Jou loopbaanpad tot dusver:
My primêre passie in die lewe is kennis. Van kleins af het ek aan algemene kennis-olimpiades deelgeneem en dit is dus nie vreemd dat my akademiese loopbaan ʼn wye reeks van kwalifikasies insluit nie. My loopbaan in die werkplek sluit ook ʼn verskeidenheid posisies in, onder meer as bemarker en operasionele bestuurder.
Saam met my liefde vir kennis het ek ʼn passie vir persoonlike ontwikkeling. ʼn Goeie balans tussen jou werk, ontspanning en omsien na ʼn mens se gesondheid is vir my baie belangrik. Ek kry energie uit dit wat ek leer en met ander mense deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 21 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Bedien gemeentes Wolmaransstad (2000 – 2006), in Naboomspruit (2006 – 2009) en in Kimberley (2009 – 2013).
Totiusdal-gemeente met die opdrag van onderwysontwikkeling (2014 –2017)
Helpende Hand – gemeenskapsontwikkeling vanaf 31 Oktober 2017
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het op die plaas Twyfelhoek in die Suidwes-Vrystaat groot geword. Ek het aan die Hoërskool AJC Jooste op Petrusburg gematrikuleer. Ek het in Teologie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer. Ek is getroud met Rina (Coetsee), ʼn onderwyseres, en het vier kinders. Geskiedenis lê my baie na aan die hart en ek glo dat ons sonder ʼn historiese bewussyn nie ʼn toekoms het nie.
Kwalifikasie: B. Ing Siviel;
M. Ing Konstruksiebestuur;
Prof Ing – Lid ECSA & SAICE;
Lid van Dendrologiese Vereniging van SA.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 46 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn beurs van die Departement van Waterwese (DWA). Daarna 14 jaar werksaam as Ingenieur en later resident-ingenieur by die DWA en betrokke by die ontwerp en konstruksie van verskeie groot waterskemas.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ʼn mense-mens, glo aan goeie spanwerk, ingenieurs-etiek, vertroue in jou mede-ingenieurs, ander ondersteuningspersoneel en kontrakteurs ens. om ʼn projek betyds, binne begroting en volgens spesifikasie af te handel.
Kwalifikasie:B.Ing Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in mineraalprosessering M.Ing Chemiese Ingenieurswese
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 12 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek is ʼn mineraalprosesseringsingenieur met ʼn passie vir wat ek doen. Dit is my doel om te help in die industrie. Ek wil graag ʼn verskil maak, beide in die industrie en in individue se lewens. Ek is ʼn bestuurder by ʼn maatskappy wat mynboutoerusting vervaardig, en ek werk spesifiek in die navorsings- en ontwikkelingsafdeling. Ek is ʼn deernisvolle persoon, en ek glo daaraan om ʼn voorbeeld te wees vir my span.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn mamma van ʼn pragtige sewejarige seuntjie. Dit is my doel om vir my seuntjie goeie Christelike waardes te leer, en om ʼn voorbeeld vir hom te wees. Bo en behalwe dat ek geniet om tyd saam met my seuntjie te spandeer, hou ek van ʼn lekker braai, kwaliteittyd saam met vriende en familie, en ek probeer ook om bietjie meer aktief te wees. Ek hou van lees, en wanneer ek tyd kry, om ʼn lekker reeks te kyk.
Kwalifikasie: B Com: Informatika en “Life Coaching” diploma
Fokus area: besigheidsanalise en die verstaan van klient vereistes, inlsuitend hoe om die regte vrae te vra.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 25
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het Bedryfsingenieurswese studeer en diploma ontvang. Kry geleentheid om in IT industrie te begin werk as besigheidsanalis. Doen dit vir die laast 25 jaar deur in verskillende industriee te werk en prosesse te verduidleik en oplossing te vind om prosesse te verbeter.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Een van die belangrikste eienskappe van ‘n besigheidsanalis is om jou klient se vereistes te verstaan. Dit behels redelike interaktiewe gespekke en die vermoe om wat jy gehoor het op papier te sit.
Ek het ‘n Clifton Strenghts asessment gedoen wat bevestig dat ek ‘n Learner, Belief. Developer is. Dit beteken ek leer vinnig en kan potensiaal raak sien in mense. Die Life Coaching kwalifikasie wat ek gedoen het het net soveel meer diepte gegee in my rol as besighedisanalis aangesien dit help met die regte vrae vra.
Kwalifikasie: UCT Get Smarter – Praktiese Arbeidsreg; Mensehulpbronbestuur;
Uitvoerende en Bestuursafrigting.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 40 jaar in landbou- en landboumeganisasieverband.
