Category filter

Wynand Blomkamp

Wynand Blomkamp

tassie Beroep: Onderwys

gesig Titel: Adjunkhoof

kwali Kwalifikasie: B. ED

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is tans werksaam by Die Hoërskool Wagpos, te Brits in Noordwes in die posbeskrywing Adjunkhoof: Dissipline en Mentorskap. Ek beskik oor plaaslike sowel as internasionale ondervinding…dus het ek al baie unieke uitdagings in die onderwys ervaar. Die opvoedkundige landskap het plaaslik sowel as wêreldwyd verander. Tesame met daardie verandering, is daar natuurlik gepaardgaande uitdagings soos: tydsbestuur, gesinslewe, en professionele werkslading. Ek ontmoet daagliks wonderlike mense(oud en jonk), en het die geleentheid om professioneel te groei en te ontwikkel. Ek is tans besig met ‘n 2jaar diploma kursus in Skoolleierskap en bestuur by Akademia asook ‘n 12 maande Mentorskap- kursus by die SAOU. Dit is leersaam, en bied aan my die geleentheid om as mentor op te tree by my huidige werkgewer. Dit is my uitsonderlike voorreg om die hoof van ons Mentorskapprogram te wees. My beroep is vol uitdagings, maar bied ook die geleentheid vir lewenslange groei en ontwikkeling.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is behoedsaam,gefokus, pligsgetrou, privaat, bedagsaam, verstandig, kalm, deernisvol en verdraagsaam. Ek glo in selfgeldend wees, selfbestuur, selfdissipline en selfontwikkeling. Ek handhaaf hoë standaarde en tree doelgerig op.

Werner van Zyl (DBL)

Werner van Zyl (DBL)

tassie Beroep: Bemarking

gesig Titel: Operasionele bestuurder

kwali Aantal jare ondervinding binne die bedryf:

  • Altesaam 15 jaar
  • Bemarking 6 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: My primêre passie in die lewe is kennis. Van kleins af het ek aan algemene kennis-olimpiades deelgeneem en dit is dus nie vreemd dat my akademiese loopbaan ʼn wye reeks van kwalifikasies insluit nie. My loopbaan in die werkplek sluit ook ʼn verskeidenheid posisies in, onder meer as bemarker en operasionele bestuurder.

Saam met my liefde vir kennis het ek ʼn passie vir persoonlike ontwikkeling. ʼn Goeie balans tussen jou werk, ontspanning en omsien na ʼn mens se gesondheid is vir my baie belangrik. Ek kry energie uit dit wat ek leer en met ander mense deel.

Cornelius van Leeuwen

Cornelius van Leeuwen

tassie Beroep: Sektorkoördineerder in die vakbondwese

gesig Titel: Sektorkoördineerder vir die metaal- en ingenieurswesesektor

kwali Kwalifikasie:Passer en draaier, ʼn Gevorderde sertifikaat in Arbeidsreg

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het vir ongeveer 15 jaar by Highveld Steel gewerk waar ek in ʼn bestuurspos was. Ek is nou reeds 13 jaar lank by Solidariteit in ʼn bestuurspos werksaam.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn persoon wat glo in Christelike waardes en eerlikheid. Integriteit is vir my belangrik. Ek het ʼn positiewe uitkyk op die lewe en het ʼn passie vir mense en my werk. Ek hou van die buitelewe en geniet dit om te braai.

Welmar oreilly

Welmar oreilly

tassie Beroep: Ander

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: Forensiese Ondersoeke

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 28 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is `n Ex Polisie Offisier en werk tans as Forensiese Deskundige en Forensiese Assessor in die privaat sektor. Ek doen motor botsing rekonstruksies. Ek help kliente wat ernstig beseer is tydens motor botsings. Ek help prokureurs met voorbereiding vir Siviele Litigasie met siviele eise teen RAF / Prasa Metrorail of Assuransie Maatskappye.

As Polisie beampte sedert 1981 tot 1997, het ek verskeie kursusse gedoen met betrekking tot misdaad tonele, ongeluk rekonstruksies en fotografie. Sedert 1997 is ek in die privaat sektor as Forensiese Assessor. Ek het van 1997 tot 2002 by RAF Kaapstad gewerk maar my eie besigheid begin in 2002. Sederdien doen ek Forensiese ondersoeke in die privaatsektor. Sien www.quaestio.co.za … ek help kliente met voorbereiding van persoonlike beserings eise. Ek spesialiseer in Siviele Litigasie.

