Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het na my BCom in Informatika by Tukkies, in 2014 by FNB begin as ‘n besigheidsanalist. My werk het gefokus op ons kontak sentrum stelsels en prosesse, en dit is waar ek nog steeds werk, maar nou in ‘n ander posisie. Ek was bevorder na produkbestuurder in 2019. Ek het meestal na ons instant messaging stelsel gekyk, maar ook na ander stelsels. In 2024 was ek bevorder na ‘n Solutions Lead in ons persoonlike segment van die bank. Ek sit nou nader aan strategie en die syfers agter die besigheid.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om probleme op te los, en ek kan maklik tussen die tegniese detail en besigheidsdetail beweeg. Ek kommunikeer goed en verstaan probleme redelik vinnig.
Beroepsveiligheid en -gesondheidsertifikate (voltooi)
Nasional Safety Management Diploma (UNISA) (vir voltooiing teen die einde van 2022)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het met my loopbaan as meulmaker by Yskor begin en in 2000 gekwalifiseer. Toe het ek by Pro Belt Services gewerk waar ek tussen verskillende mynbedrywe rondgery het om vervoerbande te diens. Daarna het ek by N F Die-Casting begin werk waar ek as “CNC Setter” gewerk het. Dit was meer gefokus op die produksielyn. Daarna het ek by Willards Foods skofte begin werk waar en masjiene in stand gehou.
Kwalifikasie: BA Grafiese Ontwerp (Hons) Multimedia nagraads ISTD-lidmaatskap (International Society of Typographic Design)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 6 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Met 6 jaar se studies agter die rug, het ek in die wynbedryf in die Paarl gewerk en in verpakking gespesialiseer. In 2020 en 2021 het ek het gesien hoe plaaslike besighede platval en boere weens omstandighede buite hulle beheer, oeste verloor. Vandag werk ek vir verskillende organisasies om ons gemeenskap te versterk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om uitdagings kreatief op te los. Strategiese konsepontwikkeling is my sterkpunt. Ek is nie vir boksies gemaak nie en hou daarvan om die reëls binne grafiese ontwerp te breek.
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.
Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.
Kwalifikasie: Western Province Technical College: Nasionale Diploma in die veld van Ingenieurswese
Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie: Nasionale Diploma in Konstruksie
B-Tech: Bourekenkunde (tans opgeskort)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Nuvo Group – ses jaar
Die Nuvo Group identifiseer sake-idees en talentvolle mensekapitaal en bevorder dit in ʼn groepstruktuur van kruisbestuiwing en markontwikkeling op grond van besigheid-tot-besigheid (B2B). Die Beheermaatskappy is tans die tuiste van nege afsonderlike maatskappye uit verskeie bedrywe wat insluit groot ondernemings, entrepreneuriese beginners, asook ʼn onderneming sonder winsoogmerk. Ons is ʼn passievolle groep mense wat glo dat harde werk en toegewyde leierskap die pad na sukses is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn entrepreneur met ʼn passie om volhoubare sakeondernemings te skep, te begin en te bou. My agtergrond is bourekenkunde en projekbestuur. Ek is die besturende direkteur van NuHome. Ons het ʼn totale omwenteling teweeggebring in die aanbod van onafhanklike kragvoorsiening (onafhanklik van die kragnetwerk), en ons bied aan residensiële huiseienaars en residensiële ontwikkelaars ʼn geleentheid om onafhanklik van kragvoorsiening te wees.
Jou loopbaanpad tot dusver:
My primêre passie in die lewe is kennis. Van kleins af het ek aan algemene kennis-olimpiades deelgeneem en dit is dus nie vreemd dat my akademiese loopbaan ʼn wye reeks van kwalifikasies insluit nie. My loopbaan in die werkplek sluit ook ʼn verskeidenheid posisies in, onder meer as bemarker en operasionele bestuurder.
