Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar.
Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings.
Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006.
Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was aangestel as ‘n PA in 2001 waarna ek ‘n makelaar geword het in 2003 tot 2012. In 2013 nader my werkgewer my vir ‘n bestuurspos in die makelary. Ek ondersteun makelaars op alle vlakke. Vanaf aanstelling, nakoming, groei in die praktyk, tussenganger met versekeraars en CRM stelsel ondersteuning
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir my werk en hou daarvan om met mense te werk.
Kwalifikasie: BA Kommunikasiegraad en BA Honneurs in die spesialisrigting Dokumentêre Videoproduksie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Nadat ek my honneursgraad voltooi het, het ek by iGala Productions as ’n videoredigeerder begin werk. iGala Productions is ’n videoproduksiemaatskappy wat in die maak van persoonlike jagvideo’s vir jagters, wat in Afrika kom jag, spesialiseer. Ek werk nog steeds by hierdie maatskappy.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 29 jaar oud en is nou 10 maande getroud. Ek en my man geniet dit om saam te oefen en ons al twee hou daarvan om rustig by die huis te wees. Ek is lief daarvoor om na “podcasts” te luister en om op te lees oor enige iets wat met persoonlike ontwikkeling (toegepaste sielkunde) te make het.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het na my BCom in Informatika by Tukkies, in 2014 by FNB begin as ‘n besigheidsanalist. My werk het gefokus op ons kontak sentrum stelsels en prosesse, en dit is waar ek nog steeds werk, maar nou in ‘n ander posisie. Ek was bevorder na produkbestuurder in 2019. Ek het meestal na ons instant messaging stelsel gekyk, maar ook na ander stelsels. In 2024 was ek bevorder na ‘n Solutions Lead in ons persoonlike segment van die bank. Ek sit nou nader aan strategie en die syfers agter die besigheid.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om probleme op te los, en ek kan maklik tussen die tegniese detail en besigheidsdetail beweeg. Ek kommunikeer goed en verstaan probleme redelik vinnig.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my diploma aan die einde van 1976 verwerf en het my loopbaan in ʼn eenmanskantoor by die SAVF in Coligny begin. In Januarie 1979 is ek na die Pretoria-kantoor verplaas, waar ek aanvanklik kinderbeskerming doen, later bejaardesorg en toe gemeenskapsontwikkeling. Daarna was ek vir ses jaar ʼn bedryfsmaatskaplikewerker by die Atoomenergie Korporasie. Toe my pos oorbodig verklaar is, was ek vir vier en ʼn half jaar ʼn maatskaplike werker by die CMR in Brits, waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming asook bejaardesorg.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:k het ʼn passie vir kinders en het nog altyd daarop gefokus om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak.
Ek is lief vir die natuur, stap graag en doen naaldwerk vir ekstra inkomste. My hande moet altyd besig wees – as ek nie lees nie, is ek besig om te brei of te hekel.
Kwalifikasie: BEd (FET); BEd (Honneurs) ; MEd (Meestersgraad in Onderwysleierskap)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: As dinamiese onderwyser leef ek sedert 2009 my passie en roeping by Hoërskool Zwartkop uit. Dit is ’n groot voorreg om die geleentheid te hê om aan môre se toekomstige leiers, ons jong mense, te help vorm. Ek is sedert 2014 deel van die dinamiese bestuurspan van Hoërskool Zwartkop en ons as leierskorps is daarop toegespits om gelukkige en opgewasse jong volwassenes vir die toekoms te vorm.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n passievolle onderwyser en leier, wat onvoorwaardelik daar is vir jong mense – die toekoms van môre. Ek is oortuig dat ’n mens geroep word tot die onderwys en dat die verskil wat ’n mens daagliks maak van groter waarde is as wat ’n mens ooit sal besef.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: 36 jaar geneeskundige MW ervaring in hospitale en palliatiewe sorg (Hospice). 8 Jaar privaatpraktyk
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek beskou myself as ‘n realistiese empatiseerder. Daarmee bedoel ek dat empatie maklik kom, maar dat jare se mensekennis en eie ervaring my ook realisties na die lewe laat kyk.
Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow
Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits
Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal
Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar
by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan)
Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het vir ’n aantal jaar in die konstruksiebedryf gewerk, met spesialisasie in elektriese werk. ’n Geleentheid by Sol-Tech het my egter in die wêreld van opleiding bekendgestel, en sedert 2008 is ek voltyds betrokke by die ontwikkeling van elektrisiëns. In 2016 het ek finaal my gereedskap en toetsers verruil vir ’n voltydse rol in opleiding.
