Category filter

Marlene Bogaards

Marlene Bogaards

tassie Beroep:Akademikus

gesig Titel:Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie

kwali Kwalifikasie:BCom (cum laude); BCom Hons (cum laude); MCom (Bemarkingsbestuur) (cum laude) wat aan die Noordwes-Universiteit verwerf is. My spesialisgebiede sluit in bemarking, bestuur, leierskap, interkulturele kommunikasie en bemiddeling.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is die Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie aan ʼn privaat tersiêre instelling. My akademiese loopbaan strek oor meer as 13 jaar met ʼn spesifieke fokus op doseer in die velde van bemarkingsbestuur, ondernemingsbestuur, entrepreneurskap, kleinhandelsakebestuur, innoverende verkope en interkulturele bestuurskommunikasie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak by verskeie universiteite.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn ma van twee dogtertjies en die vrou van ʼn ingenieur. Ek sien myself as ʼn alledaagse, dienende leier en is dus lief vir mense, onderrig en mentorskap. Die onderrig van my dogters en studente is daarom belangrik en ek gee ook katkisasie vir ʼn groep graadeentjies. Ek tree tans op as ʼn mentor by die instelling waar ek werksaam is en sien daarna uit om ander te mentor. Reik uit!

Madeleine Russouw

Madeleine Russouw

tassie Beroep: Onderwyseres

gesig Titel: Skoolhoof

kwali Kwalifikasie:

  • Baccalaureus in Musiekopvoeding (BMus.Ed)
  • Honneursgraad in Akademiese Leierskap en Bestuur aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) – tans besig daarmee.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as musiekonderwyser begin. Tussendeur het ek by ʼn nieregeringsorganisasie (NRO) gewerk en opleiding in Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings (CAPS) aan skole gegee. By my vorige skool het ek ook as mentor vir 15 onderwysstudente opgetree – ek het ʼn sagte plek vir studente en jong onderwysers.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 48 jaar oud, al vir byna 22 jaar getroud en het twee seuns. Ons oudste seun studeer tans aan die Noordwes-Universiteit (NWU) by die Potchefstroom-kampus en ons jongste seun is nou in gr. 10 in ʼn aanlyn skool weens ʼn tekort aan goeie skole in ons omgewing.

Giel du Toit

Giel du Toit

tassie Beroep: Bankwese

gesig Titel: Buitelandse direkteur (country director)

kwali Kwalifikasie: MDP (Sakeskool Stellenbosch); Sertifikaat in Kredietbestuur (Unisa)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Algemene bankwese, kredietbestuur en regsinvorderings op nasionale vlak. Aanvangsbesighede in Nigerië en Ghana.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek het my loopbaan in die bankwese begin, waar ek vanaf algemene klerk tot by senior bestuur gevorder het. Gedurende my 23 jaar in die bankwese het ek ook twee jaar ondervinding in prestasiebeoordeling. Daarna het ek na volinstandhoudings-bruikhuurkontrakte “full maintenance leasing” en vlootbestuur by die destydse Imperial oorgeskuif waar ek die geleentheid gekry het om die besigheid in Nigerië van die grond af te kry.

Hendie Grobbelaar

Hendie Grobbelaar

tassie Beroep:  Skrywer, kommunikasie- en skakelwesekonsultant

gesig Titel: Vryskut

kwali Kwalifikasie:BTech in Skakelwesebestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Tien jaar in kommunikasie-/skakelwese en twintig jaar in ʼn sekretariële rigting.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as sekretaresse begin en het tot op die vlak van uitvoerende sekretaresse vir die uitvoerende hoof van ArcelorMittal gevorder (ʼn internasionale maatskappy wat voorheen in Suid-Afrika as Yskor bekend gestaan het). Ek het my terselfdertyd as ʼn skakelwese- en kommunikasiekonsultant bekwaam en het in 2007 in hierdie veld begin werk totdat ek in 2015 “uitgetree” het.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is 56 jaar oud, getroud en het twee volwasse seuns. Ek bly in Gouritsmond op die Tuinroete en is baie lief vir lees, reis en om grense te toets (in my eie loopbaan en vir persoonlike ontwikkeling). Die omgewing en behoud daarvan is baie belangrik en ek is ten nouste betrokke by die plaaslike bewaringstrust.

Ziki Botes

Ziki Botes

tassie Beroep: Besigheid eienaar

gesig Titel: CEO – Administrasie

kwali Kwalifikasie: B-Tech Bemarking Administrasie van ‘’n besigheid

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my eie besigheid begin in 1996 en dit toegemaak in 2002 waarna ek by Ramutsa Rail (spoor konstruksie maatskappy) begin werk het in die kantoor. Ek was verantwoordelik vir alles wat in ‘n kantoor gedoen moes word. Later het iemand die salarisse oor geneem. In 2020 het ek en my vennoot die besigheid se bestuur oorgeneem van die eienaar en in Julie dieselfde jaar Ramutsa SA begin gebruik instede van Rail. Ons besit aandele en is aangestel as Direkteure en albei bestuur die besigheid saam. Ek fokus op al die administratiewe take wat nodig is.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek glo dat die Here vir my hierdie opdrag gegee het om vir sy koninkryk uit te bou. Ek is gedrewe om die besigheid goed te administreer en sekere te maak dat ons beeld goed is in ons makro omgewing. Dit is ‘n persoonlike ideaal om die maatskappy (familie besigheid) se voortbestaan te verseker. Ek is ‘n span mens en het die vermoë om mense te inspireer om hulle werk goed te doen en meer te leer.