Saam met my liefde vir kennis het ek ʼn passie vir persoonlike ontwikkeling. ʼn Goeie balans tussen jou werk, ontspanning en omsien na ʼn mens se gesondheid is vir my baie belangrik. Ek kry energie uit dit wat ek leer en met ander mense deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 17 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ʼn gekwalifiseerde elektriese ingenieur met ongeveer 17 jaar ondervinding in hardeware-ontwerp. My organisatoriese ervaring strek oor klein en groot maatskappye in die vlootbestuur- en voertuigopsporingsektor as ʼn hardewareontwerp-ingenieur, en in die metingsektor, die ontwerp van draagbare toetstoerusting en kommunikasietoestelle vir die metingbedryf.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n doelgerigte mens, hardwerkend en hou van persoonlike ontwikkeling. Integriteit, respek en waardes is baie belangrike eienskappe vir my, die span waarmee ek werk, en sakelui.
Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing.
Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.
Titel: Sektorkoördineerder vir die metaal- en ingenieurswesesektor
Kwalifikasie:Passer en draaier, ʼn Gevorderde sertifikaat in Arbeidsreg
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het vir ongeveer 15 jaar by Highveld Steel gewerk waar ek in ʼn bestuurspos was. Ek is nou reeds 13 jaar lank by Solidariteit in ʼn bestuurspos werksaam.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn persoon wat glo in Christelike waardes en eerlikheid. Integriteit is vir my belangrik. Ek het ʼn positiewe uitkyk op die lewe en het ʼn passie vir mense en my werk. Ek hou van die buitelewe en geniet dit om te braai.
Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur;
Uitvoerende en Bestuursafrigting.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.
Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.
Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum
Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.
Kwalifikasie:Ek het ʼn BA-graad met onderwysdiploma.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het ondervinding in die onderwys op alle vlakke van drie maande oue babas tot vierdejaar- Afrikaans-vakdidaktiek aan die NWU. Ek was ook mentor vir my eggenoot wat skoolgehou het vir verstandelik erg gestremde kinders.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn gedrewe individu wat nooit versadig raak aangaande die misterie van die kind in onderwys nie. Ek hou daarvan om my Midas-stempel op alles te sit wat ek aanraak. Tien jaar gelede het ek die hoofstroomonderwys verlaat en my eie kleuterskool begin. Vandag bedryf ek ʼn skool met 160 kinders en 38 personeellede.
Kwalifikasie:BDiac-graad in Maatskaplike Werk (2013)
BA Honneurs in Sielkunde (2016)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Gradueer in 2012
2013-2014: Werksaam by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
2015-2016: Voltydse studie
2018-2019: Maatskaplike werker: Khulisa Social Solutions (eenjaarkontrak)
2019-2019: Maatskaplike werker: Worcester Provinsiale Hospitaal (kraamverlofpos)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ‘n volwasse, getroude vrou met twee tienerseuns. Ek het ʼn warm persoonlikheid en is ʼn passievolle mense-mens wat weens omstandighede buite my beheer my studie in Maatskaplike Werk in 1994 moes staak. Ek het eers weer in 2012 terugekeer en my studie aan die Hugenote Kollege in Wellington in samewerking met UNISA voltooi. Ek het daarna as voltydse maatskaplike werker by Departement van Maatskaplike Werk in die Paarl begin werk waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming.
Kwalifikasie: Diploma in Maatskaplike Werk;
Kinderbeskerming en huidiglik Bejaardesorg
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek begin my loopbaan in ‘n eenmanskantoor, verhuis na twee jaar na Pretoria waar ek aanvanlik Kinderbeskerming doen, later Bejaardesorg en sluit my diensjare by die SAVF af, as gemeenskapswerker. Daarna is ek vir ses jaar werksaam by die destydse Atoomenergie Korporasie as bedryfmaatskaplike werker. Nadat ek in die huwelik getree het, doen ek weer vir vier en ‘n half jaar Kinderbeskerming en daarna is ek vir sewe en ‘n half jaar ‘n bestuurder by ‘n Dienssentrum vir bejaardes. Ek verlaat die beroep vir ongeveer tien jaar en keer op Februarie 2011 terug na die beroep. Ek doen weereens Kinderbeskerming tot en met my aftrede. Na my amptelike aftrede doen ek vir ‘n kort rukkie Pleeg en Stiefoueraannemings. Vanaf Oktober 2024 is ek ‘n maatskaplike werker by Rusoord Centurion.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n omgee persoon en dit is my passie om ‘n verskil in mense se lewe te maak.
Opvoedkundige beampte by die ou Transvaalse (Tvl) Museums: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator.