Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in 2013 as student begin werk en het al die finansiële funksies van die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria behartig. Ek het ook in dié tyd by Aros se finansiesafdeling uitgehelp. Ná ʼn jaar en ʼn half het Aros my ʼn kontrak van ses maande aangebied. Ek het dit aanvaar en het by GSDP bedank. Aan die einde van my kontrak het Aros se ouditeure belangstelling getoon om my in diens te neem.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in Pietermaritzburg grootgeword en skool gegaan. Ná skool het ek ʼn draai by die Puk gemaak en was daarna vir agt jaar in Pretoria werksaam. In Augustus 2021 het ek permanent in Orania gaan bly. Buite die werksomgewing is ek ʼn sportliefhebber en ek kan soms op die rugbyveld as skeidsregter aangetref word – dit is nou wanneer ons minus Covid-19 is.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 28 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het ná my vierjaar-opleiding in die privaat sektor gewerk waar ek vir ses jaar in ʼn kraamsaal gewerk het. Daarna het ek vir 16 jaar buite ʼn hospitaalopset gewerk en was vir 14 jaar in die mynbedryf werksaam. Ek is nou weer vir net meer as ʼn jaar terug in ʼn hospitaalopset. Ek het vir die afgelope tien jaar bestuursposte beklee.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om met mense te werk. Ek glo aan regverdigheid en eerlikheid.
Kwalifikasie:Ek het ʼn BA-graad met onderwysdiploma.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het ondervinding in die onderwys op alle vlakke van drie maande oue babas tot vierdejaar- Afrikaans-vakdidaktiek aan die NWU. Ek was ook mentor vir my eggenoot wat skoolgehou het vir verstandelik erg gestremde kinders.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn gedrewe individu wat nooit versadig raak aangaande die misterie van die kind in onderwys nie. Ek hou daarvan om my Midas-stempel op alles te sit wat ek aanraak. Tien jaar gelede het ek die hoofstroomonderwys verlaat en my eie kleuterskool begin. Vandag bedryf ek ʼn skool met 160 kinders en 38 personeellede.
Kwalifikasie:Nasionale Diploma in Besigheidskommunikasie
Baccalaureus Technologiae: Besigheidskommunikasie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 18 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het as jong student my praktiese jaar by ʼn advertensie-agentskap gedoen waar ek groot winkelsentrums se bemarking en funksies hanteer het. In die loop van my 18 jaar se werk het ek onder meer vir groot maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurs gewerk, waar ek groot opleidingskongresse regoor Afrika moes reël.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Om in bemarking te werk moet jy op jou voete kan dink, ʼn dinamiese uitkyk hê, kan beplan en ander kan oorreed en jy moet geniet wat jy doen. As jy wil leer hoe om ʼn fenomenale projek of funksie te beplan en deur te voer, of selfs net meer wil weet oor hoe om met iemand te onderhandel óf hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel, vra my gerus. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel graag my ondervinding en stories.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my militêre diens as offisier by 1 Parachute-bataljon voltooi en my leierskapsvaardighede versterk. In 1985 het ek my bestuursloopbaan begin en oor 24 jaar waardevolle ondervinding in die meubel- en versekeringsektor opgebou. My vermoë om langtermyn-sakeverhoudings te vestig en te behou, het my in die varsproduktemark gelei, waar ek nou 15 jaar se ondervinding in FMCG, kleinhandel en groothandel het.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Met ‘n sterk agtergrond in besigheidsbestuur, opleiding en konsultasie, het ek bewys dat ek vertroue kan wen en praktiese, doeltreffende oplossings bied. Ek is vasberade, doelgerig en gefokus op resultate, met ‘n kernwaardestelsel wat vertroulikheid, integriteit en uitsonderlike dienslewering insluit. My professionele benadering en vermoë om suksesvolle sakeverhoudings te bou, maak my ‘n gewaardeerde adviseur en vertroueling in die sakewêreld
“Professional Designated Exam”-vlak 4: Kursus en eksamen (PDE4)
“Professional Designated Exam”-vlak 5: Kursus en eksamen (PDE5)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 25 jaar as prokureur
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek was al die mentor van vele studente, veral in familiereg en litigasie. Ek het baie ervaring en ondervinding in verskeie aspekte van regte en is al vir jare aktief betrokke in die regswêreld. Nie net maak my ondervinding en ervaring van my ʼn goeie leermeester nie, maar is ek ook avontuurlustig en het in 2006 Mount Kilimanjaro geklim.
