Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow
Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits
Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal
Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar
by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan)
Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.
Kwalifikasie: BEd (FET); BEd (Honneurs) ; MEd (Meestersgraad in Onderwysleierskap)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: As dinamiese onderwyser leef ek sedert 2009 my passie en roeping by Hoërskool Zwartkop uit. Dit is ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om aan môre se toekomstige leiers, ons jong mense, te help vorm. Ek is sedert 2014 deel van die dinamiese bestuurspan van Hoërskool Zwartkop en ons as leierskorps is daarop toegespits om gelukkige en opgewasse jong volwassenes vir die toekoms te vorm.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n passievolle onderwyser en leier, wat onvoorwaardelik daar is vir jong mense – die toekoms van môre. Ek is oortuig dat ’n mens geroep word tot die onderwys en dat die verskil wat ’n mens daagliks maak van groter waarde is as wat ’n mens ooit sal besef.
Opvoedkundige beampte by die ou Transvaalse (Tvl) Museums: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator.
Beroep: Skrywer, kommunikasie- en skakelwesekonsultant
Titel: Vryskut
Kwalifikasie:BTech in Skakelwesebestuur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Tien jaar in kommunikasie-/skakelwese en twintig jaar in ʼn sekretariële rigting.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as sekretaresse begin en het tot op die vlak van uitvoerende sekretaresse vir die uitvoerende hoof van ArcelorMittal gevorder (ʼn internasionale maatskappy wat voorheen in Suid-Afrika as Yskor bekend gestaan het). Ek het my terselfdertyd as ʼn skakelwese- en kommunikasiekonsultant bekwaam en het in 2007 in hierdie veld begin werk totdat ek in 2015 “uitgetree” het.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is 56 jaar oud, getroud en het twee volwasse seuns. Ek bly in Gouritsmond op die Tuinroete en is baie lief vir lees, reis en om grense te toets (in my eie loopbaan en vir persoonlike ontwikkeling). Die omgewing en behoud daarvan is baie belangrik en ek is ten nouste betrokke by die plaaslike bewaringstrust.
Beroep: Koster, berader, administratiewe beampte, fasiliteerder van Impaq-tuisonderrig.
Titel: Berader, Impaq Fasiliteerder
Kwalifikasie: Pastorale Berading: Diploma aan die Bybelskool in Kaapstad, interne opleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Kantooradministrasie (alle fasette), 32 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Diploma in Pastorale berading
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het al harde bene gekou en wil graag iets vir iemand anders, wat enige vorm van ondersteuning nodig het, beteken (natuurlik binne my ervaringsveld). Verder is ek kunstig wat my baie oplettend maak en in voeling bring met die fynere besonderhede. Dit werk saam met my waarneming van, en verhoudings met mense. Ek is 50-jaar oud en het drie dogters: My oudste is ’n fisioterapeut en ’n eiendomsagent in Gauteng. My middelkind is ’n mediese suster in Kloof, Durban en my laatlam is in graad 7. Ons woon in Kathu in die Noord-Kaap. Ek is oorspronklik van Hartswater in Noordwes.
Titel:Regional Sales Manager – Meridian Wine Merchants
Kwalifikasie:
Graad in Verkope en Bemarking
Sertifikaat van Kaapse Wynakademie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Interne Verkope: Builders Market
Aankoper: Senwes
Verkoopsverteenwoordiger: SASKO (Pioneer Foods)
Verkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke)
Spesialisverkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke – Spar-groep)
Assistentverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke – PnP-groep)
Verkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
Streeksbestuurder vir handelsware: ABI Bottling (Coke)
Ontwikkelingsverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
Nasionale verkoopsbestuurder: Homemark (5-Hour Energy Shot)
Streeksverkoopsbestuurder: Meridian Wine Merchantes (Gauteng en Binneland)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: EEk is al vir die afgelope 20 jaar gelukkig getroud met my vrou Liezel. Ons het twee kinders, Luben (14) en Dante (10). Ons woon tans in Centurion en werk van ons Woodmead-kantoor af. Elke oggend oefen ons as ʼn gesin saam ter wille van gesondheid. Ons eet ook gesond om ons gewig en gesondheid te ondersteun. Ons is mal daaroor om op vakansie te gaan en maak graag kamp deel van ons vakansie.
