Beroep: Koster, berader, administratiewe beampte, fasiliteerder van Impaq-tuisonderrig.
Titel: Berader, Impaq Fasiliteerder
Kwalifikasie: Pastorale Berading: Diploma aan die Bybelskool in Kaapstad, interne opleiding
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Kantooradministrasie (alle fasette), 32 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Diploma in Pastorale berading
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het al harde bene gekou en wil graag iets vir iemand anders, wat enige vorm van ondersteuning nodig het, beteken (natuurlik binne my ervaringsveld). Verder is ek kunstig wat my baie oplettend maak en in voeling bring met die fynere besonderhede. Dit werk saam met my waarneming van, en verhoudings met mense. Ek is 50-jaar oud en het drie dogters: My oudste is ’n fisioterapeut en ’n eiendomsagent in Gauteng. My middelkind is ’n mediese suster in Kloof, Durban en my laatlam is in graad 7. Ons woon in Kathu in die Noord-Kaap. Ek is oorspronklik van Hartswater in Noordwes.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: As ambagsman 13 jaar en as lektor amper 1 jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Gestudeer by College of Cape Town. Doen `n N2 in refrigeration.Doen 3 vlakke van elktriese studies en 2 vlakke van verkoeling prakties. Begin my loopbaan by ColCab in die elktriese afdeeling, skuif dan na PenBev (Coca-Cola) werk daar vir 8 jaar skuif dan na Henties Vrugte sappe toe. In 2020 skuif ek Catermarket toe en begin al hoe meer spesialiseer in “commersial refrigeration”. In 2021 skuif ek toe na IMS en werk as n refrigeration team leader tot 2023 en toe gaan ek in opleiding in waar eintlike passie lê.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het `n baie groot passie vir mense en om mense optelei. Ek het ook “as jy tyd het om dit oor tedoen het jy tyd om dit reg tedoen” houding.
Kwalifikasie: Nasionale diploma in Mensehulpbronne-bestuur
My spesialisarea is die keuring en plasing van studente by al die innames, opleiding aan personeel en die deurwerk van aansoeke.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is onlangs tot die senior koördineerder bevorder en groei nog in my pos in.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is een van ʼn tweeling. Ek is getroud en het twee pragtige kinders. Ek hou van die buitelewe en geniet my werk terdeë.
Titel:Hoof van GeRAT (ʼn Vakvereniging vir Afrikaansonderwysers. GeRAT is deel van die Skoleondersteuningsentrum.)
Kwalifikasie:BA(Kommunikasiekunde) en ʼn NGOS
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 30 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek werk tans vir Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum. Ek is die hoof van GeRAT – die vakvereniging vir Afrikaansonderwysers en my amptelike postitel is Afrikaans: Onderwysspesialis.
Vanaf 1 Oktober 2017 tot 30 Junie 2018: Tree op as waarnemende direkteur by Dirk Postma met bestuurverantwoordelikheid vir die kleuterskool, laerskool, hoërskool en ʼn naskoolsentrum.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn baie optimistiese mens wat lief is vir my mense, die natuur, sport, lees en nog vele meer –kortom, ek glo dat jy die tyd wat die Here jou hier op aarde gun ten volle moet benut!
Titel: Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging
Kwalifikasie: BA (cum laude), BA (Honneurs) (Grieks), BD (cum laude), MCom verwerf aan die Universiteit van Pretoria en BCompt Honneurs en STR, aan Unisa verwerf.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is in Januarie 2013 as die Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging aangestel. My take by Solidariteit sluit die opstel en bestuur van die jaarlikse begroting en die oorhoofse bestuur van die afdelings Finansies en Mensehulpbronne in. Ek dien in die direksies van verskeie kultuurinstellings, onder meer die FAK, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en Maroela Media.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is getroud en het twee dogters. In my vrye tyd geniet ek hardloop en fietsry. Ek het onder meer die Comrades Marathon en die Absa Cape Epic-bergfietswedren suksesvol voltooi.
Kwalifikasie:Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie
Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.
Kwalifikasie:Belyningspesialis met fokus op roterende belyning en vervoerband (‘conveyor’) belyning asook spoorbaanbelyning vir hyskrane en strukture.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
1. Ek het vanaf 2006 tot 2008 as ʼn skofmeulmaker by Rainbow Foods in die Fast Moving Consumable Goods (FMCG) -bedryf gewerk.
2. Ek het van 2008 tot 2012 as skofmeulmaker en later as spanleier by McCain Foods, ook in die “FMCG” bedryf, gewerk.
3. Ek het as ʼn veldtegnikus vir ELB Engineering Services gewerk, wat groot projekte oor die hele Afrika gedoen het. Ek moes by al die nuwe aanlegte wat hulle gebou het opdragte gee tot by die finale prestasietoetse.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is van kleintyd af baie kreatief, en goed daarmee om dinge te ontwerp en toerusting te bou wat my werk vir my makliker kan maak. Ek moet bysê dat my tegniese vaardigheid gekom het van my pa wat vir 20 jaar ʼn opleidingsbeampte by ISCOR was. Hy het vir ons al die regte meganiese tegnieke gewys om die werk reg te doen, presies soos wat hy sy vakleerlinge opgelei het.
