en MSW) die lig laat sien en in die proses kosbare ondervinding opgedoen. 

   

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:    
Ek is ʼn baie optimistiese mens wat lief is vir my mense, die natuur, sport, lees en nog vele meer –kortom, ek glo dat jy die tyd wat die Here jou hier op aarde gun ten volle moet benut!

Appie Pienaar

Beroep: Gekwalifiseerde Geoktrooieerde Rekenmeester (SA)

Titel: Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging

Kwalifikasie: BA (cum laude), BA (Honneurs) (Grieks), BD (cum laude), MCom verwerf aan die Universiteit van Pretoria en BCompt Honneurs en STR, aan Unisa verwerf.

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 31 jaar

 

Loopbaanpad tot dusver:
Ek is in Januarie 2013 as die Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging aangestel. My take by Solidariteit sluit die opstel en bestuur van die jaarlikse begroting en die oorhoofse bestuur van die afdelings Finansies en Mensehulpbronne in. Ek dien in die direksies van verskeie kultuurinstellings, onder meer die FAK, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en Maroela Media. Ek dien verder in die finansiële of ouditkomitees van die FAK (voorsitter), Maroela Media (voorsitter), Pretoria FM (voorsitter), die Voortrekkermonument (voorsitter), Solidariteit Helpende Hand en AfriForum. Tans dien ek vir ʼn tweede termyn in die Raad van die Universiteit van Pretoria, waar ek ook ʼn lid van die ouditkomitee is. Voordat ek by Solidariteit aangesluit het, was ek verbonde aan Unisa waar ek medeprofessor in Bestuursrekeningkunde was en aan die hoof van Unisa se CIMA-program (Chartered Institute of Management Accountants) gestaan het. Ek is ʼn genoot (fellow) van CIMA. Ek het vir ʼn tydperk van vyf jaar as verkose lid van CIMA se Streeksraad vir Afrika gedien.

 

ʼn Bietjie meer omtrent Appie:
Ek is getroud en het twee dogters. In my vrye tyd geniet ek hardloop en fietsry. Ek het onder meer die Comrades Marathon en die Absa Cape Epic-bergfietswedren suksesvol voltooi.

Marike Grobler

Beroep: Ontwerp & Bemarking

Titel: Bestuurder: Bemarking, Ontwikkeling en Ontwerp

Kwalifikasie: BCom Bemarking & Toerisme
BCom Hons Bemarking & Entrepreneurskap

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
My loopbaanpad het in 2012 by die Noordwes-Universiteit se Graphikos-afdeling begin. Ek was as junior ontwerper aangestel en so was ek aan die diepkant ingegooi om alles van die bedryf te leer en prakties toe te pas. Ek het vir twee jaar baie geleer en my voete gevind. Ek het geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen.  In 2014 het ek my vlerke gesprei na die agentskaplewe en ek het vir Magnetic Creative begin werk. Daar het ek die geleentheid gehad om met korporatiewe maatskappye se identiteite te werk en om strategies te dink oor ontwerp en handelsmerk-identiteit. Van daar het ek ʼn behoefte gehad om te spesialiseer binne die digitale omgewing en het in 2015 begin werk vir ʼn agentskap genaamd SoInteractive wat fokus om digitale produkte vir kliënte soos, Ocean Basket, Kelly, Tafel Lager en nog meer te bou en ontwerp. Ek kon myself hier ingrawe in die kreatiewe kant van my persoonlikheid, die moontlikhede was eindeloos en die uitdagings was groot. In die proses het ek baie van myself geleer. Ek het in 2016 by Promise Agentskap begin werk met kliënte soos Edgars, Castle Lite, Boardmans, Red Square en nog meer met ʼn fokus om digitale produkte vir hulle te lewer. Ek het hier baie ondervinding gekry in die ontwikkeling van korporatiewe identiteit, kreatiewe probleemoplossing en baie dieper ervaring gekry in ontwerp- en video-programmatuur. In 2017 het ek my loopbaan by Solidariteit se kommunikasie-afdeling begin waar ek as digitale ontwerper aangestel was. Ek het die voorreg gehad om saam te kon groei in ʼn baie effektiewe kommunikasie-afdeling.
In 2019 is ek aangestel as die Bestuurder van Bemarking, Ontwikkeling en Ontwerp waar ek steeds my liefde vir kreatiewe probleemoplossing uitleef.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Die beste manier om my te leer ken, is om aansoek te doen vir jou mentorskap by my dan vertel ek vir jou alles van myself.

Dr. Juran van den Heever

Beroep: Kommunikasiespesialis, reputasiebestuurder en loopbaanontwikkeling

Postitel: Hoof: Jeug en Loopbaanontwikkeling by Solidariteit

Kwalifikasie:

  • BCom Kommunikasiebestuur aan die Noordwes-Universiteit
  • Nagraadse Onderwyssertifikaat
  • Meestersgraad in Kommunikasiebestuur
  • Doktorsgraad in Kommunikasiebestuur
  • Hy spesialiseer in die rigting van reputasiebestuur wat aspekte soos kommunikasie, sosiale media, handelsnaam en -merke “branding”, mediabetrekkinge en openbare betrekkinge, insluit.

Aantal jare ondervinding binne die bedryfe: 10 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was vir sewe jaar ʼn onderwyser aan die Laerskool Jan Celliers in Johannesburg.  Ek het toe as dosent by Akademia aangesluit en het vir twee jaar voltyds Kommunikasievakke aangebied, waarna ek as hoof van die Solidariteit se kommunikasieafdeling gedien het. Ek het steeds vir twee jaar lank deeltyds by Akademia klasgegee. Tans is ek die hoof van Solidariteit se Jeug en Loopbaanontwikkelingsafdeling en put baie inspirasie daaruit om jongmense te help.
Ek lewer nog praatjies oor kommunikasie en bied ook opleiding aan spanne waar dit nodig is.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn plaasseun van Noordwes. Ek het sterk waardes, goeie werksetiek en integriteit. Ek is ʼn strategiese denker en beplanner en weet altyd in watter rigting ʼn projek, plan of taak moet gaan. Ek verseker altyd dat die doelwitte wat gestel word ook bereik word en dit gaan gepaard met doelgerigtheid, selfvertroue en selfrespek. Ek sien myself as ʼn skepper van hoop, ʼn opvoeder in my hart, gesinsman, kommunikasiespesialis en ʼn ware strateeg. Ek is ook ʼn kranige CrossFitter en hou van kamp, fietsry, veldhardloop en om tyd saam met my gesin deur te bring.

Cilleste van Dyk

Beroep: Redakteur / Joernalis

Postitel: Bestuurder: Inhoud en Taal

Kwalifikasie: MA Joernalistieke Bestuur

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 11 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het by ʼn klein gemeenskapskoerant in Standerton begin waar ek letterlik met elke fase van die produksieproses van koerantwese kennis gemaak het, want jy help met alles. Daarna het ek ʼn kommunikasiepraktisynspos aangepak waar ek ingeoefen het om die ander kant van joernalistiek te bemeester, van skakelwerk tot bemarking. My pad het weer met joernalistiek gekruis toe ek by die tydskrif-redaksiespan van Solidariteit aangesluit het. Daar ek myself opgewerk tot redakteur van die Solidariteit Tydskrif. Buiten die tydskrif het aanlyn inhoud al meer relevant geraak en het die inhoudskepping van die Solidariteit-webblad ook deel van my werk geword. Dit is tans die grootste deel van my werk. “Content creation. Skrywers sal weet dat taalgebruik en die korrektheid daarvan ʼn kardinale rol speel in enige skryfstuk, daarom het taalversorging en vertaling ook net so belangrik geword in my loopbaanpad.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn versamelaar, nie van goed nie maar van inligting en om meer spesifiek te wees, ʼn versamelaar van stories. Ek is mal daaroor om daardie stories met kleur oor te vertel en enigiemand wat my ken, sal weet ek vat hom met ʼn interessante draai. As jy iets wil leer en onthou kan ek met oortuiging sê dat ek dit baie interessant sal kan oordra. Niks hoef vervelig of moeilik te wees nie – dis wat jy daarvan maak.

Lindie de Beer

Beroep: Kommunikasiespesialis

Postitel: Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie

Kwalifikasie: MA in Kommunikasiestudies (Tesis: Facebook-blad: ’n Verhoudingsbestuursperspektief)

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
DeKat Tydskrif: Intern – 2011
FAK: Kommunikasiepraktisyn 2012 – 2013
Akademia: Deeltydse dosent in Kommunikasie 2016 – 2019
Solidariteit: Koördineerder: Digitale Kommunikasie 2013 – 2016
Solidariteit: Bestuurder: Digitale Kommunikasie 2016 – 2018
Solidariteit: Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie 2018 – 2021

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.

My ondervinding in die bedryf het my die vermoë gegee om ʼn strategie met die organisasie se beeld en platforms te belyn.

Digitaal, ontwikkeling en bemarking is my passie.

Henru Krüger

Beroep: Regsgeleerde en ouditeur

Postitel: Gildesektorhoof: Professioneel, Solidariteit

Kwalifikasie: Ek het ‘n graad in regte en finansies. Ek is ‘n toegelate prokureur tot die hooggeregshof en is ‘n gesertifiseerde interne ouditeur en nakomingspraktisyn.

Aantal jare ondervinding in die bedryf: Regsadvies – 25 jaar
Wetlike nakoming – 25 jaar
Finansiële & Bestuursrekeningkunde – 18 jaar
Eksterne & Interne Oudit – 18 jaar
Korporatiewe Bestuur – 9 jaar
Besigheidsrisikobestuur – 9 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 1995 ʼn graad in die regte aan die Universiteit van Pretoria behaal en is sedert 1997 ‘n toegelate prokureur tot die hooggeregshof in Suid-Afrika. In 2005 het ek het ook ‘n finansiële graad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal, het ʼn klerkskap in ouditspesialisasie gedoen en is sedert 2013 ‘n gesertifiseerde interne ouditeur en sedert 2017 ʼn nakomingspraktisyn.

Ek het voorheen in die regspraktyk (vier jaar), eksterne ouditpraktyk (nege jaar) en die medieseskemabedryf (11 jaar) gewerk, en is die huidige sektorhoof van die Professionele Gildes by Solidariteit, wat meer as 10 000 professionele persone in privaat praktyk in Suid-Afrika verteenwoordig.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is in Johannesburg gebore. Kort daarna, toe ek agt maande was, het ons gesin het na die Suidoos-Transvaalse Hoëveld verhuis waar ek op die plaas groot geword het. Ek is Pretoria toe om te gaan studeer, waarna ek weer terug is na die Hoëveld waar ek vir 12 jaar in ʼn praktyk gewerk het. Ek is toe weer terug Pretoria toe om die korporatiewe wêreld te betree waar ek my steeds bevind.

Ek hou van rugby en is ʼn jare lange Blou Bul-ondersteuner. Ek is mal oor die bosveld en dit is waar ek graag my vakansies deurbring. Ek is ʼn Afrikaner wat graag die taal, kultuur en godsdiens van die Afrikaner en die Afrikaanse gemeenskap bevorder, veral onder die veerkragtige Afrikaanse Afrikanerjeug.

Johan Koekemoer

Beroep: Onderwys – Vakspesialis en dosent

Postitel: Hoof: Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers

Kwalifikasie: NWU Potchefstroom 2009-2012: B.Ing. Meganies
NWU Potchefstroom 2012-2014: NGOS Wiskunde-onderwys
NWU Potchefstroom 2017: B.Ed Honneurs
UP Pretoria 2021: M.Ed. Wiskunde-onderrig

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling. In 2021 het my loopbaan as deeltydse dosent begin by Akademia waar ek die Wiskunde pedagogiek vir beide die Seniorfase asook die VOO-fase aanbied.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing.

Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly. Ek het swakpunte maar met opbouende kritiek verander ek graag om optimaal te wees. Onderwys en mense is my hart. My sin vir humor maak van my ’n goeie spanlid.

