Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ‘n oud onnie en nou Rekenmeester. Het in 2010 tot 2013 my B.Comm graad in Finansiële Rekenmeesterskap voltooi en daarna in 2014 my NGOS voltooi. Het vir 4 jaar in die staat skoolgegee, waarvan 3.5 jaar in ‘n departementele pos was en waarvan ek ook vakhoof was. Daarna is ek 4 jaar na die privaat sektor toe vir skoolgee. Nou bevind ek my vol sirkel terug na waar my ware passie lê en is ek huidiglik ‘n Rekenmeester en oppad na ‘n gekwalifiseerde Rekenmeester binnekort. In 2026 het ek my eie besigheid ook begin om jongwerkendes en onderwysers te help met boekhouding en persoonlike belastings.
Omrede ek beroeps gerig, perfeksionisties en ‘n klein bietjie OCD het. My sarkasme en my emosionele intiligensie, is wat my na die pad gelei het. In elke werksplek tot dusver is ek nog elke keer op ‘n manier in die diep kant in gegooi en verwag om te swem, tot nou, glo ek het ek nog elke keer ‘n sukses daarvan gemaak. Daarvan is ek oortuig dat my werksetiek en kwaliteit van werk vir dit self spreek.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Sewe jaar in langtermynversekering en tien jaar in korttermynversekering
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as ʼn geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer en het my klerkskap in die Johannesburg-kantoor van PWC gedoen.
Ek het by die volgende maatskappye in die volgende poste gewerk:
• Hoof- finansiële beampte by Camaf Mediese Fonds
• Algemene rekenpligtige beampte by Afrox
• Dosent aan Universiteit Stellenbosch nadat ons na Kaapstad verhuis het
• Hoof- finansiële beampte by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk. (korttermynversekeraar)
• Bedryfshoof by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk.
• Bedryfshoof by African Unity Life Bpk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is in die Suid-Vrystaat gebore en het daar grootgeword. Ek het by ʼn klein skooltjie skoolgegaan. Het ʼn BCompt(Hons) aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Het na Johannesburg verhuis waar ek my meestersgraad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf het.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.
Kwalifikasie: B Com: Informatika en “Life Coaching” diploma
Fokus area: besigheidsanalise en die verstaan van klient vereistes, inlsuitend hoe om die regte vrae te vra.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Bedryfsingenieurswese studeer en diploma ontvang. Kry geleentheid om in IT industrie te begin werk as besigheidsanalis. Doen dit vir die laast 25 jaar deur in verskillende industriee te werk en prosesse te verduidleik en oplossing te vind om prosesse te verbeter.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Een van die belangrikste eienskappe van ‘n besigheidsanalis is om jou klient se vereistes te verstaan. Dit behels redelike interaktiewe gespekke en die vermoe om wat jy gehoor het op papier te sit.
Ek het ‘n Clifton Strenghts asessment gedoen wat bevestig dat ek ‘n Learner, Belief. Developer is. Dit beteken ek leer vinnig en kan potensiaal raak sien in mense. Die Life Coaching kwalifikasie wat ek gedoen het het net soveel meer diepte gegee in my rol as besighedisanalis aangesien dit help met die regte vrae vra.
Kwalifikasie:B Eng (Elektronies)
H Eng (Rekenaaringenieurswese)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Telkom SA (DC Power, Radionetwerke, databasisontwerp en webontwikkeling)
MTN SA (Radiobeplanning & optimalisering)
Nuvo Energy (Hernubare energie en sonkragstelsel-ontwerp)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is in 1978 in Pretoria gebore en het my skooljare by Laerskool Brooklyn en toe by Pretoria Boys High School spandeer. Ek het in 2001 aan die Universiteit van Pretoria gegradueer met ’n graad in elektroniese ingenieurswese en het in 2003 my honneursgraad in Rekenaaringenieurswese voltooi.
Opvoedkundige beampte by die ou Transvaalse (Tvl) Museums: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my graad in 2005 aan die NWU verwerf en het my klerkskap in 2008 in Potchefstroom voltooi, waarna ek in die privaat sektor begin werk het. Ek het onder meer by Apple SA (Core Computer Business) en Betway SA ondervinding as rekenmeester en finansiële bestuurder opgedoen. Ek het in 2017 by die IMM ingeskryf om my tweede graad in Bemarking en Bestuurswese te behaal. Ek het die graad in 2021 verwerf. Ek beklee op die oomblik ʼn pos as hoof van finansies en mensehulpbronbestuur by ʼn internasionale handelsmaatskappy in die Kaap.
