Category filter

Riaan van Jaarsveld

Riaan van Jaarsveld

tassie Beroep: Finansieel

gesig Titel: Hoof- Uitvoerende Beampte

kwali Kwalifikasie: CA SA

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar +

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Hoof-
  • Uitvoerende Beampte – ABA Financial Services
  • Groep- Finansiële Direkteur – Pembury Lifestyle Group Ltd
  • Bedryfshoof: Oos-Afrika – Blue Financial Services Ltd
  • Hoof- Finansiële Beampte – NBC Limited Tanzania
  • Senior Bestuurder: Finansies – Absa Afrika – Barclays Afrika
  • Hoof- Uitvoerende Beampte – WZSAR Network Worldsites
  • Hoof- Finansiële Beampte – MTN Afrika, Kameroen
  • Hoof- Finansiële Beampte – Alliance Air

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is tans die hoof- uitvoerende beampte van ABA, ʼn internasionale maatskappy wat adviesdienste aan klein en mediumgrootte ondernemings lewer, en ek het 30+ jaar ervaring op hierdie gebied. Ek was die groep- finansiële direkteur van ʼn maatskappy wat op AltX genoteer is. Ek was finansiële hoof van Absa Afrika in verskeie Afrika-lande, waarvan nege jaar by Barclays en die Absa-groep en nege jaar by die Transnet-groep, wat ʼn volwaardige bank met ʼn direksie is en waarvan Absa/Barclays aandeelhouers is.

Cornelius van Leeuwen

Cornelius van Leeuwen

tassie Beroep: Sektorkoördineerder in die vakbondwese

gesig Titel: Sektorkoördineerder vir die metaal- en ingenieurswesesektor

kwali Kwalifikasie:Passer en draaier, ʼn Gevorderde sertifikaat in Arbeidsreg

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het vir ongeveer 15 jaar by Highveld Steel gewerk waar ek in ʼn bestuurspos was. Ek is nou reeds 13 jaar lank by Solidariteit in ʼn bestuurspos werksaam.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn persoon wat glo in Christelike waardes en eerlikheid. Integriteit is vir my belangrik. Ek het ʼn positiewe uitkyk op die lewe en het ʼn passie vir mense en my werk. Ek hou van die buitelewe en geniet dit om te braai.

Louise Herbst

Louise Herbst

tassie Beroep: IT

gesig Titel: IT Projekbestuurder

kwali Kwalifikasie: PMP gesertifiseerd (project management professional)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ‘n projekbestuurder vir om en by 25 jaar, meestal in die IT bedryf. Ek is 59 en ‘n pensionaris van die Reserwe Bank.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is georganiseerd en doelgerig. Ek is goed daarmee om ‘n span te bou en spanwerk aan te moedig. Ek is “old school” hardwerkend gedissiplineerd en georganiseerd. Ek is ‘n goeie beplanner.

Tony Correira

Tony Correira

tassie Beroep: Boekhouer

gesig Titel: Boekhouer

kwali Kwalifikasie: BCom (Finansiële Bestuur)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 8 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2013 as student begin werk en het al die finansiële funksies van die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria behartig. Ek het ook in dié tyd by Aros se finansiesafdeling uitgehelp. Ná ʼn jaar en ʼn half het Aros my ʼn kontrak van ses maande aangebied. Ek het dit aanvaar en het by GSDP bedank. Aan die einde van my kontrak het Aros se ouditeure belangstelling getoon om my in diens te neem.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in Pietermaritzburg grootgeword en skool gegaan. Ná skool het ek ʼn draai by die Puk gemaak en was daarna vir agt jaar in Pretoria werksaam. In Augustus 2021 het ek permanent in Orania gaan bly. Buite die werksomgewing is ek ʼn sportliefhebber en ek kan soms op die rugbyveld as skeidsregter aangetref word – dit is nou wanneer ons minus Covid-19 is.