Ek werk tans vir die Skoleondersteuningsentrum waar ek die hoof is van die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers. Ons visie is om Afrikaanse skole te koester vir die juwele wat hulle is en om nuwe skole te bou waar dit nodig is. Dit is vir my ’n voorreg om ons taal te probeer oppas deur middel van akademiese ondersteuning aan skole. Deeltyds help ek bou aan hoëronderwys by Akademia as deeltydse dosent in Wiskunde-onderwys.

Johan Venter

Beroep: Arbeidsverhoudinge

Postitel: Organiseerder: Metaal en Ingenieurs

Kwalifikasie:

  • Olifantsfontein
    Rooiseël-sweiser – 1985
  • Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys Sertifikaat
    Advanced Certificate in Labour Relations – 2001
    Cerfificate Course in Labour Relations – 2001
  • Noordwes-Universiteit
    Besigheidskommunikasie – 2007

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 25 jaar in die ambagswêreld. Tree ook in daardie tyd as vakbondverteenwoordiger op en word later ʼn voltydse verteenwoordiger. Ek is reeds 15 jaar lank voltyds by Solidariteit betrokke, maar het ongeveer 30 jaar se ondervinding in die vakbondwese.

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 1981 as ʼn vakleerling by Yskor, nou ArcelorMittal, begin. In 1985 het ek my ambag as sweiser verwerf. Ek het tot in 2006 by ArcelorMittal as ʼn sweiser gewerk. Gedurende hierdie tydperk het ek by die vakbond betrokke geraak, eers net as ʼn verteenwoordiger en toe later as ʼn voltydse verteenwoordiger. In 2006 het ek voltyds by Solidariteit begin werk as ʼn organiseerder vir die metaal- en ingenieursbedryf.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Gewoonlik laat hierdie tipe situasie my benoud maak, nadat ek daaroor nagedink het, het ek besluit dat ek tog iets het om te bied. My werk is my passie en dit sal vir my ʼn eer wees om ʼn mentor vir ander te kan wees. Ek is 57 jaar oud met baie lewenservaring en ondervinding wat ek graag met ander sal wil deel. Dinge het nie altyd vir my op die maklike manier gekom nie, maar ek het geleer dat ʼn mens met dissipline en deursettingsvermoë baie kan bereik. Ek is op 16-jarige ouderdom vir diensplig opgeroep en ek het geleer dat jy daar nie iets op jou eie gaan bereik nie, maar dat jy moet saamstaan en mekaar moet oppas. Daar het ek geleer dat dissipline belangrik is, maar nog meer dat jy die persoon langs jou ten volle moet kan vertrou. Daarom is eerlikheid en ook regverdigheid vir my van kardinale belang in alles wat ek doen. Ek hou ook van standvastigheid en het vir 25 jaar by dieselfde maatskappy gewerk voordat ek na Solidariteit oorgeskuif het. Hier kan ek ʼn verskil in ander se lewens maak deur my waardes elke dag uit te leef.

Marnelda de Beer

Beroep: Grondslagfase-spesialis

Postitel: Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum

Kwalifikasie: BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 25 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Was vir 22 jaar ʼn onderwyseres en werk al vier jaar as ʼn spesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS).

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.

Ek was, soos dit ʼn juffrou betaam, by alle aspekte van die skool betrokke: revue, onnie-konserte, netbal, tennis, atletiek. Ek is tans besig met my M-graad in ICT. Ek het ook vanjaar as NGOS-dosent vir een module by AROS opgetree.

Ek geniet die buitelug en om te stap. Kuiers saam met my gesin en familie is vir my heerlik.

Mari Ferreira

Beroep: Projekbestuur

Postitel: Projekkoördineerder by Akademia vir die werkende mark

Kwalifikasie: Graad: BCom Ondernemingsbestuur

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 5 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2015 gematrikuleer, waarna ek in 2016 by Akademia begin studeer het en ook by Pretoria FM begin werk het (ek het ʼn beurs ontvang en het gewerk en gestudeer). Ek het my graad in BCom Ondernemingsbestuur in 2019 voltooi, waarna ek vir ʼn jaar in Amerika gewerk het. Ek het in Desember 2020 na Suid-Afrika teruggekeer en het in Februarie by Akademia aangesluit.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is in 1997 in Pretoria gebore. Ek is hardwerkend, eerlik, lojaal en doelgerig om ʼn sukses van my lewe en loopbaan te maak. Ek het ʼn passie vir mense, bemarking, projekbestuur en kommunikasie. In my vrye tyd bring ek graag tyd saam met vriende en familie op die plaas deur en gaan stap en hike ook gereeld. Diere en God se natuur is my grootste liefde en om ʼn verskil in iemand anders se lewe te maak, my doelwit.

Renaldi Ingram-Barnard

Beroep: Prokureur

Postitel: Prokureur

Kwalifikasie: LLB (UP) LLM (UP)

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 9 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.

Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.

Ek het met my klerkskap begin en het dit suksesvol voltooi. Ek het my klerkskap voltooi by ʼn blinde prokureur en het ongelooflik baie by hom geleer, veral in die veld van kontraktereg. Tydens my klerkskap het ek my eerste kindersaak behartig waar kinders weens mishandeling van hul ouers verwyder moes word. Ek het daardie saak gewen en dit was vir my ʼn baie groot oorwinning aangesien dit die eerste verhoor was wat ek behartig het. In 2014 was ek werksaam by ʼn prokureur wat in die oordag van eiendomme en skuldinvordering gespesialiseer het. Ek het in 2015 my eie praktyk begin.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.

Stefan Pieterse

Beroep: Regsgeleerde

Postitel: Hoof van die Studiefondssentrum by Solidariteit Helpende Hand

Kwalifikasie: LLB

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 5 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2005 met my LLB-studie by UNISA begin. Ek moes sedert 2007 deeltyds studeer terwyl ek voldag by ʼn prokureursfirma (Coetsee van Zyl Prokureurs) as kandidaatprokureur gewerk het. Ek het daarna by Van Huyssteen & Steyn Prokureurs aangesluit om my ervaring uit te brei (April 2012 – Des 2013). Ek het daarna by AfriForum as streeksorganiseerder vir die Noord-Kaap en Wes-Kaap aangesluit. (Jan 2014 – Sept 2015). Daarna was ek by Sakeliga ( Okt 2015 – Feb 2017) as nasionale woordvoerder en hoof van veldtogte. Ek het op 1 Februarie 2017 by Solidariteit Helpende Hand aangesluit as Hoof van die Studiefondssentrum waar ek steeds werksaam is.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is getroud met Marene Pieterse. Ons het ʼn seuntjie Joshua wat nou twee is. Ek is baie lief vir lees, muurbal speel, die see, goeie koffie, en ek heg groot waarde aan goeie vriendskappe en tyd saam met my familie.

M.J. (Thys) Willemse

Beroep: Raadgewende brandingenieur (Afgetree en nou onafhanklike Brand Konsultant)

Postitel: Konsultant

Kwalifikasie: NDT T4

Aantal jare ondervinding in die bedryf: 41 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het my loopbaan as ʼn elektrotegnikus (meulwerktuigkundige) by Yskor Werke in Pretoria-Wes begin. Ek het verder deeltyds studeer om my NDT te verwerf en as ontwerptegnikus, eers by Yskor, en toe by UKOR (Necsa) voortgegaan, waar ek ook my NDT T4 verwerf het. Daarna is ek oor na die raadgewende bedryf, eers by Charles Pein & Vennote as ʼn brandstelselsontwerper. Vandaar het ek by Van wyk & Louw Raadgewende Ingenieurs (later bekend as Africon, toe Aurecon en nou Zutari) aangesluit as ʼn natdienste-ontwerptegnikus. Daar het ek later assosiaat geword. Ek is toe oor na PBMR toe waar ek as ontwerptegnikus in die HVAC-afdeling begin het en toe stelselingenieur vir brandstelsels geword het. Hier het ek toe my Pr Tech. Eng-registrasie by IRSA gekry. Ek is toe oor na Chimera Fire Protection Consultants, waar ek as ʼn multidisiplinêre brandingenieur tot my aftrede werksaam was.

Ek was deur my loopbaan ook ʼn deeltydse lektor by sowel die destydse Pretoria-Wes Tegniese Kollege in Ingenieurswiskunde N3, Ingenieurswetenskap N3, Koeling-Lugversorging-Ventilasie N4, N5 en N6, en later by Centurion Tegniese Kollege in die N4-, N5- en N6-vakke vir Koeling-Lugversorging-Ventilasie.

Ek was ook eksaminator vir die Departement van Onderwys in Koeling-Lugversorging-Ventilasie op N4- en N5-vlak. Ek is tans ʼn moderator by IRSA vir aansoekers wat as brandbeskermingspraktisyns wil registreer.

Tans bedryf ek MJW Consulting as ʼn eenpersoon raadgewende praktyk in alle aspekte van brandbeskerming en brandingenieursontwerpe.

 

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek beskryf myself graag as ʼn mense-mens. Dit is vir my baie lekker om met mense te gesels en om hulle te leer ken. Ek het baie empatie met ander en sal altyd help waar ek kan, binne die beperkinge van my vermoëns en ondervinding. In my vrye tyd restoureer ek graag ou motors. Ek was lank lid van die Mercedes Benz-klub van Suid-Afrika, waar ek ook ʼn streekskomiteelid, asook ʼn nasionale waardeerder van die klublede se motors was.

Nicolene Oppelt

Beroep: Maatskaplike Werker
Titel:  
Kwalifikasie: BDiac-graad in Maatskaplike Werk (2013)
BA Honneurs in Sielkunde (2016)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Gradueer in 2012
2013-2014: Werksaam by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
2015-2016: Voltydse studie
2018-2019: Maatskaplike werker: Khulisa Social Solutions (eenjaarkontrak)
2019-2019: Maatskaplike werker: Worcester Provinsiale Hospitaal (kraamverlofpos)

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ‘n volwasse, getroude vrou met twee tienerseuns. Ek het ʼn warm persoonlikheid en is ʼn passievolle mense-mens wat weens omstandighede buite my beheer my studie in Maatskaplike Werk in 1994 moes staak. Ek het eers weer in 2012 terugekeer en my studie aan die Hugenote Kollege in Wellington in samewerking met UNISA voltooi. Ek het daarna as voltydse maatskaplike werker by Departement van Maatskaplike Werk in die Paarl begin werk waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming. My passie vir ander mense en vir berading het my nog altyd na aan die hart gelê, en so ook ʼn doelgerigte keuse om altyd ander mense te wil help. Ek het toe besluit om voltyds aan die Universiteit Stellenbosch te gaan studeer en het in 2015 my honneursgraad in Sielkunde verwerf. Ek was baie trots op myself, aangesien ek met baie jonger studente ʼn klas kon deel. Ek het daarna begin met berading by Khulisa Social Services en kon met jong oortreders werk om hulle te rehabiliteer. Ek is tans werkloos, maar ek wil ʼn verskil in mense se lewens maak.

Tans is ek besig met ʼn kursus in lewensafrigting en voel dat dit tesame met my agtergrond in maatskaplike werk ʼn bydrae kan lewer tot ʼn student se loopbaanontwikkeling en persoonlike groei.

Rudi Broodryk

Beroep: Rekenmeester
Titel: Direkteur
Kwalifikasie: Direkteur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Prof. François Pierre Rousseau de Villiers

Beroep: Pediater en hoof van ʼn akademiese departement (afgetree)

 

Postitel: Prof. of Dr.

 

Kwalifikasies en spesialisgebiede: MA MBChB (Stell), MMed (Pediatrie), PhD (Wits) Pediatrie, Gemeenskapsgesondheid, Opleiding van mediese studente en spesialiste, navorsingsleiding

 

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 40 jaar


Jou loopbaanpad tot dusver: Intern en mediese beampte – drie en ʼn half by die Edendale Hospitaal Mediese Beampte – vyf jaar, Saulspoort (plattelandse sendinghospitaal) Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan) Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.

