Category filter

Annelize Hartman

Annelize Hartman

tassie Beroep: Rekenmeester

gesig Titel: Besturende Direkteur van Serenity Accounting Company (Pty) Ltd

kwali Kwalifikasie: Tegniese finansiële rekenmeester

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Verskeie kassierposte van 1998 tot 2001; Boekhouer/hulpbronbestuurder van 2002 tot 2006; algemene bestuurder van 2006 tot 2009; ’n belastingpraktisyn van 2009 tot huidig; boekhouer/rekenmeester vanaf 2010 tot huidig. Annelize se ervaring wissel van ’n assistent finansiële bestuurder, mensehulpbronnestuurder, assistent-hoofbestuurder, hoofbestuurder tot ’n sake-eienaar.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ’n gelukkige getroude vrou met twee wonderlike kinders. Ek het harde werk ingesit en lang ure spandeer om te kom waar ek vandag is. Ek het nooit gedink ek sal ’n rekenmeester word nie, so ek het eers die wêreld gaan verken en myself “gevind” voordat ek my posisie in die gemeenskap ingeneem het.

Elmarie Eksteen

Elmarie Eksteen

tassie Beroep: Onderwyseres

gesig Titel: Onderwyser – Organiseerder van Graad 11 Afrikaans Huistaal

kwali Kwalifikasie:

  • BA-graad in Afrikaans en Sielkunde
  • Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) in Skoolvoorligting en -berading asook Engels Huistaal
  • NGOS IO: Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) vlak 8 – Inklusiewe onderwys

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

  • Beplanner en vakhoof by Hoërskool Bastion vir Dramatiese Kunste vir graad 8 – 12 vanaf 2006 tot en met 2010.
  • Beplanner van graad 8 en 9 by Hoërskool Noordheuwel (Afrikaans Huistaal graad 8 – 11) vanaf 2011 tot en met 2016.
  • Vanaf 2017 en tans is ek om die beurt beplanner vir graad 11 en graad 12 by Hoërskool Bastion (Afrikaans graad 11 en 12).
  • In 2014 en 2015 is ek as nasiener van die Nasionale Finale Graad 12 Huistaal Vraestel 3 aangestel.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: As gevolg van persoonlike huishoudelike omstandighede kon ek nie direk na skool gaan studeer nie. Ek het dus eers heelwat later in my lewe die geleentheid gekry om te gaan studeer en het in 2015 my BA-graad behaal, my onderwyskwalifikasie in 2017 en my honneursgraad in 2018. Dit was voorwaar ʼn baie uitdagende tyd om ʼn ma, huisvrou en onderwyseres te wees met twee kinders nog op skool ook.

Susan Venter

Susan Venter

tassie Beroep: Prof. Argitektoniese Tekenaar

gesig Titel: Eienaar en Prof. Argitektoniese Tekenaar

kwali Kwalifikasie: • Prof. Argitektoniese Tekenaar (SACAP & SAIAT registreer) • BCom Ondernemings bestuur (Akademia)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2004 vir my pa begin werk en my eie besigheid in 2011 begin toe my pa oorlede is. Ek het my SACAP registrasie gekry in 2006 en my SAIAT registrasie in 2011. Om my besigheid vaardighede te laat verbeter het ek by Akademia Bcom ondernemings bestuur graad in 2021 ontvang. My besigheid het nou 2 take, een in Centurion, Gauteng en George, Tuin roete. Die besigheid het ook die volgende toekennings ontvang: • AHI Small Business of the Year 2021 Finalist • CCBC Business of the Year 2019 Property & Infrastructure Winner • Margaret Hirsch, Businesswoman Achiever of the Year 2019 Finalist

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is baie lief vir die natuur (veral die see) en diere. Hou van teken en verf. Skryf ook gedigte.

