Titel: Direkteur, Kantoorbestuurder en Persoonlike assistent
Kwalifikasie: BA graad by Pukke, Professional Development for PA’S
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Direk na universiteit is ek ʼn pos in bankwese aangebied, waar ek redelik vinnig opgang gemaak het. Só is ek as een van die jongste toesighouers nóg aangestel. Ek het my bankwese skoene uitgeskop met die titel, eksterne verkoopskonsultant – besigheidsafdeling. Daarna het ek by een van die land se grootste werwingsmaatskappye aangesluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur en diere (veral katte). Die see het een of ander magiese uitwerking op my siel na ʼn harde week. Einde verlede jaar het ek onder druk ingegee en ingestem dat sodra ek genoeg werk bymekaar het, dit sal laat assesseer en kyk of ek dalk ʼn boek kan laat druk met my kortverhale en gedigte in beide Afrikaans en Engels.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Tussen 2003 en 2010 het ek verskeie tegniese ondersteuningsrolle vertolk. Vanaf 2010 tot 2018 het ek verskillende bestuursrolle vertolk – hoofsaaklik vanuit ʼn vervaardigingsoogpunt. Na 2018 het ek na velerlei rolle, onder meer in leierskapsontwikkeling, as fasiliteerder, inligtingkundige en konsultant uitgebrei.
Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn moeilike mens met my eie idees. Ek glo vas dat ʼn mens mooi moet dink oor wat gedoen moet word, en nie net sommer iets doen wat reeds gedoen is nie. Hierdie siening is dikwels teenstrydig met die algemene tendens om alles gelate te aanvaar.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.
Titel: Bestuurder van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se Gauteng-Oos-kantoor.
Kwalifikasie:
B-graad in Maatskaplike Werk (BSW)
Diploma in Kunsterapie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir agt jaar lank ʼn maatskaplike werker by die CMR se Cullinan/Rayton-kantoor. Die CMR Cullinan-kantoor en CMR Bronkhorstspruit-kantoor het saamgesmelt en ek was vir twee jaar die maatskaplike werker verantwoordelik vir die hele area.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek geniet my werk vreeslik en ek het ʼn passie vir kinders in nood. Daar is niks so lonend soos om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te sien nie en boonop te weet dat jy ook ʼn aandeel daaraan gehad het. In my vrye tyd lees ek graag en beoefen ek my stokperdjies. Ons is ʼn hegte gesin en geniet dit om dinge saam te doen.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:2013: Maryvale Gekombineerde Skool
2014-2018: Grey Kollege Sekondêr
2019-2020: St Michael’s Meisieskool
Jun. – Des. 2021: Eunice Hoërskool (Aflos)
2021-2022: Deeltydse dosent by Aros vir NGOS-studente: Natuurwetenskappemetodiek
2020 – 2022 Juffrou Karen Aanlyn ekstra klasse vir Skeinat
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het in die sprokiesmooi Ugie aan die voet van die Prentjiesberge, op ʼn plaas op die grens van die destydse Transkei grootgeword. Nadat ek aan die Hoërskool Hangklip op Queenstown gematrikuleer het, het ek vir ʼn jaar by ʼn bosboukwekery gewerk, waarna ek Bloemfontein toe is om aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer.
Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur;
Uitvoerende en Bestuursafrigting.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.
Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.
Beroepsveiligheid en -gesondheidsertifikate (voltooi)
Nasional Safety Management Diploma (UNISA) (vir voltooiing teen die einde van 2022)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het met my loopbaan as meulmaker by Yskor begin en in 2000 gekwalifiseer. Toe het ek by Pro Belt Services gewerk waar ek tussen verskillende mynbedrywe rondgery het om vervoerbande te diens. Daarna het ek by N F Die-Casting begin werk waar ek as “CNC Setter” gewerk het. Dit was meer gefokus op die produksielyn. Daarna het ek by Willards Foods skofte begin werk waar en masjiene in stand gehou.
Kwalifikasie: B. Ing Siviel;
M. Ing Konstruksiebestuur;
Prof Ing – Lid ECSA & SAICE;
Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.