Riana Jansen van Vuuren

Beroep: Maatskaplike werker
Postitel: Afgetree
Kwalifikasie: ʼn Diploma in Maatskaplike Werk
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het my diploma aan die einde van 1976 verwerf en het my loopbaan in ʼn eenmanskantoor by die SAVF in Coligny begin. In Januarie 1979 is ek na die Pretoria-kantoor verplaas, waar ek aanvanklik kinderbeskerming doen, later bejaardesorg en toe gemeenskapsontwikkeling. Daarna was ek vir ses jaar ʼn bedryfsmaatskaplikewerker by die Atoomenergie Korporasie. Toe my pos oorbodig verklaar is, was ek vir vier en ʼn half jaar ʼn maatskaplike werker by die CMR in Brits, waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming asook bejaardesorg.

Terwyl ek by bejaardesorg betrokke was, het ek opgemerk dat die gemeenskap ʼn behoefteaan ʼn dienssentrum vir bejaardes het. Ek doen toe ʼn behoeftebepaling, is betrokke by die onderhandelinge vir die totstandkoming van die sentrum en het ook die voorreg gehad om vir sewe en ʼn half jaar die bestuurder van die sentrum te wees. Ek verlaat toe die beroep en was vir meer as 10 jaar in die sakewêreld betrokke, onder meer as organiseerder van die Brits Skou.

In Februarie 2011 het ek na die beroep teruggekeer. Ek was vir 10 maande werksaam by NG Welsyn op Lichtenburg en daarna by CMR Moot vir vyf jaar. Ek was hoofsaaklik verantwoordelik vir kinderbeskerming en ouerleiding. Ek was vir 15 maande ʼn spelterapeut by Laerskool Danie Malan voordat ek Gansbaai toe verhuis het, waar ek vir drie en ʼn halfjaar by Badisa in ʼn kinderbeskermingspos werksaam was.

Ná aftrede, doen ek op ʼn ad hoc-basis supervisiebesoeke.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het ʼn passie vir kinders en het nog altyd daarop gefokus om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak.

Ek is lief vir die natuur, stap graag en doen naaldwerk vir ekstra inkomste. My hande moet altyd besig wees – as ek nie lees nie, is ek besig om te brei of te hekel.

Sonet Fourie

Beroep: Koster, berader, administratiewe beampte, fasiliteerder van Impaq-tuisonderrig.
Postitel: Berader, Impaq Fasiliteerder
Kwalifikasie:
Pastorale Berading: Diploma aan die Bybelskool in Kaapstad, interne opleiding

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Kantooradministrasie (alle fasette), 32 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Diploma in Pastorale berading

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het al harde bene gekou en wil graag iets vir iemand anders, wat enige vorm van ondersteuning nodig het, beteken (natuurlik binne my ervaringsveld). Verder is ek kunstig wat my baie oplettend maak en in voeling bring met die fynere besonderhede. Dit werk saam met my waarneming van, en verhoudings met mense. Ek is 50-jaar oud en het drie dogters: My oudste is ’n fisioterapeut en ’n eiendomsagent in Gauteng. My middelkind is ’n mediese suster in Kloof, Durban en my laatlam is in graad 7. Ons woon in Kathu in die Noord-Kaap. Ek is oorspronklik van Hartswater in Noordwes.

Elmarie Eksteen

Beroep: Onderwyseres
Postitel: Onderwyser – Organiseerder van Graad 11 Afrikaans Huistaal
Kwalifikasie:
• BA-graad in Afrikaans en Sielkunde
• Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) in Skoolvoorligting en -berading asook Engels Huistaal
• NGOS IO: Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) vlak 8 – Inklusiewe onderwys

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
• Beplanner en vakhoof by Hoërskool Bastion vir Dramatiese Kunste vir graad 8 – 12 vanaf 2006 tot en met 2010.
• Beplanner van graad 8 en 9 by Hoërskool Noordheuwel (Afrikaans Huistaal graad 8 – 11) vanaf 2011 tot en met 2016.
• Vanaf 2017 en tans is ek om die beurt beplanner vir graad 11 en graad 12 by Hoërskool Bastion (Afrikaans graad 11 en 12).
• In 2014 en 2015 is ek as nasiener van die Nasionale Finale Graad 12 Huistaal Vraestel 3 aangestel.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
As gevolg van persoonlike huishoudelike omstandighede kon ek nie direk na skool gaan studeer nie. Ek het dus eers heelwat later in my lewe die geleentheid gekry om te gaan studeer en het in 2015 my BA-graad behaal, my onderwyskwalifikasie in 2017 en my honneursgraad in 2018. Dit was voorwaar ʼn baie uitdagende tyd om ʼn ma, huisvrou en onderwyseres te wees met twee kinders nog op skool ook.

Ek vier vanjaar my 30ste huweliksherdenking, en het twee seuns: Caspar (28), ʼn siviele strukture ingenieur by Proplan Consulting Engineers, en Conrad (26), ʼn senior belastingkonsultant by PricewaterhouseCoopers. My man bestuur ons familieonderneming, Eksteen Tarpave, wat reeds vir meer as 60 jaar bestaan.

Ek en my gesin geniet dit om te kamp en ons is buitelewe-liefhebbers. Ons kuier graag saam en hou graag saam vakansie. Om gesond te bly, ry ek en my man gereeld fiets en oefen in die gimnasium of stap.

Ek is passievol daaroor om ʼn liefde vir die praat en die behoud van Afrikaans te kweek en om leerders trots op hul moedertaal te maak. Klasgee en tegnologie gaan hand aan hand aangesien daar al vele bewyse gelewer is dat leerders slegs moeite doen om iets te leer wanneer hulle gewys word waar in die lewe hulle dié inligting gaan gebruik. Sonder taal kan ʼn mens niks aanleer nie. Ek is lief daarvoor om deur middel van video’s leerders, veral in ons skool, sommer ook aan die groter wêreld bloot te stel. Lewenslesse is deel van my lesbeplanning. Hoe beter ʼn mens vir jou les voorbereid is, hoe beter is die uitkomste. Omdat ek ook van drama hou, is ek altyd besig met kreatiewe maniere om vervelige teorie aan die leerders oor te dra en sodoende die leerders by die leerproses betrokke te kry.

Richard Prinsloo

Beroep: Uitgetrede Onderwyser (2018)
Postitel: Onderwyser
Kwalifikasie:
• Hoër Onderwysdiploma (HOD)
• BA-honneursgraad in Engels

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek was ʼn senior Engels-onderwyser tot ek erg voor my klas aangerand is deur ʼn nuwe leerder. Die siviele eis teen die Departement van Onderwys in Mpumalanga is nog hangende. Ek was genoop om te bedank aangesien ek nie meer kon klasgee nie, maar ek het wel as mentor vir baie van my junior kollegas opgetree. Verder was ek veral by hokkie op provinsiale vlak aktief betrokke; ek was jare lank voorsitter. Ek stel ook baie in die natuur belang. Ek het sedert 1994 baie ervaring opgebou deur die oorskakeling na multikulturele onderwys, en het vele kontakte opgebou. Ek het ook ervaring as matrieknasiener, media-liaison en taalversorger.

Karin du Toit

Beroep: Finansiële rekenmeester
Postitel: Hoof- uitvoerende beampte (HUB)
Kwalifikasie:
Belastingpraktisyn, bemarking en wetgewende boekhoudienste.

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Kortliks, dit was nie altyd maklik nie, maar oor die algemeen was dit ʼn avontuur, en dit word elke dag net beter.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Na skool het ek vir my pa gewerk, en die entrepreneur-gogga het my onmiddellik gebyt. Ek het verskeie ondernemings begin en suksesvol bedryf ,onder meer as ʼn skoonheidsdeskundige, en as die vervaardiger en verspreider van industriële chemikalieë. Daarna het ek my droom bewaarheid en suksesvol as ʼn finansiële rekenmeester gekwalifiseer. Vir my is dit heerlik en bevredigend om ander mense te help en te onderrig.

Laurika (Laura) Willer

Beroep: Direkteur / Skoolhoof
Postitel: Direkteur / Skoolhoof
Kwalifikasie:
Ek het ʼn BA-graad met onderwysdiploma.

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het ondervinding in die onderwys op alle vlakke van drie maande oue babas tot vierdejaar- Afrikaans-vakdidaktiek aan die NWU. Ek was ook mentor vir my eggenoot wat skoolgehou het vir verstandelik erg gestremde kinders.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn gedrewe individu wat nooit versadig raak aangaande die misterie van die kind in onderwys nie. Ek hou daarvan om my Midas-stempel op alles te sit wat ek aanraak. Tien jaar gelede het ek die hoofstroomonderwys verlaat en my eie kleuterskool begin. Vandag bedryf ek ʼn skool met 160 kinders en 38 personeellede. Ek het die ELDA-kurrikulum onderwysersvriendelik herskryf en doen steeds daagliks navorsing om ʼn nog beter diens te kan lewer. Ek het dikwels by seminare as gasspreker opgetree en geniet dit ook om as motiveringspreker op te tree. Ek was moderator en eksaminator vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Michelle Saayman

Beroep: Bemarking
Titel: Senior koördineerder
Kwalifikasie:
• Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur
My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.

Spesialisarea: Onderwysopleiding

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.

Hendrik Loots

Beroep: Maatskaplike werker en senior bemiddelaar
Kwalifikasie:
  • BSW (Maatskaplike Werk)
  • BSocSci (Honneurs) (Kliniese Maatskaplike Werk)
  • Senior Familieregbemiddelaar (Alternative Dispute Resolution (ADR) se internasionale register en by en by FAMAC (Family Mediators’ Association) oftewel die Gesinsbemiddelaarsvereniging geakkrediteer
  • Geregistreerde ekometris (vir volwassenes, kinders en loopbaanassesering)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 6 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Berading, kinderbeskerming, bemiddeling

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Hendre Loots het ’n baccalaureusgraad in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van die Vrystaat (UVS) en ’n honneursgraad in Sosiale Wetenskappe (Kliniese Maatskaplike Werk) aan die Universiteit van Kaapstad (UK) verwerf, en werk as ʼn maatskaplike werker en bemiddelaar. Hy het ʼn besondere belangstelling in konflikoplossing en bemiddeling, veral ten opsigte van gesinsgeskille en kinderbeskerming. Hy is as bemiddelaar geakkrediteer by die Global Network Groep (ADR-register) en by FAMAC (Family Mediators’ Association), oftewel die Gesinsbemiddelaarsvereniging van die Wes-Kaap.

Yvette Louw

Beroep: Bemarking- en besigheidstrateeg
Postitel: Bestuurder: Strategiese Rekeninge
Kwalifikasie: BCom Besigheidbestuur en Bemarking en BCom Honneurs in Besigheidbestuur en Bemarking
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 tot 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek is ʼn passievolle bemarker wat besighede soos IBM, HPE, HPI, Aruba, Microsoft, Intel AMD (om net ʼn paar te noem) help om te verstaan wat hulle dienste en produkte benodig. Kliënte verstaan nie altyd wat hulle benodig nie en maatskappye weet nie altyd hoe om hulle dienste en produkte aan hulle mark bekend te stel nie. Vandag weet kliënte meer as die kliënt van 20 jaar gelede. Kliënte kan nou ook navorsing doen en pryse vergelyk. Met aanlyn hulpmiddels (“online tools”) soos Hello Peter, Gartner, G2.com, Forrester, Experts Exchange, GigaOM en Ovum en met navorsingsinstellings wie se navorsing aanlyn beskikbaar gestel word, soos die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) en Nucleus Research, kan kliënte hulle eie vergelykings maak sonder om met enige iemand te praat. Dit beteken dat hedendaagse bemarkers moet seker maak dat hulle die regte weergawe ten alle tye aan kliënte deurgee.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn boekwurm wat glo dat ʼn mens elke dag iets nuuts moet en kan leer. Jy kan nie die lewe beoordeel as jy nie self bereid is om ʼn verskil te maak nie. Ek was in my loopbaan geseën met die beste mentors in die bedryf; op 42 het ek nog steeds mentors, want daar is altyd iemand wat meer as ek weet.