Erik Pretorius

Erik Pretorius

tassie Beroep: Onderwyser

gesig Titel: Graadhoof en skoolbestuurslid

kwali Kwalifikasie: BEd (FET); BEd (Honneurs) ; MEd (Meestersgraad in Onderwysleierskap)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: As dinamiese onderwyser leef ek sedert 2009 my passie en roeping by Hoërskool Zwartkop uit. Dit is ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om aan môre se toekomstige leiers, ons jong mense, te help vorm. Ek is sedert 2014 deel van die dinamiese bestuurspan van Hoërskool Zwartkop en ons as leierskorps is daarop toegespits om gelukkige en opgewasse jong volwassenes vir die toekoms te vorm.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n passievolle onderwyser en leier, wat onvoorwaardelik daar is vir jong mense – die toekoms van môre. Ek is oortuig dat ’n mens geroep word tot die onderwys en dat die verskil wat ’n mens daagliks maak van groter waarde is as wat ’n mens ooit sal besef.

Jaco Roux

Jaco Roux

tassie Beroep: IT: Applications

gesig Titel: Lead Developer

kwali Kwalifikasie: NDip IT (Unisa) Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf:

  • 7 jaar as tegnikus
  • 10 jaar as sagteware-ontwikkelaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.

Pieter Bruwer

Pieter Bruwer

tassie Beroep: Ander

gesig Titel: Agronoom

kwali Kwalifikasie: PhD in Volhoubare Landbou

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 45 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Grootgeword op die plaas, later landbou studeer, gaan boer en vir die laatste 10 jaar ‘n agronoom en landboukundige. Ook Senior lektor by UFS.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek deel passievol my ondervinding en ervaring met jong mense. Ek is van mening dat die sleutel tot volhoudbaarheid le in die kombinasie tussen ervaring van ouer persone en die energie van jong mens in ‘n Mentorskaps- of ‘n werksverhouding.

Thys Gildenhuys

Thys Gildenhuys

tassie Beroep: Advokaat

gesig Titel: Advokaat

kwali Kwalifikasie: B(IURIS)(Unisa), LLB(Unisa), NDip.Hort(Technikon Pta.), HNDip(Technikon Pta.)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar. Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings. Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006. Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.

Riana Jansen van Vuuren

Riana Jansen van Vuuren

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker

kwali Kwalifikasie: Diploma in Maatskaplike Werk; Kinderbeskerming en huidiglik Bejaardesorg

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek begin my loopbaan in ‘n eenmanskantoor, verhuis na twee jaar na Pretoria waar ek aanvanlik Kinderbeskerming doen, later Bejaardesorg en sluit my diensjare by die SAVF af, as gemeenskapswerker. Daarna is ek vir ses jaar werksaam by die destydse Atoomenergie Korporasie as bedryfmaatskaplike werker. Nadat ek in die huwelik getree het, doen ek weer vir vier en ‘n half jaar Kinderbeskerming en daarna is ek vir sewe en ‘n half jaar ‘n bestuurder by ‘n Dienssentrum vir bejaardes. Ek verlaat die beroep vir ongeveer tien jaar en keer op Februarie 2011 terug na die beroep. Ek doen weereens Kinderbeskerming tot en met my aftrede. Na my amptelike aftrede doen ek vir ‘n kort rukkie Pleeg en Stiefoueraannemings. Vanaf Oktober 2024 is ek ‘n maatskaplike werker by Rusoord Centurion.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n omgee persoon en dit is my passie om ‘n verskil in mense se lewe te maak.

Nico van Deventer

Nico van Deventer

tassie Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant (Project & Change Management Consultant)

gesig Titel: Change Manager

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Hons) Clinical Psychology
  • MBA
  • Prince2 Project Management Certified
  • Prosci Certified Change Practitioner

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)

Pieter Early

Pieter Early

tassie Beroep:Onderwyser, afgetree (weens mediese ongekiktheid) Lewensafrigter

gesig Titel:Vryskut

kwali Kwalifikasie:Senior Sertifiaat, studierigting Landbou: 1980/01/01 THOD (Senior Primêr): 1984/01/01 New Insights Life Coaching 101: 2014/10/06 New Insights Certified Life Coach (onderskeiding): 2016/05/25 Selfbeeldontwikkeling

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 39 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het 1983 afgestudeer as onderwyser by POK. My eerste pos was by Laerskool Ellisras en na drie maande het ek verskuif na ’n nuwe skool, Laerskool Bosveld, ook in Ellisras. Ek het bevordering gekry met ingang van 1993/01/01 as Departementshoof Opvoedkundige Leiding, en aan die begin van 1997 is ek bevorder tot waarnemende adjunkhoof.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:My naam is Pieter Early en ek is ’n “Attitude Warrior.” Ek glo dat ’n positiewe gesindheid, gesonde selfbeeld en reaktiewe geestesingesteldheid (“mindset”) lewensveranderend kan wees . My lewensmotto is: As jy daaroor kan droom, kan jy dit doen. Kinders en jongmense het my nog altyd na aan die hart gelê. Ek het in 1998 opleiding ontvang as Avontuurinstrukteur Vlak 1 en 2. Ek het Badube Avonture begin en letterlik duisende kampe gehou, partymaal tot vyf per jaar, ek het duisende kinders op kampe geneem en honderde hoërskoolkinders en studente opgelei as Avontuurinstrukteurs Vlak 1.