Lindie de Beer

Lindie de Beer

tassie Beroep:  Kommunikasiespesialis

gesig Titel:Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie

kwali Kwalifikasie:MA in Kommunikasiestudies (Tesis: Facebook-blad: ’n Verhoudingsbestuursperspektief)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:DeKat Tydskrif: Intern – 2011 FAK: Kommunikasiepraktisyn 2012 – 2013 Akademia: Deeltydse dosent in Kommunikasie 2016 – 2019 Solidariteit: Koördineerder: Digitale Kommunikasie 2013 – 2016 Solidariteit: Bestuurder: Digitale Kommunikasie 2016 – 2018 Solidariteit: Afdelingshoof: Bemarking en Kommunikasie 2018 – 2021

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die digitale wêreld maak my kinderlik opgewonde met al die geleenthede wat digitale media vir ʼn organisasie bied, is daar geen beperkings nie. Alles is moontlik! Digitale media, ontwerp en bemarking gaan hand aan hand met mekaar en die een kan nie afsonderlik van die ander funksioneer nie.

Daan van Wyk

Daan van Wyk

tassie Beroep: Eiendomsagent / ekspredikant / sake-eienaar

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: BA (Teol); BTh US 1994

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.

Anlia Archer

Anlia Archer

tassie Beroep: Voormalige onderwyseres en dosent

gesig Titel: Bedryfspesialis en organiseerder vir Solidariteit se Onderwysgilde

kwali Kwalifikasie:

  • BA-graad in Sielkunde en Kriminologie
  • Nagraadse Onderwyssertifikate (NGOS) in verdere onderwys (VOO), en opleiding met spesialisering in Afrikaans en Lewensoriëntering
  • B.Ed. Honneurs in Onderwysreg, -beleid en -bestuur
  • Geakkrediteerde mediator deur die Alternatiewe Geskilbeslegtingnetwerk (ADR-netwerk) van Suid-Afrika

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2011 begin skoolhou en het in daardie stadium Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) en Engels Huistaal (HT) aangebied. Daarna is ek as die vakhoof en hoof van kultuur bevorder. Ek het uit die onderwys bedank en het ʼn Afrikaanse kurrikulum vir ʼn welbekende kurrikulumverskaffer gaan skryf.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My heel belangrikste (en lekkerste) “werk” tot dusver is om ʼn ma vir ʼn besonderse dogtertjie te wees en ʼn vrou vir my fenomenale man. Ek is bevoorreg dat ek soveel geleenthede binne my sektor ontvang het en geniet die immer veranderende veld van opvoedkunde.

Renaldi Ingram-Barnard

Renaldi Ingram-Barnard

tassie Beroep: Prokureur

gesig Titel: Prokureur

kwali Kwalifikasie: LLB (UP) LLM (UP)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.

Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.

Jacques Human

Jacques Human

tassie Beroep:  Verkope en bemarking

gesig Titel:Regional Sales Manager – Meridian Wine Merchants

kwali Kwalifikasie:

  • Graad in Verkope en Bemarking
  • Sertifikaat van Kaapse Wynakademie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Interne Verkope: Builders Market
  • Aankoper: Senwes
  • Verkoopsverteenwoordiger: SASKO (Pioneer Foods)
  • Verkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke)
  • Spesialisverkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke – Spar-groep)
  • Assistentverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke – PnP-groep)
  • Verkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
  • Streeksbestuurder vir handelsware: ABI Bottling (Coke)
  • Ontwikkelingsverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
  • Nasionale verkoopsbestuurder: Homemark (5-Hour Energy Shot)
  • Streeksverkoopsbestuurder: Meridian Wine Merchantes (Gauteng en Binneland)

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: EEk is al vir die afgelope 20 jaar gelukkig getroud met my vrou Liezel. Ons het twee kinders, Luben (14) en Dante (10). Ons woon tans in Centurion en werk van ons Woodmead-kantoor af. Elke oggend oefen ons as ʼn gesin saam ter wille van gesondheid. Ons eet ook gesond om ons gewig en gesondheid te ondersteun. Ons is mal daaroor om op vakansie te gaan en maak graag kamp deel van ons vakansie.

Ronelle Sinclair

Ronelle Sinclair

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Hoof van Finansies en Mensehulpbronbestuur

kwali Kwalifikasie:

  • Com Bestuursrekenmeesterskap
  • BCom
  • Bemarking en Bestuur
  • SAIPA-klerkskap en ʼn SAIPA-lid
  • ʼn geregistreerde belasting-praktisyn

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my graad in 2005 aan die NWU verwerf en het my klerkskap in 2008 in Potchefstroom voltooi, waarna ek in die privaat sektor begin werk het. Ek het onder meer by Apple SA (Core Computer Business) en Betway SA ondervinding as rekenmeester en finansiële bestuurder opgedoen. Ek het in 2017 by die IMM ingeskryf om my tweede graad in Bemarking en Bestuurswese te behaal. Ek het die graad in 2021 verwerf. Ek beklee op die oomblik ʼn pos as hoof van finansies en mensehulpbronbestuur by ʼn internasionale handelsmaatskappy in die Kaap.