Trish Cunningham

Beroep: Kliniese Sielkunde en Verpleging
Titel: Direkteur: Mediese en gesondheidsversorgingsopleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het Sielkunde in Michigan in die VSA gestudeer en het in 2007 met ʼn loopbaan in Sielkunde begin. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek besluit om ook Verpleging te studeer.

Aangesien ek my kennis wou deel en nie soseer wou praktiseer nie het ek begin om betrokke te raak by opleiding. My opleidingsbesigheid, InterX Local & International Recruitment, het aanvanklik klein begin. Nadat my akademie in 2014 gestig en geregistreer is, het ons regtig vinnig uitgebrei om opleiding in verskeie dele van die land aan te bied. Ons is een van min akademiese instansies in hierdie bedryf wat ons kursusse na die gemeenskap toe neem vir dié wat nie tot by ons kan kom om te studeer nie. Tans bied ons opleiding in verskeie provinsies aan.

Ons vat hande met sekere mediese instansies wat geleentheid aan ons studente bied om praktiese ure daar af te lê om ondervinding in die verpleeg- of versorgingsveld op te doen. Die instansies sluit in staatshospitale, klinieke, privaat mediese instansies, dokterspraktyke en bejaardesorgsentrums soos ACVV- of Budisa-instansies. Ons kry werklikwaar ongelooflike ondersteuning van die susters, verpleegpersoneel en dokters by hierdie instansies wat ons studente by die hand neem en touwys maak oor die vereistes van hul opleidingsveld. Ons borg ook gereeld studente uit verskeie dele van die land vir ʼn keuringsproses of indien ʼn instansie na ons uitreik en ʼn individu na ons verwys wat so ʼn geleentheid benodig. Ons vat ook hande met instansies soos Bonnievale418 wat ʼn gemeenskapsdienssentrum is en ons nader borge vir mense wat hul lewens wil verryk. Daardeur kon ons al soveel lewens verbeter.

Ons is ook baie geseënd om dr. S. Viljoen van die mooie Langkloof-area, wat ons Seta-moderator en fasiliteerder is, as deel van ons span te hê. Ons het ʼn goeie span mense wat leiding neem en help om ʼn verskil in mense se lewe te maak.

Ek voel ons maak daardie verskil deur ʼn geleentheid aan mense te bied om bekostigbare opleiding in ons veld te bekom. Daar is soveel studente wat werk kry ná hul opleiding by ons en dit maak ʼn verskil in hulle lewe.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn 34-jarige direkteur wat uit ʼn onderwysgesin kom. Met ʼn pa wat ʼn oudskoolhoof is en ʼn ma wat steeds in die onderwys is, het opleiding baie natuurlik gekom. Ek is ʼn mamma en daarmee saam kom ʼn Godgegewe geduldstoepassing wat my daagliks leer om met empatie in besigheid op te tree. My Sielkunde-agtergrond stel my in staat om met mense van verskeie agtergronde, kulture en geleerdheid te kommunikeer en om op ʼn positiewe wyse met hulle te konnekteer. Ek hou daarvan om die leiding in ʼn situasie te neem en ek reis gereeld na verskeie dele van ons pragtige land om ons studente tydens hul opleiding te besoek. Ek is passievol oor die natuur en geniet dit om oor naweke ʼn rustige staproete in die plaaswêreld rondom ons te doen. Dit is vir my belangrik om myself sterk te kan handhaaf aangesien my bedryf baie veeleisend is, veral wat tyd- en regulasievereistes betref. Ek kan wel noem dat daar niks anders is wat ek sou wou doen nie. Ek glo dit is my gekose pad. Om lewens te verander is ʼn voorreg. Ek glo daarin om met voorneme te lewe in plaas daarvan om uit gewoonte te leef. Woorde wat ek daagliks saam met my dra is “Wees stil”’ na aanleiding daarvan dat God vir ons sê: “Wees stil en weet dat ek God is.” Dit beteken baie dinge vir my op ʼn daaglikse basis in ons deurmekaarlewe. Wanneer daar ʼn opdraand is, wees stil. Voordat jy ʼn nuwe taak aanpak, wees stil. Wanneer dit goed gaan, wees stil. Stilwees beteken ook om met ons Skepper te praat. Ek put waarde uit daardie woorde.

Jaco Pretorius

Beroep: Konsultant
Postitel: Produksiekonsultant
Kwalifikasie: Nasionale Diploma, Elektries/Elektronies

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar plus

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 1983 as elektromeganikus deur Yskor Pretoria, by Olifantsfontein, gekwalifiseer. Ek het vanaf 1983 tot 2004 by Transvaal Suiker Beperk (TSB) gewerk (by die verpakkingsaanleg en later by Molatek Voermeule) waarvan ek die laaste 14 jaar voorman was. By Astral Foods (Meadow Feeds Delmas) was ek vanaf 2004 tot 2021 onderskeidelik Ingenieursbestuurder, Produksiebestuurder, en die laaste 10 jaar Operasionele Bestuurder. Ek het in 2021 op vroeë pensioen gegaan en dadelik op vaste kontrak by Chemuniquè Pty (Ltd) as konsultant begin werk tot tans.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek en my vrou het vyf kinders, drie aan haar kant en twee van my eie. Die oudste seun (34) boer, die tweede oudste seun (32) is ʼn elektrisiën, die oudste dogter (28) doen administratiewe werk, die tweede oudste dogter (26) het ʼn MSc-graad in mediese forensiese wetenskap, en die jongste dogter (15) is in gr. 10 in Die Hoërskool Menlopark. Ek is ’n sosiale mens wat hou van kuier en braai. Ek is glad nie lief vir rondry en deur winkels stap nie. Ek doen graag houtwerk en ek hou van redeneer om ʼn standpunt of opinie reg of verkeerd te bewys.

Marlene Bogaards

Beroep: Akademikus
Postitel: Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie
Kwalifikasies en spesialisgebiede: BCom (cum laude);
BCom Hons (cum laude);
MCom (Bemarkingsbestuur) (cum laude) wat aan die Noordwes-Universiteit verwerf is.

My spesialisgebiede sluit in bemarking, bestuur, leierskap, interkulturele kommunikasie en bemiddeling.


Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek is die Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie aan ʼn privaat tersiêre instelling. My akademiese loopbaan strek oor meer as 13 jaar met ʼn spesifieke fokus op doseer in die velde van bemarkingsbestuur, ondernemingsbestuur, entrepreneurskap, kleinhandelsakebestuur, innoverende verkope en interkulturele bestuurskommunikasie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak by verskeie universiteite. Ek het ʼn meestersgraad in bemarkingsbestuur (cum laude) wat gefokus het op die netwerkpraktyke van Gautengse sakevroue. Ek publiseer in talle nasionale en internasionale vaktydskrifte en het referate by verskeie nasionale en internasionale konferensies oor die dissiplineveld van bemarkingsbestuur gelewer. Die afgelope 13 jaar doen ek ook konsultasiewerk vir maatskappye soos PicknPay en Massmart.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is ʼn ma van twee dogtertjies en die vrou van ʼn ingenieur. Ek sien myself as ʼn alledaagse, dienende leier en is dus lief vir mense, onderrig en mentorskap. Die onderrig van my dogters en studente is daarom belangrik en ek gee ook katkisasie vir ʼn groep graadeentjies. Ek tree tans op as ʼn mentor by die instelling waar ek werksaam is en sien daarna uit om ander te mentor. Reik uit!

Duncan Esterhuysen

Beroep: Elektriese ingenieur
Postitel: Elektriese ingenieur
Kwalifikasies en spesialisgebiede: PV-sonpanele, hernubare energie. Beskik oor ʼn universiteitsgraad in elektriese ingenieurswese.

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 8 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het as konstruksiebestuur in die sektor vir hernubare energie begin werk. Van daar het ek na projekbestuur oorgeskuif en het as hoof van O&M opgetree. Sedert 2019 werk ek as ʼn elektriese ontwerpsingenieur in die sonkragbedryf. Ek is tans ʼn senior ingenieur by SolarAfrica. Ons is betrokke by ʼn groot verskeidenheid van projekte en produkte en is ook betrokke by projekte in Afrika suid van die Sahara.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek het so 18 jaar gelede saam met my ouers Pretoria toe getrek. My pa was al die jare in die konstruksiebedryf as ʼn elektriese ingenieur en ek het my liefde en passie vir energie van hom geërf. Ná skool het ek my eerste jaar by Tuks afgehandel, maar het toe nie meer genoeg fondse gehad om met my studie voort te gaan nie. Ek het toe voltyds begin werk om die pot aan die kook te hou, en het toe so op die kantlyn met my spaargeldjies deur ʼn Australiese universiteit aanhou swot. Ek is tans besig met my meestersgraad deur dieselfde universiteit en hopelik kan ek dit teen die beplande tyd in 2024 voltooi. Ek hoop ook om binnekort my eksamen as PMP af te lê. Verder geniet ek net my werk in die hernubare energiebedryf. Daar is altyd ʼn nuwe uitdaging om die draai en dit hou ʼn mens op jou tone.

Ek is ʼn mens vol passie en geniet ʼn verskeidenheid van stokperdjies, van fietsry, bergklim, skaakspeel tot brieweskryf, skilder of kosmaak, om ʼn paar te noem. Daar is net so min tyd in ʼn gewone dag om by alles uit te kom, maar dit bly steeds lekker.

Antoinette Eicker

Beroep: Makelaar

Postitel: Key Individual en rep

Kwalifikasies en spesialisgebiede: NQF 5 Finansiële beplanning Fokusarea is korttermynversekering

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar



Jou loopbaanpad tot dusver: Nadat ek in 2011 aan Hoërskool Brits gematrikuleer het, het die avontuurlus my beetgepak en het ek op luukse passasiersbote gaan werk as skoonheidsterapeut en later gespesialiseer in die verkope van luukshede, o.a. Dior en Estee Lauder parfuum en grimering. Op hierdie manier het ek die wêreld plat gereis, my horisonne verbreed en geleer om onafhanklik en selfstandig te wees. Met my terugkeer na Suid-Afika het ek in 2016 die versekeringbedryf betree. Ek het met korttermynversekering begin en later uitgebrei na langtermynversekering ten einde kliënte te kan help met ‘n holistiese portefeulje. In Februarie 2019 het ek my studies in Finansiële Beplanning aan die Milpark Business School voltooi en daarmee ‘n NQF5-kwalifikasie verwerf. In Februarie 2020 het ek besluit dat ek onafhanklik wil werk en het ek my eie, gelisensieerde makelary begin, Anew Financial Services (Pty) Ltd. Anew is ‘n klein besigheid wat fokus op persoonlike kliëntediens. As eienaar en enigste aandeelhouer, is ek vanselfsprekend die sleutelpersoon van die besigheid. My werk as finansiële adviseur behels ook heelwat administratiewe werk, waarvoor ek self verantwoordelik is. Die korttermynversekering wat ek hanteer sluit persoonlike, asook kommersiële besigheidsversekering in, terwyl die langtermynversekering annuïteite en lewensverskering dek. Die sukses van hierdie besigheid word weerspieël in die feit dat Anew Financial Services (Pty) Ltd vir die afgelope drie jaar (2020, 2021 en 2022) die “FAIS (Financial Advisory and Intermediary Services) compliance seal” ontvang het. Hierdie voldoeningsertifikaat is erkenning dat Anew aan alle wetlike vereistes en regulasies voldoen ten opsigte van die verskaffing van finansiële advies en die lewering van finansiële dienste aan kliënte.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is doelgerig, gedrewe en georganiseerd. Stiptelikheid en gedissiplineerde nakoming van tydlyne en doelwitte stel my in staat om ‘n georganiseerde sisteem in my werksomgewing te skep. Enige probleem of terugslag in my werksomgewing ervaar ek as ‘n persoonlike uitdaging en floreer daarop om oplossings te vind vir hierdie uitdagings. Anew streef daarna om aan elke kliënt werkbare, weldeurdagte finansiële riglyne en doelwitte te verskaf en geen moeite word ontsien om aan kliënte spoedige terugvoer en persoonlike diens te lewer nie – tevrede, gelukkige kliënte is Anew se waarborg vir sukses.