Titel:Projekkoördineerder by Akademia vir die werkende mark
Kwalifikasie:Graad: BCom Ondernemingsbestuur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in 2015 gematrikuleer, waarna ek in 2016 by Akademia begin studeer het en ook by Pretoria FM begin werk het (ek het ʼn beurs ontvang en het gewerk en gestudeer). Ek het my graad in BCom Ondernemingsbestuur in 2019 voltooi, waarna ek vir ʼn jaar in Amerika gewerk het. Ek het in Desember 2020 na Suid-Afrika teruggekeer en het in Februarie by Akademia aangesluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is in 1997 in Pretoria gebore. Ek is hardwerkend, eerlik, lojaal en doelgerig om ʼn sukses van my lewe en loopbaan te maak. Ek het ʼn passie vir mense, bemarking, projekbestuur en kommunikasie. In my vrye tyd bring ek graag tyd saam met vriende en familie op die plaas deur en gaan stap en hike ook gereeld. Diere en God se natuur is my grootste liefde en om ʼn verskil in iemand anders se lewe te maak, my doelwit.
Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur
My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.
Kwalifikasie:MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ongeveer 30 jaar in laerskole
Afgelope 14 jaar in Vroeë Kinderontwikkeling
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het baie empatie met mense, daarom het ek kursusse gedoen in pastorale berading en spelterapie. Ek is lief vir naaldwerk, skilder, bak en musiek. Ek is mal oor my drie Chow-honde en twee katte. Ek is lief vir die mooi dinge in die lewe en die natuur, en ek hou van mooi dinge rondom my. Ek hou daarvan om te studeer om myself te verryk.
Kwalifikasie:BDiac-graad in Maatskaplike Werk (2013)
BA Honneurs in Sielkunde (2016)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Gradueer in 2012
2013-2014: Werksaam by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
2015-2016: Voltydse studie
2018-2019: Maatskaplike werker: Khulisa Social Solutions (eenjaarkontrak)
2019-2019: Maatskaplike werker: Worcester Provinsiale Hospitaal (kraamverlofpos)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ‘n volwasse, getroude vrou met twee tienerseuns. Ek het ʼn warm persoonlikheid en is ʼn passievolle mense-mens wat weens omstandighede buite my beheer my studie in Maatskaplike Werk in 1994 moes staak. Ek het eers weer in 2012 terugekeer en my studie aan die Hugenote Kollege in Wellington in samewerking met UNISA voltooi. Ek het daarna as voltydse maatskaplike werker by Departement van Maatskaplike Werk in die Paarl begin werk waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming.
Titel: Direkteur: Mediese en gesondheidsversorgingsopleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Sielkunde in Michigan in die VSA gestudeer en het in 2007 met ʼn loopbaan in Sielkunde begin. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek besluit om ook Verpleging te studeer.
Aangesien ek my kennis wou deel en nie soseer wou praktiseer nie het ek begin om betrokke te raak by opleiding. My opleidingsbesigheid, InterX Local & International Recruitment, het aanvanklik klein begin. Nadat my akademie in 2014 gestig en geregistreer is, het ons regtig vinnig uitgebrei om opleiding in verskeie dele van die land aan te bied.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn 34-jarige direkteur wat uit ʼn onderwysgesin kom. Met ʼn pa wat ʼn oudskoolhoof is en ʼn ma wat steeds in die onderwys is, het opleiding baie natuurlik gekom. Ek is ʼn mamma en daarmee saam kom ʼn Godgegewe geduldstoepassing wat my daagliks leer om met empatie in besigheid op te tree.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2013 as student begin werk en het al die finansiële funksies van die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria behartig. Ek het ook in dié tyd by Aros se finansiesafdeling uitgehelp. Ná ʼn jaar en ʼn half het Aros my ʼn kontrak van ses maande aangebied. Ek het dit aanvaar en het by GSDP bedank. Aan die einde van my kontrak het Aros se ouditeure belangstelling getoon om my in diens te neem.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in Pietermaritzburg grootgeword en skool gegaan. Ná skool het ek ʼn draai by die Puk gemaak en was daarna vir agt jaar in Pretoria werksaam. In Augustus 2021 het ek permanent in Orania gaan bly. Buite die werksomgewing is ek ʼn sportliefhebber en ek kan soms op die rugbyveld as skeidsregter aangetref word – dit is nou wanneer ons minus Covid-19 is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is tans die hoof- uitvoerende beampte van ABA, ʼn internasionale maatskappy wat adviesdienste aan klein en mediumgrootte ondernemings lewer, en ek het 30+ jaar ervaring op hierdie gebied. Ek was die groep- finansiële direkteur van ʼn maatskappy wat op AltX genoteer is. Ek was finansiële hoof van Absa Afrika in verskeie Afrika-lande, waarvan nege jaar by Barclays en die Absa-groep en nege jaar by die Transnet-groep, wat ʼn volwaardige bank met ʼn direksie is en waarvan Absa/Barclays aandeelhouers is.