Category filter

Sarita du Plessis

Sarita du Plessis

tassie Beroep: Kantoorbestuurder

gesig Titel: Praktykbestuurder

kwali Kwalifikasie: Diploma Business & HR Management (South African Institute of Management (SAIM))

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26-jaar ondervinding

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek matrikuleer in 1993, alhoewel ek altyd wou studeer was dit my nie beskore op daardie stadium nie. My pa het sy onderneming verloor deur grondonteiening en op daardie stadium was dit vir hom moeilik om weer ’n onderneming op die been te bring a.g.v. sy ouderdom. My ma werk en ek het geweet ek sal my kant ook moet bring en ook begin werk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is die jongste van vier. My pa is in 2012 oorlede. My moeder leef nog. Toe ek op 13 Oktober 1995 by Standard Bank begin werk het, het ek ook op daardie dag my man ontmoet. Ons is hierdie jaar 25-jaar getroud en het twee kinders en ’n kleinseun. Ek beskou myself as baie hardwerkend en het baie selfvertroue in myself en wat ek doen, omrede ek elke dag bereid is om te leer en te groei. Ek glo by die huis en werk is ek ’n steunpilaar vir baie. Ek geniet die diversiteit van my personeel en die uitdagings wat die verskillende persoonlikhede bring.

Johan Koekemoer

Johan Koekemoer

tassie Beroep:  Onderwys – Vakspesialis en dosent

gesig Titel:Hoof: Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers

kwali Kwalifikasie:NWU Potchefstroom 2009-2012: B.Ing. Meganies NWU Potchefstroom 2012-2014: NGOS Wiskunde-onderwys NWU Potchefstroom 2017: B.Ed Honneurs UP Pretoria 2021: M.Ed. Wiskunde-onderrig

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing. Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.

Nico van Deventer

Nico van Deventer

tassie Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant (Project & Change Management Consultant)

gesig Titel: Change Manager

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Hons) Clinical Psychology
  • MBA
  • Prince2 Project Management Certified
  • Prosci Certified Change Practitioner

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)

Riana Jansen van Vuuren

Riana Jansen van Vuuren

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker

kwali Kwalifikasie: Diploma in Maatskaplike Werk; Kinderbeskerming en huidiglik Bejaardesorg

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek begin my loopbaan in ‘n eenmanskantoor, verhuis na twee jaar na Pretoria waar ek aanvanlik Kinderbeskerming doen, later Bejaardesorg en sluit my diensjare by die SAVF af, as gemeenskapswerker. Daarna is ek vir ses jaar werksaam by die destydse Atoomenergie Korporasie as bedryfmaatskaplike werker. Nadat ek in die huwelik getree het, doen ek weer vir vier en ‘n half jaar Kinderbeskerming en daarna is ek vir sewe en ‘n half jaar ‘n bestuurder by ‘n Dienssentrum vir bejaardes. Ek verlaat die beroep vir ongeveer tien jaar en keer op Februarie 2011 terug na die beroep. Ek doen weereens Kinderbeskerming tot en met my aftrede. Na my amptelike aftrede doen ek vir ‘n kort rukkie Pleeg en Stiefoueraannemings. Vanaf Oktober 2024 is ek ‘n maatskaplike werker by Rusoord Centurion.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n omgee persoon en dit is my passie om ‘n verskil in mense se lewe te maak.

Elmarie Eksteen

Elmarie Eksteen

tassie Beroep: Onderwyseres

gesig Titel: Onderwyser – Organiseerder van Graad 11 Afrikaans Huistaal

kwali Kwalifikasie:

  • BA-graad in Afrikaans en Sielkunde
  • Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) in Skoolvoorligting en -berading asook Engels Huistaal
  • NGOS IO: Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) vlak 8 – Inklusiewe onderwys

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Beplanner en vakhoof by Hoërskool Bastion vir Dramatiese Kunste vir graad 8 – 12 vanaf 2006 tot en met 2010.
  • Beplanner van graad 8 en 9 by Hoërskool Noordheuwel (Afrikaans Huistaal graad 8 – 11) vanaf 2011 tot en met 2016.
  • Vanaf 2017 en tans is ek om die beurt beplanner vir graad 11 en graad 12 by Hoërskool Bastion (Afrikaans graad 11 en 12).
  • In 2014 en 2015 is ek as nasiener van die Nasionale Finale Graad 12 Huistaal Vraestel 3 aangestel.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: As gevolg van persoonlike huishoudelike omstandighede kon ek nie direk na skool gaan studeer nie. Ek het dus eers heelwat later in my lewe die geleentheid gekry om te gaan studeer en het in 2015 my BA-graad behaal, my onderwyskwalifikasie in 2017 en my honneursgraad in 2018. Dit was voorwaar ʼn baie uitdagende tyd om ʼn ma, huisvrou en onderwyseres te wees met twee kinders nog op skool ook.