Jou loopbaanpad tot dusver: Christiaan spesialiseer in Immaterieël-goederereg, met spesifieke kundigheid en belangstelling in Handelsmerke, Outeursreg en Domeingeskille, en het STEYN IP (www.steynip.com), ‘n spesialis-regsfirma wat in hierdie regsvelde handel, gestig. Hy beklee tans die posisie van Besturende Direkteur. Hy is ook die stigter van ‘n Niewinsgewende Organisasie bekend as FAME.org.za (die Foundation for the Advancement of Musicians Empowerment), wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en te bemagtig.
Christiaan het sy ervaring in hierdie regsgebiede verder uitgebou deur sy diens by verskeie Immaterieël-goedereregsfirms, asook deur deel te wees van die span verantwoordelik vir die Handelsmerk- en Domeinportefeuljes by Sasol Technology, en in die beklee van ‘n regsposisie in Immaterieël-goedere by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) in die Maatskappy- en Immaterieël-goedere Kommissie (CIPC) se Handelsmerk-kantoor.
Christiaan het ‘n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, verwerf en is ‘n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Christiaan is verder betrokke in Immaterieël-goederereg in Suid-Afrika as ‘n Senior Domeingeskilbeslegter, sowel as lid van die SAIIPL (Suid-Afrikaanse Instituut vir Immaterieël-goederereg) ADR en Outeursreg Komitees, en van die IPIRA (voorheen AIPLITL) Kommunikasiekomitee. Christiaan is ook ‘n lid van WILL (Worldwide Independent Lawyers League).
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 45 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Grootgeword op die plaas, later landbou studeer, gaan boer en vir die laatste 10 jaar ‘n agronoom en landboukundige. Ook Senior lektor by UFS.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek deel passievol my ondervinding en ervaring met jong mense. Ek is van mening dat die sleutel tot volhoudbaarheid le in die kombinasie tussen ervaring van ouer persone en die energie van jong mens in ‘n Mentorskaps- of ‘n werksverhouding.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:My verantwoordelikhede is onder andere die ontwikkeling en uitbreiding van die Maatskaplikewerkersgilde, die Kantoorpraktisynsgilde en die Gilde vir Kommunikasie en Bemarking. Skakeling tussen Beweging-instellings, personeelbestuur, bemarking, netwerkgeleenthede, woordvoerder, verteenwoordiger van wetswysigings wat hierdie beroepe raak, veldtogte, opleiding, verhoudingsbestuur, koördinering en fasilitering van stelsels en prosesse tydens produkontwikkeling, tydsbestuur, verslae, voorleggings, operasionele bestuur, begrotingsbestuur, ens.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het ’n passie om nuwe goed te ontwikkel en te toets. Ek is baie gedrewe in my werk en hou van uitdagings omdat dit my geleentheid gee om oplossings te vind.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my graad in 2005 aan die NWU verwerf en het my klerkskap in 2008 in Potchefstroom voltooi, waarna ek in die privaat sektor begin werk het. Ek het onder meer by Apple SA (Core Computer Business) en Betway SA ondervinding as rekenmeester en finansiële bestuurder opgedoen. Ek het in 2017 by die IMM ingeskryf om my tweede graad in Bemarking en Bestuurswese te behaal. Ek het die graad in 2021 verwerf. Ek beklee op die oomblik ʼn pos as hoof van finansies en mensehulpbronbestuur by ʼn internasionale handelsmaatskappy in die Kaap.
Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum
Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.
Kwalifikasie: NDip IT (Unisa)
Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf:
7 jaar as tegnikus
10 jaar as sagteware-ontwikkelaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.
Jou loopbaanpad tot dusver:My loopbaanpad het in 2012 by die Noordwes-Universiteit se Graphikos-afdeling begin. Ek was as junior ontwerper aangestel en so was ek aan die diepkant ingegooi om alles van die bedryf te leer en prakties toe te pas. Ek het vir twee jaar baie geleer en my voete gevind. Ek het geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. In 2014 het ek my vlerke gesprei na die agentskaplewe en ek het vir Magnetic Creative begin werk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die beste manier om my te leer ken, is om aansoek te doen vir jou mentorskap by my dan vertel ek vir jou alles van myself.