Category filter

Trish Cunningham

Trish Cunningham

tassie Beroep:Kliniese Sielkunde en Verpleging

gesig Titel: Direkteur: Mediese en gesondheidsversorgingsopleiding

kwali Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Sielkunde in Michigan in die VSA gestudeer en het in 2007 met ʼn loopbaan in Sielkunde begin. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek besluit om ook Verpleging te studeer. Aangesien ek my kennis wou deel en nie soseer wou praktiseer nie het ek begin om betrokke te raak by opleiding. My opleidingsbesigheid, InterX Local & International Recruitment, het aanvanklik klein begin. Nadat my akademie in 2014 gestig en geregistreer is, het ons regtig vinnig uitgebrei om opleiding in verskeie dele van die land aan te bied.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn 34-jarige direkteur wat uit ʼn onderwysgesin kom. Met ʼn pa wat ʼn oudskoolhoof is en ʼn ma wat steeds in die onderwys is, het opleiding baie natuurlik gekom. Ek is ʼn mamma en daarmee saam kom ʼn Godgegewe geduldstoepassing wat my daagliks leer om met empatie in besigheid op te tree.

Rudi Broodryk

Rudi Broodryk

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: Direkteur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.

Nelia Drenth

Nelia Drenth

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker in privaatpraktyk

kwali Kwalifikasie: PhD MW (NWU) Fokusareas: Traumahantering, Geneeskundige maatskaplike werk, Rousmarthantering – konsultasie en terapie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.

Wian Stols

Wian Stols

tassie Beroep: Kwaliteitsingenieur / Onderwyser (Tegnies)

gesig Titel: Senior projekbestuurder

kwali Kwalifikasie: HOD (Tegnies)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan: 2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2006 – 2007 Putney High School Ontwerptegnologie

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg. Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.

Thommie Burger

Thommie Burger

tassie Beroep: Leierskap en Strategiese Afrigter

gesig Titel: Self Employed

kwali Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling Fokus area Coaching

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO. Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.

Nico van Deventer

Nico van Deventer

tassie Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant (Project & Change Management Consultant)

gesig Titel: Change Manager

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Hons) Clinical Psychology
  • MBA
  • Prince2 Project Management Certified
  • Prosci Certified Change Practitioner

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)

Chris Fourie

Chris Fourie

tassie Beroep: Elektriese Ingenieur

gesig Titel: Solar PV Ontwerpingenieur

kwali Kwalifikasie:B. Tech

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 17 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ʼn gekwalifiseerde elektriese ingenieur met ongeveer 17 jaar ondervinding in hardeware-ontwerp. My organisatoriese ervaring strek oor klein en groot maatskappye in die vlootbestuur- en voertuigopsporingsektor as ʼn hardewareontwerp-ingenieur, en in die metingsektor, die ontwerp van draagbare toetstoerusting en kommunikasietoestelle vir die metingbedryf.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n doelgerigte mens, hardwerkend en hou van persoonlike ontwikkeling. Integriteit, respek en waardes is baie belangrike eienskappe vir my, die span waarmee ek werk, en sakelui.

Erik Pretorius

Erik Pretorius

tassie Beroep: Onderwyser

gesig Titel: Graadhoof en skoolbestuurslid

kwali Kwalifikasie: BEd (FET); BEd (Honneurs) ; MEd (Meestersgraad in Onderwysleierskap)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: As dinamiese onderwyser leef ek sedert 2009 my passie en roeping by Hoërskool Zwartkop uit. Dit is ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om aan môre se toekomstige leiers, ons jong mense, te help vorm. Ek is sedert 2014 deel van die dinamiese bestuurspan van Hoërskool Zwartkop en ons as leierskorps is daarop toegespits om gelukkige en opgewasse jong volwassenes vir die toekoms te vorm.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n passievolle onderwyser en leier, wat onvoorwaardelik daar is vir jong mense – die toekoms van môre. Ek is oortuig dat ’n mens geroep word tot die onderwys en dat die verskil wat ’n mens daagliks maak van groter waarde is as wat ’n mens ooit sal besef.

Riana Jansen van Vuuren

Riana Jansen van Vuuren

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Afgetree

kwali Kwalifikasie: ʼn Diploma in Maatskaplike Werk

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my diploma aan die einde van 1976 verwerf en het my loopbaan in ʼn eenmanskantoor by die SAVF in Coligny begin. In Januarie 1979 is ek na die Pretoria-kantoor verplaas, waar ek aanvanklik kinderbeskerming doen, later bejaardesorg en toe gemeenskapsontwikkeling. Daarna was ek vir ses jaar ʼn bedryfsmaatskaplikewerker by die Atoomenergie Korporasie. Toe my pos oorbodig verklaar is, was ek vir vier en ʼn half jaar ʼn maatskaplike werker by die CMR in Brits, waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming asook bejaardesorg.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:k het ʼn passie vir kinders en het nog altyd daarop gefokus om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak. Ek is lief vir die natuur, stap graag en doen naaldwerk vir ekstra inkomste. My hande moet altyd besig wees – as ek nie lees nie, is ek besig om te brei of te hekel.

