Category filter

Thommie Burger

Thommie Burger

tassie Beroep: Leierskap en Strategiese Afrigter

gesig Titel: Self Employed

kwali Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling Fokus area Coaching

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO. Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.

Jacques de Kock

Jacques de Kock

tassie Beroep: Refreigeration mechanic (2010-2023) Refrigeration en Air-conditioning Facillitator (2023-current)

gesig Titel: Refrigeration en Air-conditioning Facillitator

kwali Kwalifikasie: Refrigeration mechanic (industrial) Fokusarea – Commercial refrigeration

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: As ambagsman 13 jaar en as lektor amper 1 jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Gestudeer by College of Cape Town. Doen `n N2 in refrigeration.Doen 3 vlakke van elktriese studies en 2 vlakke van verkoeling prakties. Begin my loopbaan by ColCab in die elktriese afdeeling, skuif dan na PenBev (Coca-Cola) werk daar vir 8 jaar skuif dan na Henties Vrugte sappe toe. In 2020 skuif ek Catermarket toe en begin al hoe meer spesialiseer in “commersial refrigeration”. In 2021 skuif ek toe na IMS en werk as n refrigeration team leader tot 2023 en toe gaan ek in opleiding in waar eintlike passie lê.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het `n baie groot passie vir mense en om mense optelei. Ek het ook “as jy tyd het om dit oor tedoen het jy tyd om dit reg tedoen” houding.

Rudi Broodryk

Rudi Broodryk

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: Direkteur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Sonet Fourie

Sonet Fourie

tassie Beroep: Koster, berader, administratiewe beampte, fasiliteerder van Impaq-tuisonderrig.

gesig Titel: Berader, Impaq Fasiliteerder

kwali Kwalifikasie: Pastorale Berading: Diploma aan die Bybelskool in Kaapstad, interne opleiding

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Kantooradministrasie (alle fasette), 32 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Diploma in Pastorale berading

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het al harde bene gekou en wil graag iets vir iemand anders, wat enige vorm van ondersteuning nodig het, beteken (natuurlik binne my ervaringsveld). Verder is ek kunstig wat my baie oplettend maak en in voeling bring met die fynere besonderhede. Dit werk saam met my waarneming van, en verhoudings met mense. Ek is 50-jaar oud en het drie dogters: My oudste is ’n fisioterapeut en ’n eiendomsagent in Gauteng. My middelkind is ’n mediese suster in Kloof, Durban en my laatlam is in graad 7. Ons woon in Kathu in die Noord-Kaap. Ek is oorspronklik van Hartswater in Noordwes.

Dawie Beyers

Dawie Beyers

tassie Beroep: Prokureur en notaris

kwali Kwalifikasie:

  • B.A. (Hons) Geskiedenis
  • B. Prok. (Unisa)
  • Openbare notaris
  • Diploma in Insolvensiereg
  • “Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
  • “Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 25 jaar as prokureur

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.

Conrad Pienaar

Conrad Pienaar

tassie Beroep: Konsultant: Payroll Software

gesig Titel: Verbintenisbestuurder

kwali Kwalifikasie: HonsBCom: Logistieke Bestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.

Marike Grobler

Marike Grobler

tassie Beroep:Ontwerp & Bemarking

gesig Titel:Bestuurder: Bemarking, Ontwikkeling en Ontwerp

kwali Kwalifikasie:BCom Bemarking & Toerisme BCom Hons Bemarking & Entrepreneurskap

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:My loopbaanpad het in 2012 by die Noordwes-Universiteit se Graphikos-afdeling begin. Ek was as junior ontwerper aangestel en so was ek aan die diepkant ingegooi om alles van die bedryf te leer en prakties toe te pas. Ek het vir twee jaar baie geleer en my voete gevind. Ek het geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. In 2014 het ek my vlerke gesprei na die agentskaplewe en ek het vir Magnetic Creative begin werk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die beste manier om my te leer ken, is om aansoek te doen vir jou mentorskap by my dan vertel ek vir jou alles van myself.

