Kwalifikasie:Senior Sertifiaat, studierigting Landbou: 1980/01/01 THOD (Senior Primêr): 1984/01/01 New Insights Life Coaching 101: 2014/10/06 New Insights Certified Life Coach (onderskeiding): 2016/05/25 Selfbeeldontwikkeling
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 39 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het 1983 afgestudeer as onderwyser by POK. My eerste pos was by Laerskool Ellisras en na drie maande het ek verskuif na ’n nuwe skool, Laerskool Bosveld, ook in Ellisras. Ek het bevordering gekry met ingang van 1993/01/01 as Departementshoof Opvoedkundige Leiding, en aan die begin van 1997 is ek bevorder tot waarnemende adjunkhoof.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:My naam is Pieter Early en ek is ’n “Attitude Warrior.” Ek glo dat ’n positiewe gesindheid, gesonde selfbeeld en reaktiewe geestesingesteldheid (“mindset”) lewensveranderend kan wees . My lewensmotto is: As jy daaroor kan droom, kan jy dit doen. Kinders en jongmense het my nog altyd na aan die hart gelê. Ek het in 1998 opleiding ontvang as Avontuurinstrukteur Vlak 1 en 2. Ek het Badube Avonture begin en letterlik duisende kampe gehou, partymaal tot vyf per jaar, ek het duisende kinders op kampe geneem en honderde hoërskoolkinders en studente opgelei as Avontuurinstrukteurs Vlak 1.
Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling
Fokus area Coaching
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO.
Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.
Kwalifikasie:Belastingpraktisyn, bemarking en wetgewende boekhoudienste.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Kortliks, dit was nie altyd maklik nie, maar oor die algemeen was dit ʼn avontuur, en dit word elke dag net beter.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Na skool het ek vir my pa gewerk, en die entrepreneur-gogga het my onmiddellik gebyt. Ek het verskeie ondernemings begin en suksesvol bedryf ,onder meer as ʼn skoonheidsdeskundige, en as die vervaardiger en verspreider van industriële chemikalieë. Daarna het ek my droom bewaarheid en suksesvol as ʼn finansiële rekenmeester gekwalifiseer. Vir my is dit heerlik en bevredigend om ander mense te help en te onderrig.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar aankope en verkryging (logistiek); 20 jaar rekenmeester, waarvan 10 jaar ook salarisse en PAYE ingesluit het. 3 jaar geregistreerde SARS-praktisyn en lid van die SAIT.
Jou loopbaanpad tot dusver: My loopbaanpad is suksesvol afgehandel na 47 jaar, maar ek is nog te jonk om af te tree.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Na ʼn suksesvolle loopbaan voel ek die tyd het aangebreek dat ek in die gemeenskap moet terugploeg asook in ons jong mense se toekoms. Daarom wil ek ʼn mentor wees. Ek is nou betrokke by die Gemeenskapsforum se taakspan wat gestalte begin kry en waarby Solidariteit sowel as Helpende Hand betrokke is.
Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.
Kwalifikasie:Belyningspesialis met fokus op roterende belyning en vervoerband (‘conveyor’) belyning asook spoorbaanbelyning vir hyskrane en strukture.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
1. Ek het vanaf 2006 tot 2008 as ʼn skofmeulmaker by Rainbow Foods in die Fast Moving Consumable Goods (FMCG) -bedryf gewerk.
2. Ek het van 2008 tot 2012 as skofmeulmaker en later as spanleier by McCain Foods, ook in die “FMCG” bedryf, gewerk.
3. Ek het as ʼn veldtegnikus vir ELB Engineering Services gewerk, wat groot projekte oor die hele Afrika gedoen het. Ek moes by al die nuwe aanlegte wat hulle gebou het opdragte gee tot by die finale prestasietoetse.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is van kleintyd af baie kreatief, en goed daarmee om dinge te ontwerp en toerusting te bou wat my werk vir my makliker kan maak. Ek moet bysê dat my tegniese vaardigheid gekom het van my pa wat vir 20 jaar ʼn opleidingsbeampte by ISCOR was. Hy het vir ons al die regte meganiese tegnieke gewys om die werk reg te doen, presies soos wat hy sy vakleerlinge opgelei het.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Tussen 2003 en 2010 het ek verskeie tegniese ondersteuningsrolle vertolk. Vanaf 2010 tot 2018 het ek verskillende bestuursrolle vertolk – hoofsaaklik vanuit ʼn vervaardigingsoogpunt. Na 2018 het ek na velerlei rolle, onder meer in leierskapsontwikkeling, as fasiliteerder, inligtingkundige en konsultant uitgebrei.
Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn moeilike mens met my eie idees. Ek glo vas dat ʼn mens mooi moet dink oor wat gedoen moet word, en nie net sommer iets doen wat reeds gedoen is nie. Hierdie siening is dikwels teenstrydig met die algemene tendens om alles gelate te aanvaar.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:2013: Maryvale Gekombineerde Skool
2014-2018: Grey Kollege Sekondêr
2019-2020: St Michael’s Meisieskool
Jun. – Des. 2021: Eunice Hoërskool (Aflos)
2021-2022: Deeltydse dosent by Aros vir NGOS-studente: Natuurwetenskappemetodiek
2020 – 2022 Juffrou Karen Aanlyn ekstra klasse vir Skeinat
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het in die sprokiesmooi Ugie aan die voet van die Prentjiesberge, op ʼn plaas op die grens van die destydse Transkei grootgeword. Nadat ek aan die Hoërskool Hangklip op Queenstown gematrikuleer het, het ek vir ʼn jaar by ʼn bosboukwekery gewerk, waarna ek Bloemfontein toe is om aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer.
Honneursgraad in Akademiese Leierskap en Bestuur aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) – tans besig daarmee.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as musiekonderwyser begin. Tussendeur het ek by ʼn nieregeringsorganisasie (NRO) gewerk en opleiding in Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings (CAPS) aan skole gegee. By my vorige skool het ek ook as mentor vir 15 onderwysstudente opgetree – ek het ʼn sagte plek vir studente en jong onderwysers.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 48 jaar oud, al vir byna 22 jaar getroud en het twee seuns. Ons oudste seun studeer tans aan die Noordwes-Universiteit (NWU) by die Potchefstroom-kampus en ons jongste seun is nou in gr. 10 in ʼn aanlyn skool weens ʼn tekort aan goeie skole in ons omgewing.
Beroep: Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum
Titel: Hoof van opleiding
Kwalifikasie:B.Ed, B.Sc Hons en HOD
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2004 vir my pa begin werk en my eie besigheid in 2011 begin toe my pa oorlede is. Ek het my SACAP registrasie gekry in 2006 en my SAIAT registrasie in 2011. Om my besigheid vaardighede te laat verbeter het ek by Akademia Bcom ondernemings bestuur graad in 2021 ontvang. My besigheid het nou 2 take, een in Centurion, Gauteng en George, Tuin roete.
Die besigheid het ook die volgende toekennings ontvang:
• AHI Small Business of the Year 2021 Finalist
• CCBC Business of the Year 2019 Property & Infrastructure Winner
• Margaret Hirsch, Businesswoman Achiever of the Year 2019 Finalist
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur (veral die see) en diere. Hou van teken en verf. Skryf ook gedigte.
Titel:Projekkoördineerder by Akademia vir die werkende mark
Kwalifikasie:Graad: BCom Ondernemingsbestuur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 5 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het in 2015 gematrikuleer, waarna ek in 2016 by Akademia begin studeer het en ook by Pretoria FM begin werk het (ek het ʼn beurs ontvang en het gewerk en gestudeer). Ek het my graad in BCom Ondernemingsbestuur in 2019 voltooi, waarna ek vir ʼn jaar in Amerika gewerk het. Ek het in Desember 2020 na Suid-Afrika teruggekeer en het in Februarie by Akademia aangesluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is in 1997 in Pretoria gebore. Ek is hardwerkend, eerlik, lojaal en doelgerig om ʼn sukses van my lewe en loopbaan te maak. Ek het ʼn passie vir mense, bemarking, projekbestuur en kommunikasie. In my vrye tyd bring ek graag tyd saam met vriende en familie op die plaas deur en gaan stap en hike ook gereeld. Diere en God se natuur is my grootste liefde en om ʼn verskil in iemand anders se lewe te maak, my doelwit.
Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur
My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.
Beroep: Skrywer, kommunikasie- en skakelwesekonsultant
Titel: Vryskut
Kwalifikasie:BTech in Skakelwesebestuur
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Tien jaar in kommunikasie-/skakelwese en twintig jaar in ʼn sekretariële rigting.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as sekretaresse begin en het tot op die vlak van uitvoerende sekretaresse vir die uitvoerende hoof van ArcelorMittal gevorder (ʼn internasionale maatskappy wat voorheen in Suid-Afrika as Yskor bekend gestaan het). Ek het my terselfdertyd as ʼn skakelwese- en kommunikasiekonsultant bekwaam en het in 2007 in hierdie veld begin werk totdat ek in 2015 “uitgetree” het.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is 56 jaar oud, getroud en het twee volwasse seuns. Ek bly in Gouritsmond op die Tuinroete en is baie lief vir lees, reis en om grense te toets (in my eie loopbaan en vir persoonlike ontwikkeling). Die omgewing en behoud daarvan is baie belangrik en ek is ten nouste betrokke by die plaaslike bewaringstrust.
Kwalifikasie:Diploma in voorsieningskettingbestuur (‘Supply chain mangement’)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:My loopbaan het in die mynbousektor begin. Van daar af is ek in die konstruksiebedryf in en tans is ek werksaam in die sonkragindustrie.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ’n passievolle mens wat gedrewe is in my werk. Ek druk myself altyd om my werk so vinnig as moontlik klaar te maak sonder om die kwaliteit daarvan af te skeep. Ek geniet dit om planne te maak en probleme op te los. Ek hou daarvan om sport te kyk en neem self aan verskeie sportsoorte deel.
Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing.
Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.