TDMI Training is in 2009 gestig en het sedertdien ’n toonaangewende rol gespeel in die bedryf, veral op die gebied van bedradinglisensies. Ons spesialiseer in die registrasie van elektrisiëns by die Departement van Arbeid (DOL) en bied ook verskeie ander elektriese verwante kursusse aan.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My persoonlikheid pas natuurlik by die opleidingsomgewing – ek is geduldig, doelgerig en het ’n passie vir die oordra van kennis. Ek geniet dit om mense te help groei in hul loopbane en vind vervulling daarin om komplekse konsepte op ’n eenvoudige en praktiese manier oor te dra.
Titel:Regional Sales Manager – Meridian Wine Merchants
Kwalifikasie:
Graad in Verkope en Bemarking
Sertifikaat van Kaapse Wynakademie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Interne Verkope: Builders Market
Aankoper: Senwes
Verkoopsverteenwoordiger: SASKO (Pioneer Foods)
Verkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke)
Spesialisverkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke – Spar-groep)
Assistentverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke – PnP-groep)
Verkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
Streeksbestuurder vir handelsware: ABI Bottling (Coke)
Ontwikkelingsverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
Nasionale verkoopsbestuurder: Homemark (5-Hour Energy Shot)
Streeksverkoopsbestuurder: Meridian Wine Merchantes (Gauteng en Binneland)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: EEk is al vir die afgelope 20 jaar gelukkig getroud met my vrou Liezel. Ons het twee kinders, Luben (14) en Dante (10). Ons woon tans in Centurion en werk van ons Woodmead-kantoor af. Elke oggend oefen ons as ʼn gesin saam ter wille van gesondheid. Ons eet ook gesond om ons gewig en gesondheid te ondersteun. Ons is mal daaroor om op vakansie te gaan en maak graag kamp deel van ons vakansie.
Beroep: Koster, berader, administratiewe beampte, fasiliteerder van Impaq-tuisonderrig.
Titel: Berader, Impaq Fasiliteerder
Kwalifikasie: Pastorale Berading: Diploma aan die Bybelskool in Kaapstad, interne opleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Kantooradministrasie (alle fasette), 32 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Diploma in Pastorale berading
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het al harde bene gekou en wil graag iets vir iemand anders, wat enige vorm van ondersteuning nodig het, beteken (natuurlik binne my ervaringsveld). Verder is ek kunstig wat my baie oplettend maak en in voeling bring met die fynere besonderhede. Dit werk saam met my waarneming van, en verhoudings met mense. Ek is 50-jaar oud en het drie dogters: My oudste is ’n fisioterapeut en ’n eiendomsagent in Gauteng. My middelkind is ’n mediese suster in Kloof, Durban en my laatlam is in graad 7. Ons woon in Kathu in die Noord-Kaap. Ek is oorspronklik van Hartswater in Noordwes.
Titel: Direkteur, Kantoorbestuurder en Persoonlike assistent
Kwalifikasie: BA graad by Pukke, Professional Development for PA’S
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Direk na universiteit is ek ʼn pos in bankwese aangebied, waar ek redelik vinnig opgang gemaak het. Só is ek as een van die jongste toesighouers nóg aangestel. Ek het my bankwese skoene uitgeskop met die titel, eksterne verkoopskonsultant – besigheidsafdeling. Daarna het ek by een van die land se grootste werwingsmaatskappye aangesluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur en diere (veral katte). Die see het een of ander magiese uitwerking op my siel na ʼn harde week. Einde verlede jaar het ek onder druk ingegee en ingestem dat sodra ek genoeg werk bymekaar het, dit sal laat assesseer en kyk of ek dalk ʼn boek kan laat druk met my kortverhale en gedigte in beide Afrikaans en Engels.
Honneursgraad in Akademiese Leierskap en Bestuur aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) – tans besig daarmee.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as musiekonderwyser begin. Tussendeur het ek by ʼn nieregeringsorganisasie (NRO) gewerk en opleiding in Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings (CAPS) aan skole gegee. By my vorige skool het ek ook as mentor vir 15 onderwysstudente opgetree – ek het ʼn sagte plek vir studente en jong onderwysers.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 48 jaar oud, al vir byna 22 jaar getroud en het twee seuns. Ons oudste seun studeer tans aan die Noordwes-Universiteit (NWU) by die Potchefstroom-kampus en ons jongste seun is nou in gr. 10 in ʼn aanlyn skool weens ʼn tekort aan goeie skole in ons omgewing.
“Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
“Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 25 jaar as prokureur
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.
Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling
Fokus area Coaching
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO.
Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 28 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het ná my vierjaar-opleiding in die privaat sektor gewerk waar ek vir ses jaar in ʼn kraamsaal gewerk het. Daarna het ek vir 16 jaar buite ʼn hospitaalopset gewerk en was vir 14 jaar in die mynbedryf werksaam. Ek is nou weer vir net meer as ʼn jaar terug in ʼn hospitaalopset. Ek het vir die afgelope tien jaar bestuursposte beklee.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om met mense te werk. Ek glo aan regverdigheid en eerlikheid.