Elrina Naude

Elrina Naude

tassie Beroep: Finanasies

gesig Titel: Makelary bestuurder

kwali Kwalifikasie: NQF 5 korttermynversekering

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was aangestel as ‘n PA in 2001 waarna ek ‘n makelaar geword het in 2003 tot 2012. In 2013 nader my werkgewer my vir ‘n bestuurspos in die makelary. Ek ondersteun makelaars op alle vlakke. Vanaf aanstelling, nakoming, groei in die praktyk, tussenganger met versekeraars en CRM stelsel ondersteuning

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir my werk en hou daarvan om met mense te werk.

Bennie Dippenaar

Bennie Dippenaar

tassie Beroep: Menslike Hulpbronbestuur

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur; Uitvoerende en Bestuursafrigting.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.

Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.

Henk Horjus

Henk Horjus

tassie Beroep:  Projekbestuur

gesig Titel: Projekbestuurder

kwali Kwalifikasie:Diploma in voorsieningskettingbestuur (‘Supply chain mangement’)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:My loopbaan het in die mynbousektor begin. Van daar af is ek in die konstruksiebedryf in en tans is ek werksaam in die sonkragindustrie.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ’n passievolle mens wat gedrewe is in my werk. Ek druk myself altyd om my werk so vinnig as moontlik klaar te maak sonder om die kwaliteit daarvan af te skeep. Ek geniet dit om planne te maak en probleme op te los. Ek hou daarvan om sport te kyk en neem self aan verskeie sportsoorte deel.

Susan Venter

Susan Venter

tassie Beroep: Prof. Argitektoniese Tekenaar

gesig Titel: Eienaar en Prof. Argitektoniese Tekenaar

kwali Kwalifikasie: • Prof. Argitektoniese Tekenaar (SACAP & SAIAT registreer) • BCom Ondernemings bestuur (Akademia)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2004 vir my pa begin werk en my eie besigheid in 2011 begin toe my pa oorlede is. Ek het my SACAP registrasie gekry in 2006 en my SAIAT registrasie in 2011. Om my besigheid vaardighede te laat verbeter het ek by Akademia Bcom ondernemings bestuur graad in 2021 ontvang. My besigheid het nou 2 take, een in Centurion, Gauteng en George, Tuin roete. Die besigheid het ook die volgende toekennings ontvang: • AHI Small Business of the Year 2021 Finalist • CCBC Business of the Year 2019 Property & Infrastructure Winner • Margaret Hirsch, Businesswoman Achiever of the Year 2019 Finalist

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur (veral die see) en diere. Hou van teken en verf. Skryf ook gedigte.

Renaldi Ingram-Barnard

Renaldi Ingram-Barnard

tassie Beroep: Prokureur

gesig Titel: Prokureur

kwali Kwalifikasie: LLB (UP) LLM (UP)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my LLB-graad in 2011 verwerf en het my meestersgraad in Strafprosesreg in 2014 verwerf. Ek is in 2014 tot die hooggeregshof toegelaat en het ook verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof.

Ek het in 2011 my staatsaanklaerseksamen geskryf en is vir ‘n onderhoud genooi. Ongelukkig is ek nie as ʼn staatsaanklaer aangestel nie. In 2012 het ek my toelatingseksamen geskryf en al vier my eksamens deurgekom. Aan die begin van 2012 het ek ʼn advokaat geskadu en ondervinding opgedoen in die opstel van hoofde van betoë.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is baie avontuurlustig en hou van die buitelewe. Ek hou van visvang en stap graag. Ek is mal oor sport en speel binnenshuise krieket. Ek kook en bak graag. Ek is ʼn diereliefhebber en gaan stap graag met my dierekind.

Prof. François Pierre Rousseau de Villiers

Prof. François Pierre Rousseau de Villiers

tassie Beroep: Pediater en hoof van ʼn akademiese departement (afgetree)

gesig Titel:Prof. of Dr.

kwali Kwalifikasie: MBChB (Stell), MMed (Pediatrie), PhD (Wits) Pediatrie, Gemeenskapsgesondheid, Opleiding van mediese studente en spesialiste, navorsingsleiding

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 40 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Intern en mediese beampte – drie en ʼn half by die Edendale Hospitaal
  • Mediese Beampte – vyf jaar, Saulspoort (plattelandse sendinghospitaal)
  • Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow
  • Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits
  • Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal
  • Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar
  • by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan)
  • Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.

Giel du Toit

Giel du Toit

tassie Beroep: Bankwese

gesig Titel: Buitelandse direkteur (country director)

kwali Kwalifikasie: MDP (Sakeskool Stellenbosch); Sertifikaat in Kredietbestuur (Unisa)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Algemene bankwese, kredietbestuur en regsinvorderings op nasionale vlak. Aanvangsbesighede in Nigerië en Ghana.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek het my loopbaan in die bankwese begin, waar ek vanaf algemene klerk tot by senior bestuur gevorder het. Gedurende my 23 jaar in die bankwese het ek ook twee jaar ondervinding in prestasiebeoordeling. Daarna het ek na volinstandhoudings-bruikhuurkontrakte “full maintenance leasing” en vlootbestuur by die destydse Imperial oorgeskuif waar ek die geleentheid gekry het om die besigheid in Nigerië van die grond af te kry.