Pieter Early

Beroep: Onderwyser, afgetree (weens mediese ongekiktheid) Lewensafrigter


Postitel: Vryskut


Kwalifikasies en spesialisgebiede: Senior Sertifiaat, studierigting Landbou: 1980/01/01 THOD (Senior Primêr): 1984/01/01 New Insights Life Coaching 101: 2014/10/06 New Insights Certified Life Coach (onderskeiding): 2016/05/25 Selfbeeldontwikkeling


Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 39 jaar

 
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het 1983 afgestudeer as onderwyser by POK. My eerste pos was by Laerskool Ellisras en na drie maande het ek verskuif na ’n nuwe skool, Laerskool Bosveld, ook in Ellisras. Ek het bevordering gekry met ingang van 1993/01/01 as Departementshoof Opvoedkundige Leiding, en aan die begin van 1997 is ek bevorder tot waarnemende adjunkhoof. In 2002 het ek waargeneem as hoof, nog steeeds by Laerskool Bosveld. Aan die begin van 2003 het ek teruggeskuif na die pos van waarnemende adjunkhoof, wat ek beklee het tot 2007. Ek het toe verhuis na Pretoria en ’n pos aanvaar by Laerskool Genl. Nicolaas Smit. Binne twee weke is ek aangestel as Departementshoof. En vanaf 2008 – 2013 het ek skoolgehou by Laerskool Stephanus Roos. Ek was vanaf 1993 tot 2013 op verkeie gebiede betrokke by Leieridentifisering en -ontwikkeling.. Ek is aan die einde van Januarie 2014 uit die beroep weens mediese redes. (Parkinson se Siekte). Op 25 Mei 2016 het ek my sertifikaat as Lewensafrigter met onderskeiding geslaag, en dit is my huidige werksveld.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My naam is Pieter Early en ek is ’n “Attitude Warrior.” Ek glo dat ’n positiewe gesindheid, gesonde selfbeeld en reaktiewe geestesingesteldheid (“mindset”) lewensveranderend kan wees . My lewensmotto is: As jy daaroor kan droom, kan jy dit doen. Kinders en jongmense het my nog altyd na aan die hart gelê. Ek het in 1998 opleiding ontvang as Avontuurinstrukteur Vlak 1 en 2. Ek het Badube Avonture begin en letterlik duisende kampe gehou, partymaal tot vyf per jaar, ek het duisende kinders op kampe geneem en honderde hoërskoolkinders en studente opgelei as Avontuurinstrukteurs Vlak 1. Ons gesin het in 2007 na Pretoria verhuis en ek het uitgebrei deur ’n Selfbeeeld Akademie by Laerskool Stephanus Roos te ontwikkel. Ek het begin deur handleidings op te stel oor baie gebiede, bv selfbeeld, leierskap, avontuur, studiegewoontes, ens. Ek is seker een van die grootste ondersteuners van nie-kompeterende laerskoolsport, bv. deur landloop en atletiek vir almal op ’n prettige en genotvolle manier aan te beid. Met ander woorde, almal neem deel, en almal ontvang ’n sertifikaat vir deelname. Dit bevorder dus massadeelname. Ek het op provinsiale vlak in die besture van die ou Verre-Noord gedien in Atletiek en Landloop, en op nasionale vlak gedien in die besture van IPPSA* en ILAL*. Ek is in 2012 met Parkinson se Siekte gediagnoseer, en soos bo genoem is ek aan die begin van 2014 weens mediese redes uit die onderwys. Ek het besef ek het nog baie om te bied in die onderwysberoep, en ek het al as mentor opgetree deur die toepassing van Lewensafrigting en Mentorskap. Ek het ook al twee boeke geskryf oor Parkinsons en Geestesondheid. Die twee kosbaarste lesse wat ek in my onderwysloopbaan geleer het, is die volgende: 1. Moet nooit reageer op emosie nie; wag tot rede oorneem. 2. Om enige proses suksesvol te voltooi, maak gebruik van die volgende bestuursmodel:

B = BEPLANNING
O = ORGANISASIE
L = LEIDING
B = BEHEER (belangrikste een)

*IPPSA – Interprovinsiale Primêre Skole-atletiek *ILAL – Interprovinsiale Laerskole Amateur Landloop

Michelle Louw

Beroep: IT-fasiliteerder

 

Postitel: Fasiliteerder

 

Kwalifikasies en spesialisgebiede: Hoër sertifikaat in rekeningkunde, MCSA (Microsoft-gesertifiseerd), A+,N+, Security+, besig met Cloud. Bied ondersteuning in bogenoemde areas.

 

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar IT-ondervinding


Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het sedert ʼn jong ouderdom gereeld saam met my broers rekenaarspeletjies gespeel, rekenaars uitmekaar gehaal en dit weer opgebou. Na voltooiing van my skoolloopbaan het ek die geleentheid gekry om by T-Systems ʼn internskap te voltooi waar my IT-loopbaan begin het. Ek het as IT-praktisyn by Akademia begin werk waarna ek bevorder is tot fasiliteerder. Ek het ʼn gulde geleentheid in die akademiese rigting gekry en besluit om dit by Sol-Tech aan te pak.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek bly my lewe lank nog in Pretoria. Ek is ʼn Crossfit vlak 1 gesertifiseerde afrigter. Ek dien ook op die IT-netwerk se adviesraad en hou daarvan om só terug te gee aan die IT-gemeenskap. Ek is gedrewe en hou daarvan om nuwe uitdagings aan te pak en altyd nuwe goed te leer.

Hilde Kruger

Beroep: Grafiese Ontwerp

 

Postitel: Grafiese Ontwerper

 

Kwalifikasies en spesialisgebiede: BA Grafiese Ontwerp (Hons) Multimedia nagraads ISTD-lidmaatskap (International Society of Typographic Design) Spesialis in digitale bemarking, boekuitleg, korporatiewe identiteit, bemarkingsmateriaal, webuitleg, veldtogte

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar



Jou loopbaanpad tot dusver: Noordwes-Universiteit (2014 – 2019) Internskap: CUM Boeke (2017) Internskap: Uproar Media (2019) AdamsRib, Paarl: Wynbedryf (2020 – 2022) Die Voortrekkermonument, die FAK, Erfenisstigting (2022) BCVO en Solidariteit Helpende Hand (2022 – 2023) Ineffable Digital Designs: My eie besigheid (sedert 2019)

Kliënte vir wie ek al gewerk het:

Wimpy, RocoMamas, Ocean Basket, John Dory’s, KWV, Perdeberg, Diemersfontein, Stellenbosch Vineyards, Baleia Wines & Olive Oil, La Motte, Die Wynboer (SAAI), De Goede Hoop Koshuis, AfriForum Teater, Solidariteit Helpende Hand, Employer SA, G&Tea, Nantes Kelder Lewensafrigting, Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA), en dieKruis Gemeente

Toekennings en prestasies:

2017: ISTD (International Society of Typographic Design) Engeland

2021: Solidariteit #GoeieGons: Grafiese Ontwerper van die Jaar

2022: Solidariteit #GoeieGons: Beoordelaar vir die grafiese ontwerper-kategorie

2023: Adviesraadslid van die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk

2023: Algehele wenner in Pretoria FM se digkunskompetisie

2023-’24: Adviesraadslid van die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn nuuskierige grafiese ontwerper met ʼn voorliefde vir Afrikaans, ons geskiedenis en die natuur. Ek het gesien hoe plaaslike besighede platval en boere weens omstandighede buite hulle beheer, oeste verloor. Ek het foute gemaak en ek het daaruit geleer. As jy jou gawes wil benut en ʼn verskil wil maak, moedig ek jou aan om uit te reik.

Nicolien Welthagen

Beroep: Navorsingsielkundige

 

Postitel: Bestuurder: Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI)

 

Kwalifikasies en spesialisgebiede: MA Sielkunde (Navorsing) Sosiale en gedragsnavorsing

 

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 34 jaar



Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het as psigometris en navorser by Militêre Inligting begin werk, waarna ek my meestersgraad verwerf het. Ek het toe oorgeskuif na die Militêre Psigologiese Instituut, waar ek net op gedragsnavorsing, organisatoriese navorsing en navorsing in die mediese veld vir dokters by 1Militêre Hospitaal gedoen het. Ná my bedanking daar in 2003, het ek in ʼn private hoedanigheid navorsingsprojekte vir maatskappye aangepak en ook by Unisa klasgegee vir studente in Navorsingsmetodologie en het ook studente op meesters- en doktorale vlak met hulle skripsies en tesisse ondersteun. Ek het in 2012 by die Solidariteit Navorsingsinstituut begin werk waar ek steeds ʼn navorser is.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek stel passievol belang in navorsing en navorsingsmetodologie binne die sosiale wetenskappe. Ek het ʼn wye ervaringsveld in die verskillende gebiede van gedragsnavorsing en die toepassing van metodologie. Ek het ʼn aktiewe en gesonde leefstyl en geniet oefen, die buitelewe en aktiwiteite in die natuur. Ek is mal oor perdry en ons gaan gereeld op naweekstaptoere. Ek is ook baie lief vir skilder en om kreatief te wees. Ek kom goed met mense oor die weg en hou van luister. Ek glo daaraan om jong mense te bemagtig en sal my bes probeer om ʼn positiewe bydrae in jou beroepslewe te maak.

Anlia Archer

Beroep: Onderwyseres
Postitel: Grondslagfase (Graad 3)
Kwalifikasie:
• BEd Intermediêre Fase (Afrikaans Huistaal en Wiskunde)
• Gestalt Spelterapie, Vlak 1 en 2

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
My onderwyspad het in 2010 vlamgevat toe ek indiensopleiding by ’n groot laerskool geleë in Middelburg ontvang het, terwyl ek vir my graad studeer het (iets wat ek vir ander studente sal aanraai). Die indiensopleiding het my kennis ’n hupstoot gegee. Die dag toe ek my eie klas kry, het ek reeds agtergrondkennis opgedoen van twee fases in die onderwys nl., intermediêre- en grondslagfase.

Geen handboek kan jou die verskillende leerstrategieë, klasbeheerbenaderings, handhawing van dissipline ensovoorts leer nie. Net eerstehandse, direkte, daaglikse ervarings. My indiensopleiding was soos ’n mini-universiteitervaring met daaglikse tutors wat elkeen hulle eie onderrigstyl volg. Dit was vir my ’n wenresep. Ek kon my eie handboek skryf met ’n storie oor elke onderwyser daarin; iets wat jy nie op enige boekrak sal vind nie.

Ek het my graad met lof geslaag en so het ’n nuwe skool my genader. Ek kry toe ’n pos om vir graad R’e skool te gee; ironies, omrede ek eintlik in Intermediêre Fase gespesialiseer het. Ek eindig toe op om 6 jaar in dié pos te spandeer.

Die eerste jaar was blote hel. Om ’n kopskuif te maak vanaf graad 4-7 na graad R was een hengse sprong. Wat my geprikkel het was die feit dat ek hierdie kinders moes leer waarom jy nie iemand met ’n klip mag gooi nie, of dat jy ’n toilet moet spoel. Maar, soos die wyse man sê: “To be an expert in your field, you have to start under the ground”.

My wêreld het oopgegaan tydens my jare as graad R-onderwyseres. Daar is soveel leemtes in die onderwys wat eerder net vermy word, want dit word beskou as nog admin. Daar is soveel kinders met leerprobleme wat net verwys word na iemand anders omrede die juffrou geen tyd of kennis het om dit self aan te spreek nie. So het my lysie van grys areas daagliks gegroei.

Na ses jaar in dié pos wou ek nie stagneer nie. Ek gryp toe ’n pos vir ’n graad 5-wiskundeonderwyse met ope arms aan. In dié tydperk het ek weer ander leemtes in die Intermediêre Fase raakgesien. Die vreeslike druk en min tyd los die swakkelinge agter in die woestyn. Weens persoonlike redes verlaat ek die skool en neem ’n jaar af om na my kinders om te sien. In dié tydperk studeer ek spelterapie en verwerf ’n vlak 1- en 2- kwalifikasie. Met behulp van hierdie kursus het my kennis vlerke gekry. Vir elke vraag het ek ’n antwoord/oplossing ontvang. Tans is ek reeds ’n jaar werksaam by ’n wonderlike aanlyn skool. Ek is in beheer van Afrikaanse Huistaal vir graad 3’s en geniet elke oomblik daarvan.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ek is net ’n gewone mamma van twee pragtige kindertjies. ’n Onderwyseres wat voel sy is ’n “undercover Wonder-Woman”, wat hoop vir superkragte om ’n verskil in ’n wêreld te maak wat gevul is met ’n gejaag, minder boeke, meer skermtyd en meer probleme. My passie is onderrig. Ek is ’n doen-mens. Ek pak take soos ’n bul by die horings aan. Ek het hierdie kennis opgedoen om dit te kan deel. Ek wil ouers en studente begeleiding gee oor my slaggate in die onderwys. Ek wil ’n oor wees wat kan luister. In die onderwys kry min onderwysers die geleentheid om af te pak en hulle alledaagse frustrasies te deel. In vandag se samelewing hoor niemand mekaar se hulpkrete nie. Mense is te trots om te erken, te ontken of vrae te vra. Ek wil daardie stigma breek. Ek is net ’n gewone onderwyseres wat baie vrae vra, foute maak, aanhou leer, aanhou ontdek en nog aan my “wonder-woman”-uniform werk.

Wian (Cornelius) Stols

Beroep: Kwaliteitsingenieur / Onderwyser (Tegnies)
Titel: Senior projekbestuurder
Kwalifikasie: HOD (Tegnies)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

Onderwysloopbaan:

  • 2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney
    • Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12
  • 2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot
    • Tegniese Tekeninge gr. 10-12
  • 2006 – 2007 Putney High School
    • Ontwerptegnologie
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:
Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg.

Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.

Sarita du Plessis

Beroep: Kantoorbestuurder
Titel: Praktykbestuurder
Kwalifikasie: Diploma Business & HR Management (South African Institute of Management (SAIM))
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26-jaar ondervinding

Jou loopbaanpad tot dusver:

Ek matrikuleer in 1993, alhoewel ek altyd wou studeer was dit my nie beskore op daardie stadium nie. My pa het sy onderneming verloor deur grondonteiening en op daardie stadium was dit vir hom moeilik om weer ’n onderneming op die been te bring a.g.v. sy ouderdom. My ma werk en ek het geweet ek sal my kant ook moet bring en ook begin werk.

  • Ek begin as ontvangsdame by ’n eiendomsmaatskappy in 1994, maar ek weet ek is tot meer in staat en soek aktief ander werk.
  • Deur ’n kennis ontmoet ek iemand wat by Standard Bank se MHB-afdeling werk en ek stuur my CV vir haar.
  • In September 1995 kry ek ’n onderhoud by SB se Hatfield-tak en ek begin daar werk op 13 Oktober 1995.
  • Ek het ongelooflik hard gewerk en so ook baie geleenthede gekry.
  • In 1997 is ek bevorder tot die spanleier van ’n departement en daarna word ek in verskeie senior posisies gebruik om departemente “reg te ruk” en op koers te kry. In 2003 open Standard Bank Hatfield die Hillcrest Boulevard Diplomatieke sentrum en ek is gevra om hierdie tak wat hoë-profiel kliënte gaan diens te bestuur. Dit was ’n groot voorreg en ’n groot uitdaging.
  • Na ongeveer vyf jaar is ek na Standard Bank Menlyn om hulle verkope-afdeling te hanteer wat groter is as Hillcrest s’n en dus het dit bevordering beteken.
  • Daarna gaan Standard Bank deur ’n herstrukturering en moes ek kies of ek ’n afwaartse aanpassing in my posvlak gaan aanvaar, of vir ander poste gaan aansoek doen.
  • Ek doen egter aansoek en word aangestel by een van die grootste takke in Pretoria – Standard Bank se Pretoria-tak op die Plein as Diensbestuurder. Daar het intussen baie veranderinge in die bank plaasgevind en uiteindelik sien ek nie meer kans vir die manier van besigheid doen en hoe personeel (slegs as ’n  nommer) hanteer word nie.
  • Ek bedank in Januarie 2012 – sonder ander werk slegs met my geloof dat God sal voorsien.
  • 1 Julie 2012 begin ek by ASCOR Independent Wealth Managers
  • Dit was ’n juniorpos, baie minder as wat ek gewoond was, maar ek is vasberade om myself te laat geld.
  • My direkteure sien egter my potensiaal en in 2013 is daar ’n geleentheid vir ’n baie seniorpos nl. Praktykbestuurder en ek doen aansoek.
  • Ek was suksesvol en beklee vir die laaste agt jaar hierdie pos.
  • In hierdie tyd het ek ook my droom bewaarheid om te studeer en ek studeer op die ouderdom van 36 met kinders – ’n groot uitdaging, maar wel moontlik.
Ek is ongelooflik dankbaar vir my werk en die verantwoordelikheid en vertroue wat aan my toegeskryf word.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is die jongste van vier. My pa is in 2012 oorlede. My moeder leef nog.
Toe ek op 13 Oktober 1995 by Standard Bank begin werk het, het ek ook op daardie dag my man ontmoet.
Ons is hierdie jaar 25-jaar getroud en het twee kinders en ’n kleinseun.
Ek beskou myself as baie hardwerkend en het baie selfvertroue in myself en wat ek doen, omrede ek elke dag bereid is om te leer en te groei.
Ek glo by die huis en werk is ek ’n steunpilaar vir baie. Ek geniet die diversiteit van my personeel en die uitdagings wat die verskillende persoonlikhede bring.
Ek glo dat jy moet hou van dit wat jy doen, want indien jy doen sal jy nie een oggend moeilik opstaan om te gaan werk nie.
My geloof is ongelooflik belangrik en is die middelpunt van die besluite wat ek in my lewe neem.
My kinders is self jong volwassenes, die oudste werk reeds en ons seun begin Oktober by Sol-Tech studeer. Ek geniet jong volwassenes vreeslik baie, omrede hulle denkwyse en manier van hoe hulle die wêreld sien so uiteenlopend is en selfs ’n uitdaging vir my, maar ek sit myself maklik in iemand anders se skoene om sy uitgangspunt te verstaan. Ek probeer gereeld om myself op verskeie vlakke te verbeter. Ek glo in gesond eet en oefen, en ek leef by 2 reëls 1. “What you give is what you get” en 2. “Don’t trade your passion for glory”.
Ek het in my loopbaan verskeie hoogtepunte gehad en was by Standard bank deel van hulle hoë-prestasiespan sowel as een van die jongste bestuurders wat nog aangestel was. Ek was onlangs een van Solidariteit se top-10 kantoorpraktisyns vir 2021.
My lewenshoogtepunt was toe my dogter in 2018 in kraam gegaan het by die huis en ek die voorreg gehad het om my eie kleinseun te “vang.” Dit was ’n ongelooflike ervaring, skrikwekkend ook, maar met God se genade het alles goed verloop.

Charl van Zyl

Beroep: Elektroniese ingenieur
Titel: Senior Ingenieur
Kwalifikasie: BEng Electronic
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
• Agt jaar ondervinding in elektroniese ontwerp en as sagteware-ingenieur;
• Een jaar as konsultant en Suid-Afrikaanse produkbestuurder vir ʼn elektroniese kommunikasieproduk; en
• Twee jaar as ontwerp-ingenieur en beheerstelselprogrammeerder vir sonkragstelsels.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek hou van koffie! Ek is altyd bereid om ander te help en ek geniet dit om ʼn verskil te maak. Ek is detailgedrewe en hou daarvan om nuwe tegnologie te toets.

Marize Nel

Beroep: Maatskaplike werker
Titel: Bestuurder van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se Gauteng-Oos-kantoor.
Kwalifikasie: • B-graad in Maatskaplike Werk (BSW)
• Diploma in Kunsterapie

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

Ek was vir agt jaar lank ʼn maatskaplike werker by die CMR se Cullinan/Rayton-kantoor. Die CMR Cullinan-kantoor en CMR Bronkhorstspruit-kantoor het saamgesmelt en ek was vir twee jaar die maatskaplike werker verantwoordelik vir die hele area. In Mei 2020 het ek ʼn pos as bestuurder van die Oostelike kantore by die CMR Gauteng-Oos aanvaar.



Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek geniet my werk vreeslik en ek het ʼn passie vir kinders in nood. Daar is niks so lonend soos om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te sien nie en boonop te weet dat jy ook ʼn aandeel daaraan gehad het. In my vrye tyd lees ek graag en beoefen ek my stokperdjies. Ons is ʼn hegte gesin en geniet dit om dinge saam te doen. Ons hou van gereelde kuiers met vriende, maar ons is ook baie lief vir ons huis en bring baie tyd veral in die winter daar deur. Een van my aftreedrome is om my eie groentetuin te hê.

Daar is niks wat my so warm onder die kraag maak soos mense wat my of ander se tyd mors nie, of mense wat dink dat hulle beter as ander is nie. Ons is almal dieselfde geskape en die een is nie beter as die ander een nie.

Tanya Gagiano

Beroep: Onderwyser/Berader
Titel: Onderwyser
Kwalifikasie: • BA Ed.
• BA Hons: Geskiedenis en Museumkunde
• Gevorderde Onderwys-sertifikaat (GOS) in Remediërende Onderwys
• Gevorderde Beradingkwalifikasie
• Gesertifiseerde Lewensafrigter: Neuro-linguistiese programmering (NLP)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Onderwyser: ± 30 jaar
Museumkurator: 1 jaar
Kleuterskoolhoof: 6 jaar
Opvoedkundige beampte by die ou Transvaalse (Tvl) Museums: 7 jaar


Jou loopbaanpad tot dusver:

Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator. Aangesien ek goed met mense oor die weg kom en dit geniet om probleme op te los, het ek nadat ek getroud is, weer begin skoolhou en vir ʼn berader gaan studeer. Ek het ook Remediërende Onderwys studeer omdat ek graag kinders met leerprobleme wou help.



Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek het self ook in my lewe krisisse beleef en het dus persoonlike ervaring van trauma. Ek het veral ʼn passie vir jongmense en om hulle met studiemetodes en beroepskeuses te help en om sommer hulle toekoms oor die algemeen te help beplan. Ek neem altyd nuwe personeel onder my vlerk en lei hulle op met die nodige kundigheid wat by ʼn skool nodig is. Ek weet ook dat my humor al vele situasies ontlont het en dat my kollegas my altyd in hulle vertroue kan neem. Dus weet ek soms baie meer as die hoofde self van wat aangaan en so kon ek al verskeie situasies vir beide partye beredder. Ek is ook goed daarmee om situasies waar kinders probleme het en ouers dit moet hanteer, aan te pak en goeie advies te gee.

My grootste begeerte is om kampe vir verskillende groepe aan te bied en ʼn verskeidenheid situasies te takel. Ek kan groot groepe hanteer en geniet dit vreeslik.

Daar is byvoorbeeld ʼn groot aantal weduwees en wewenaars en ʼn mens kan soveel by mekaar leer. My man is ʼn jaar gelede oorlede, dus weet ek waardeur ander gaan. Ek het al toere met kinders na onder meer museums en grotte onderneem – ek hou daarvan om mense na die natuur toe te vat. Verder het ek al ʼn paar kampe self aangebied en ook mense toegespreek.

