Category filter

Jana Terblanche

Jana Terblanche

tassie Beroep:  Onderwysspesialis in Afrikaans

gesig Titel:Hoof van GeRAT (ʼn Vakvereniging vir Afrikaansonderwysers. GeRAT is deel van die Skoleondersteuningsentrum.)

kwali Kwalifikasie:BA(Kommunikasiekunde) en ʼn NGOS

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 30 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek werk tans vir Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum. Ek is die hoof van GeRAT – die vakvereniging vir Afrikaansonderwysers en my amptelike postitel is Afrikaans: Onderwysspesialis. Vanaf 1 Oktober 2017 tot 30 Junie 2018: Tree op as waarnemende direkteur by Dirk Postma met bestuurverantwoordelikheid vir die kleuterskool, laerskool, hoërskool en ʼn naskoolsentrum.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn baie optimistiese mens wat lief is vir my mense, die natuur, sport, lees en nog vele meer –kortom, ek glo dat jy die tyd wat die Here jou hier op aarde gun ten volle moet benut!

Wian Stols

Wian Stols

tassie Beroep: Kwaliteitsingenieur / Onderwyser (Tegnies)

gesig Titel: Senior projekbestuurder

kwali Kwalifikasie: HOD (Tegnies)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan: 2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot Tegniese Tekeninge gr. 10-12 2006 – 2007 Putney High School Ontwerptegnologie

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg. Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.

Yolande Durant

Yolande Durant

tassie Beroep: Geregistreerde verpleegkundige

gesig Titel: “Registered Nurse in ICU – ICU trained”

kwali Kwalifikasie: BCur IetA aan die Universiteit van Pretoria; Tweejaardiploma in Kritieke Sorg

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 19 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: 2003-2005: Pen 2-student en kwalifikasie as stafverpleegster 2005-2009: Stafverpleegster in die mediese saal te Wilmedpark 2007-2009: Oorbruggingstudent deur UNISA 2009-2017: Geregistreerde verpleegkundige in die mediese saal te Wilmedpark; tweede in bevel 2017: Begin loopbaan in die intensiewesorgeenheid (ICU) te Wilmedpark 2019-2020: Tweejaardiploma in Kritieke Sorg deur die Universiteit van Pretoria 2021: Voltooi my graad Bcur IetA deur die Universiteit van Pretoria 2021 tot tans: Werk in die intensiewesorgeenheid as geregistreerde verpleegkundige opgelei in intensiewe sorg

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek en my man is vanjaar reeds 22 jaar getroud. Ons het twee wonderlike seuns, 21 en 15 jaar oud. Ek is in murg en been ʼn omgeemens. Ek sien myself as ʼn steunpilaar vir my span by die werk, asook vir my familie en vriende.

Hannes Noeth

Hannes Noeth

tassie Beroep:  Predikant

gesig Titel: Uitvoerende Direkteur: Helpende Hand

kwali Kwalifikasie:BA, ThB, ThB (honneurs) en ʼn ThM

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013). Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017) Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.

Thommie Burger

Thommie Burger

tassie Beroep: Leierskap en Strategiese Afrigter

gesig Titel: Self Employed

kwali Kwalifikasie: PhD Organisasie Ontwikkeling Fokus area Coaching

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 30 jaar +

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het verskeie leierskapsrolle vervul, van Direkteur Menslike Hulpbronne, Besturende Direkteur van Logistieke maatskappye, Hoof Operasionele Beampte en Hoof Uitvoerende Beampte in beide vir profyt en NGO. Bestuur van mega projekte in die konstruksie en vervoer industrie en finansiele omswaai van verskeie entitieite.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My voorliefde vir mensontwikkeling en afrigting was deur al my posisies my primere fokus, ek het vele jong professionele en ouer professionele mense ontwikkel en afgerig tot beter prestasie en loopbaan vervulling. My persoonlikheid is liefde vir ontwikkeling en groei van mense wat die potensiaal het om dit te doen.

Annelize Hartman

Annelize Hartman

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Besturende Direkteur van Serenity Accounting Company (Pty) Ltd

kwali Kwalifikasie: Tegniese finansiële rekenmeester

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Verskeie kassierposte van 1998 tot 2001; Boekhouer/hulpbronbestuurder van 2002 tot 2006; algemene bestuurder van 2006 tot 2009; ’n belastingpraktisyn van 2009 tot huidig; boekhouer/rekenmeester vanaf 2010 tot huidig. Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n gelukkige getroude vrou met twee wonderlike kinders. Ek het harde werk ingesit en lang ure spandeer om te kom waar ek vandag is. Ek het nooit gedink ek sal ’n rekenmeester word nie, so ek het eers die wêreld gaan verken en myself “gevind” voordat ek my posisie in die gemeenskap ingeneem het.