Riana Jansen van Vuuren

Riana Jansen van Vuuren

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Afgetree

kwali Kwalifikasie: ʼn Diploma in Maatskaplike Werk

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my diploma aan die einde van 1976 verwerf en het my loopbaan in ʼn eenmanskantoor by die SAVF in Coligny begin. In Januarie 1979 is ek na die Pretoria-kantoor verplaas, waar ek aanvanklik kinderbeskerming doen, later bejaardesorg en toe gemeenskapsontwikkeling. Daarna was ek vir ses jaar ʼn bedryfsmaatskaplikewerker by die Atoomenergie Korporasie. Toe my pos oorbodig verklaar is, was ek vir vier en ʼn half jaar ʼn maatskaplike werker by die CMR in Brits, waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming asook bejaardesorg.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:k het ʼn passie vir kinders en het nog altyd daarop gefokus om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak. Ek is lief vir die natuur, stap graag en doen naaldwerk vir ekstra inkomste. My hande moet altyd besig wees – as ek nie lees nie, is ek besig om te brei of te hekel.

Ina Rossouw

Ina Rossouw

tassie Beroep: Onderwyser

gesig Titel: Onderwyser

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Ed) Opvoedkunde 111
  • Geskiedenis 111
  • Bybelkunde 111

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 50 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 1975 begin skoolhou, daarna ‘n posvlak 3 bevordering aanvaar as adjunkhoof van ‘n Onderwyssentrum en word later die hoof. Hierna aanvaar ek ‘n pos as ‘n SES in die eksamenafdeling van ‘n Distrikskantoor en tree dan uit. Hierna raak ek betrokke by privaatskole, tutorsentrums en ook as tutor vir tweedejaar onderwysstudente by Wits en staan steeds in die tuig.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir die oordrag van kennis en om jongmense vir die lewe toe te rus. Die vonkel in ‘n kind of jongmens se oog wanneer hulle ‘n begrip snap en jy weet jy het daartoe meegewerk kan met geen geld gekoop word nie.

Martie Dippenaar

Martie Dippenaar

tassie Beroep:Skoolhoof

gesig Titel:Skoolhoof

kwali Kwalifikasie:BPrim. VKO (deesdae BEd)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ongeveer 30 jaar in laerskole Afgelope 14 jaar in Vroeë Kinderontwikkeling

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het baie empatie met mense, daarom het ek kursusse gedoen in pastorale berading en spelterapie. Ek is lief vir naaldwerk, skilder, bak en musiek. Ek is mal oor my drie Chow-honde en twee katte. Ek is lief vir die mooi dinge in die lewe en die natuur, en ek hou van mooi dinge rondom my. Ek hou daarvan om te studeer om myself te verryk.

Susan Venter

Susan Venter

tassie Beroep: Prof. Argitektoniese Tekenaar

gesig Titel: Eienaar en Prof. Argitektoniese Tekenaar

kwali Kwalifikasie: • Prof. Argitektoniese Tekenaar (SACAP & SAIAT registreer) • BCom Ondernemings bestuur (Akademia)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2004 vir my pa begin werk en my eie besigheid in 2011 begin toe my pa oorlede is. Ek het my SACAP registrasie gekry in 2006 en my SAIAT registrasie in 2011. Om my besigheid vaardighede te laat verbeter het ek by Akademia Bcom ondernemings bestuur graad in 2021 ontvang. My besigheid het nou 2 take, een in Centurion, Gauteng en George, Tuin roete. Die besigheid het ook die volgende toekennings ontvang: • AHI Small Business of the Year 2021 Finalist • CCBC Business of the Year 2019 Property & Infrastructure Winner • Margaret Hirsch, Businesswoman Achiever of the Year 2019 Finalist

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur (veral die see) en diere. Hou van teken en verf. Skryf ook gedigte.

Rudi Broodryk

Rudi Broodryk

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: Direkteur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Hannes Noeth

Hannes Noeth

tassie Beroep:  Predikant

gesig Titel: Uitvoerende Direkteur: Helpende Hand

kwali Kwalifikasie:BA, ThB, ThB (honneurs) en ʼn ThM

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013). Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017) Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.

Daan van Wyk

Daan van Wyk

tassie Beroep: Eiendomsagent / ekspredikant / sake-eienaar

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: BA (Teol); BTh US 1994

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.

Michelle Saayman

Michelle Saayman

tassie Beroep: Bemarking

gesig Titel: Senior koördineerder

kwali Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.

Annelize Hartman

Annelize Hartman

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Besturende Direkteur van Serenity Accounting Company (Pty) Ltd

kwali Kwalifikasie: Tegniese finansiële rekenmeester

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Verskeie kassierposte van 1998 tot 2001; Boekhouer/hulpbronbestuurder van 2002 tot 2006; algemene bestuurder van 2006 tot 2009; ’n belastingpraktisyn van 2009 tot huidig; boekhouer/rekenmeester vanaf 2010 tot huidig. Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n gelukkige getroude vrou met twee wonderlike kinders. Ek het harde werk ingesit en lang ure spandeer om te kom waar ek vandag is. Ek het nooit gedink ek sal ’n rekenmeester word nie, so ek het eers die wêreld gaan verken en myself “gevind” voordat ek my posisie in die gemeenskap ingeneem het.

Marnelda de Beer

Marnelda de Beer

tassie Beroep:Grondslagfase-spesialis

gesig Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum

kwali Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.

Renaldi Ingram-Barnard

Renaldi Ingram-Barnard

tassie Beroep: Prokureur

gesig Titel: Prokureur

kwali Kwalifikasie: LLB (UP) LLM (UP)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.

Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.