Jou loopbaanpad tot dusver: Eienaar van ʼn nuwe deeltydse sakeonderneming. Dit is my passie om terug te gee na aanleiding van ervaring wat ek in my loopbaan opgedoen het. Mense kan hulself slegs ontwikkel indien hulle die geleentheid gegee word om dit te doen. Ek is tans besig om opleidingskursusse te ontwikkel om mense te help om hulle vaardighede te verbeter.
Vertel ons ʼn ietjie van jouself: Ek is ʼn gesinsman. Ek leef vir Christus. Ek glo almal het die vermoë om iets by te leer – nie almal tot dieselfde vlak nie, maar almal kan hulleself wel verbeter. Almal het egter nie noodwendig die geleentheid daarvoor nie. Ek glo: “Bosses must become Leaders”.
Kwalifikasie:Ek het ʼn BA-graad met onderwysdiploma.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 44 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver:Ek het ondervinding in die onderwys op alle vlakke van drie maande oue babas tot vierdejaar- Afrikaans-vakdidaktiek aan die NWU. Ek was ook mentor vir my eggenoot wat skoolgehou het vir verstandelik erg gestremde kinders.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ʼn gedrewe individu wat nooit versadig raak aangaande die misterie van die kind in onderwys nie. Ek hou daarvan om my Midas-stempel op alles te sit wat ek aanraak. Tien jaar gelede het ek die hoofstroomonderwys verlaat en my eie kleuterskool begin. Vandag bedryf ek ʼn skool met 160 kinders en 38 personeellede.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 15 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Distrikshofaanklaer vir vyf jaar, Streekhofaanklaer vir vyf jaar, Streekhof-beheeraanklaer vir twee jaar.
Spesialisaanklaer in Beroepsveiligheid verbonde aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings.
Toegelaat as Advokaat van die Hoë Hof op 4 Desember 2006.
Geregistreer by die Regspraktykraad (‘Legal Practice Council’). Regsadviseur by die Raad vir Skuldinvorderaars sedert 2007.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Gelukkig getroud. Twee kinders; een dogter en een seun. Geniet die natuur, buitelug en tuinmaak. Het die Tankwa Camino saam met my vrou 100% te voet gedurende Maart/April 2017 voltooi. Lief vir lees, veral onderwerpe rakende geskiedenis, oorlog, vrede en Godsdiens.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 11 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het na my BCom in Informatika by Tukkies, in 2014 by FNB begin as ‘n besigheidsanalist. My werk het gefokus op ons kontak sentrum stelsels en prosesse, en dit is waar ek nog steeds werk, maar nou in ‘n ander posisie. Ek was bevorder na produkbestuurder in 2019. Ek het meestal na ons instant messaging stelsel gekyk, maar ook na ander stelsels. In 2024 was ek bevorder na ‘n Solutions Lead in ons persoonlike segment van die bank. Ek sit nou nader aan strategie en die syfers agter die besigheid.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek hou daarvan om probleme op te los, en ek kan maklik tussen die tegniese detail en besigheidsdetail beweeg. Ek kommunikeer goed en verstaan probleme redelik vinnig.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 22 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek het in die rekenkundige afdelings van verskeie werkgewers gewerk en het ondervinding oor ʼn wye spektrum van diverse maatskappye opgedoen. Vir die afgelope ses jaar bedryf ek my eie praktyk.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 10+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Onderwysloopbaan:
2000 – 2004 Onderwyser by Hoërskool Orkney
Houtwerk & Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2004 – 2006 Departementshoof (Tegnies) by Hoërskool Oos-Moot
Tegniese Tekeninge gr. 10-12
2006 – 2007 Putney High School
Ontwerptegnologie
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ons het onlangs vanaf Gaborone in Botswana na Pretoria verhuis. Dit was ʼn belewenis om in ʼn buurland te bly en ons sal dit enige tyd weer doen. Ek moes op elke nuwe projek mense oplei en mentor en ek wil graag nou in my eie mense terugploeg.
