Category filter

Jaco Roux

Jaco Roux

tassie Beroep: IT: Applications

gesig Titel: Lead Developer

kwali Kwalifikasie: NDip IT (Unisa) Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf:

  • 7 jaar as tegnikus
  • 10 jaar as sagteware-ontwikkelaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.

Riana Jansen van Vuuren

Riana Jansen van Vuuren

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Afgetree

kwali Kwalifikasie: ʼn Diploma in Maatskaplike Werk

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my diploma aan die einde van 1976 verwerf en het my loopbaan in ʼn eenmanskantoor by die SAVF in Coligny begin. In Januarie 1979 is ek na die Pretoria-kantoor verplaas, waar ek aanvanklik kinderbeskerming doen, later bejaardesorg en toe gemeenskapsontwikkeling. Daarna was ek vir ses jaar ʼn bedryfsmaatskaplikewerker by die Atoomenergie Korporasie. Toe my pos oorbodig verklaar is, was ek vir vier en ʼn half jaar ʼn maatskaplike werker by die CMR in Brits, waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming asook bejaardesorg.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:k het ʼn passie vir kinders en het nog altyd daarop gefokus om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak. Ek is lief vir die natuur, stap graag en doen naaldwerk vir ekstra inkomste. My hande moet altyd besig wees – as ek nie lees nie, is ek besig om te brei of te hekel.

Jacques Human

Jacques Human

tassie Beroep:  Verkope en bemarking

gesig Titel:Regional Sales Manager – Meridian Wine Merchants

kwali Kwalifikasie:

  • Graad in Verkope en Bemarking
  • Sertifikaat van Kaapse Wynakademie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Interne Verkope: Builders Market
  • Aankoper: Senwes
  • Verkoopsverteenwoordiger: SASKO (Pioneer Foods)
  • Verkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke)
  • Spesialisverkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke – Spar-groep)
  • Assistentverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke – PnP-groep)
  • Verkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
  • Streeksbestuurder vir handelsware: ABI Bottling (Coke)
  • Ontwikkelingsverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
  • Nasionale verkoopsbestuurder: Homemark (5-Hour Energy Shot)
  • Streeksverkoopsbestuurder: Meridian Wine Merchantes (Gauteng en Binneland)

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: EEk is al vir die afgelope 20 jaar gelukkig getroud met my vrou Liezel. Ons het twee kinders, Luben (14) en Dante (10). Ons woon tans in Centurion en werk van ons Woodmead-kantoor af. Elke oggend oefen ons as ʼn gesin saam ter wille van gesondheid. Ons eet ook gesond om ons gewig en gesondheid te ondersteun. Ons is mal daaroor om op vakansie te gaan en maak graag kamp deel van ons vakansie.

Dawie Beyers

Dawie Beyers

tassie Beroep: Prokureur en notaris

kwali Kwalifikasie:

  • B.A. (Hons) Geskiedenis
  • B. Prok. (Unisa)
  • Openbare notaris
  • Diploma in Insolvensiereg
  • “Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
  • “Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 25 jaar as prokureur

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.

Lorraine de Ronde

Lorraine de Ronde

tassie Beroep:  Bemarking, projekte en funksies

gesig Titel:Bestuurder: Bemarking en projekte

kwali Kwalifikasie:Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.

Cornelius van Leeuwen

Cornelius van Leeuwen

tassie Beroep: Sektorkoördineerder in die vakbondwese

gesig Titel: Sektorkoördineerder vir die metaal- en ingenieurswesesektor

kwali Kwalifikasie:Passer en draaier, ʼn Gevorderde sertifikaat in Arbeidsreg

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het vir ongeveer 15 jaar by Highveld Steel gewerk waar ek in ʼn bestuurspos was. Ek is nou reeds 13 jaar lank by Solidariteit in ʼn bestuurspos werksaam.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn persoon wat glo in Christelike waardes en eerlikheid. Integriteit is vir my belangrik. Ek het ʼn positiewe uitkyk op die lewe en het ʼn passie vir mense en my werk. Ek hou van die buitelewe en geniet dit om te braai.