Maretha Spies

Maretha Spies

tassie Beroep:  Finansies

gesig Titel:Bedryfshoof by African Unity Life

kwali Kwalifikasie:MCom (cum laude), CA (SA)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Sewe jaar in langtermynversekering en tien jaar in korttermynversekering

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as ʼn geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer en het my klerkskap in die Johannesburg-kantoor van PWC gedoen. Ek het by die volgende maatskappye in die volgende poste gewerk: • Hoof- finansiële beampte by Camaf Mediese Fonds • Algemene rekenpligtige beampte by Afrox • Dosent aan Universiteit Stellenbosch nadat ons na Kaapstad verhuis het • Hoof- finansiële beampte by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk. (korttermynversekeraar) • Bedryfshoof by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk. • Bedryfshoof by African Unity Life Bpk.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is in die Suid-Vrystaat gebore en het daar grootgeword. Ek het by ʼn klein skooltjie skoolgegaan. Het ʼn BCompt(Hons) aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Het na Johannesburg verhuis waar ek my meestersgraad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf het.

Conrad Pienaar

Conrad Pienaar

tassie Beroep: Konsultant: Payroll Software

gesig Titel: Verbintenisbestuurder

kwali Kwalifikasie: HonsBCom: Logistieke Bestuur

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.

Ina Rossouw

Ina Rossouw

tassie Beroep: Onderwyser

gesig Titel: Onderwyser

kwali Kwalifikasie:

  • BA
  • (Ed) Opvoedkunde 111
  • Geskiedenis 111
  • Bybelkunde 111

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 50 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 1975 begin skoolhou, daarna ‘n posvlak 3 bevordering aanvaar as adjunkhoof van ‘n Onderwyssentrum en word later die hoof. Hierna aanvaar ek ‘n pos as ‘n SES in die eksamenafdeling van ‘n Distrikskantoor en tree dan uit. Hierna raak ek betrokke by privaatskole, tutorsentrums en ook as tutor vir tweedejaar onderwysstudente by Wits en staan steeds in die tuig.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir die oordrag van kennis en om jongmense vir die lewe toe te rus. Die vonkel in ‘n kind of jongmens se oog wanneer hulle ‘n begrip snap en jy weet jy het daartoe meegewerk kan met geen geld gekoop word nie.

Mertz Aucamp

Mertz Aucamp

tassie Beroep: MHB Professioneel

gesig Titel: Onafhanklike Konsultant

kwali Kwalifikasie:MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.

Pieter Bruwer

Pieter Bruwer

tassie Beroep: Ander

gesig Titel: Agronoom

kwali Kwalifikasie: PhD in Volhoubare Landbou

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 45 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Grootgeword op die plaas, later landbou studeer, gaan boer en vir die laatste 10 jaar ‘n agronoom en landboukundige. Ook Senior lektor by UFS.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek deel passievol my ondervinding en ervaring met jong mense. Ek is van mening dat die sleutel tot volhoudbaarheid le in die kombinasie tussen ervaring van ouer persone en die energie van jong mens in ‘n Mentorskaps- of ‘n werksverhouding.

Shaun Slabber

Shaun Slabber

tassie Beroep: Entrepreneur, Bourekeninkunde, Projekbestuur

gesig Titel: Stigter

kwali Kwalifikasie: Western Province Technical College: Nasionale Diploma in die veld van Ingenieurswese Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie: Nasionale Diploma in Konstruksie B-Tech: Bourekenkunde (tans opgeskort)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Nuvo Group – ses jaar Die Nuvo Group identifiseer sake-idees en talentvolle mensekapitaal en bevorder dit in ʼn groepstruktuur van kruisbestuiwing en markontwikkeling op grond van besigheid-tot-besigheid (B2B). Die Beheermaatskappy is tans die tuiste van nege afsonderlike maatskappye uit verskeie bedrywe wat insluit groot ondernemings, entrepreneuriese beginners, asook ʼn onderneming sonder winsoogmerk. Ons is ʼn passievolle groep mense wat glo dat harde werk en toegewyde leierskap die pad na sukses is.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn entrepreneur met ʼn passie om volhoubare sakeondernemings te skep, te begin en te bou. My agtergrond is bourekenkunde en projekbestuur. Ek is die besturende direkteur van NuHome. Ons het ʼn totale omwenteling teweeggebring in die aanbod van onafhanklike kragvoorsiening (onafhanklik van die kragnetwerk), en ons bied aan residensiële huiseienaars en residensiële ontwikkelaars ʼn geleentheid om onafhanklik van kragvoorsiening te wees.