Kwalifikasie: B-Tech Bemarking
Administrasie van ‘’n besigheid
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my eie besigheid begin in 1996 en dit toegemaak in 2002 waarna ek by Ramutsa Rail (spoor konstruksie maatskappy) begin werk het in die kantoor. Ek was verantwoordelik vir alles wat in ‘n kantoor gedoen moes word. Later het iemand die salarisse oor geneem. In 2020 het ek en my vennoot die besigheid se bestuur oorgeneem van die eienaar en in Julie dieselfde jaar Ramutsa SA begin gebruik instede van Rail. Ons besit aandele en is aangestel as Direkteure en albei bestuur die besigheid saam. Ek fokus op al die administratiewe take wat nodig is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek glo dat die Here vir my hierdie opdrag gegee het om vir sy koninkryk uit te bou.
Ek is gedrewe om die besigheid goed te administreer en sekere te maak dat ons beeld goed is in ons makro omgewing. Dit is ‘n persoonlike ideaal om die maatskappy (familie besigheid) se voortbestaan te verseker.
Ek is ‘n span mens en het die vermoë om mense te inspireer om hulle werk goed te doen en meer te leer.
Kwalifikasie:B Eng (Elektronies)
H Eng (Rekenaaringenieurswese)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Telkom SA (DC Power, Radionetwerke, databasisontwerp en webontwikkeling)
MTN SA (Radiobeplanning & optimalisering)
Nuvo Energy (Hernubare energie en sonkragstelsel-ontwerp)
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is in 1978 in Pretoria gebore en het my skooljare by Laerskool Brooklyn en toe by Pretoria Boys High School spandeer. Ek het in 2001 aan die Universiteit van Pretoria gegradueer met ’n graad in elektroniese ingenieurswese en het in 2003 my honneursgraad in Rekenaaringenieurswese voltooi.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2005 by die maatskappy VIP Payroll as ʼn Junior Payroll-konsultant begin werk. ʼn Mens gaan daar deur vyf maande se Payroll-opleiding waarna jy as ʼn geregistreerde Sage Payroll-konsultant kwalifiseer. Daarna het ek op verskillende produkte gewerk waar ek verantwoordelik was vir die Payroll-programme se opstel, implementering en ondersteuning.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 39, ongetroud en het ook nie kinders nie. Alhoewel ek baie graag ʼn gesin sal wil hê, is my prioriteit tans om daagliks gelukkig te wees en om op die hier en die nou te fokus asook op my voorregte. Ek is ʼn baie positiewe mens, ek het ʼn passie om mense te help, en ek leef ʼn eenvoudige lewe.
Beroepsveiligheid en -gesondheidsertifikate (voltooi)
Nasional Safety Management Diploma (UNISA) (vir voltooiing teen die einde van 2022)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het met my loopbaan as meulmaker by Yskor begin en in 2000 gekwalifiseer. Toe het ek by Pro Belt Services gewerk waar ek tussen verskillende mynbedrywe rondgery het om vervoerbande te diens. Daarna het ek by N F Die-Casting begin werk waar ek as “CNC Setter” gewerk het. Dit was meer gefokus op die produksielyn. Daarna het ek by Willards Foods skofte begin werk waar en masjiene in stand gehou.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Sewe jaar in langtermynversekering en tien jaar in korttermynversekering
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as ʼn geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer en het my klerkskap in die Johannesburg-kantoor van PWC gedoen.
Ek het by die volgende maatskappye in die volgende poste gewerk:
• Hoof- finansiële beampte by Camaf Mediese Fonds
• Algemene rekenpligtige beampte by Afrox
• Dosent aan Universiteit Stellenbosch nadat ons na Kaapstad verhuis het
• Hoof- finansiële beampte by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk. (korttermynversekeraar)
• Bedryfshoof by Western Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk.
• Bedryfshoof by African Unity Life Bpk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is in die Suid-Vrystaat gebore en het daar grootgeword. Ek het by ʼn klein skooltjie skoolgegaan. Het ʼn BCompt(Hons) aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Het na Johannesburg verhuis waar ek my meestersgraad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf het.
Kwalifikasie:MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 35+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: In 1983 het ek met my ambag by Eskom begin, en in 1987 het ek as ʼn Instrumenttegnikus gekwalifiseer. Ek was ʼn ambagsman tot 1991, waarna ek begin het as ʼn instrukteur met na-vakleerlingskapopleiding. Vanaf 1996-2003 het ek my eie onderneming bestuur; daarna het ek ʼn projekbestuurder by NIC Instruments and Engineering geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek woon tans in Pretoria, en is by Afrox Germiston werksaam, maar ek is ook landwyd asook op in Afrika by allerhande nuwe projekte betrokke en help met tegniese hulpverlening by die betrokke aanlegte. Alhoewel ek gekwalifiseerd is in die instrumentasieveld, strek my verantwoordelikhede oor beide instrumentasie en elektriese installasies. Weens die aard van my werk reis ek nogal baie, maar gelukkig nie vir baie lang periodes aaneen nie.
Jou loopbaanpad tot dusver:
My primêre passie in die lewe is kennis. Van kleins af het ek aan algemene kennis-olimpiades deelgeneem en dit is dus nie vreemd dat my akademiese loopbaan ʼn wye reeks van kwalifikasies insluit nie. My loopbaan in die werkplek sluit ook ʼn verskeidenheid posisies in, onder meer as bemarker en operasionele bestuurder.
Saam met my liefde vir kennis het ek ʼn passie vir persoonlike ontwikkeling. ʼn Goeie balans tussen jou werk, ontspanning en omsien na ʼn mens se gesondheid is vir my baie belangrik. Ek kry energie uit dit wat ek leer en met ander mense deel.