Erik Pretorius

Erik Pretorius

tassie Beroep: Onderwyser

gesig Titel: Graadhoof en skoolbestuurslid

kwali Kwalifikasie: BEd (FET); BEd (Honneurs) ; MEd (Meestersgraad in Onderwysleierskap)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: As dinamiese onderwyser leef ek sedert 2009 my passie en roeping by Hoërskool Zwartkop uit. Dit is ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om aan môre se toekomstige leiers, ons jong mense, te help vorm. Ek is sedert 2014 deel van die dinamiese bestuurspan van Hoërskool Zwartkop en ons as leierskorps is daarop toegespits om gelukkige en opgewasse jong volwassenes vir die toekoms te vorm.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n passievolle onderwyser en leier, wat onvoorwaardelik daar is vir jong mense – die toekoms van môre. Ek is oortuig dat ’n mens geroep word tot die onderwys en dat die verskil wat ’n mens daagliks maak van groter waarde is as wat ’n mens ooit sal besef.

Mandy Thackwray

Mandy Thackwray

tassie Beroep: Innovasie- en Kommunikasiespesialis

gesig Titel: Innovasie- en Kommunikasiespesialis

kwali Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.

Prof. François Pierre Rousseau de Villiers

Prof. François Pierre Rousseau de Villiers

tassie Beroep: Pediater en hoof van ʼn akademiese departement (afgetree)

gesig Titel:Prof. of Dr.

kwali Kwalifikasie: MBChB (Stell), MMed (Pediatrie), PhD (Wits) Pediatrie, Gemeenskapsgesondheid, Opleiding van mediese studente en spesialiste, navorsingsleiding

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 40 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Intern en mediese beampte – drie en ʼn half by die Edendale Hospitaal
  • Mediese Beampte – vyf jaar, Saulspoort (plattelandse sendinghospitaal)
  • Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow
  • Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits
  • Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal
  • Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar
  • by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan)
  • Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.

Bennie Dippenaar

Bennie Dippenaar

tassie Beroep: Menslike Hulpbronbestuur

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur; Uitvoerende en Bestuursafrigting.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.

Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.

Martie Dippenaar

Martie Dippenaar

tassie Beroep:Skoolhoof

gesig Titel:Skoolhoof

kwali Kwalifikasie:BPrim. VKO (deesdae BEd)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ongeveer 30 jaar in laerskole Afgelope 14 jaar in Vroeë Kinderontwikkeling

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het baie empatie met mense, daarom het ek kursusse gedoen in pastorale berading en spelterapie. Ek is lief vir naaldwerk, skilder, bak en musiek. Ek is mal oor my drie Chow-honde en twee katte. Ek is lief vir die mooi dinge in die lewe en die natuur, en ek hou van mooi dinge rondom my. Ek hou daarvan om te studeer om myself te verryk.

Jana Terblanche

Jana Terblanche

tassie Beroep:  Onderwysspesialis in Afrikaans

gesig Titel:Hoof van GeRAT (ʼn Vakvereniging vir Afrikaansonderwysers. GeRAT is deel van die Skoleondersteuningsentrum.)

kwali Kwalifikasie:BA(Kommunikasiekunde) en ʼn NGOS

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 30 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek werk tans vir Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum. Ek is die hoof van GeRAT – die vakvereniging vir Afrikaansonderwysers en my amptelike postitel is Afrikaans: Onderwysspesialis. Vanaf 1 Oktober 2017 tot 30 Junie 2018: Tree op as waarnemende direkteur by Dirk Postma met bestuurverantwoordelikheid vir die kleuterskool, laerskool, hoërskool en ʼn naskoolsentrum.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn baie optimistiese mens wat lief is vir my mense, die natuur, sport, lees en nog vele meer –kortom, ek glo dat jy die tyd wat die Here jou hier op aarde gun ten volle moet benut!

Maretha Spies

Maretha Spies

tassie Beroep:  Finansies

gesig Titel:Bedryfshoof by African Unity Life

kwali Kwalifikasie:MCom (cum laude), CA (SA)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Sewe jaar in langtermynversekering en tien jaar in korttermynversekering

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as ʼn geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer en het my klerkskap in die Johannesburg-kantoor van PWC gedoen. Ek het by die volgende maatskappye in die volgende poste gewerk: • Hoof- finansiële beampte by Camaf Mediese Fonds • Algemene rekenpligtige beampte by Afrox • Dosent aan Universiteit Stellenbosch nadat ons na Kaapstad verhuis het • Hoof- finansiële beampte by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk. (korttermynversekeraar) • Bedryfshoof by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk. • Bedryfshoof by African Unity Life Bpk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is in die Suid-Vrystaat gebore en het daar grootgeword. Ek het by ʼn klein skooltjie skoolgegaan. Het ʼn BCompt(Hons) aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Het na Johannesburg verhuis waar ek my meestersgraad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf het.