“Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
“Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 25 jaar as prokureur
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.
Kwalifikasie: Diploma Business & HR Management (South African Institute of Management (SAIM))
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26-jaar ondervinding
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek matrikuleer in 1993, alhoewel ek altyd wou studeer was dit my nie beskore op daardie stadium nie. My pa het sy onderneming verloor deur grondonteiening en op daardie stadium was dit vir hom moeilik om weer ’n onderneming op die been te bring a.g.v. sy ouderdom. My ma werk en ek het geweet ek sal my kant ook moet bring en ook begin werk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is die jongste van vier. My pa is in 2012 oorlede. My moeder leef nog.
Toe ek op 13 Oktober 1995 by Standard Bank begin werk het, het ek ook op daardie dag my man ontmoet.
Ons is hierdie jaar 25-jaar getroud en het twee kinders en ’n kleinseun.
Ek beskou myself as baie hardwerkend en het baie selfvertroue in myself en wat ek doen, omrede ek elke dag bereid is om te leer en te groei.
Ek glo by die huis en werk is ek ’n steunpilaar vir baie. Ek geniet die diversiteit van my personeel en die uitdagings wat die verskillende persoonlikhede bring.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013).
Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017)
Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.
Kwalifikasie:MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.
Kwalifikasie: Ek het ʼn diploma in openbare betrekkinge voltooi, en het ʼn BA-graad in Kommunikasiewetenskappe verwerf. Ek het ook ʼn kwalifikasie in Projekbestuur en het sertifisering as ʼn etiekbeampte.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was vir 10 jaar as kommunikasiebestuurder by ʼn niewinsgewende maatskappy werksaam waar ek daarvoor verantwoordelik was om alle funksies en opleiding te reël en te koördineer, nuusbriewe te ontwerp, sosiale media te behartig, verhoudinge te bestuur en borgskappe te hanteer.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek hou baie van leer en sien daarna uit om nie net ʼn mentee te help nie maar om ook by hom/haar te leer. Ek het ʼn wye musieksmaak en vrek oor boeklees en kruietee. Ek is getroud en het ʼn 14-jarige seun.
Opvoedkundige beampte by die ou Transvaalse (Tvl) Museums: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator.
Titel: Direkteur, Kantoorbestuurder en Persoonlike assistent
Kwalifikasie: BA graad by Pukke, Professional Development for PA’S
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Direk na universiteit is ek ʼn pos in bankwese aangebied, waar ek redelik vinnig opgang gemaak het. Só is ek as een van die jongste toesighouers nóg aangestel. Ek het my bankwese skoene uitgeskop met die titel, eksterne verkoopskonsultant – besigheidsafdeling. Daarna het ek by een van die land se grootste werwingsmaatskappye aangesluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur en diere (veral katte). Die see het een of ander magiese uitwerking op my siel na ʼn harde week. Einde verlede jaar het ek onder druk ingegee en ingestem dat sodra ek genoeg werk bymekaar het, dit sal laat assesseer en kyk of ek dalk ʼn boek kan laat druk met my kortverhale en gedigte in beide Afrikaans en Engels.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: In 1983 het ek met my ambag by Eskom begin, en in 1987 het ek as ʼn Instrumenttegnikus gekwalifiseer. Ek was ʼn ambagsman tot 1991, waarna ek begin het as ʼn instrukteur met na-vakleerlingskapopleiding. Vanaf 1996-2003 het ek my eie onderneming bestuur; daarna het ek ʼn projekbestuurder by NIC Instruments and Engineering geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek woon tans in Pretoria, en is by Afrox Germiston werksaam, maar ek is ook landwyd asook op in Afrika by allerhande nuwe projekte betrokke en help met tegniese hulpverlening by die betrokke aanlegte. Alhoewel ek gekwalifiseerd is in die instrumentasieveld, strek my verantwoordelikhede oor beide instrumentasie en elektriese installasies. Weens die aard van my werk reis ek nogal baie, maar gelukkig nie vir baie lang periodes aaneen nie.
Jou loopbaanpad tot dusver: Christiaan spesialiseer in Immaterieël-goederereg, met spesifieke kundigheid en belangstelling in Handelsmerke, Outeursreg en Domeingeskille, en het STEYN IP (www.steynip.com), ‘n spesialis-regsfirma wat in hierdie regsvelde handel, gestig. Hy beklee tans die posisie van Besturende Direkteur. Hy is ook die stigter van ‘n Niewinsgewende Organisasie bekend as FAME.org.za (die Foundation for the Advancement of Musicians Empowerment), wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en te bemagtig.
Christiaan het sy ervaring in hierdie regsgebiede verder uitgebou deur sy diens by verskeie Immaterieël-goedereregsfirms, asook deur deel te wees van die span verantwoordelik vir die Handelsmerk- en Domeinportefeuljes by Sasol Technology, en in die beklee van ‘n regsposisie in Immaterieël-goedere by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) in die Maatskappy- en Immaterieël-goedere Kommissie (CIPC) se Handelsmerk-kantoor.