Wynand Moller

Wynand Moller

tassie Beroep: Elektrisien, Assessor, Opleier

gesig Titel: LektorKwalifikasie:
Bedradingslisensie,Elektries

kwali Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Elektriese kontrakteur – 21 jaar;Opleiding vir elektrisiëns – 15 jaar

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is doodgewoon, maar met ʼn passie vir my bedryf. Ek lewe om my kennis en nog meer te deel sodat jongmense suksesvol in die beroep kan wees. Ek het baie jare se ondervinding in ons bedryf, maar leer steeds elke dag nuwe dinge. Dit maak dit ʼn uitdaging en baie interessant. Ek het my gereedskap in 2015 weggepak en voltyds by opleiding betrokke geraak. Ons is die markleiers as dit kom by Bedradingslisensies en het goeie verhoudings met EWSETA asook DOL. My passie is om die mark veilig en gelisensieerd te kry. Opleiding is my lewe en ek sal voortgaan om dit te doen solank dit menslik gesproke vir my moontlik is: “Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.” – Spreuke 3:13

Hugo Vermeulen

Hugo Vermeulen

tassie Beroep:  Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum

gesig Titel: Hoof van opleiding

kwali Kwalifikasie:B.Ed, B.Sc Hons en HOD

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.

Chris Fourie

Chris Fourie

tassie Beroep: Elektriese Ingenieur

gesig Titel: Solar PV Ontwerpingenieur

kwali Kwalifikasie:B. Tech

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 17 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ʼn gekwalifiseerde elektriese ingenieur met ongeveer 17 jaar ondervinding in hardeware-ontwerp. My organisatoriese ervaring strek oor klein en groot maatskappye in die vlootbestuur- en voertuigopsporingsektor as ʼn hardewareontwerp-ingenieur, en in die metingsektor, die ontwerp van draagbare toetstoerusting en kommunikasietoestelle vir die metingbedryf.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n doelgerigte mens, hardwerkend en hou van persoonlike ontwikkeling. Integriteit, respek en waardes is baie belangrike eienskappe vir my, die span waarmee ek werk, en sakelui.

Ina Rossouw

Ina Rossouw

tassie Beroep: Onderwyser

gesig Titel: Onderwyser

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Ed) Opvoedkunde 111
  • Geskiedenis 111
  • Bybelkunde 111

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 50 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 1975 begin skoolhou, daarna ‘n posvlak 3 bevordering aanvaar as adjunkhoof van ‘n Onderwyssentrum en word later die hoof. Hierna aanvaar ek ‘n pos as ‘n SES in die eksamenafdeling van ‘n Distrikskantoor en tree dan uit. Hierna raak ek betrokke by privaatskole, tutorsentrums en ook as tutor vir tweedejaar onderwysstudente by Wits en staan steeds in die tuig.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir die oordrag van kennis en om jongmense vir die lewe toe te rus. Die vonkel in ‘n kind of jongmens se oog wanneer hulle ‘n begrip snap en jy weet jy het daartoe meegewerk kan met geen geld gekoop word nie.

Robert von Gruenewaldt

Robert von Gruenewaldt

tassie Beroep: Elektroniese ingenieur

gesig Titel: Tegniese direkteur

kwali Kwalifikasie:B Eng (Elektronies) H Eng (Rekenaaringenieurswese)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Telkom SA (DC Power, Radionetwerke, databasisontwerp en webontwikkeling) MTN SA (Radiobeplanning & optimalisering) Nuvo Energy (Hernubare energie en sonkragstelsel-ontwerp)

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is in 1978 in Pretoria gebore en het my skooljare by Laerskool Brooklyn en toe by Pretoria Boys High School spandeer. Ek het in 2001 aan die Universiteit van Pretoria gegradueer met ’n graad in elektroniese ingenieurswese en het in 2003 my honneursgraad in Rekenaaringenieurswese voltooi.

Gerrie Marnewick

Gerrie Marnewick

tassie Beroep: Instrument-ingenieur

gesig Titel: Ingenieur

kwali Kwalifikasie:

  • Nasionale ambagsdiploma
  • Instrumentasievaktoets geslaag
  • Diploma in Projekbestuur
  • Diploma in Menslike Hulpbronbestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: In 1983 het ek met my ambag by Eskom begin, en in 1987 het ek as ʼn Instrumenttegnikus gekwalifiseer. Ek was ʼn ambagsman tot 1991, waarna ek begin het as ʼn instrukteur met na-vakleerlingskapopleiding. Vanaf 1996-2003 het ek my eie onderneming bestuur; daarna het ek ʼn projekbestuurder by NIC Instruments and Engineering geword.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek woon tans in Pretoria, en is by Afrox Germiston werksaam, maar ek is ook landwyd asook op in Afrika by allerhande nuwe projekte betrokke en help met tegniese hulpverlening by die betrokke aanlegte. Alhoewel ek gekwalifiseerd is in die instrumentasieveld, strek my verantwoordelikhede oor beide instrumentasie en elektriese installasies. Weens die aard van my werk reis ek nogal baie, maar gelukkig nie vir baie lang periodes aaneen nie.

Thommie Burger

Thommie Burger

tassie Beroep: Leierskap en Strategiese Afrigter

gesig Titel: Self Employed

kwali Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling Fokus area Coaching

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO. Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.

Michelle Snyman

Michelle Snyman

tassie Beroep: Bemarking

gesig Titel: Senior koördineerder

kwali Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.