Madeleine Russouw

Madeleine Russouw

tassie Beroep: Onderwyseres

gesig Titel: Skoolhoof

kwali Kwalifikasie:

  • Baccalaureus in Musiekopvoeding (BMus.Ed)
  • Honneursgraad in Akademiese Leierskap en Bestuur aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) – tans besig daarmee.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as musiekonderwyser begin. Tussendeur het ek by ʼn nieregeringsorganisasie (NRO) gewerk en opleiding in Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings (CAPS) aan skole gegee. By my vorige skool het ek ook as mentor vir 15 onderwysstudente opgetree – ek het ʼn sagte plek vir studente en jong onderwysers.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 48 jaar oud, al vir byna 22 jaar getroud en het twee seuns. Ons oudste seun studeer tans aan die Noordwes-Universiteit (NWU) by die Potchefstroom-kampus en ons jongste seun is nou in gr. 10 in ʼn aanlyn skool weens ʼn tekort aan goeie skole in ons omgewing.

Laurika Willer

Laurika Willer

tassie Beroep:  Direkteur / Skoolhoof

gesig Titel:Direkteur / Skoolhoof

kwali Kwalifikasie:Ek het ʼn BA-graad met onderwysdiploma.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het ondervinding in die onderwys op alle vlakke van drie maande oue babas tot vierdejaar- Afrikaans-vakdidaktiek aan die NWU. Ek was ook mentor vir my eggenoot wat skoolgehou het vir verstandelik erg gestremde kinders.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn gedrewe individu wat nooit versadig raak aangaande die misterie van die kind in onderwys nie. Ek hou daarvan om my Midas-stempel op alles te sit wat ek aanraak. Tien jaar gelede het ek die hoofstroomonderwys verlaat en my eie kleuterskool begin. Vandag bedryf ek ʼn skool met 160 kinders en 38 personeellede.

Conrad Pienaar

Conrad Pienaar

tassie Beroep: Konsultant: Payroll Software

gesig Titel: Verbintenisbestuurder

kwali Kwalifikasie: HonsBCom: Logistieke Bestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.

Joanelle van Zyl

Joanelle van Zyl

tassie Beroep: Videoredigeerder

gesig Titel: Verbintenisbestuurder

kwali Kwalifikasie: BA Kommunikasiegraad en BA Honneurs in die spesialisrigting Dokumentêre Videoproduksie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Nadat ek my honneursgraad voltooi het, het ek by iGala Productions as ’n videoredigeerder begin werk. iGala Productions is ’n videoproduksiemaatskappy wat in die maak van persoonlike jagvideo’s vir jagters, wat in Afrika kom jag, spesialiseer. Ek werk nog steeds by hierdie maatskappy.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 29 jaar oud en is nou 10 maande getroud. Ek en my man geniet dit om saam te oefen en ons al twee hou daarvan om rustig by die huis te wees. Ek is lief daarvoor om na “podcasts” te luister en om op te lees oor enige iets wat met persoonlike ontwikkeling (toegepaste sielkunde) te make het.

Mertz Aucamp

Mertz Aucamp

tassie Beroep: MHB Professioneel

gesig Titel: Onafhanklike Konsultant

kwali Kwalifikasie:MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.

Thommie Burger

Thommie Burger

tassie Beroep: Leierskap en Strategiese Afrigter

gesig Titel: Self Employed

kwali Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling Fokus area Coaching

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO. Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.

Hannes Noeth

Hannes Noeth

tassie Beroep:  Predikant

gesig Titel: Uitvoerende Direkteur: Helpende Hand

kwali Kwalifikasie:BA, ThB, ThB (honneurs) en ʼn ThM

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013). Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017) Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.

Trish Cunningham

Trish Cunningham

tassie Beroep:Kliniese Sielkunde en Verpleging

gesig Titel: Direkteur: Mediese en gesondheidsversorgingsopleiding

kwali Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Sielkunde in Michigan in die VSA gestudeer en het in 2007 met ʼn loopbaan in Sielkunde begin. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek besluit om ook Verpleging te studeer. Aangesien ek my kennis wou deel en nie soseer wou praktiseer nie het ek begin om betrokke te raak by opleiding. My opleidingsbesigheid, InterX Local & International Recruitment, het aanvanklik klein begin. Nadat my akademie in 2014 gestig en geregistreer is, het ons regtig vinnig uitgebrei om opleiding in verskeie dele van die land aan te bied.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn 34-jarige direkteur wat uit ʼn onderwysgesin kom. Met ʼn pa wat ʼn oudskoolhoof is en ʼn ma wat steeds in die onderwys is, het opleiding baie natuurlik gekom. Ek is ʼn mamma en daarmee saam kom ʼn Godgegewe geduldstoepassing wat my daagliks leer om met empatie in besigheid op te tree.