Senior Mediese Beampte – ses maande, Interne Geneeskunde, Hillbrow
Kliniese Assistent (Pediatrie) – amper vier jaar, Wits
Spesialis in Pediatrie – amper agt jaar, Johannesburg Hospitaal
Professor in Pediatrie en departementshoof – bykans 20 jaar
by Medunsa, (die universiteit het verskeie naamsveranderinge ondergaan)
Aanstellings as mede-dekaan (deeltyds) – Navorsing en later in Onderrig en Opleiding
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn kind van God. Ek het juis ʼn geneesheer geword om Hom te dien. My loopbaan as geneesheer was baie vervullend. Daar is duidelik in alle werkrigtings frustrasies en teenspoed, maar dit is ʼn geweldige voorreg om ʼn roeping as geneesheer te hê. Ek sou graag as mentor optree as dit bruikbaar sou wees.
Kwalifikasie:B.Ing Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in mineraalprosessering M.Ing Chemiese Ingenieurswese
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is ʼn mineraalprosesseringsingenieur met ʼn passie vir wat ek doen. Dit is my doel om te help in die industrie. Ek wil graag ʼn verskil maak, beide in die industrie en in individue se lewens. Ek is ʼn bestuurder by ʼn maatskappy wat mynboutoerusting vervaardig, en ek werk spesifiek in die navorsings- en ontwikkelingsafdeling. Ek is ʼn deernisvolle persoon, en ek glo daaraan om ʼn voorbeeld te wees vir my span.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn mamma van ʼn pragtige sewejarige seuntjie. Dit is my doel om vir my seuntjie goeie Christelike waardes te leer, en om ʼn voorbeeld vir hom te wees. Bo en behalwe dat ek geniet om tyd saam met my seuntjie te spandeer, hou ek van ʼn lekker braai, kwaliteittyd saam met vriende en familie, en ek probeer ook om bietjie meer aktief te wees. Ek hou van lees, en wanneer ek tyd kry, om ʼn lekker reeks te kyk.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het my diploma aan die einde van 1976 verwerf en het my loopbaan in ʼn eenmanskantoor by die SAVF in Coligny begin. In Januarie 1979 is ek na die Pretoria-kantoor verplaas, waar ek aanvanklik kinderbeskerming doen, later bejaardesorg en toe gemeenskapsontwikkeling. Daarna was ek vir ses jaar ʼn bedryfsmaatskaplikewerker by die Atoomenergie Korporasie. Toe my pos oorbodig verklaar is, was ek vir vier en ʼn half jaar ʼn maatskaplike werker by die CMR in Brits, waar ek verantwoordelik was vir kinderbeskerming asook bejaardesorg.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:k het ʼn passie vir kinders en het nog altyd daarop gefokus om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak.
Ek is lief vir die natuur, stap graag en doen naaldwerk vir ekstra inkomste. My hande moet altyd besig wees – as ek nie lees nie, is ek besig om te brei of te hekel.
Titel: Onderwyser – Organiseerder van Graad 11 Afrikaans Huistaal
Kwalifikasie:
BA-graad in Afrikaans en Sielkunde
Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) in Skoolvoorligting en -berading asook Engels Huistaal
NGOS IO: Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) vlak 8 – Inklusiewe onderwys
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:
Beplanner en vakhoof by Hoërskool Bastion vir Dramatiese Kunste vir graad 8 – 12 vanaf 2006 tot en met 2010.
