Kwalifikasie:Belastingpraktisyn, bemarking en wetgewende boekhoudienste.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Kortliks, dit was nie altyd maklik nie, maar oor die algemeen was dit ʼn avontuur, en dit word elke dag net beter.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Na skool het ek vir my pa gewerk, en die entrepreneur-gogga het my onmiddellik gebyt. Ek het verskeie ondernemings begin en suksesvol bedryf ,onder meer as ʼn skoonheidsdeskundige, en as die vervaardiger en verspreider van industriële chemikalieë. Daarna het ek my droom bewaarheid en suksesvol as ʼn finansiële rekenmeester gekwalifiseer. Vir my is dit heerlik en bevredigend om ander mense te help en te onderrig.
Kwalifikasie: B. Ing Siviel;
M. Ing Konstruksiebestuur;
Prof Ing – Lid ECSA & SAICE;
Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.
Titel: Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging
Kwalifikasie: BA (cum laude), BA (Honneurs) (Grieks), BD (cum laude), MCom verwerf aan die Universiteit van Pretoria en BCompt Honneurs en STR, aan Unisa verwerf.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is in Januarie 2013 as die Finansiële Hoof van die Solidariteit Beweging aangestel. My take by Solidariteit sluit die opstel en bestuur van die jaarlikse begroting en die oorhoofse bestuur van die afdelings Finansies en Mensehulpbronne in. Ek dien in die direksies van verskeie kultuurinstellings, onder meer die FAK, die Erfenisstigting, die Voortrekkermonument en Maroela Media.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is getroud en het twee dogters. In my vrye tyd geniet ek hardloop en fietsry. Ek het onder meer die Comrades Marathon en die Absa Cape Epic-bergfietswedren suksesvol voltooi.
Jou loopbaanpad tot dusver: Christiaan spesialiseer in Immaterieël-goederereg, met spesifieke kundigheid en belangstelling in Handelsmerke, Outeursreg en Domeingeskille, en het STEYN IP (www.steynip.com), ‘n spesialis-regsfirma wat in hierdie regsvelde handel, gestig. Hy beklee tans die posisie van Besturende Direkteur. Hy is ook die stigter van ‘n Niewinsgewende Organisasie bekend as FAME.org.za (die Foundation for the Advancement of Musicians Empowerment), wat toegewy is om Suid-Afrikaanse musikante te ondersteun en te bemagtig.
Christiaan het sy ervaring in hierdie regsgebiede verder uitgebou deur sy diens by verskeie Immaterieël-goedereregsfirms, asook deur deel te wees van die span verantwoordelik vir die Handelsmerk- en Domeinportefeuljes by Sasol Technology, en in die beklee van ‘n regsposisie in Immaterieël-goedere by die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) in die Maatskappy- en Immaterieël-goedere Kommissie (CIPC) se Handelsmerk-kantoor.
Christiaan het ‘n LLB-graad aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, verwerf en is ‘n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Christiaan is verder betrokke in Immaterieël-goederereg in Suid-Afrika as ‘n Senior Domeingeskilbeslegter, sowel as lid van die SAIIPL (Suid-Afrikaanse Instituut vir Immaterieël-goederereg) ADR en Outeursreg Komitees, en van die IPIRA (voorheen AIPLITL) Kommunikasiekomitee. Christiaan is ook ‘n lid van WILL (Worldwide Independent Lawyers League).
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek is tans werksaam by Die Hoërskool Wagpos, te Brits in Noordwes in die posbeskrywing Adjunkhoof: Dissipline en Mentorskap. Ek beskik oor plaaslike sowel as internasionale ondervinding…dus het ek al baie unieke uitdagings in die onderwys ervaar. Die opvoedkundige landskap het plaaslik sowel as wêreldwyd verander. Tesame met daardie verandering, is daar natuurlik gepaardgaande uitdagings soos: tydsbestuur, gesinslewe, en professionele werkslading. Ek ontmoet daagliks wonderlike mense(oud en jonk), en het die geleentheid om professioneel te groei en te ontwikkel. Ek is tans besig met ‘n 2jaar diploma kursus in Skoolleierskap en bestuur by Akademia asook ‘n 12 maande Mentorskap- kursus by die SAOU. Dit is leersaam, en bied aan my die geleentheid om as mentor op te tree by my huidige werkgewer. Dit is my uitsonderlike voorreg om die hoof van ons Mentorskapprogram te wees.
