Kwalifikasie:Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie
Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013).
Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017)
Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ongeveer 30 jaar in laerskole
Afgelope 14 jaar in Vroeë Kinderontwikkeling
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het baie empatie met mense, daarom het ek kursusse gedoen in pastorale berading en spelterapie. Ek is lief vir naaldwerk, skilder, bak en musiek. Ek is mal oor my drie Chow-honde en twee katte. Ek is lief vir die mooi dinge in die lewe en die natuur, en ek hou van mooi dinge rondom my. Ek hou daarvan om te studeer om myself te verryk.
Titel: Bestuurder van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se Gauteng-Oos-kantoor.
Kwalifikasie:
B-graad in Maatskaplike Werk (BSW)
Diploma in Kunsterapie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir agt jaar lank ʼn maatskaplike werker by die CMR se Cullinan/Rayton-kantoor. Die CMR Cullinan-kantoor en CMR Bronkhorstspruit-kantoor het saamgesmelt en ek was vir twee jaar die maatskaplike werker verantwoordelik vir die hele area.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek geniet my werk vreeslik en ek het ʼn passie vir kinders in nood. Daar is niks so lonend soos om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te sien nie en boonop te weet dat jy ook ʼn aandeel daaraan gehad het. In my vrye tyd lees ek graag en beoefen ek my stokperdjies. Ons is ʼn hegte gesin en geniet dit om dinge saam te doen.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.
Jou loopbaanpad tot dusver: Christiaan spesialiseer in Immaterieël-goederereg, met spesifieke kundigheid en belangstelling in Handelsmerke, Outeursreg en Domeingeskille, en het STEYN IP (www.steynip.com), ‘n spesialis-regsfirma wat in hierdie regsvelde handel, gestig. Hy beklee tans die posisie van Besturende Direkteur. Hy is ook die stigter van ‘n Niewinsgewende Organisasie bekend as FAME.org.za (die Foundation for the Advancement of Musicians Empowerment), wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en te bemagtig.
Christiaan het sy ervaring in hierdie regsgebiede verder uitgebou deur sy diens by verskeie Immaterieël-goedereregsfirms, asook deur deel te wees van die span verantwoordelik vir die Handelsmerk- en Domeinportefeuljes by Sasol Technology, en in die beklee van ‘n regsposisie in Immaterieël-goedere by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) in die Maatskappy- en Immaterieël-goedere Kommissie (CIPC) se Handelsmerk-kantoor.
Christiaan het ‘n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, verwerf en is ‘n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Christiaan is verder betrokke in Immaterieël-goederereg in Suid-Afrika as ‘n Senior Domeingeskilbeslegter, sowel as lid van die SAIIPL (Suid-Afrikaanse Instituut vir Immaterieël-goederereg) ADR en Outeursreg Komitees, en van die IPIRA (voorheen AIPLITL) Kommunikasiekomitee. Christiaan is ook ‘n lid van WILL (Worldwide Independent Lawyers League).
Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling
Fokus area Coaching
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO.
Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:2013: Maryvale Gekombineerde Skool
2014-2018: Grey Kollege Sekondêr
2019-2020: St Michael’s Meisieskool
Jun. – Des. 2021: Eunice Hoërskool (Aflos)
2021-2022: Deeltydse dosent by Aros vir NGOS-studente: Natuurwetenskappemetodiek
2020 – 2022 Juffrou Karen Aanlyn ekstra klasse vir Skeinat
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het in die sprokiesmooi Ugie aan die voet van die Prentjiesberge, op ʼn plaas op die grens van die destydse Transkei grootgeword. Nadat ek aan die Hoërskool Hangklip op Queenstown gematrikuleer het, het ek vir ʼn jaar by ʼn bosboukwekery gewerk, waarna ek Bloemfontein toe is om aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer.
Beroep: Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum
Titel: Hoof van opleiding
Kwalifikasie:B.Ed, B.Sc Hons en HOD
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.
Titel: Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging
Kwalifikasie: BA (cum laude), BA (Honneurs) (Grieks), BD (cum laude), MCom verwerf aan die Universiteit van Pretoria en BCompt Honneurs en STR, aan Unisa verwerf.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is in Januarie 2013 as die Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging aangestel. My take by Solidariteit sluit die opstel en bestuur van die jaarlikse begroting en die oorhoofse bestuur van die afdelings Finansies en Mensehulpbronne in. Ek dien in die direksies van verskeie kultuurinstellings, onder meer die FAK, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en Maroela Media.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is getroud en het twee dogters. In my vrye tyd geniet ek hardloop en fietsry. Ek het onder meer die Comrades Marathon en die Absa Cape Epic-bergfietswedren suksesvol voltooi.