Beplanner van graad 8 en 9 by Hoërskool Noordheuwel (Afrikaans Huistaal graad 8 – 11) vanaf 2011 tot en met 2016.
Vanaf 2017 en tans is ek om die beurt beplanner vir graad 11 en graad 12 by Hoërskool Bastion (Afrikaans graad 11 en 12).
In 2014 en 2015 is ek as nasiener van die Nasionale Finale Graad 12 Huistaal Vraestel 3 aangestel.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: As gevolg van persoonlike huishoudelike omstandighede kon ek nie direk na skool gaan studeer nie. Ek het dus eers heelwat later in my lewe die geleentheid gekry om te gaan studeer en het in 2015 my BA-graad behaal, my onderwyskwalifikasie in 2017 en my honneursgraad in 2018. Dit was voorwaar ʼn baie uitdagende tyd om ʼn ma, huisvrou en onderwyseres te wees met twee kinders nog op skool ook.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 16 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my graad in 2005 aan die NWU verwerf en het my klerkskap in 2008 in Potchefstroom voltooi, waarna ek in die privaat sektor begin werk het. Ek het onder meer by Apple SA (Core Computer Business) en Betway SA ondervinding as rekenmeester en finansiële bestuurder opgedoen. Ek het in 2017 by die IMM ingeskryf om my tweede graad in Bemarking en Bestuurswese te behaal. Ek het die graad in 2021 verwerf. Ek beklee op die oomblik ʼn pos as hoof van finansies en mensehulpbronbestuur by ʼn internasionale handelsmaatskappy in die Kaap.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan:
2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney
Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot
Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2006 – 2007 Putney High School
Ontwerptegnologie
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg.
Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Eiendomsagent vir agt jaar en ʼn sake-eienaar vir ses jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was ʼn predikant in die NG Kerk vir 15 jaar. Daarna het ek vir ʼn jaar as ʼn kliëntediensbeampte by ʼn ingenieursfirma gewerk en het ʼn bietjie later ʼn eiendomsagent geword.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn Karookind wat op Fraserburg grootgeword het in ʼn gemeenskap en in ʼn gesin wat mense help. Ek het predikant geword om mense te kan help en seën. Dit was wonderlik, maar met my aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) was daar ook maar baie taai tye en baie konflik.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 17 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is ʼn gekwalifiseerde elektriese ingenieur met ongeveer 17 jaar ondervinding in hardeware-ontwerp. My organisatoriese ervaring strek oor klein en groot maatskappye in die vlootbestuur- en voertuigopsporingsektor as ʼn hardewareontwerp-ingenieur, en in die metingsektor, die ontwerp van draagbare toetstoerusting en kommunikasietoestelle vir die metingbedryf.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n doelgerigte mens, hardwerkend en hou van persoonlike ontwikkeling. Integriteit, respek en waardes is baie belangrike eienskappe vir my, die span waarmee ek werk, en sakelui.
Kwalifikasie:MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.
Titel:Hoof van GeRAT (ʼn Vakvereniging vir Afrikaansonderwysers. GeRAT is deel van die Skoleondersteuningsentrum.)
Kwalifikasie:BA(Kommunikasiekunde) en ʼn NGOS
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Ongeveer 30 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek werk tans vir Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum. Ek is die hoof van GeRAT – die vakvereniging vir Afrikaansonderwysers en my amptelike postitel is Afrikaans: Onderwysspesialis.
Vanaf 1 Oktober 2017 tot 30 Junie 2018: Tree op as waarnemende direkteur by Dirk Postma met bestuurverantwoordelikheid vir die kleuterskool, laerskool, hoërskool en ʼn naskoolsentrum.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn baie optimistiese mens wat lief is vir my mense, die natuur, sport, lees en nog vele meer –kortom, ek glo dat jy die tyd wat die Here jou hier op aarde gun ten volle moet benut!