Kwalifikasie:B.Ing Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in mineraalprosessering M.Ing Chemiese Ingenieurswese
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is ʼn mineraalprosesseringsingenieur met ʼn passie vir wat ek doen. Dit is my doel om te help in die industrie. Ek wil graag ʼn verskil maak, beide in die industrie en in individue se lewens. Ek is ʼn bestuurder by ʼn maatskappy wat mynboutoerusting vervaardig, en ek werk spesifiek in die navorsings- en ontwikkelingsafdeling. Ek is ʼn deernisvolle persoon, en ek glo daaraan om ʼn voorbeeld te wees vir my span.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn mamma van ʼn pragtige sewejarige seuntjie. Dit is my doel om vir my seuntjie goeie Christelike waardes te leer, en om ʼn voorbeeld vir hom te wees. Bo en behalwe dat ek geniet om tyd saam met my seuntjie te spandeer, hou ek van ʼn lekker braai, kwaliteittyd saam met vriende en familie, en ek probeer ook om bietjie meer aktief te wees. Ek hou van lees, en wanneer ek tyd kry, om ʼn lekker reeks te kyk.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: In 1983 het ek met my ambag by Eskom begin, en in 1987 het ek as ʼn Instrumenttegnikus gekwalifiseer. Ek was ʼn ambagsman tot 1991, waarna ek begin het as ʼn instrukteur met na-vakleerlingskapopleiding. Vanaf 1996-2003 het ek my eie onderneming bestuur; daarna het ek ʼn projekbestuurder by NIC Instruments and Engineering geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek woon tans in Pretoria, en is by Afrox Germiston werksaam, maar ek is ook landwyd asook op in Afrika by allerhande nuwe projekte betrokke en help met tegniese hulpverlening by die betrokke aanlegte. Alhoewel ek gekwalifiseerd is in die instrumentasieveld, strek my verantwoordelikhede oor beide instrumentasie en elektriese installasies. Weens die aard van my werk reis ek nogal baie, maar gelukkig nie vir baie lang periodes aaneen nie.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar.
Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings.
Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006.
Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.
Titel: Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging
Kwalifikasie: BA (cum laude), BA (Honneurs) (Grieks), BD (cum laude), MCom verwerf aan die Universiteit van Pretoria en BCompt Honneurs en STR, aan Unisa verwerf.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is in Januarie 2013 as die Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging aangestel. My take by Solidariteit sluit die opstel en bestuur van die jaarlikse begroting en die oorhoofse bestuur van die afdelings Finansies en Mensehulpbronne in. Ek dien in die direksies van verskeie kultuurinstellings, onder meer die FAK, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en Maroela Media.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is getroud en het twee dogters. In my vrye tyd geniet ek hardloop en fietsry. Ek het onder meer die Comrades Marathon en die Absa Cape Epic-bergfietswedren suksesvol voltooi.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was aangestel as ‘n PA in 2001 waarna ek ‘n makelaar geword het in 2003 tot 2012. In 2013 nader my werkgewer my vir ‘n bestuurspos in die makelary. Ek ondersteun makelaars op alle vlakke. Vanaf aanstelling, nakoming, groei in die praktyk, tussenganger met versekeraars en CRM stelsel ondersteuning
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir my werk en hou daarvan om met mense te werk.
Beroep: Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum
Titel: Hoof van opleiding
Kwalifikasie:B.Ed, B.Sc Hons en HOD
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.
Titel: Direkteur: Mediese en gesondheidsversorgingsopleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Sielkunde in Michigan in die VSA gestudeer en het in 2007 met ʼn loopbaan in Sielkunde begin. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek besluit om ook Verpleging te studeer.
Aangesien ek my kennis wou deel en nie soseer wou praktiseer nie het ek begin om betrokke te raak by opleiding. My opleidingsbesigheid, InterX Local & International Recruitment, het aanvanklik klein begin. Nadat my akademie in 2014 gestig en geregistreer is, het ons regtig vinnig uitgebrei om opleiding in verskeie dele van die land aan te bied.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn 34-jarige direkteur wat uit ʼn onderwysgesin kom. Met ʼn pa wat ʼn oudskoolhoof is en ʼn ma wat steeds in die onderwys is, het opleiding baie natuurlik gekom. Ek is ʼn mamma en daarmee saam kom ʼn Godgegewe geduldstoepassing wat my daagliks leer om met empatie in besigheid op te tree.
Titel: Bestuurder van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se Gauteng-Oos-kantoor.
Kwalifikasie:
B-graad in Maatskaplike Werk (BSW)
Diploma in Kunsterapie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir agt jaar lank ʼn maatskaplike werker by die CMR se Cullinan/Rayton-kantoor. Die CMR Cullinan-kantoor en CMR Bronkhorstspruit-kantoor het saamgesmelt en ek was vir twee jaar die maatskaplike werker verantwoordelik vir die hele area.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek geniet my werk vreeslik en ek het ʼn passie vir kinders in nood. Daar is niks so lonend soos om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te sien nie en boonop te weet dat jy ook ʼn aandeel daaraan gehad het. In my vrye tyd lees ek graag en beoefen ek my stokperdjies. Ons is ʼn hegte gesin en geniet dit om dinge saam te doen.