Category filter

Daan van Wyk

Daan van Wyk

tassie Beroep: Eiendomsagent / ekspredikant / sake-eienaar

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: BA (Teol); BTh US 1994

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.

Tony Correira

Tony Correira

tassie Beroep: Boekhouer

gesig Titel: Boekhouer

kwali Kwalifikasie: BCom (Finansiële Bestuur)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 8 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2013 as student begin werk en het al die finansiële funksies van die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria behartig. Ek het ook in dié tyd by Aros se finansiesafdeling uitgehelp. Ná ʼn jaar en ʼn half het Aros my ʼn kontrak van ses maande aangebied. Ek het dit aanvaar en het by GSDP bedank. Aan die einde van my kontrak het Aros se ouditeure belangstelling getoon om my in diens te neem.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in Pietermaritzburg grootgeword en skool gegaan. Ná skool het ek ʼn draai by die Puk gemaak en was daarna vir agt jaar in Pretoria werksaam. In Augustus 2021 het ek permanent in Orania gaan bly. Buite die werksomgewing is ek ʼn sportliefhebber en ek kan soms op die rugbyveld as skeidsregter aangetref word – dit is nou wanneer ons minus Covid-19 is.

Karen du Toit

Karen du Toit

tassie Beroep:  Finansiële rekenmeester

gesig Titel:Hoof- uitvoerende beampte (HUB)

kwali Kwalifikasie:Belastingpraktisyn, bemarking en wetgewende boekhoudienste.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Kortliks, dit was nie altyd maklik nie, maar oor die algemeen was dit ʼn avontuur, en dit word elke dag net beter.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Na skool het ek vir my pa gewerk, en die entrepreneur-gogga het my onmiddellik gebyt. Ek het verskeie ondernemings begin en suksesvol bedryf ,onder meer as ʼn skoonheidsdeskundige, en as die vervaardiger en verspreider van industriële chemikalieë. Daarna het ek my droom bewaarheid en suksesvol as ʼn finansiële rekenmeester gekwalifiseer. Vir my is dit heerlik en bevredigend om ander mense te help en te onderrig.

Jacques Human

Jacques Human

tassie Beroep:  Verkope en bemarking

gesig Titel:Regional Sales Manager – Meridian Wine Merchants

kwali Kwalifikasie:

  • Graad in Verkope en Bemarking
  • Sertifikaat van Kaapse Wynakademie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Interne Verkope: Builders Market
  • Aankoper: Senwes
  • Verkoopsverteenwoordiger: SASKO (Pioneer Foods)
  • Verkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke)
  • Spesialisverkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke – Spar-groep)
  • Assistentverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke – PnP-groep)
  • Verkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
  • Streeksbestuurder vir handelsware: ABI Bottling (Coke)
  • Ontwikkelingsverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
  • Nasionale verkoopsbestuurder: Homemark (5-Hour Energy Shot)
  • Streeksverkoopsbestuurder: Meridian Wine Merchantes (Gauteng en Binneland)

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: EEk is al vir die afgelope 20 jaar gelukkig getroud met my vrou Liezel. Ons het twee kinders, Luben (14) en Dante (10). Ons woon tans in Centurion en werk van ons Woodmead-kantoor af. Elke oggend oefen ons as ʼn gesin saam ter wille van gesondheid. Ons eet ook gesond om ons gewig en gesondheid te ondersteun. Ons is mal daaroor om op vakansie te gaan en maak graag kamp deel van ons vakansie.