Johan Koekemoer

Johan Koekemoer

tassie Beroep:  Onderwys – Vakspesialis en dosent

gesig Titel:Hoof: Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers

kwali Kwalifikasie:NWU Potchefstroom 2009-2012: B.Ing. Meganies NWU Potchefstroom 2012-2014: NGOS Wiskunde-onderwys NWU Potchefstroom 2017: B.Ed Honneurs UP Pretoria 2021: M.Ed. Wiskunde-onderrig

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 9 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing. Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.

Hendrik Nieuwoudt

Hendrik Nieuwoudt

tassie Beroep: Besigheidsanalis

gesig Titel: Senior Besigheidsanalis

kwali Kwalifikasie: B Com: Informatika en “Life Coaching” diploma Fokus area: besigheidsanalise en die verstaan van klient vereistes, inlsuitend hoe om die regte vrae te vra.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Bedryfsingenieurswese studeer en diploma ontvang. Kry geleentheid om in IT industrie te begin werk as besigheidsanalis. Doen dit vir die laast 25 jaar deur in verskillende industriee te werk en prosesse te verduidleik en oplossing te vind om prosesse te verbeter.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Een van die belangrikste eienskappe van ‘n besigheidsanalis is om jou klient se vereistes te verstaan. Dit behels redelike interaktiewe gespekke en die vermoe om wat jy gehoor het op papier te sit. Ek het ‘n Clifton Strenghts asessment gedoen wat bevestig dat ek ‘n Learner, Belief. Developer is. Dit beteken ek leer vinnig en kan potensiaal raak sien in mense. Die Life Coaching kwalifikasie wat ek gedoen het het net soveel meer diepte gegee in my rol as besighedisanalis aangesien dit help met die regte vrae vra.

Joanelle van Zyl

Joanelle van Zyl

tassie Beroep: Videoredigeerder

gesig Titel: Verbintenisbestuurder

kwali Kwalifikasie: BA Kommunikasiegraad en BA Honneurs in die spesialisrigting Dokumentêre Videoproduksie

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Nadat ek my honneursgraad voltooi het, het ek by iGala Productions as ’n videoredigeerder begin werk. iGala Productions is ’n videoproduksiemaatskappy wat in die maak van persoonlike jagvideo’s vir jagters, wat in Afrika kom jag, spesialiseer. Ek werk nog steeds by hierdie maatskappy.

Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 29 jaar oud en is nou 10 maande getroud. Ek en my man geniet dit om saam te oefen en ons al twee hou daarvan om rustig by die huis te wees. Ek is lief daarvoor om na “podcasts” te luister en om op te lees oor enige iets wat met persoonlike ontwikkeling (toegepaste sielkunde) te make het.

Martie Dippenaar

Martie Dippenaar

tassie Beroep:Skoolhoof

gesig Titel:Skoolhoof

kwali Kwalifikasie:BPrim. VKO (deesdae BEd)

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40+ jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ongeveer 30 jaar in laerskole Afgelope 14 jaar in Vroeë Kinderontwikkeling

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek het baie empatie met mense, daarom het ek kursusse gedoen in pastorale berading en spelterapie. Ek is lief vir naaldwerk, skilder, bak en musiek. Ek is mal oor my drie Chow-honde en twee katte. Ek is lief vir die mooi dinge in die lewe en die natuur, en ek hou van mooi dinge rondom my. Ek hou daarvan om te studeer om myself te verryk.

Annelise de Vries

Annelise de Vries

tassie Beroep: Professionele siviele ingenieur

gesig Titel: Projekdirekteur

kwali Kwalifikasie: B. Ing Siviel; M. Ing Konstruksiebestuur; Prof Ing – Lid ECSA & SAICE; Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.

Marlene Bogaards

Marlene Bogaards

tassie Beroep:Akademikus

gesig Titel:Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie

kwali Kwalifikasie:BCom (cum laude); BCom Hons (cum laude); MCom (Bemarkingsbestuur) (cum laude) wat aan die Noordwes-Universiteit verwerf is. My spesialisgebiede sluit in bemarking, bestuur, leierskap, interkulturele kommunikasie en bemiddeling.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 13 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is die Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie aan ʼn privaat tersiêre instelling. My akademiese loopbaan strek oor meer as 13 jaar met ʼn spesifieke fokus op doseer in die velde van bemarkingsbestuur, ondernemingsbestuur, entrepreneurskap, kleinhandelsakebestuur, innoverende verkope en interkulturele bestuurskommunikasie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak by verskeie universiteite.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn ma van twee dogtertjies en die vrou van ʼn ingenieur. Ek sien myself as ʼn alledaagse, dienende leier en is dus lief vir mense, onderrig en mentorskap. Die onderrig van my dogters en studente is daarom belangrik en ek gee ook katkisasie vir ʼn groep graadeentjies. Ek tree tans op as ʼn mentor by die instelling waar ek werksaam is en sien daarna uit om ander te mentor. Reik uit!