Christiaan het ‘n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, verwerf en is ‘n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Christiaan is verder betrokke in Immaterieël-goederereg in Suid-Afrika as ‘n Senior Domeingeskilbeslegter, sowel as lid van die SAIIPL (Suid-Afrikaanse Instituut vir Immaterieël-goederereg) ADR en Outeursreg Komitees, en van die IPIRA (voorheen AIPLITL) Kommunikasiekomitee. Christiaan is ook ‘n lid van WILL (Worldwide Independent Lawyers League).
Kwalifikasie: B-Tech Bemarking
Administrasie van ‘’n besigheid
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my eie besigheid begin in 1996 en dit toegemaak in 2002 waarna ek by Ramutsa Rail (spoor konstruksie maatskappy) begin werk het in die kantoor. Ek was verantwoordelik vir alles wat in ‘n kantoor gedoen moes word. Later het iemand die salarisse oor geneem. In 2020 het ek en my vennoot die besigheid se bestuur oorgeneem van die eienaar en in Julie dieselfde jaar Ramutsa SA begin gebruik instede van Rail. Ons besit aandele en is aangestel as Direkteure en albei bestuur die besigheid saam. Ek fokus op al die administratiewe take wat nodig is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek glo dat die Here vir my hierdie opdrag gegee het om vir sy koninkryk uit te bou.
Ek is gedrewe om die besigheid goed te administreer en sekere te maak dat ons beeld goed is in ons makro omgewing. Dit is ‘n persoonlike ideaal om die maatskappy (familie besigheid) se voortbestaan te verseker.
Ek is ‘n span mens en het die vermoë om mense te inspireer om hulle werk goed te doen en meer te leer.
Kwalifikasie: NDip IT (Unisa)
Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf:
7 jaar as tegnikus
10 jaar as sagteware-ontwikkelaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:My verantwoordelikhede is onder andere die ontwikkeling en uitbreiding van die Maatskaplikewerkersgilde, die Kantoorpraktisynsgilde en die Gilde vir Kommunikasie en Bemarking. Skakeling tussen Beweging-instellings, personeelbestuur, bemarking, netwerkgeleenthede, woordvoerder, verteenwoordiger van wetswysigings wat hierdie beroepe raak, veldtogte, opleiding, verhoudingsbestuur, koördinering en fasilitering van stelsels en prosesse tydens produkontwikkeling, tydsbestuur, verslae, voorleggings, operasionele bestuur, begrotingsbestuur, ens.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het ’n passie om nuwe goed te ontwikkel en te toets. Ek is baie gedrewe in my werk en hou van uitdagings omdat dit my geleentheid gee om oplossings te vind.
Beroep: Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum
Titel: Hoof van opleiding
Kwalifikasie:B.Ed, B.Sc Hons en HOD
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.
Titel: Bedryfspesialis en organiseerder vir Solidariteit se Onderwysgilde
Kwalifikasie:
BA-graad in Sielkunde en Kriminologie
Nagraadse Onderwyssertifikate (NGOS) in verdere onderwys (VOO), en opleiding met spesialisering in Afrikaans en Lewensoriëntering
B.Ed. Honneurs in Onderwysreg, -beleid en -bestuur
Geakkrediteerde mediator deur die Alternatiewe Geskilbeslegtingnetwerk (ADR-netwerk) van Suid-Afrika
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2011 begin skoolhou en het in daardie stadium Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) en Engels Huistaal (HT) aangebied. Daarna is ek as die vakhoof en hoof van kultuur bevorder. Ek het uit die onderwys bedank en het ʼn Afrikaanse kurrikulum vir ʼn welbekende kurrikulumverskaffer gaan skryf.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My heel belangrikste (en lekkerste) “werk” tot dusver is om ʼn ma vir ʼn besonderse dogtertjie te wees en ʼn vrou vir my fenomenale man. Ek is bevoorreg dat ek soveel geleenthede binne my sektor ontvang het en geniet die immer veranderende veld van opvoedkunde.
Titel:Regional Sales Manager – Meridian Wine Merchants
Kwalifikasie:
Graad in Verkope en Bemarking
Sertifikaat van Kaapse Wynakademie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Interne Verkope: Builders Market
Aankoper: Senwes
Verkoopsverteenwoordiger: SASKO (Pioneer Foods)
Verkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke)
Spesialisverkoopsverteenwoordiger: ABI Bottling (Coke – Spar-groep)
Assistentverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke – PnP-groep)
Verkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
Streeksbestuurder vir handelsware: ABI Bottling (Coke)
Ontwikkelingsverkoopsbestuurder: ABI Bottling (Coke)
Nasionale verkoopsbestuurder: Homemark (5-Hour Energy Shot)
Streeksverkoopsbestuurder: Meridian Wine Merchantes (Gauteng en Binneland)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: EEk is al vir die afgelope 20 jaar gelukkig getroud met my vrou Liezel. Ons het twee kinders, Luben (14) en Dante (10). Ons woon tans in Centurion en werk van ons Woodmead-kantoor af. Elke oggend oefen ons as ʼn gesin saam ter wille van gesondheid. Ons eet ook gesond om ons gewig en gesondheid te ondersteun. Ons is mal daaroor om op vakansie te gaan en maak graag kamp deel van ons vakansie.