Andreas Landman

Andreas Landman

tassie Beroep: Entrepreneur en chemikus

gesig Titel: Uitvoerende bestuurder

kwali Kwalifikasie: PhD in Chemie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Tussen 2003 en 2010 het ek verskeie tegniese ondersteuningsrolle vertolk. Vanaf 2010 tot 2018 het ek verskillende bestuursrolle vertolk – hoofsaaklik vanuit ʼn vervaardigingsoogpunt. Na 2018 het ek na velerlei rolle, onder meer in leierskapsontwikkeling, as fasiliteerder, inligtingkundige en konsultant uitgebrei. Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn moeilike mens met my eie idees. Ek glo vas dat ʼn mens mooi moet dink oor wat gedoen moet word, en nie net sommer iets doen wat reeds gedoen is nie. Hierdie siening is dikwels teenstrydig met die algemene tendens om alles gelate te aanvaar.

Thys Gildenhuys

Thys Gildenhuys

tassie Beroep: Advokaat

gesig Titel: Advokaat

kwali Kwalifikasie: B(IURIS)(Unisa), LLB(Unisa), NDip.Hort(Technikon Pta.), HNDip(Technikon Pta.)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar. Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings. Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006. Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.

Giel du Toit

Giel du Toit

tassie Beroep: Bankwese

gesig Titel: Buitelandse direkteur (country director)

kwali Kwalifikasie: MDP (Sakeskool Stellenbosch); Sertifikaat in Kredietbestuur (Unisa)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Algemene bankwese, kredietbestuur en regsinvorderings op nasionale vlak. Aanvangsbesighede in Nigerië en Ghana.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek het my loopbaan in die bankwese begin, waar ek vanaf algemene klerk tot by senior bestuur gevorder het. Gedurende my 23 jaar in die bankwese het ek ook twee jaar ondervinding in prestasiebeoordeling. Daarna het ek na volinstandhoudings-bruikhuurkontrakte “full maintenance leasing” en vlootbestuur by die destydse Imperial oorgeskuif waar ek die geleentheid gekry het om die besigheid in Nigerië van die grond af te kry.

Nelia Drenth

Nelia Drenth

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker in privaatpraktyk

kwali Kwalifikasie: PhD MW (NWU) Fokusareas: Traumahantering, Geneeskundige maatskaplike werk, Rousmarthantering – konsultasie en terapie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.

Hannes Noeth

Hannes Noeth

tassie Beroep:  Predikant

gesig Titel: Uitvoerende Direkteur: Helpende Hand

kwali Kwalifikasie:BA, ThB, ThB (honneurs) en ʼn ThM

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013). Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017) Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.

Michelle Snyman

Michelle Snyman

tassie Beroep: Bemarking

gesig Titel: Senior koördineerder

kwali Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.

Sarita du Plessis

Sarita du Plessis

tassie Beroep: Kantoorbestuurder

gesig Titel: Praktykbestuurder

kwali Kwalifikasie: Diploma Business & HR Management (South African Institute of Management (SAIM))

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26-jaar ondervinding

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek matrikuleer in 1993, alhoewel ek altyd wou studeer was dit my nie beskore op daardie stadium nie. My pa het sy onderneming verloor deur grondonteiening en op daardie stadium was dit vir hom moeilik om weer ’n onderneming op die been te bring a.g.v. sy ouderdom. My ma werk en ek het geweet ek sal my kant ook moet bring en ook begin werk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is die jongste van vier. My pa is in 2012 oorlede. My moeder leef nog. Toe ek op 13 Oktober 1995 by Standard Bank begin werk het, het ek ook op daardie dag my man ontmoet. Ons is hierdie jaar 25-jaar getroud en het twee kinders en ’n kleinseun. Ek beskou myself as baie hardwerkend en het baie selfvertroue in myself en wat ek doen, omrede ek elke dag bereid is om te leer en te groei. Ek glo by die huis en werk is ek ’n steunpilaar vir baie. Ek geniet die diversiteit van my personeel en die uitdagings wat die verskillende persoonlikhede bring.