Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum
Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Vyf jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ná skool het ek vir agt maande as ʼn verkoopspersoon by Cash Crusaders gewerk. Ek was vir een en ʼn half jaar ʼn assistentvlootbestuurder. by Nano Fibre. By MTTC het ek as ʼn PA en ontvangsdame begin en nou is ek die hoof van administrasie. Ek is reeds twee jaar en sewe maande by hulle. Vertel ons bietjie van jouself: Ek is ʼn vriendelike, hardwerkende persoon wat my bes probeer om mense te help waar ek kan. In my spaartyd luister ek graag na musiek en gaan stap. Ek hou daarvan om tyd in die tuin deur te bring en om nuwe vaardighede aan te leer.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar.
Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings.
Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006.
Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.
Kwalifikasie: BEd (FET); BEd (Honneurs) ; MEd (Meestersgraad in Onderwysleierskap)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: As dinamiese onderwyser leef ek sedert 2009 my passie en roeping by Hoërskool Zwartkop uit. Dit is ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om aan môre se toekomstige leiers, ons jong mense, te help vorm. Ek is sedert 2014 deel van die dinamiese bestuurspan van Hoërskool Zwartkop en ons as leierskorps is daarop toegespits om gelukkige en opgewasse jong volwassenes vir die toekoms te vorm.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n passievolle onderwyser en leier, wat onvoorwaardelik daar is vir jong mense – die toekoms van môre. Ek is oortuig dat ’n mens geroep word tot die onderwys en dat die verskil wat ’n mens daagliks maak van groter waarde is as wat ’n mens ooit sal besef.
Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.
Kwalifikasie: BEd Intermediêre Fase (Afrikaans Huistaal en Wiskunde)
Gestalt Spelterapie, Vlak 1 en 2
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:My onderwyspad het in 2010 vlamgevat toe ek indiensopleiding by ’n groot laerskool geleë in Middelburg ontvang het, terwyl ek vir my graad studeer het (iets wat ek vir ander studente sal aanraai). Die indiensopleiding het my kennis ’n hupstoot gegee. Die dag toe ek my eie klas kry, het ek reeds agtergrondkennis opgedoen van twee fases in die onderwys nl., intermediêre- en grondslagfase.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is net ’n gewone mamma van twee pragtige kindertjies. ’n Onderwyseres wat voel sy is ’n “undercover Wonder-Woman”, wat hoop vir superkragte om ’n verskil in ’n wêreld te maak wat gevul is met ’n gejaag, minder boeke, meer skermtyd en meer probleme. My passie is onderrig. Ek is ’n doen-mens. Ek pak take soos ’n bul by die horings aan. Ek het hierdie kennis opgedoen om dit te kan deel.
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.
Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.
Titel:Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie
Kwalifikasie:BCom (cum laude);
BCom Hons (cum laude);
MCom (Bemarkingsbestuur) (cum laude) wat aan die Noordwes-Universiteit verwerf is.
My spesialisgebiede sluit in bemarking, bestuur, leierskap, interkulturele kommunikasie en bemiddeling.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is die Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie aan ʼn privaat tersiêre instelling. My akademiese loopbaan strek oor meer as 13 jaar met ʼn spesifieke fokus op doseer in die velde van bemarkingsbestuur, ondernemingsbestuur, entrepreneurskap, kleinhandelsakebestuur, innoverende verkope en interkulturele bestuurskommunikasie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak by verskeie universiteite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn ma van twee dogtertjies en die vrou van ʼn ingenieur. Ek sien myself as ʼn alledaagse, dienende leier en is dus lief vir mense, onderrig en mentorskap. Die onderrig van my dogters en studente is daarom belangrik en ek gee ook katkisasie vir ʼn groep graadeentjies. Ek tree tans op as ʼn mentor by die instelling waar ek werksaam is en sien daarna uit om ander te mentor. Reik uit!
Kwalifikasie: BA Grafiese Ontwerp (Hons) Multimedia nagraads ISTD-lidmaatskap (International Society of Typographic Design)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 6 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Met 6 jaar se studies agter die rug, het ek in die wynbedryf in die Paarl gewerk en in verpakking gespesialiseer. In 2020 en 2021 het ek het gesien hoe plaaslike besighede platval en boere weens omstandighede buite hulle beheer, oeste verloor. Vandag werk ek vir verskillende organisasies om ons gemeenskap te versterk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om uitdagings kreatief op te los. Strategiese konsepontwikkeling is my sterkpunt. Ek is nie vir boksies gemaak nie en hou daarvan om die reëls binne grafiese ontwerp te breek.
Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur;
Uitvoerende en Bestuursafrigting.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.
Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.
Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur
My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.
Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling
Fokus area Coaching
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO.
Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.
Kwalifikasie: Diploma Business & HR Management (South African Institute of Management (SAIM))
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26-jaar ondervinding
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek matrikuleer in 1993, alhoewel ek altyd wou studeer was dit my nie beskore op daardie stadium nie. My pa het sy onderneming verloor deur grondonteiening en op daardie stadium was dit vir hom moeilik om weer ’n onderneming op die been te bring a.g.v. sy ouderdom. My ma werk en ek het geweet ek sal my kant ook moet bring en ook begin werk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is die jongste van vier. My pa is in 2012 oorlede. My moeder leef nog.
Toe ek op 13 Oktober 1995 by Standard Bank begin werk het, het ek ook op daardie dag my man ontmoet.
Ons is hierdie jaar 25-jaar getroud en het twee kinders en ’n kleinseun.
Ek beskou myself as baie hardwerkend en het baie selfvertroue in myself en wat ek doen, omrede ek elke dag bereid is om te leer en te groei.
Ek glo by die huis en werk is ek ’n steunpilaar vir baie. Ek geniet die diversiteit van my personeel en die uitdagings wat die verskillende persoonlikhede bring.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:My verantwoordelikhede is onder andere die ontwikkeling en uitbreiding van die Maatskaplikewerkersgilde, die Kantoorpraktisynsgilde en die Gilde vir Kommunikasie en Bemarking. Skakeling tussen Beweging-instellings, personeelbestuur, bemarking, netwerkgeleenthede, woordvoerder, verteenwoordiger van wetswysigings wat hierdie beroepe raak, veldtogte, opleiding, verhoudingsbestuur, koördinering en fasilitering van stelsels en prosesse tydens produkontwikkeling, tydsbestuur, verslae, voorleggings, operasionele bestuur, begrotingsbestuur, ens.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het ’n passie om nuwe goed te ontwikkel en te toets. Ek is baie gedrewe in my werk en hou van uitdagings omdat dit my geleentheid gee om oplossings te vind.
Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant
(Project & Change Management Consultant)
Titel: Change Manager
Kwalifikasie:
BA
(Hons) Clinical Psychology
MBA
Prince2 Project Management Certified
Prosci Certified Change Practitioner
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is tans die hoof- uitvoerende beampte van ABA, ʼn internasionale maatskappy wat adviesdienste aan klein en mediumgrootte ondernemings lewer, en ek het 30+ jaar ervaring op hierdie gebied. Ek was die groep- finansiële direkteur van ʼn maatskappy wat op AltX genoteer is. Ek was finansiële hoof van Absa Afrika in verskeie Afrika-lande, waarvan nege jaar by Barclays en die Absa-groep en nege jaar by die Transnet-groep, wat ʼn volwaardige bank met ʼn direksie is en waarvan Absa/Barclays aandeelhouers is.
Jou loopbaanpad tot dusver: Christiaan spesialiseer in Immaterieël-goederereg, met spesifieke kundigheid en belangstelling in Handelsmerke, Outeursreg en Domeingeskille, en het STEYN IP (www.steynip.com), ‘n spesialis-regsfirma wat in hierdie regsvelde handel, gestig. Hy beklee tans die posisie van Besturende Direkteur. Hy is ook die stigter van ‘n Niewinsgewende Organisasie bekend as FAME.org.za (die Foundation for the Advancement of Musicians Empowerment), wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en te bemagtig.
Christiaan het sy ervaring in hierdie regsgebiede verder uitgebou deur sy diens by verskeie Immaterieël-goedereregsfirms, asook deur deel te wees van die span verantwoordelik vir die Handelsmerk- en Domeinportefeuljes by Sasol Technology, en in die beklee van ‘n regsposisie in Immaterieël-goedere by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) in die Maatskappy- en Immaterieël-goedere Kommissie (CIPC) se Handelsmerk-kantoor.
Christiaan het ‘n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, verwerf en is ‘n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Christiaan is verder betrokke in Immaterieël-goederereg in Suid-Afrika as ‘n Senior Domeingeskilbeslegter, sowel as lid van die SAIIPL (Suid-Afrikaanse Instituut vir Immaterieël-goederereg) ADR en Outeursreg Komitees, en van die IPIRA (voorheen AIPLITL) Kommunikasiekomitee. Christiaan is ook ‘n lid van WILL (Worldwide Independent Lawyers League).