Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur
My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Tussen 2003 en 2010 het ek verskeie tegniese ondersteuningsrolle vertolk. Vanaf 2010 tot 2018 het ek verskillende bestuursrolle vertolk – hoofsaaklik vanuit ʼn vervaardigingsoogpunt. Na 2018 het ek na velerlei rolle, onder meer in leierskapsontwikkeling, as fasiliteerder, inligtingkundige en konsultant uitgebrei.
Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn moeilike mens met my eie idees. Ek glo vas dat ʼn mens mooi moet dink oor wat gedoen moet word, en nie net sommer iets doen wat reeds gedoen is nie. Hierdie siening is dikwels teenstrydig met die algemene tendens om alles gelate te aanvaar.
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.
Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.
Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.
Kwalifikasie: B. Ing Siviel;
M. Ing Konstruksiebestuur;
Prof Ing – Lid ECSA & SAICE;
Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.
Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant
(Project & Change Management Consultant)
Titel: Change Manager
Kwalifikasie:
BA
(Hons) Clinical Psychology
MBA
Prince2 Project Management Certified
Prosci Certified Change Practitioner
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)
Beroepsveiligheid en -gesondheidsertifikate (voltooi)
Nasional Safety Management Diploma (UNISA) (vir voltooiing teen die einde van 2022)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het met my loopbaan as meulmaker by Yskor begin en in 2000 gekwalifiseer. Toe het ek by Pro Belt Services gewerk waar ek tussen verskillende mynbedrywe rondgery het om vervoerbande te diens. Daarna het ek by N F Die-Casting begin werk waar ek as “CNC Setter” gewerk het. Dit was meer gefokus op die produksielyn. Daarna het ek by Willards Foods skofte begin werk waar en masjiene in stand gehou.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: As ambagsman 13 jaar en as lektor amper 1 jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Gestudeer by College of Cape Town. Doen `n N2 in refrigeration.Doen 3 vlakke van elktriese studies en 2 vlakke van verkoeling prakties. Begin my loopbaan by ColCab in die elktriese afdeeling, skuif dan na PenBev (Coca-Cola) werk daar vir 8 jaar skuif dan na Henties Vrugte sappe toe. In 2020 skuif ek Catermarket toe en begin al hoe meer spesialiseer in “commersial refrigeration”. In 2021 skuif ek toe na IMS en werk as n refrigeration team leader tot 2023 en toe gaan ek in opleiding in waar eintlike passie lê.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het `n baie groot passie vir mense en om mense optelei. Ek het ook “as jy tyd het om dit oor tedoen het jy tyd om dit reg tedoen” houding.
Kwalifikasie: Diploma Business & HR Management (South African Institute of Management (SAIM))
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26-jaar ondervinding
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek matrikuleer in 1993, alhoewel ek altyd wou studeer was dit my nie beskore op daardie stadium nie. My pa het sy onderneming verloor deur grondonteiening en op daardie stadium was dit vir hom moeilik om weer ’n onderneming op die been te bring a.g.v. sy ouderdom. My ma werk en ek het geweet ek sal my kant ook moet bring en ook begin werk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is die jongste van vier. My pa is in 2012 oorlede. My moeder leef nog.
Toe ek op 13 Oktober 1995 by Standard Bank begin werk het, het ek ook op daardie dag my man ontmoet.
Ons is hierdie jaar 25-jaar getroud en het twee kinders en ’n kleinseun.
Ek beskou myself as baie hardwerkend en het baie selfvertroue in myself en wat ek doen, omrede ek elke dag bereid is om te leer en te groei.
Ek glo by die huis en werk is ek ’n steunpilaar vir baie. Ek geniet die diversiteit van my personeel en die uitdagings wat die verskillende persoonlikhede bring.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar.
Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings.
Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006.
Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan:
2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney
Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot
Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2006 – 2007 Putney High School
Ontwerptegnologie
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg.
Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 45 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Grootgeword op die plaas, later landbou studeer, gaan boer en vir die laatste 10 jaar ‘n agronoom en landboukundige. Ook Senior lektor by UFS.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek deel passievol my ondervinding en ervaring met jong mense. Ek is van mening dat die sleutel tot volhoudbaarheid le in die kombinasie tussen ervaring van ouer persone en die energie van jong mens in ‘n Mentorskaps- of ‘n werksverhouding.
Titel: Onderwyser – Organiseerder van Graad 11 Afrikaans Huistaal
Kwalifikasie:
BA-graad in Afrikaans en Sielkunde
Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) in Skoolvoorligting en -berading asook Engels Huistaal
NGOS IO: Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) vlak 8 – Inklusiewe onderwys
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Beplanner en vakhoof by Hoërskool Bastion vir Dramatiese Kunste vir graad 8 – 12 vanaf 2006 tot en met 2010.
Beplanner van graad 8 en 9 by Hoërskool Noordheuwel (Afrikaans Huistaal graad 8 – 11) vanaf 2011 tot en met 2016.
Vanaf 2017 en tans is ek om die beurt beplanner vir graad 11 en graad 12 by Hoërskool Bastion (Afrikaans graad 11 en 12).
In 2014 en 2015 is ek as nasiener van die Nasionale Finale Graad 12 Huistaal Vraestel 3 aangestel.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: As gevolg van persoonlike huishoudelike omstandighede kon ek nie direk na skool gaan studeer nie. Ek het dus eers heelwat later in my lewe die geleentheid gekry om te gaan studeer en het in 2015 my BA-graad behaal, my onderwyskwalifikasie in 2017 en my honneursgraad in 2018. Dit was voorwaar ʼn baie uitdagende tyd om ʼn ma, huisvrou en onderwyseres te wees met twee kinders nog op skool ook.
Kwalifikasie: BEd Intermediêre Fase (Afrikaans Huistaal en Wiskunde)
Gestalt Spelterapie, Vlak 1 en 2
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:My onderwyspad het in 2010 vlamgevat toe ek indiensopleiding by ’n groot laerskool geleë in Middelburg ontvang het, terwyl ek vir my graad studeer het (iets wat ek vir ander studente sal aanraai). Die indiensopleiding het my kennis ’n hupstoot gegee. Die dag toe ek my eie klas kry, het ek reeds agtergrondkennis opgedoen van twee fases in die onderwys nl., intermediêre- en grondslagfase.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is net ’n gewone mamma van twee pragtige kindertjies. ’n Onderwyseres wat voel sy is ’n “undercover Wonder-Woman”, wat hoop vir superkragte om ’n verskil in ’n wêreld te maak wat gevul is met ’n gejaag, minder boeke, meer skermtyd en meer probleme. My passie is onderrig. Ek is ’n doen-mens. Ek pak take soos ’n bul by die horings aan. Ek het hierdie kennis opgedoen om dit te kan deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.
Titel:Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie
Kwalifikasie:BCom (cum laude);
BCom Hons (cum laude);
MCom (Bemarkingsbestuur) (cum laude) wat aan die Noordwes-Universiteit verwerf is.
My spesialisgebiede sluit in bemarking, bestuur, leierskap, interkulturele kommunikasie en bemiddeling.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is die Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie aan ʼn privaat tersiêre instelling. My akademiese loopbaan strek oor meer as 13 jaar met ʼn spesifieke fokus op doseer in die velde van bemarkingsbestuur, ondernemingsbestuur, entrepreneurskap, kleinhandelsakebestuur, innoverende verkope en interkulturele bestuurskommunikasie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak by verskeie universiteite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn ma van twee dogtertjies en die vrou van ʼn ingenieur. Ek sien myself as ʼn alledaagse, dienende leier en is dus lief vir mense, onderrig en mentorskap. Die onderrig van my dogters en studente is daarom belangrik en ek gee ook katkisasie vir ʼn groep graadeentjies. Ek tree tans op as ʼn mentor by die instelling waar ek werksaam is en sien daarna uit om ander te mentor. Reik uit!