Lorraine de Ronde

Lorraine de Ronde

tassie Beroep:  Bemarking, projekte en funksies

gesig Titel:Bestuurder: Bemarking en projekte

kwali Kwalifikasie:Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.

Mandy Thackwray

Mandy Thackwray

tassie Beroep: Innovasie- en Kommunikasiespesialis

gesig Titel: Innovasie- en Kommunikasiespesialis

kwali Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.

Daan van Wyk

Daan van Wyk

tassie Beroep: Eiendomsagent / ekspredikant / sake-eienaar

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: BA (Teol); BTh US 1994

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.

Bennie Dippenaar

Bennie Dippenaar

tassie Beroep: Menslike Hulpbronbestuur

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur; Uitvoerende en Bestuursafrigting.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.

Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.

Nelia Drenth

Nelia Drenth

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker in privaatpraktyk

kwali Kwalifikasie: PhD MW (NWU) Fokusareas: Traumahantering, Geneeskundige maatskaplike werk, Rousmarthantering – konsultasie en terapie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.

Storm de Bruyn

Storm de Bruyn

tassie Beroep: Entrepreneur, Kantoorpraktisyn

gesig Titel: Direkteur, Kantoorbestuurder en Persoonlike assistent

kwali Kwalifikasie: BA graad by Pukke, Professional Development for PA’S

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Direk na universiteit is ek ʼn pos in bankwese aangebied, waar ek redelik vinnig opgang gemaak het. Só is ek as een van die jongste toesighouers nóg aangestel. Ek het my bankwese skoene uitgeskop met die titel, eksterne verkoopskonsultant – besigheidsafdeling. Daarna het ek by een van die land se grootste werwingsmaatskappye aangesluit.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur en diere (veral katte). Die see het een of ander magiese uitwerking op my siel na ʼn harde week. Einde verlede jaar het ek onder druk ingegee en ingestem dat sodra ek genoeg werk bymekaar het, dit sal laat assesseer en kyk of ek dalk ʼn boek kan laat druk met my kortverhale en gedigte in beide Afrikaans en Engels.

Sunell Smith

Sunell Smith

tassie Beroep: Verpleging

gesig Titel: Verpleegdiensbestuurder

kwali Kwalifikasie: Algemene Verpleegkunde, Gemeenskapsverpleegkunde, Psigiatrie, Verloskunde, Verpleegbestuur/-administrasie, Verpleegonderwys, B.Tech. Beroepsgesondheid

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 28 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het ná my vierjaar-opleiding in die privaat sektor gewerk waar ek vir ses jaar in ʼn kraamsaal gewerk het. Daarna het ek vir 16 jaar buite ʼn hospitaalopset gewerk en was vir 14 jaar in die mynbedryf werksaam. Ek is nou weer vir net meer as ʼn jaar terug in ʼn hospitaalopset. Ek het vir die afgelope tien jaar bestuursposte beklee.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om met mense te werk. Ek glo aan regverdigheid en eerlikheid.

Riana Jansen van Vuuren

Riana Jansen van Vuuren

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Afgetree

kwali Kwalifikasie: ʼn Diploma in Maatskaplike Werk

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my diploma aan die einde van 1976 verwerf en het my loopbaan in ʼn eenmanskantoor by die SAVF in Coligny begin. In Januarie 1979 is ek na die Pretoria-kantoor verplaas, waar ek aanvanklik kinderbeskerming doen, later bejaardesorg en toe gemeenskapsontwikkeling. Daarna was ek vir ses jaar ʼn bedryfsmaatskaplikewerker by die Atoomenergie Korporasie. Toe my pos oorbodig verklaar is, was ek vir vier en ʼn half jaar ʼn maatskaplike werker by die CMR in Brits, waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming asook bejaardesorg.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:k het ʼn passie vir kinders en het nog altyd daarop gefokus om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak. Ek is lief vir die natuur, stap graag en doen naaldwerk vir ekstra inkomste. My hande moet altyd besig wees – as ek nie lees nie, is ek besig om te brei of te hekel.