Kwalifikasie:Belastingpraktisyn, bemarking en wetgewende boekhoudienste.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Kortliks, dit was nie altyd maklik nie, maar oor die algemeen was dit ʼn avontuur, en dit word elke dag net beter.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Na skool het ek vir my pa gewerk, en die entrepreneur-gogga het my onmiddellik gebyt. Ek het verskeie ondernemings begin en suksesvol bedryf ,onder meer as ʼn skoonheidsdeskundige, en as die vervaardiger en verspreider van industriële chemikalieë. Daarna het ek my droom bewaarheid en suksesvol as ʼn finansiële rekenmeester gekwalifiseer. Vir my is dit heerlik en bevredigend om ander mense te help en te onderrig.
Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur;
Uitvoerende en Bestuursafrigting.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.
Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.
Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant
(Project & Change Management Consultant)
Titel: Change Manager
Kwalifikasie:
BA
(Hons) Clinical Psychology
MBA
Prince2 Project Management Certified
Prosci Certified Change Practitioner
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.
Beroep: Koster, berader, administratiewe beampte, fasiliteerder van Impaq-tuisonderrig.
Titel: Berader, Impaq Fasiliteerder
Kwalifikasie: Pastorale Berading: Diploma aan die Bybelskool in Kaapstad, interne opleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Kantooradministrasie (alle fasette), 32 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Diploma in Pastorale berading
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het al harde bene gekou en wil graag iets vir iemand anders, wat enige vorm van ondersteuning nodig het, beteken (natuurlik binne my ervaringsveld). Verder is ek kunstig wat my baie oplettend maak en in voeling bring met die fynere besonderhede. Dit werk saam met my waarneming van, en verhoudings met mense. Ek is 50-jaar oud en het drie dogters: My oudste is ’n fisioterapeut en ’n eiendomsagent in Gauteng. My middelkind is ’n mediese suster in Kloof, Durban en my laatlam is in graad 7. Ons woon in Kathu in die Noord-Kaap. Ek is oorspronklik van Hartswater in Noordwes.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het na my BCom in Informatika by Tukkies, in 2014 by FNB begin as ‘n besigheidsanalist. My werk het gefokus op ons kontak sentrum stelsels en prosesse, en dit is waar ek nog steeds werk, maar nou in ‘n ander posisie. Ek was bevorder na produkbestuurder in 2019. Ek het meestal na ons instant messaging stelsel gekyk, maar ook na ander stelsels. In 2024 was ek bevorder na ‘n Solutions Lead in ons persoonlike segment van die bank. Ek sit nou nader aan strategie en die syfers agter die besigheid.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om probleme op te los, en ek kan maklik tussen die tegniese detail en besigheidsdetail beweeg. Ek kommunikeer goed en verstaan probleme redelik vinnig.
Kwalifikasie: BA Grafiese Ontwerp (Hons) Multimedia nagraads ISTD-lidmaatskap (International Society of Typographic Design)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 6 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Met 6 jaar se studies agter die rug, het ek in die wynbedryf in die Paarl gewerk en in verpakking gespesialiseer. In 2020 en 2021 het ek het gesien hoe plaaslike besighede platval en boere weens omstandighede buite hulle beheer, oeste verloor. Vandag werk ek vir verskillende organisasies om ons gemeenskap te versterk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om uitdagings kreatief op te los. Strategiese konsepontwikkeling is my sterkpunt. Ek is nie vir boksies gemaak nie en hou daarvan om die reëls binne grafiese ontwerp te breek.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.
Opvoedkundige beampte by die ou Transvaalse (Tvl) Museums: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: In 1983 het ek met my ambag by Eskom begin, en in 1987 het ek as ʼn Instrumenttegnikus gekwalifiseer. Ek was ʼn ambagsman tot 1991, waarna ek begin het as ʼn instrukteur met na-vakleerlingskapopleiding. Vanaf 1996-2003 het ek my eie onderneming bestuur; daarna het ek ʼn projekbestuurder by NIC Instruments and Engineering geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek woon tans in Pretoria, en is by Afrox Germiston werksaam, maar ek is ook landwyd asook op in Afrika by allerhande nuwe projekte betrokke en help met tegniese hulpverlening by die betrokke aanlegte. Alhoewel ek gekwalifiseerd is in die instrumentasieveld, strek my verantwoordelikhede oor beide instrumentasie en elektriese installasies. Weens die aard van my werk reis ek nogal baie, maar gelukkig nie vir baie lang periodes aaneen nie.
Kwalifikasie: NDip IT (Unisa)
Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf:
7 jaar as tegnikus
10 jaar as sagteware-ontwikkelaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.
Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum
Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.
Jou loopbaanpad tot dusver: Christiaan spesialiseer in Immaterieël-goederereg, met spesifieke kundigheid en belangstelling in Handelsmerke, Outeursreg en Domeingeskille, en het STEYN IP (www.steynip.com), ‘n spesialis-regsfirma wat in hierdie regsvelde handel, gestig. Hy beklee tans die posisie van Besturende Direkteur. Hy is ook die stigter van ‘n Niewinsgewende Organisasie bekend as FAME.org.za (die Foundation for the Advancement of Musicians Empowerment), wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en te bemagtig.
Christiaan het sy ervaring in hierdie regsgebiede verder uitgebou deur sy diens by verskeie Immaterieël-goedereregsfirms, asook deur deel te wees van die span verantwoordelik vir die Handelsmerk- en Domeinportefeuljes by Sasol Technology, en in die beklee van ‘n regsposisie in Immaterieël-goedere by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) in die Maatskappy- en Immaterieël-goedere Kommissie (CIPC) se Handelsmerk-kantoor.
Christiaan het ‘n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, verwerf en is ‘n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Christiaan is verder betrokke in Immaterieël-goederereg in Suid-Afrika as ‘n Senior Domeingeskilbeslegter, sowel as lid van die SAIIPL (Suid-Afrikaanse Instituut vir Immaterieël-goederereg) ADR en Outeursreg Komitees, en van die IPIRA (voorheen AIPLITL) Kommunikasiekomitee. Christiaan is ook ‘n lid van WILL (Worldwide Independent Lawyers League).
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was aangestel as ‘n PA in 2001 waarna ek ‘n makelaar geword het in 2003 tot 2012. In 2013 nader my werkgewer my vir ‘n bestuurspos in die makelary. Ek ondersteun makelaars op alle vlakke. Vanaf aanstelling, nakoming, groei in die praktyk, tussenganger met versekeraars en CRM stelsel ondersteuning
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir my werk en hou daarvan om met mense te werk.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 50 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 1975 begin skoolhou, daarna ‘n posvlak 3 bevordering aanvaar as adjunkhoof van ‘n Onderwyssentrum en word later die hoof. Hierna aanvaar ek ‘n pos as ‘n SES in die eksamenafdeling van ‘n Distrikskantoor en tree dan uit. Hierna raak ek betrokke by privaatskole, tutorsentrums en ook as tutor vir tweedejaar onderwysstudente by Wits en staan steeds in die tuig.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir die oordrag van kennis en om jongmense vir die lewe toe te rus. Die vonkel in ‘n kind of jongmens se oog wanneer hulle ‘n begrip snap en jy weet jy het daartoe meegewerk kan met geen geld gekoop word nie.