Thys Gildenhuys

Beroep: Advokaat
Titel: Advokaat
Kwalifikasie: B(IURIS)(Unisa),
LLB(Unisa),
NDip.Hort(Technikon Pta.),
HNDip(Technikon Pta.)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar.

Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings.

Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006.

Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.

Tony Correia

Beroep: Boekhouer
Titel: Boekhouer
Kwalifikasie: BCom (Finansiële Bestuur)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 8 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2013 as student begin werk en het al die finansiële funksies van die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria behartig. Ek het ook in dié tyd by Aros se finansiesafdeling uitgehelp. Ná ʼn jaar en ʼn half het Aros my ʼn kontrak van ses maande aangebied. Ek het dit aanvaar en het by GSDP bedank. Aan die einde van my kontrak het Aros se ouditeure belangstelling getoon om my in diens te neem. Ek het dit opgevolg want dit was ʼn goeie geleentheid om ondervinding op te doen. Ek het vanweë eksterne omstandighede ná ʼn jaar by die ouditeure bedank en het die kans aangegryp om my eie onderneming te bedryf. Met die uitbreking van Covid-19 moes ons ongelukkig die onderneming sluit. Ek het toe besluit om weer na die werkplek terug te keer en het werk by ʼn ouditeursfirma gekry. In Augustus 2021 het ek die geleentheid gekry om na Orania te verhuis waar ek toe deel van Orania se rekenmeesterspan geword het.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek het in Pietermaritzburg grootgeword en skool gegaan. Ná skool het ek ʼn draai by die Puk gemaak en was daarna vir agt jaar in Pretoria werksaam. In Augustus 2021 het ek permanent in Orania gaan bly. Buite die werksomgewing is ek ʼn sportliefhebber en ek kan soms op die rugbyveld as skeidsregter aangetref word – dit is nou wanneer ons minus Covid-19 is. Ek het in 2018 aan Oos-Londen se halwe Ysterman-kompetisie deelgeneem en dit was groot pret. Ek het ʼn passie vir en ʼn nuuskierigheid oor beleggings en persoonlike finansies.

Werner van Zyl

Beroep: Bemarking
Titel: Operasionele bestuurder
Kwalifikasie:
• BCom Hons in Bemarking
• M.B.A: Entrepreneurskap
• PhD: Kennisbestuur in proses

Aantal jare ondervinding binne die bedryf:
• Altesaam 15 jaar
• Bemarking 6 jaar


Vertel ons meer van jouself en jou loopbaan:
My primêre passie in die lewe is kennis. Van kleins af het ek aan algemene kennis-olimpiades deelgeneem en dit is dus nie vreemd dat my akademiese loopbaan ʼn wye reeks van kwalifikasies insluit nie. My loopbaan in die werkplek sluit ook ʼn verskeidenheid posisies in, onder meer as bemarker en operasionele bestuurder.

Saam met my liefde vir kennis het ek ʼn passie vir persoonlike ontwikkeling. ʼn Goeie balans tussen jou werk, ontspanning en omsien na ʼn mens se gesondheid is vir my baie belangrik. Ek kry energie uit dit wat ek leer en met ander mense deel.

Bemarking raak elke fasset van die mens (die psige, die liggaam asook die interaksie met ander mense daarbuite). Bemarking is dus ʼn integrale deel van enige besigheid, en ek is vas oortuig dat kennis van bemarking baie ander boublokkies van ʼn onderneming in mekaar sal laat pas. Ek sien uit om as ʼn mentor vir mentees op te tree en ʼn bydrae te kan maak in hoe hierdie mentees met nuwe oë na bemarking kyk.

My loopbaanpad vorentoe moet elke dag nuwe kennis en maniere van dink insluit, sodat ek nie vasgevang word in ʼn standaardmanier van dinge doen nie. Ek sien die dinamiese wêreld as ʼn geleentheid om meer mededingend te kan optree, en nie as ʼn struikelblok nie.

Wynand Moller

Beroep: Elektrisien, Assessor, Opleier
Titel: Lektor
Kwalifikasie:
Bedradingslisensie,
Elektries

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Elektriese kontrakteur – 21 jaar;
Opleiding vir elektrisiëns – 15 jaar

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is doodgewoon, maar met ʼn passie vir my bedryf. Ek lewe om my kennis en nog meer te deel sodat jongmense suksesvol in die beroep kan wees. Ek het baie jare se ondervinding in ons bedryf, maar leer steeds elke dag nuwe dinge. Dit maak dit ʼn uitdaging en baie interessant. Ek het my gereedskap in 2015 weggepak en voltyds by opleiding betrokke geraak. Ons is die markleiers as dit kom by Bedradingslisensies en het goeie verhoudings met EWSETA asook DOL. My passie is om die mark veilig en gelisensieerd te kry. Opleiding is my lewe en ek sal voortgaan om dit te doen solank dit menslik gesproke vir my moontlik is: “Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.” – Spreuke 3:13

Anganda Solontsi

Beroep: Elektriese ingenieur
Titel: Kandidaat ontwerpingenieur
Kwalifikasie: B.Tech: Elektriese ingenieurswese
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 3 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek is tans ’n kandidaat ontwerpingenieur in die veld van hernubare energie in ingenieurswese. Ek werk onder ’n wonderlike span senior ontwerpingenieurs, waar ek waardevolle ervaring opdoen en opleiding ondergaan sodat ek ’n professionele ontwerpingenieur kan word. Voorts studeer ek tans vir my Meesters in Elektriese ingenieurswese, en my studie is gefokus op die energie sektor.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek respekteer en leer baie van ander rondom my. Ek glo een van die beste maniere om te leer is deur te luister en ander mense se perspektief te waardeer. Om in verskillende velde en op verskillende kwalifikasievlakke te werk het my gehelp om baie basiese vaardighede wat die industrie vereis, op te doen. Om ’n paar van hulle te noem: tydsbestuur, gehoorsaamheid aan werkplekreëls en -regulasies, om verantwoordelikheid te neem, professionaliteit, spanwerk, kritiese ontledingsvaardighede, respek, begrip van ander mense se oortuigings en gedrag. Die belangrikste is egter dat ek daarvan oortuig is dat ek gekom het waar ek is, nie alleenlik deur harde werk nie, maar deur die genade van God en ondersteuning van die mense waarmee Hy my in my lewe geseën het. Ek respekteer dus mense wat in posisies bo my is en ek begeer om ook eendag gerespekteer te word sodra ek hoër vlakke bereik het. Ek het ook baie respek vir mense wat in situasies is wat hulle laer as my in die lewe plaas, want ek besef ek is net geseënd om te wees waar ek vandag is en om te wees waar ek in die toekoms gaan wees. Ek streef daarna om meer in ingenieurswese te groei, beide op teoretiese en praktiese konsepte. Ek sien myself waar ek eendag ’n ingenieurskonsultasiemaatskappy bestuur wat uitstekende dienste aan die mense van Afrika lewer.

Anlia Archer

Beroep: Voormalige onderwyseres en dosent
Titel: Bedryfspesialis en organiseerder vir Solidariteit se Onderwysgilde
Kwalifikasie:
• BA-graad in Sielkunde en Kriminologie
• Nagraadse Onderwyssertifikate (NGOS) in verdere onderwys (VOO), en opleiding met spesialisering in Afrikaans en Lewensoriëntering
• B.Ed. Honneurs in Onderwysreg, -beleid en -bestuur
• Geakkrediteerde mediator deur die Alternatiewe Geskilbeslegtingnetwerk (ADR-netwerk) van Suid-Afrika

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het in 2011 begin skoolhou en het in daardie stadium Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) en Engels Huistaal (HT) aangebied. Daarna is ek as die vakhoof en hoof van kultuur bevorder. Ek het uit die onderwys bedank en het ʼn Afrikaanse kurrikulum vir ʼn welbekende kurrikulumverskaffer gaan skryf. Daarna het ek ʼn pos as programleier vir die opvoedkunde-fakulteit van ʼn vooraanstaande tersiêre instelling aanvaar. Ek het in 2020 ʼn pos aanvaar as departementshoof van Tale by ʼn privaat skool, en het dus eerstehandse ondervinding van onderwys tydens die vuurdoop van die Covid-19-pandemie. Ek is nou dolgelukkig in my kapasiteit as bedryfspesialis vir Solidariteit waar ek ʼn ondersteunende rol aan onderwysers kan vervul.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
My heel belangrikste (en lekkerste) “werk” tot dusver is om ʼn ma vir ʼn besonderse dogtertjie te wees en ʼn vrou vir my fenomenale man. Ek is bevoorreg dat ek soveel geleenthede binne my sektor ontvang het en geniet die immer veranderende veld van opvoedkunde. My passie lê daarin om mense te ondersteun en te bemagtig met die vaardighede wat ek in my loopbaan aangeleer het. Ek is ʼn kind van God en is intens daarvan bewus dat my loopbaanpad, tot op hede, met pure genade geplavei was.

Henk Horjus

Beroep: Projekbestuur
Titel: Projekbestuurder
Kwalifikasie: Diploma in voorsieningskettingbestuur (‘Supply chain mangement’)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
My loopbaan het in die mynbousektor begin. Van daar af is ek in die konstruksiebedryf in en tans is ek werksaam in die sonkragindustrie.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ’n passievolle mens wat gedrewe is in my werk. Ek druk myself altyd om my werk so vinnig as moontlik klaar te maak sonder om die kwaliteit daarvan af te skeep. Ek geniet dit om planne te maak en probleme op te los. Ek hou daarvan om sport te kyk en neem self aan verskeie sportsoorte deel.

Shaun Slabber

Beroep: Entrepreneur, Bourekeninkunde, Projekbestuur
Titel: Stigter
Kwalifikasie:
Western Province Technical College: Nasionale Diploma in die veld van Ingenieurswese
Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie: Nasionale Diploma in Konstruksie
B-Tech: Bourekenkunde (tans opgeskort)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Nuvo Group – ses jaar

Die Nuvo Group identifiseer sake-idees en talentvolle mensekapitaal en bevorder dit in ʼn groepstruktuur van kruisbestuiwing en markontwikkeling op grond van besigheid-tot-besigheid (B2B). Die Beheermaatskappy is tans die tuiste van nege afsonderlike maatskappye uit verskeie bedrywe wat insluit groot ondernemings, entrepreneuriese beginners, asook ʼn onderneming sonder winsoogmerk. Ons is ʼn passievolle groep mense wat glo dat harde werk en toegewyde leierskap die pad na sukses is.

AECOM (voorheen bekend as Davis Langdon) – nege jaar

WSP – ses maande

Turner & Townsend – twee jaar

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn entrepreneur met ʼn passie om volhoubare sakeondernemings te skep, te begin en te bou. My agtergrond is bourekenkunde en projekbestuur. Ek is die besturende direkteur van NuHome. Ons het ʼn totale omwenteling teweeggebring in die aanbod van onafhanklike kragvoorsiening (onafhanklik van die kragnetwerk), en ons bied aan residensiële huiseienaars en residensiële ontwikkelaars ʼn geleentheid om onafhanklik van kragvoorsiening te wees.

Ek is ook ‘n selfgeleerde digitale oplossingskundige vir String IoT met ʼn groot passie om die volgende generasie sakeondernemings te skep wat ʼn positiewe impak sal maak en wat op maatskaplike welsyn ingestel is, deur Vigor Africa, ons organisasie sonder winsoogmerk.

Ek is lief vir reis, avonture, fietsry en om groen te leef. Ek glo in vriendelikheid, om oomblikke te deel en om steeds buite my gemaksone te leef. Ek is ʼn Afri-preneur op ʼn reis wat daarop gemik is om ʼn inklusiewe toekoms bou.