Jacques de Kock

Jacques de Kock

tassie Beroep: Refreigeration mechanic (2010-2023) Refrigeration en Air-conditioning Facillitator (2023-current)

gesig Titel: Refrigeration en Air-conditioning Facillitator

kwali Kwalifikasie: Refrigeration mechanic (industrial) Fokusarea – Commercial refrigeration

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: As ambagsman 13 jaar en as lektor amper 1 jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Gestudeer by College of Cape Town. Doen `n N2 in refrigeration.Doen 3 vlakke van elktriese studies en 2 vlakke van verkoeling prakties. Begin my loopbaan by ColCab in die elktriese afdeeling, skuif dan na PenBev (Coca-Cola) werk daar vir 8 jaar skuif dan na Henties Vrugte sappe toe. In 2020 skuif ek Catermarket toe en begin al hoe meer spesialiseer in “commersial refrigeration”. In 2021 skuif ek toe na IMS en werk as n refrigeration team leader tot 2023 en toe gaan ek in opleiding in waar eintlike passie lê.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het `n baie groot passie vir mense en om mense optelei. Ek het ook “as jy tyd het om dit oor tedoen het jy tyd om dit reg tedoen” houding.

Michelle Louw

Michelle Louw

tassie Beroep: IT-fasiliteerder

gesig Titel: Fasiliteerder

kwali Kwalifikasie: Hoër sertifikaat in rekeningkunde, MCSA (Microsoft-gesertifiseerd), A+,N+, Security+, besig met Cloud. Bied ondersteuning in bogenoemde areas.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar IT-ondervinding

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het sedert ʼn jong ouderdom gereeld saam met my broers rekenaarspeletjies gespeel, rekenaars uitmekaar gehaal en dit weer opgebou. Na voltooiing van my skoolloopbaan het ek die geleentheid gekry om by T-Systems ʼn internskap te voltooi waar my IT-loopbaan begin het. Ek het as IT-praktisyn by Akademia begin werk waarna ek bevorder is tot fasiliteerder. Ek het ʼn gulde geleentheid in die akademiese rigting gekry en besluit om dit by Sol-Tech aan te pak.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek bly my lewe lank nog in Pretoria. Ek is ʼn Crossfit vlak 1 gesertifiseerde afrigter. Ek dien ook op die IT-netwerk se adviesraad en hou daarvan om só terug te gee aan die IT-gemeenskap. Ek is gedrewe en hou daarvan om nuwe uitdagings aan te pak en altyd nuwe goed te leer.

Prof. François Pierre Rousseau de Villiers

Prof. François Pierre Rousseau de Villiers

tassie Beroep: Pediater en hoof van ʼn akademiese departement (afgetree)

gesig Titel:Prof. of Dr.

kwali Kwalifikasie: MBChB (Stell), MMed (Pediatrie), PhD (Wits) Pediatrie, Gemeenskapsgesondheid, Opleiding van mediese studente en spesialiste, navorsingsleiding

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 40 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Intern en mediese beampte – drie en ʼn half by die Edendale Hospitaal
  • Mediese Beampte – vyf jaar, Saulspoort (plattelandse sendinghospitaal)
  • Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow
  • Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits
  • Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal
  • Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar
  • by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan)
  • Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.

Nelia Drenth

Nelia Drenth

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker in privaatpraktyk

kwali Kwalifikasie: PhD MW (NWU) Fokusareas: Traumahantering, Geneeskundige maatskaplike werk, Rousmarthantering – konsultasie en terapie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.

Marike Grobler

Marike Grobler

tassie Beroep:Ontwerp & Bemarking

gesig Titel:Bestuurder: Bemarking, Ontwikkeling en Ontwerp

kwali Kwalifikasie:BCom Bemarking & Toerisme BCom Hons Bemarking & Entrepreneurskap

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:My loopbaanpad het in 2012 by die Noordwes-Universiteit se Graphikos-afdeling begin. Ek was as junior ontwerper aangestel en so was ek aan die diepkant ingegooi om alles van die bedryf te leer en prakties toe te pas. Ek het vir twee jaar baie geleer en my voete gevind. Ek het geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. In 2014 het ek my vlerke gesprei na die agentskaplewe en ek het vir Magnetic Creative begin werk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die beste manier om my te leer ken, is om aansoek te doen vir jou mentorskap by my dan vertel ek vir jou alles van myself.