Jaco Roux

Jaco Roux

tassie Beroep: IT: Applications

gesig Titel: Lead Developer

kwali Kwalifikasie: NDip IT (Unisa) Ek spesialiseer in die ontwikkeling van sagteware-oplossings wat nie net aan die huidige behoeftes van die bedryf voldoen nie, maar ook toekomstige innovasies en tegnologiese vooruitgang in ag neem. My werk dra by tot die verbetering van operasionele doeltreffendheid en ondersteun die volhoubare groei van die landbousektor.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf:

  • 7 jaar as tegnikus
  • 10 jaar as sagteware-ontwikkelaar

Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan direk na skool begin as ‘n tegnikus, waar ek verantwoordelik was vir die ondersteuning van hardeware en sagteware. Om my kennis en vaardighede te verdiep, het ek die kans benut om deeltyds by UNISA te studeer. In 2015 het ek ‘n geleentheid gekry om op ‘n kontrakbasis as ʼn PHP-ontwikkelaar by ‘n landboumaatskappy aan te sluit.

Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Probleemoplossing: As iemand wat dit geniet om ingewikkelde probleme aan te pak en innoverende oplossings te vind, pas my vermoë om uitdagings te identifiseer en doeltreffend op te los perfek by die dinamiese en veeleisende aard van tegnologie-ontwikkeling.

Mariska van Helsdingen

Mariska van Helsdingen

tassie Beroep:Administrasie

gesig Titel:Hoof van Administrasie

kwali Kwalifikasie:Tans besig met ʼn BCom-graad

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Vyf jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:Ná skool het ek vir agt maande as ʼn verkoopspersoon by Cash Crusaders gewerk. Ek was vir een en ʼn half jaar ʼn assistentvlootbestuurder. by Nano Fibre. By MTTC het ek as ʼn PA en ontvangsdame begin en nou is ek die hoof van administrasie. Ek is reeds twee jaar en sewe maande by hulle. Vertel ons bietjie van jouself: Ek is ʼn vriendelike, hardwerkende persoon wat my bes probeer om mense te help waar ek kan. In my spaartyd luister ek graag na musiek en gaan stap. Ek hou daarvan om tyd in die tuin deur te bring en om nuwe vaardighede aan te leer.

Ferdi van Niekerk

Ferdi van Niekerk

tassie Beroep:  Meulmaker

gesig Titel: Eienaar van FVN Solutions (Pty) Ltd

kwali Kwalifikasie:Belyningspesialis met fokus op roterende belyning en vervoerband (‘conveyor’) belyning asook spoorbaanbelyning vir hyskrane en strukture.

tassie Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar

Jou loopbaanpad tot dusver:

    1. Ek het vanaf 2006 tot 2008 as ʼn skofmeulmaker by Rainbow Foods in die Fast Moving Consumable Goods (FMCG) -bedryf gewerk. 2. Ek het van 2008 tot 2012 as skofmeulmaker en later as spanleier by McCain Foods, ook in die “FMCG” bedryf, gewerk. 3. Ek het as ʼn veldtegnikus vir ELB Engineering Services gewerk, wat groot projekte oor die hele Afrika gedoen het. Ek moes by al die nuwe aanlegte wat hulle gebou het opdragte gee tot by die finale prestasietoetse.

    Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is van kleintyd af baie kreatief, en goed daarmee om dinge te ontwerp en toerusting te bou wat my werk vir my makliker kan maak. Ek moet bysê dat my tegniese vaardigheid gekom het van my pa wat vir 20 jaar ʼn opleidingsbeampte by ISCOR was. Hy het vir ons al die regte meganiese tegnieke gewys om die werk reg te doen, presies soos wat hy sy vakleerlinge opgelei het.