Louise Herbst

Louise Herbst

tassie Beroep: IT

gesig Titel: IT Projekbestuurder

kwali Kwalifikasie: PMP gesertifiseerd (project management professional)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ‘n projekbestuurder vir om en by 25 jaar, meestal in die IT bedryf. Ek is 59 en ‘n pensionaris van die Reserwe Bank.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is georganiseerd en doelgerig. Ek is goed daarmee om ‘n span te bou en spanwerk aan te moedig. Ek is “old school” hardwerkend gedissiplineerd en georganiseerd. Ek is ‘n goeie beplanner.

Appie Pienaar

Appie Pienaar

tassie Beroep: Gekwalifiseerde Geoktrooieerde Rekenmeester (SA)

gesig Titel: Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging

kwali Kwalifikasie: BA (cum laude), BA (Honneurs) (Grieks), BD (cum laude), MCom verwerf aan die Universiteit van Pretoria en BCompt Honneurs en STR, aan Unisa verwerf.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is in Januarie 2013 as die Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging aangestel. My take by Solidariteit sluit die opstel en bestuur van die jaarlikse begroting en die oorhoofse bestuur van die afdelings Finansies en Mensehulpbronne in. Ek dien in die direksies van verskeie kultuurinstellings, onder meer die FAK, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en Maroela Media.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is getroud en het twee dogters. In my vrye tyd geniet ek hardloop en fietsry. Ek het onder meer die Comrades Marathon en die Absa Cape Epic-bergfietswedren suksesvol voltooi.

Jaco Roux

Jaco Roux

tassie Beroep: IT: Applications

gesig Titel: Lead Developer

kwali Kwalifikasie: NDip IT (Unisa) Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf:

  • 7 jaar as tegnikus
  • 10 jaar as sagteware-ontwikkelaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.

Sunell Smith

Sunell Smith

tassie Beroep: Verpleging

gesig Titel: Verpleegdiensbestuurder

kwali Kwalifikasie: Algemene Verpleegkunde, Gemeenskapsverpleegkunde, Psigiatrie, Verloskunde, Verpleegbestuur/-administrasie, Verpleegonderwys, B.Tech. Beroepsgesondheid

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 28 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het ná my vierjaar-opleiding in die privaat sektor gewerk waar ek vir ses jaar in ʼn kraamsaal gewerk het. Daarna het ek vir 16 jaar buite ʼn hospitaalopset gewerk en was vir 14 jaar in die mynbedryf werksaam. Ek is nou weer vir net meer as ʼn jaar terug in ʼn hospitaalopset. Ek het vir die afgelope tien jaar bestuursposte beklee.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om met mense te werk. Ek glo aan regverdigheid en eerlikheid.

Michelle Saayman

Michelle Saayman

tassie Beroep: Bemarking

gesig Titel: Senior koördineerder

kwali Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.

Dawie Beyers

Dawie Beyers

tassie Beroep: Prokureur en notaris

kwali Kwalifikasie:

  • B.A. (Hons) Geskiedenis
  • B. Prok. (Unisa)
  • Openbare notaris
  • Diploma in Insolvensiereg
  • “Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
  • “Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 25 jaar as prokureur

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.

Daan van Wyk

Daan van Wyk

tassie Beroep: Eiendomsagent / ekspredikant / sake-eienaar

gesig Titel: Direkteur

kwali Kwalifikasie: BA (Teol); BTh US 1994

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.

Riana Jansen van Vuuren

Riana Jansen van Vuuren

tassie Beroep: Maatskaplike werker

gesig Titel: Maatskaplike werker

kwali Kwalifikasie: Diploma in Maatskaplike Werk; Kinderbeskerming en huidiglik Bejaardesorg

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek begin my loopbaan in ‘n eenmanskantoor, verhuis na twee jaar na Pretoria waar ek aanvanlik Kinderbeskerming doen, later Bejaardesorg en sluit my diensjare by die SAVF af, as gemeenskapswerker. Daarna is ek vir ses jaar werksaam by die destydse Atoomenergie Korporasie as bedryfmaatskaplike werker. Nadat ek in die huwelik getree het, doen ek weer vir vier en ‘n half jaar Kinderbeskerming en daarna is ek vir sewe en ‘n half jaar ‘n bestuurder by ‘n Dienssentrum vir bejaardes. Ek verlaat die beroep vir ongeveer tien jaar en keer op Februarie 2011 terug na die beroep. Ek doen weereens Kinderbeskerming tot en met my aftrede. Na my amptelike aftrede doen ek vir ‘n kort rukkie Pleeg en Stiefoueraannemings. Vanaf Oktober 2024 is ek ‘n maatskaplike werker by Rusoord Centurion.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n omgee persoon en dit is my passie om ‘n verskil in mense se lewe te maak.