My beroep is vol uitdagings, maar bied ook die geleentheid vir lewenslange groei en ontwikkeling.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is behoedsaam,gefokus, pligsgetrou, privaat, bedagsaam, verstandig, kalm, deernisvol en verdraagsaam. Ek glo in selfgeldend wees, selfbestuur, selfdissipline en selfontwikkeling. Ek handhaaf hoë standaarde en tree doelgerig op.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar aankope en verkryging (logistiek); 20 jaar rekenmeester, waarvan 10 jaar ook salarisse en PAYE ingesluit het. 3 jaar geregistreerde SARS-praktisyn en lid van die SAIT.
Jou loopbaanpad tot dusver: My loopbaanpad is suksesvol afgehandel na 47 jaar, maar ek is nog te jonk om af te tree.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Na ʼn suksesvolle loopbaan voel ek die tyd het aangebreek dat ek in die gemeenskap moet terugploeg asook in ons jong mense se toekoms. Daarom wil ek ʼn mentor wees. Ek is nou betrokke by die Gemeenskapsforum se taakspan wat gestalte begin kry en waarby Solidariteit sowel as Helpende Hand betrokke is.
Opvoedkundige beampte by die ou Transvaalse (Tvl) Museums: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het destyds as onderwyser begin werk waarna ek verder in Geskiedenis gaan studeer het en as opvoedkundige beampte by museums gewerk het. Op ʼn tyd was ek selfs ʼn museumkurator.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: As ambagsman 13 jaar en as lektor amper 1 jaar.
Jou loopbaanpad tot dusver: Gestudeer by College of Cape Town. Doen `n N2 in refrigeration.Doen 3 vlakke van elktriese studies en 2 vlakke van verkoeling prakties. Begin my loopbaan by ColCab in die elktriese afdeeling, skuif dan na PenBev (Coca-Cola) werk daar vir 8 jaar skuif dan na Henties Vrugte sappe toe. In 2020 skuif ek Catermarket toe en begin al hoe meer spesialiseer in “commersial refrigeration”. In 2021 skuif ek toe na IMS en werk as n refrigeration team leader tot 2023 en toe gaan ek in opleiding in waar eintlike passie lê.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het `n baie groot passie vir mense en om mense optelei. Ek het ook “as jy tyd het om dit oor tedoen het jy tyd om dit reg tedoen” houding.
Titel:Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie
Kwalifikasie:BCom (cum laude);
BCom Hons (cum laude);
MCom (Bemarkingsbestuur) (cum laude) wat aan die Noordwes-Universiteit verwerf is.
My spesialisgebiede sluit in bemarking, bestuur, leierskap, interkulturele kommunikasie en bemiddeling.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: Meer as 13 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is die Hoof van Skool: Eenheid vir Navorsing en Nagraadse Studie aan ʼn privaat tersiêre instelling. My akademiese loopbaan strek oor meer as 13 jaar met ʼn spesifieke fokus op doseer in die velde van bemarkingsbestuur, ondernemingsbestuur, entrepreneurskap, kleinhandelsakebestuur, innoverende verkope en interkulturele bestuurskommunikasie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak by verskeie universiteite.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn ma van twee dogtertjies en die vrou van ʼn ingenieur. Ek sien myself as ʼn alledaagse, dienende leier en is dus lief vir mense, onderrig en mentorskap. Die onderrig van my dogters en studente is daarom belangrik en ek gee ook katkisasie vir ʼn groep graadeentjies. Ek tree tans op as ʼn mentor by die instelling waar ek werksaam is en sien daarna uit om ander te mentor. Reik uit!
Honneursgraad in Akademiese Leierskap en Bestuur aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) – tans besig daarmee.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my loopbaan as musiekonderwyser begin. Tussendeur het ek by ʼn nieregeringsorganisasie (NRO) gewerk en opleiding in Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings (CAPS) aan skole gegee. By my vorige skool het ek ook as mentor vir 15 onderwysstudente opgetree – ek het ʼn sagte plek vir studente en jong onderwysers.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 48 jaar oud, al vir byna 22 jaar getroud en het twee seuns. Ons oudste seun studeer tans aan die Noordwes-Universiteit (NWU) by die Potchefstroom-kampus en ons jongste seun is nou in gr. 10 in ʼn aanlyn skool weens ʼn tekort aan goeie skole in ons omgewing.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek was aangestel as ‘n PA in 2001 waarna ek ‘n makelaar geword het in 2003 tot 2012. In 2013 nader my werkgewer my vir ‘n bestuurspos in die makelary. Ek ondersteun makelaars op alle vlakke. Vanaf aanstelling, nakoming, groei in die praktyk, tussenganger met versekeraars en CRM stelsel ondersteuning
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het ‘n passie vir my werk en hou daarvan om met mense te werk.
Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant
(Project & Change Management Consultant)
Titel: Change Manager
Kwalifikasie:
BA
(Hons) Clinical Psychology
MBA
Prince2 Project Management Certified
Prosci Certified Change Practitioner
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)
Beroep: Bestuurslid van Opleiding by Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum
Titel: Hoof van opleiding
Kwalifikasie:B.Ed, B.Sc Hons en HOD
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 31 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwyser: 7 jaar; Skoolhoof: 18 jaar; Huidige pos: 6 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is mal oor die onderwys, jong mense en mense oor die algemeen. Groot sportliefhebber en lief vir natuurlewe en dinge soos jag en visvang. Ek het baie lewenswysheid om te deel. Ek het drie volwasse kinders (twee is al getroud); ek geniet my twee kleinkinders en is al 39 jaar getroud. Ek woon in Eldoraigne.
Kwalifikasie:MA in Mensehulpbronne en Arbeidsverhoudinge Plus MBA
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 23 jaar
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het aan ʼn landbouskool gematrikuleer, en daarna het ek ʼn loopbaan as Telkom-tegnikus begin volg. Ek het later die skuif na mensehulpbronne (MHB) gemaak. My belangstelling in MHB het ontwikkel toe ek in die Oos-Kaap die voorsitter van ʼn vakbond van 1 900 lede was en deur die MHB-bestuur oorreed is om ʼn loopbaan in MHB te oorweeg. Ek het bykans vyf jaar in die buiteland (Tunisië en die Ivoorkus) gewerk. Ek is lief vir houtwerk en baie op herwinning gefokus. Ek was ook op RSG waar my musiekkeuse op Brekfis met Derrich uitgesaai was. Ek het die kursus “The art of Personal Development Planning” ontwikkel wat die eerste van sy soort en uniek in SA is en wat ek tans adverteer.
Kwalifikasie: B-Tech Bemarking
Administrasie van ‘’n besigheid
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my eie besigheid begin in 1996 en dit toegemaak in 2002 waarna ek by Ramutsa Rail (spoor konstruksie maatskappy) begin werk het in die kantoor. Ek was verantwoordelik vir alles wat in ‘n kantoor gedoen moes word. Later het iemand die salarisse oor geneem. In 2020 het ek en my vennoot die besigheid se bestuur oorgeneem van die eienaar en in Julie dieselfde jaar Ramutsa SA begin gebruik instede van Rail. Ons besit aandele en is aangestel as Direkteure en albei bestuur die besigheid saam. Ek fokus op al die administratiewe take wat nodig is.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek glo dat die Here vir my hierdie opdrag gegee het om vir sy koninkryk uit te bou.
Ek is gedrewe om die besigheid goed te administreer en sekere te maak dat ons beeld goed is in ons makro omgewing. Dit is ‘n persoonlike ideaal om die maatskappy (familie besigheid) se voortbestaan te verseker.
Ek is ‘n span mens en het die vermoë om mense te inspireer om hulle werk goed te doen en meer te leer.
Kwalifikasie: BA Grafiese Ontwerp (Hons) Multimedia nagraads ISTD-lidmaatskap (International Society of Typographic Design)
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 6 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Met 6 jaar se studies agter die rug, het ek in die wynbedryf in die Paarl gewerk en in verpakking gespesialiseer. In 2020 en 2021 het ek het gesien hoe plaaslike besighede platval en boere weens omstandighede buite hulle beheer, oeste verloor. Vandag werk ek vir verskillende organisasies om ons gemeenskap te versterk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om uitdagings kreatief op te los. Strategiese konsepontwikkeling is my sterkpunt. Ek is nie vir boksies gemaak nie en hou daarvan om die reëls binne grafiese ontwerp te breek.
Kwalifikasie: BA Kommunikasiegraad en BA Honneurs in die spesialisrigting Dokumentêre Videoproduksie
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 7 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Nadat ek my honneursgraad voltooi het, het ek by iGala Productions as ’n videoredigeerder begin werk. iGala Productions is ’n videoproduksiemaatskappy wat in die maak van persoonlike jagvideo’s vir jagters, wat in Afrika kom jag, spesialiseer. Ek werk nog steeds by hierdie maatskappy.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is 29 jaar oud en is nou 10 maande getroud. Ek en my man geniet dit om saam te oefen en ons al twee hou daarvan om rustig by die huis te wees. Ek is lief daarvoor om na “podcasts” te luister en om op te lees oor enige iets wat met persoonlike ontwikkeling (toegepaste sielkunde) te make het.