Ek is maar jou alledaagse ou wat hou van sport, om gholf te speel en te braai. Ek hoop om ʼn verskil te kan maak, en my ondervinding en kennis te kan deel.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 24+ jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het my militêre diens as offisier by 1 Parachute-bataljon voltooi en my leierskapsvaardighede versterk. In 1985 het ek my bestuursloopbaan begin en oor 24 jaar waardevolle ondervinding in die meubel- en versekeringsektor opgebou. My vermoë om langtermyn-sakeverhoudings te vestig en te behou, het my in die varsproduktemark gelei, waar ek nou 15 jaar se ondervinding in FMCG, kleinhandel en groothandel het.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Met ‘n sterk agtergrond in besigheidsbestuur, opleiding en konsultasie, het ek bewys dat ek vertroue kan wen en praktiese, doeltreffende oplossings bied. Ek is vasberade, doelgerig en gefokus op resultate, met ‘n kernwaardestelsel wat vertroulikheid, integriteit en uitsonderlike dienslewering insluit. My professionele benadering en vermoë om suksesvolle sakeverhoudings te bou, maak my ‘n gewaardeerde adviseur en vertroueling in die sakewêreld
Jou loopbaanpad tot dusver:My loopbaanpad het in 2012 by die Noordwes-Universiteit se Graphikos-afdeling begin. Ek was as junior ontwerper aangestel en so was ek aan die diepkant ingegooi om alles van die bedryf te leer en prakties toe te pas. Ek het vir twee jaar baie geleer en my voete gevind. Ek het geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. In 2014 het ek my vlerke gesprei na die agentskaplewe en ek het vir Magnetic Creative begin werk.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Die beste manier om my te leer ken, is om aansoek te doen vir jou mentorskap by my dan vertel ek vir jou alles van myself.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 45 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Grootgeword op die plaas, later landbou studeer, gaan boer en vir die laatste 10 jaar ‘n agronoom en landboukundige. Ook Senior lektor by UFS.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek deel passievol my ondervinding en ervaring met jong mense. Ek is van mening dat die sleutel tot volhoudbaarheid le in die kombinasie tussen ervaring van ouer persone en die energie van jong mens in ‘n Mentorskaps- of ‘n werksverhouding.
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 26 jaar
Jou loopbaanpad tot dusver: Ek het vir ’n aantal jaar in die konstruksiebedryf gewerk, met spesialisasie in elektriese werk. ’n Geleentheid by Sol-Tech het my egter in die wêreld van opleiding bekendgestel, en sedert 2008 is ek voltyds betrokke by die ontwikkeling van elektrisiëns. In 2016 het ek finaal my gereedskap en toetsers verruil vir ’n voltydse rol in opleiding.
TDMI Training is in 2009 gestig en het sedertdien ’n toonaangewende rol gespeel in die bedryf, veral op die gebied van bedradinglisensies. Ons spesialiseer in die registrasie van elektrisiëns by die Departement van Arbeid (DOL) en bied ook verskeie ander elektriese verwante kursusse aan.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: My persoonlikheid pas natuurlik by die opleidingsomgewing – ek is geduldig, doelgerig en het ’n passie vir die oordra van kennis. Ek geniet dit om mense te help groei in hul loopbane en vind vervulling daarin om komplekse konsepte op ’n eenvoudige en praktiese manier oor te dra.
Beroep: Projek & Veranderingsbestuur Konsultant
(Project & Change Management Consultant)
Titel: Change Manager
Kwalifikasie:
BA
(Hons) Clinical Psychology
MBA
Prince2 Project Management Certified
Prosci Certified Change Practitioner
Aantal jare ondervinding binne die bedryf: 20+
Vertel ons ʼn bietjie van jouself: Ek is ‘n absolute optimis en hou van uitdagings. Ek glo ook dat elkeen van ons ongelooflike potensiaal het en my rol is om individue en besighede te ondersteun om dit te bereik. Ek geniet dit om met mense te werk op alle vlakke en ek word gemotiveer deur die vele suksesse wat ons saam bereik. My lewensfilosofie is: Just Do It! (ala Nike😁)
Jou loopbaanpad tot dusver:In 2013 het ek my onderwysloopbaan begin by die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom waar ek Graad 8 en 9 Wiskunde aangebied het en Grade 10 tot 12 Inligtingstegnologie. In 2018 het ek by die Skoleondersteuningsentrum begin werk as Wiskunde vakspesialis waar ek verantwoordelik is vir meer as 1600 Wiskunde-onderwysers se professionele ontwikkeling.
Vertel ons ʼn bietjie van jouself:Ek is ’n energieke en passievolle jongman met ’n besonderse lewenslus. My geloof en die mense in my lewe is my morele kompas. Wat my druif is my inherente begeerte om daadwerklik ’n verskil te maak in my direkte omgewing asook in die samelewing.
Ek beskou my vermoë om mense te inspireer as my grootste sterkpunt saam met my filosofie om ’n lewenslange leerder te bly.