Jeannemie Decina

Jeannemie Decina

tassie Beroep: Onderwys

gesig Titel: Rekenmeester

kwali Kwalifikasie: 12 jaar

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 8 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ‘n oud onnie en nou Rekenmeester. Het in 2010 tot 2013 my B.Comm graad in Finansiële Rekenmeesterskap voltooi en daarna in 2014 my NGOS voltooi. Het vir 4 jaar in die staat skoolgegee, waarvan 3.5 jaar in ‘n departementele pos was en waarvan ek ook vakhoof was. Daarna is ek 4 jaar na die privaat sektor toe vir skoolgee. Nou bevind ek my vol sirkel terug na waar my ware passie lê en is ek huidiglik ‘n Rekenmeester en oppad na ‘n gekwalifiseerde Rekenmeester binnekort. In 2026 het ek my eie besigheid ook begin om jongwerkendes en onderwysers te help met boekhouding en persoonlike belastings.

Omrede ek beroeps gerig, perfeksionisties en ‘n klein bietjie OCD het. My sarkasme en my emosionele intiligensie, is wat my na die pad gelei het. In elke werksplek tot dusver is ek nog elke keer op ‘n manier in die diep kant in gegooi en verwag om te swem, tot nou, glo ek het ek nog elke keer ‘n sukses daarvan gemaak. Daarvan is ek oortuig dat my werksetiek en kwaliteit van werk vir dit self spreek.

Laurika Willer

Laurika Willer

tassie Beroep:  Direkteur / Skoolhoof

gesig Titel:Direkteur / Skoolhoof

kwali Kwalifikasie:Ek het ʼn BA-graad met onderwysdiploma.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het ondervinding in die onderwys op alle vlakke van drie maande oue babas tot vierdejaar- Afrikaans-vakdidaktiek aan die NWU. Ek was ook mentor vir my eggenoot wat skoolgehou het vir verstandelik erg gestremde kinders.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn gedrewe individu wat nooit versadig raak aangaande die misterie van die kind in onderwys nie. Ek hou daarvan om my Midas-stempel op alles te sit wat ek aanraak. Tien jaar gelede het ek die hoofstroomonderwys verlaat en my eie kleuterskool begin. Vandag bedryf ek ʼn skool met 160 kinders en 38 personeellede.

Wian Stols

Wian Stols

tassie Beroep: Kwaliteitsingenieur / Onderwyser (Tegnies)

gesig Titel: Senior projekbestuurder

kwali Kwalifikasie: HOD (Tegnies)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan: 2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2006 – 2007 Putney High School Ontwerptegnologie

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg. Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.

Jan du Plessis

Jan du Plessis

tassie Beroep: Ambagte

gesig Titel: Algemene Bestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my militêre diens as offisier by 1 Parachute-bataljon voltooi en my leierskapsvaardighede versterk. In 1985 het ek my bestuursloopbaan begin en oor 24 jaar waardevolle ondervinding in die meubel- en versekeringsektor opgebou. My vermoë om langtermyn-sakeverhoudings te vestig en te behou, het my in die varsproduktemark gelei, waar ek nou 15 jaar se ondervinding in FMCG, kleinhandel en groothandel het.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Met ‘n sterk agtergrond in besigheidsbestuur, opleiding en konsultasie, het ek bewys dat ek vertroue kan wen en praktiese, doeltreffende oplossings bied. Ek is vasberade, doelgerig en gefokus op resultate, met ‘n kernwaardestelsel wat vertroulikheid, integriteit en uitsonderlike dienslewering insluit. My professionele benadering en vermoë om suksesvolle sakeverhoudings te bou, maak my ‘n gewaardeerde adviseur en vertroueling in die sakewêreld

Marnelda de Beer

Marnelda de Beer

tassie Beroep:Grondslagfase-spesialis

gesig Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum

kwali Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.

Nico van Deventer

Nico van Deventer

tassie Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant (Project & Change Management Consultant)

gesig Titel: Change Manager

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Hons) Clinical Psychology
  • MBA
  • Prince2 Project Management Certified
  • Prosci Certified Change Practitioner

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)