Jan-Hendrik Kruger

Beroep: Elektriese Ingenieur
Titel: Direkteur
Kwalifikasie: Direkteur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek was bevoorreg om genoegsame praktiese ondervinding op te doen en later in die ontwerp van stelsels in te beweeg. My praktiese ondervinding was besonders voordelig met my oorgang van die veld na die kantoor.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek was gelukkig om ook in my loopbaan gementor te word. Om hierdie rede wil ek, deur ons maatskappy, ander voorlopige kandidate help en ondersteun om deur die regte kanale te gaan en om sodoende moontlik van hulle voltyds te kan aanstel.

Robert von Gruenewaldt

Beroep: Elektroniese ingenieur
Titel: Tegniese direkteur
Kwalifikasie:
B Eng (Elektronies)
H Eng (Rekenaaringenieurswese)

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Telkom SA (DC Power, Radionetwerke, databasisontwerp en webontwikkeling)
MTN SA (Radiobeplanning & optimalisering)
Nuvo Energy (Hernubare energie en sonkragstelsel-ontwerp)

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is in 1978 in Pretoria gebore en het my skooljare by Laerskool Brooklyn en toe by Pretoria Boys High School spandeer. Ek het in 2001 aan die Universiteit van Pretoria gegradueer met ’n graad in elektroniese ingenieurswese en het in 2003 my honneursgraad in Rekenaaringenieurswese voltooi.

Ek is getroud met my vrou Reneé en ons het twee seuns, Alexander (9) en Ethan (6) wat beide in die St. Paulus Primary School is.

My stokperdjies sluit in seiljagte, fietsry, houtwerk en om kitaar te speel.

Andreas A. Landman

Beroep: Entrepreneur en chemikus
Titel: Uitvoerende bestuurder
Kwalifikasie: PhD in Chemie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Tussen 2003 en 2010 het ek verskeie tegniese ondersteuningsrolle vertolk. Vanaf 2010 tot 2018 het ek verskillende bestuursrolle vertolk – hoofsaaklik vanuit ʼn vervaardigingsoogpunt. Na 2018 het ek na velerlei rolle, onder meer in leierskapsontwikkeling, as fasiliteerder, inligtingkundige en konsultant uitgebrei.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn moeilike mens met my eie idees. Ek glo vas dat ʼn mens mooi moet dink oor wat gedoen moet word, en nie net sommer iets doen wat reeds gedoen is nie. Hierdie siening is dikwels teenstrydig met die algemene tendens om alles gelate te aanvaar.

Ek het nog altyd die jonger garde gelei om hulle loopbane suksesvol aan te pak. As deel daarvan het ek in 2018 ʼn boek met die naam Work Explained to Career Starters: How to end your job hunting with good decisions geskryf. Die boek is tans op Amazon beskikbaar.

Ek lees wyd en syd rakende bestuur, leierskap en persoonlike ontwikkeling en pas hierdie kennis in gesprekke met jongmense toe.

Andre Rossouw

Beroep: Professionele siviele ingenieur
Titel: Projekdirekteur
Kwalifikasie:
B. Ing Siviel;
M. Ing Konstruksiebestuur;
Prof Ing – Lid ECSA & SAICE;
Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.

Ingenieur verantwoordelik vir die herstel van verskeie departementele strukture ná die Laingsburg-vloed in 1981 en Sikloon Domoina in 1984 op die Pongola SWS en Jozini-dam.

Bedryfsbestuurder by Oos-Transvaalse besproeiingskemas vanaf Loskopdam, en het o.a. ook die hele KwaNdebele-watersuiwering- en -voorsieningstelsel op agentskapbasis vir die tuisland bestuur en beheer.

Bedank einde 1989, begin by Sasol op Secunda as projekbestuurder. Het oor die jare heen verskeie groot kapitaalprojekte bestuur; was ook die senior projekbestuurder vir die herstel van die Polipropileen-aanleg ná die brand en ontploffing op 4 Feb 2000, asook die herstelwerk aan die Etileen-herwinningsaanleg, eenheid 24, na ʼn ontploffing in Augustus 2004.

Werk verder vir sewe jaar in die buiteland, in Singapoer en Papoea-Nieu-Guinee, (ExxonMobil-projekte); verder verskeie projekte in Afrika, o.a. in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Zambië, Botswana, Uganda, ens. gedoen.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.

Ek het ʼn passie vir die natuur en was jare lank betrokke by en lid van verskeie sensitiewe omgewingsimpakstudies vir ʼn verskeidenheid groot kapitaalprojekte.

Ek tref geen onderskeid tussen mense nie en het saam met groot konstruksiespanne, wat uit mense van alle bevolkingsgroepe en kulture bestaan het, gewerk om ondervinding op te doen – die beste leerskole ooit.

In die Ooste het ek die voorreg en verantwoordelikheid gehad om as Senior Ingenieursbestuurder op die ExxonMobil-projekte te werk. Daar was mense van 13 verskillende nasionaliteite en 8 verskillende kulture en godsdiensgroepe in die ingenieurs-ontwerpspan.

My Christelike kultuur en voorbeeld het dit vir my moontlik gemaak om almal saam te snoer om suksesvol te wees.

Basiese beginsels van goeie ingenieurswese leer ʼn mens deur saam met jou werkspanne te werk – dan kan jy leiding neem en vertroue bou.

Kwaliteit is ononderhandelbaar, en dit het ek by my twee groot mentore uit my Waterwese-dae geleer.

Bennie Dippenaar

Beroep: Menslike Hulpbronbestuur
Titel: Direkteur
Kwalifikasie:
UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur;
Uitvoerende en Bestuursafrigting.

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.

Jou loopbaanpad tot dusver:
Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter. Die strukturering van sakeondernemings vir eienaars sodat hulle hul volle potensiaal as diensverskaffers en werkgewers kan bereik.

Bystand aan werkgewers en werknemers om hulle te help om hul billike regte in die werkplek te beskerm.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”. Die wêreld verander vinnig, en so ook sienings oor geleenthede en besigheid. Ek glo vakspesialiste moet as agente vir verandering (“change agents”) optree om hiermee tred te hou en sodoende te verseker dat werksekerheid en ontwikkeling geskied.

Hans Bluhm

Beroep: Vliegtuigwerktuigkundige en Eiendomsagent
Titel: Prinsipaal: Bluhm Properties
Kwalifikasie: NQF vlak 5-kwalifikasie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 14 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek dryf handel as Bluhm Properties en is geregistreer as Dertrade 131 CC en tree hoofsaaklik op as ʼn subkontrakteur vir my vrou se eiendomsagentskap.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek het begin werk as ʼn vakleerling in vliegtuigwerktuigkunde en het ook by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gekwalifiseer. Na vyf jaar is ek as ʼn vlugingenieur aangestel, en na 15 jaar in hulle diens het ek bedank en ʼn padvervoeronderneming begin. In 1996 het ek egter weer by SAL as vlugingenieur in diens getree. Alle vlugingenieurs (150) is in 2003/2004 afgedank weens die aankoop van vliegtuie deur SAL wat nie meer deur ʼn vlugingenieur beman hoef te word nie. In 2007 het ek ʼn nuwe loopbaan as eiendomsagent begin, en is steeds daarmee doenig.

Ek het vanaf 2012 drie Xhosa-kursusse bygewoon en daarna vir vier jaar (2016 – 2019) die “Introductory Conversational Xhosa Course” in die aand vir volwassenes aangebied. Ek is tans na ʼn geleentheid op soek om dié Xhosa-kursus op ʼn meer vaste termyn aan te bied. Vir my persoonlike plesier is ek ook besig met vertaalwerk vanuit Duits na Afrikaans.

Jacques Human

Beroep: Verkope en bemarking
Titel: Regional Sales Manager – Meridian Wine Merchants
Kwalifikasie:
– Graad in Verkope en Bemarking
– Sertifikaat van Kaapse Wynakademie

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
– Interne Verkope: Builders Market
– Aankoper: Senwes
– Verkoopsverteenwoordiger: SASKO (Pioneer Foods)
– Verkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke)
– Spesialisverkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke – Spar-groep)
– Assistentverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke – PnP-groep)
– Verkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
– Streeksbestuurder vir handelsware: ABI Bottling (Coke)
– Ontwikkelingsverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
– Nasionale verkoopsbestuurder: Homemark (5-Hour Energy Shot)
– Streeksverkoopsbestuurder: Meridian Wine Merchantes (Gauteng en Binneland)

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is al vir die afgelope 20 jaar gelukkig getroud met my vrou Liezel. Ons het twee kinders, Luben (14) en Dante (10). Ons woon tans in Centurion en werk van ons Woodmead-kantoor af. Elke oggend oefen ons as ʼn gesin saam ter wille van gesondheid. Ons eet ook gesond om ons gewig en gesondheid te ondersteun. Ons is mal daaroor om op vakansie te gaan en maak graag kamp deel van ons vakansie. Ons ry ook graag rond en eet uit om die lewe voluit te geniet en verskillende ondervindings te hê. Ek hou daarvan om te lees, video’s te kyk en na spesifieke materiaal te luister as deel van ʼn persoonlike ontwikkelingsplan. Ek is iemand wat hard werk en wat glo dat alles met ʼn plan en harde werk moontlik is. Ek het hoë morele waardes en sukkel met mense wat dit nie so hoog as ek ag nie. Reëls en regulasies hou my en my gesin veilig, dus probeer ons so ver moontlik om die regte pad te stap. Ons is ook Christene en spandeer tyd in die kerk en gemeenskap om die wêreld ʼn beter plek te maak.

Mertz Aucamp

Beroep: MHB Professioneel
Titel: Onafhanklike Konsultant
Kwalifikasie:
MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:
Opsomming van gekombineerde ondervinding – CV Dashboard sal details verskaf oor loopbaan tot dusver.
• 15 jaar as algemene deskundige in Mensehulpbronne in Suid-Afrika – verantwoordelik vir die oplos van ʼn verskeidenheid algemene mensehulpbronkwessies deur intervensies, advies, konsultasies, leierskap en navorsing.
• 4 jaar as professionele mensehulpbronbeampte op internasionale vlak (Afrika) – met die fokus op ʼn strategiese sakevennootskap, organisatoriese ontwerp, mensekapitaalbeplanning en prestasiebestuur.
• 7 jaar in Bestuursposisie as bestuurder vir sakebedrywighede, en bied op ʼn senior vlak leiding oor aspekte van multidissiplinêre mensehulpbronne – met die fokus op Talentbestuur, Vergoeding/Belonings, Leer en Ontwikkeling, Werwing, Prestasiebestuur, Werknemerwelstand, Bevoegdheidsprofilering, Transformasie- en Veranderingsbestuur, Organisatoriese Ontwikkeling en Werknemerverhoudinge.
• 2 jaar – Voorsitter van Mensehulpbronne- en Vergoedingskomitee
• 22 jaar – Loopbaan by Ontwikkelingsbank (NRO – multi-nasionaal), Regering, Finansiële Sektor (korporatief), Inligting, Kommunikasie en Telekommunikasie (IKT-korporatief), Regulerende Owerheid (gesondheidsektor), Mynbou en Privaat Sektor.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.

Alexa Reinecke

Beroep: Kommunikasie

Titel: Bestuurder van sosiale media

Kwalifikasie: Meestersgraad in Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit

Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

 

Jou loopbaanpad tot dusver:
Ek het al vele baadjies in die kommunikasie- en bemarkingsberoepswêreld gedra voordat ek ʼn spesifieke veld gekies het – alles van ʼn kopieskrywer, ʼn opvoedkundige tolk, ʼn radiojoernalis, ʼn bemarkingsbeampte, ʼn verkoopsagent en ook ʼn advertensie-vervaardiger. My loopbaan het my geneem na optogte waar ek as joernalis met traangas bestook is, na die korporatiewe wêreld van bemarking en ook agter die skerms in die filmbedryf. Vandag is ek ʼn digitaleveldtog- en sosialemediabestuurder en ek werk saam met ʼn dinamiese span kommunikasiepraktisyns.

 

Vertel ons ʼn ietjie van jouself:
Ek is lief vir die Here, lief vir my taal en lief vir my land. As jy my beter wil leer ken, koop vir my koffie of doen aansoek vir die mentorskap!