Kwalifikasie:B Eng (Elektronies)
H Eng (Rekenaaringenieurswese)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Telkom SA (DC Power, Radionetwerke, databasisontwerp en webontwikkeling)
MTN SA (Radiobeplanning & optimalisering)
Nuvo Energy (Hernubare energie en sonkragstelsel-ontwerp)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is in 1978 in Pretoria gebore en het my skooljare by Laerskool Brooklyn en toe by Pretoria Boys High School spandeer. Ek het in 2001 aan die Universiteit van Pretoria gegradueer met ’n graad in elektroniese ingenieurswese en het in 2003 my honneursgraad in Rekenaaringenieurswese voltooi.
Kwalifikasie: Western Province Technical College: Nasionale Diploma in die veld van Ingenieurswese
Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie: Nasionale Diploma in Konstruksie
B-Tech: Bourekenkunde (tans opgeskort)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Nuvo Group – ses jaar
Die Nuvo Group identifiseer sake-idees en talentvolle mensekapitaal en bevorder dit in ʼn groepstruktuur van kruisbestuiwing en markontwikkeling op grond van besigheid-tot-besigheid (B2B). Die Beheermaatskappy is tans die tuiste van nege afsonderlike maatskappye uit verskeie bedrywe wat insluit groot ondernemings, entrepreneuriese beginners, asook ʼn onderneming sonder winsoogmerk. Ons is ʼn passievolle groep mense wat glo dat harde werk en toegewyde leierskap die pad na sukses is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn entrepreneur met ʼn passie om volhoubare sakeondernemings te skep, te begin en te bou. My agtergrond is bourekenkunde en projekbestuur. Ek is die besturende direkteur van NuHome. Ons het ʼn totale omwenteling teweeggebring in die aanbod van onafhanklike kragvoorsiening (onafhanklik van die kragnetwerk), en ons bied aan residensiële huiseienaars en residensiële ontwikkelaars ʼn geleentheid om onafhanklik van kragvoorsiening te wees.
Titel:Grondslagfase Spesialis by die Skoleondersteuningsentrum
Kwalifikasie:BEd (Hons) besig met ʼn M-graad in Informasie- en kommunikasie-tegnologie (ICT)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword. My ouers was albei in die onderwys. My man is nog steeds in die onderwys. Ek het vir 40 jaar in Bronkhorstspruit gewoon, maar woon die afgelope twee jaar in Pretoria. My man ry elke dag Bronkhorstspruit toe om te werk. Ek het twee kinders. Marunel is 21 en swot chemiese ingenieurswese by die PUKKE. Rico is 17 en in matriek. Hy beoog ook om in 2022 by die PUKKE te studeer.
Jou loopbaanpad tot dusver:
My primêre passie in die lewe is kennis. Van kleins af het ek aan algemene kennis-olimpiades deelgeneem en dit is dus nie vreemd dat my akademiese loopbaan ʼn wye reeks van kwalifikasies insluit nie. My loopbaan in die werkplek sluit ook ʼn verskeidenheid posisies in, onder meer as bemarker en operasionele bestuurder.
Saam met my liefde vir kennis het ek ʼn passie vir persoonlike ontwikkeling. ʼn Goeie balans tussen jou werk, ontspanning en omsien na ʼn mens se gesondheid is vir my baie belangrik. Ek kry energie uit dit wat ek leer en met ander mense deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is tans werksaam by Die Hoërskool Wagpos, te Brits in Noordwes in die posbeskrywing Adjunkhoof: Dissipline en Mentorskap. Ek beskik oor plaaslike sowel as internasionale ondervinding…dus het ek al baie unieke uitdagings in die onderwys ervaar. Die opvoedkundige landskap het plaaslik sowel as wêreldwyd verander. Tesame met daardie verandering, is daar natuurlik gepaardgaande uitdagings soos: tydsbestuur, gesinslewe, en professionele werkslading. Ek ontmoet daagliks wonderlike mense(oud en jonk), en het die geleentheid om professioneel te groei en te ontwikkel. Ek is tans besig met ‘n 2jaar diploma kursus in Skoolleierskap en bestuur by Akademia asook ‘n 12 maande Mentorskap- kursus by die SAOU. Dit is leersaam, en bied aan my die geleentheid om as mentor op te tree by my huidige werkgewer. Dit is my uitsonderlike voorreg om die hoof van ons Mentorskapprogram te wees.
My beroep is vol uitdagings, maar bied ook die geleentheid vir lewenslange groei en ontwikkeling.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is behoedsaam,gefokus, pligsgetrou, privaat, bedagsaam, verstandig, kalm, deernisvol en verdraagsaam. Ek glo in selfgeldend wees, selfbestuur, selfdissipline en selfontwikkeling. Ek handhaaf hoë standaarde en tree doelgerig op.
Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant
(Project & Change Management Consultant)
Titel: Change Manager
Kwalifikasie:
BA
(Hons) Clinical Psychology
MBA
Prince2 Project Management Certified
Prosci Certified Change Practitioner
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)